Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Resep vir Koedoe braaivleis...Kangeroevleis,krokodilvleis,hondevleis,haas,emu....
Resep vir Koedoe braaivleis...Kangeroevleis,krokodilvleis,hondevleis,haas,emu.... [boodskap #7083] Do, 22 Augustus 1996 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
As jy 'n wildsbredie wil maak moet jy
lourierblare en koljander en wonderpeper he.
(Wonderpeper is sulke korrels, so groot soos peperkorrels,
ook genoem "Allspice").

Jy moet ook 'n bietjie spek bysit, want wildsvleis is droog.
(die bok spring heeldag rond in die veld, hy het nie tyd om
vet te ontwikkel nie.)

Ek het hier in Australie al kangeroe geëet. (bredie, want hy
is taai). (Kyk weer mooi na 'n kangeroe, dit is eintlik maar 'n
groot springende rot).
Dis nogal lekker, maar mens kry dit verskriklik moeilik
in die hande. Die Australiers eet dit gladnie.
Dit word slegs as hondekos verkoop in die supermarkte.
Dit het omstreeks einde 1994 eers meer beskikbaar begin word
by een of twee plekke. Nog steeds baie skaars.
Die boere in die outback skiet elke nou en dan een vir
die plaashonde. Blykbaar was die probleem dat die wilde kangeroes
'n siekte dra, en dat slegs plaas-geteelde kangeroes se vleis
aan die publiek verkoop mag word.

Hier is ook miljoene hase in Australie (dit is 'n groot
plaag), maar die Australiers eet ook nie hase nie.
(Wonder wat die Belge daarvan sal se? - by hulle is dit 'n lekkerny).
Ons het as kind 'n mak haas gehad. Eendag was hy skielik "weg".
Twee dae later het ons heerlike "wilds" bredie geëet.

By sommige restaurante het hul wel krokodil en kangeroevleis,
maar dis hoofsaaklik vir die toeriste en vir die snaaksigheid.
As jy 'n krokodil kan eet kan jy maar wragtag 'n hond ook
eet, want hy is 'n aasdier.
My Vietnamese kollega vertel hy het al hondevleis geëet.
Hy se dit is nogal lekker saam met rooiwyn in die winter.
Nou ja...
Ek het ook al Emu-wors geëet. (Dit is die Australiese volstruis).
Dit was verskriklik lekker, maar toe poep ek die hele dag deur
aanmekaar. My kollegas het nie saamgestem nie, maar vir my
was dit die moeite werd. Sal dit weer doen.

Groete.
Vorige onderwerp: Resep vir Koedoe braai vleis
Volgende onderwerp: WORS*********
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 21:26:46 MGT 2024