Die afgelope dae staan ek meer en meer by die glas-
deur van ons balkon en kyk buite toe. Daar voor my is
die kaal bome op die walle van die Ottawa-rivier. Daar
is die rivier self, bevrore. Maar dit is nie wat my aandag
vra nie. Ek voel daar is iets anders wat opgemerk moet
word, iets wat verander het. Toe gister ontdek ek wat dit
is. Dis die lig wat anders is. Dis die hoek waarmee die
sonstrale val, wat verskillend is. En dit vervul my met 'n
groot vreugde. Skielik laat jy jouself toe om te fantaseer
oor die lente. Jy weet die lente is nog drie vier maande weg.
Jy weet daar kan nog maande van sneeu en storms voorlê.
Maar die lig het iets verander in die chemikalieë van jou
brein, en niks is meer dieselfde as 'n maand gelede nie.
Dit het my dan nie verbaas toe ek ontdek dat die pionier
van lig-terapie vir depressie 'n oud-Suid Afrikaner is wat
in New York gepraktiseer het nie. Ek dink mense wat in
Suid-Afrika grootword, is spesiaal ingestem op die effek
wat lig op jou het. Miskien het mense wat soveel helder dae
in hulle jaar het, 'n groter behoefte aan lig as die mense wat
gewoond is van geboorte af aan 'n sekere hoeveelheid van
donker in hulle dae.
Die hang natuurlik ook af van waar jy in 'n tydsone bly,
hoe vroeg dit lig word, hoe vroeg dit donker word. Dit lei
na vreeslike anomalieë. Die plek waar die son die eerste
in die VSA opkom, is Eastport in Maine. Kruis jy nou net
die Kanadese grens binne 'n paar minute, dan is dit 'n uur
later in New Brunswick, wat in die Atlantiese tydsone is.
Eintlik moet Eastport in die Atlantiese tydsone wees. Maar
hulle is nie, omdat daar besluit is: die hele Maine is in die
Oostelike tydsone. Dieselfde anomalie vind jy op die Gaspe-
skiereiland van Quebec, wat verder oos as New Brunswick
strek, en tog dieselfde tydsone deel as Montreal, heel verder
wes.
Dit bring my nou by die vraag wat ek myself al 'n lang
ruk afvra: was daar ooit 'n gedagte daaraan om Suid-Afrika
in twee tydsones op te deel? Ek het in die weste van Suid-
Afrika grootgeword, maar meeste van die res van my lewe
in Suid-Afrika deurgebring in die oostelike dele van die
land. Dit het my altyd so verbaas hoeveel vroeër dit in
Natal donker word as in die Noorkaap. En ek kan nou nog
onthou hoe desperaat dit my pa gemaak het as die son nie
wou ondergaan nie hier teen halfnege in die aand, en hy
wil eet en gaan slaap. En sy vrou wil nie binne toe gaan
nie. En van sy kinders is daar geen teken nie.
Ek het 'n boek van Dine van Zyl ontdek: "Afval en Afvalligheidjies",
daar skryf sy van "n Pofadder"
"Jy vat die vetderm en dop dit om dat die binnekant buite is. Dan krap
jy hom mooi skoon en dop dit terug. Dan vat jy jou lewer en wat jy
ookal wil van jou harslag, en jy stop dit binne-in die vetderm. Met so
'n bietjie worcestersous en sout by. Dan braai jy dit op die
kole....!"
Sy het honderde Afvalresepte in die boekie as iemand iets wil weet vra
maar dan sal ek dit uitskryf en plaas.
Ek hou van die digwerk van Antjie Krog. Sy gebruik
woorde soos iemand wat met pleister en bakstene werk,
en sy bou gedigte daarmee wat die toets van die tyd sal
staan.
Sy skryf 'n pryslied vir Nelson Mandela:
"...
hy maak die pante bymekaar
van 'n verskeurde land
hy draai ons na mekaar toe vir mekaar
hy, heelmaker van mense
hy stig vrede
vrede, wat die ma is van groot nasies"
Maar dan is daar Antjie Krog, feminis. Luister na die
volgende:
" Ek staan op 'n moerse rots langs die see by Paternoster
die see slat slingers in die lug
liggroen skuim
onverskrokke kyk ek elke donnerse brander
in sy gut voor hy breek
die rots sidder onder my sole
my bo-beenspiere bult
my bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit
se moer ek is rots ek is klip ek is duin
helder sing my tiete 'n koperklepelgeluid
my hande pak Moordbaai en Bekbaai
my arms skeur ekstaties bo my kop!
ek is
ek is
die here hoor my
'n vry fokken vrou"
"ek kom agter dat ek mans begin bekyk
brutaal met die gedagte
hoe naai hy
sy breins en sieletjie interesseer my nie
die gesiggie wat glinster van try charm en oulik wees
let ek onberoerd op
sou nie eens met mans gepraat het
as dit nie toefallus was"
Soms as ek in die silwer skemering stap
met oë half toe, want die ligte reën
prikkel my wange, dans en trippeltrap
verby my lippe en om my oë heen,
dan sak die stilte in 'n klamme vlaag
oor alles, donkergroen en silwergrys
die denne, en ek slaan my jas se kraag
hoër om my nek. Daar's iets wat eis
dat ek meteens met ligter tred moet gaan,
met tintelende ekstase in my bloed.
Dalk aan die einde van die lange laan
gaan ek jou, liefste, ylings tegemoet?
Julle ou agterbankers, draadsitters,
randsitters, suurgatte en winddrolle
Julle wat so kla oor die nuusgroep,
wat se bydrae maak julle ?
As julle iets beters het om te vertel,
se dit, of hou jou bek en skoert.
hou tog op met mor en pruttel, en maak 'n bydrae.
En as iemand dit afskiet, wat daarvan ?
(Terloops, as julle dalk weet hoe loop die snoek,
vertel tog vir ons....)
Ek het my slaapmus afgehaal,
my DRAADLOOS ingestem,
noudieaand om 2vm in die oggend,
(ja wragtie - ek is so begeesterd)
en waarlik ! ek het die STEMME gehoor.
Dit is nou op my ou KORTGOLF-RADIO, hier in Australie.
tussen al die suising en krake en blitse en gesis deur.
Ek kon uitmaak dit is in Afrikaans,
maar kon nie hoor wat die ouens seg nie,
die ou seintjie is te vrot, dit FREK maar so oor die lang pad.
Nou gaan ek vir my 'n moerse LUGDRAAD span
(wee die voel wat daarop sit en skyt),
om my SEINSTERKTE met so 'n ou DESSIEBELLETJIE of twee op te stoot.
(Julle ouens wat nie kortgolf luister nie,
het julle geweet dat daar 'n sekere algemene steuring
voorkom wat klink NES vet wat op warm kole val,
soos wanneer jy wors braai ??)
Gaan kry dadelik vir jou 'n draadloosie,
die nuwes is digitaal en goedkoop ook.
Aan julle ouens wat raad gegee het oor RADIOGOLWE en FREKWENSIES
Baie dankie !
(FREK-WENSIE is so 'n mooi woord, dit is my testament)
Van elektroniese kontakdoos tot kontakdoos, vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\