Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedigte van ELIZABETH EYBERS
Gedigte van ELIZABETH EYBERS [boodskap #7125] Ma, 26 Augustus 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Onlangs bring gaste uit Suid-Afrika vir ons
Elizabeth Eybers se bundel TYDVERDRYF
PASTIME.

Ek het dit gretig oopgemaak. Elizabeth Eybers
was nog altyd vir my 'n digter van dieselfde
kwaliteit as ten minste 'n N.P. van Wyk Louw,
veral omdat sy gedigte in sonnetvorm so mees-
terlik kon hanteer.

Hierdie klein bundeltjie bevat egter net kort
stukkies in Afrikaans, met 'n Engelse vertaling
deur die skryfster daarby. In baie gevalle lees die
Engelse gedig (wat ook rym) vlotter as die Afri-
kaanse tweeling-gedig. Mens wonder dus of sy
miskien die Engelse vers eerste geskryf het, en dit
toe daarna vertaal het. In baie gevalle is die gees
van die woorde ook effens vernederlands. Dit is
natuurlik nie snaaks nie. Elizabeth Eybers bly nou
al baie lank in Nederland. Hier volg 'n paar van
die beste gediggies in die bundel.

MENSE EN BOEKE

Ek wat van mense hou
raak ondanks klimmende jare
af en toe ligtelik verlief
- gelukkig ongeldig weens geen
behoefte om hardop te bieg.

Ek merk ook op dat my vermoeë
vir die laaste noodsaaklike taak
om 'n bouval tot tuiste te maak
in werking bly wanneer, alleen,
omsigtig en ingetoë,
ek weder-waardigheid verg
uit die oorvloed in skrif opgeberg.

KENNIS

Jy ken God kragtens jou onwetendheid,
Hy dank sy almag aan jou onvermoeë,
jy leer, geleidelik opgelug, dat Hy
nie iets of iemand is om aan te glo
maar te ervaar: uiteindelik mededoë
met deelgenote in sy werklikheid,
die Kans wat ons dwarsdeur die doolhof lei
en later elkeen om die beurt bevry.

METODE

Jy strooi 'n handvol woorde op papier
en gaan na bed.
Wanneer jy wakker word moet jy ontdek
of hulle in noodgeval kan tierelier
en elke woord afwagtend op sy plek
'n onweerlegbare afspraak het
met wat jy vrees, verdra of vier.

Hierdie bundel is uitgegee deur Human en
Rousseau.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Gedig van verlange
Volgende onderwerp: GEDIG: Daai man wat op die eiland klippe kap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 13:32:01 MGT 2024