Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » ANTJIE KROG, feminis?
ANTJIE KROG, feminis? [boodskap #8042] Di, 14 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek hou van die digwerk van Antjie Krog. Sy gebruik
woorde soos iemand wat met pleister en bakstene werk,
en sy bou gedigte daarmee wat die toets van die tyd sal
staan.
Sy skryf 'n pryslied vir Nelson Mandela:

"...
hy maak die pante bymekaar
van 'n verskeurde land
hy draai ons na mekaar toe vir mekaar
hy, heelmaker van mense
hy stig vrede

vrede, wat die ma is van groot nasies"

Maar dan is daar Antjie Krog, feminis. Luister na die
volgende:

" Ek staan op 'n moerse rots langs die see by Paternoster
die see slat slingers in die lug
liggroen skuim
onverskrokke kyk ek elke donnerse brander
in sy gut voor hy breek
die rots sidder onder my sole
my bo-beenspiere bult
my bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit
se moer ek is rots ek is klip ek is duin
helder sing my tiete 'n koperklepelgeluid
my hande pak Moordbaai en Bekbaai
my arms skeur ekstaties bo my kop!
ek is
ek is
die here hoor my
'n vry fokken vrou"

"ek kom agter dat ek mans begin bekyk
brutaal met die gedagte
hoe naai hy
sy breins en sieletjie interesseer my nie
die gesiggie wat glinster van try charm en oulik wees
let ek onberoerd op

sou nie eens met mans gepraat het
as dit nie toefallus was"


(gepos deur gloudina bouwer)
Re: Antjie Krog - Feminis ? [boodskap #8082 is 'n antwoord op boodskap #8042] Di, 21 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Maar dan is daar Antjie Krog, feminis.....

Ek moet seg: Die gedig van haar by die see het meer meriete
as die een oor Nelson Mandela. Maar dit is kru.

Nou wonder ek sommer, oor al die homoseksueles in die
Afrikaanse literere sirkel. Daar is darem maar vreeslik baie
van hulle. Maak dit saak ? Ek wonder partykeer.
Ek lees noudiedag in INSIG 'n resensie oor
(is dit nou Johan De Lange?) wat nou 'n boek geskryf
het oor Koos Prinsloo se boek.
(Is mos hy wat net voor hy aan AIDS dood is 'n vuilspuit boek
geskryf het wat hy almal beswadder het ?)
(ek sit nou in 'n ander stad en my verwysings is nie hier by my nie)
Dat mens nou 'n ander se braaksel moet eet en dit dan op
'n ander manier weer moet braak.
En dan karring die resensie aan in die afgesaagde
ou Post-Modernistiese trant,
oor waar waarheid ophou en verhaal aangaan ens.
Het ons moderne Afrikaanse letterkunde niks beters te seg nie ?
Ek lees eerder daai een soos

Daar was 'n tyd toe Feminis-Marxisme my geintereseer het,
(ek het selfs Simone De B. gelees)
Maar is Feminisme nie ook nou al afgesaag nie ?.
Waar het die feministe ons gebring ?
Op 'n tyd was hulle by "burn the bra" en wou hulle nie he
ander vrouens moes onder hul arms skeer nie.
Nou is alles weer OK wat 20 jr gelede 'n doodsonde was,
en vroue mag maar orgasmes "fake" en verleidelik wees.

En die ou susters baklei ook soos kat en hond onder mekaar
oor wat Feminisme beteken en wat nou die nuutste agenda is.
As hulle nie eers met mekaar kan saamstem nie, wie anders?

En al die gemors om taal te "neutraliseer" van "seksisme".
Waar het die polities korrekte mentaliteit ons gebring ?
Is die vrou "bevry" toe boeke (soos die bybel) oorgeskryf is en
"He" in "She" verander is en God 'n vrou geword het?

Die beste ding wat ek nog ooit gelees het oor hulle
is wat Mao Tse Tung geseg het:
"Feminists are women who stare at their vaginas all the time".
So raak beskryf. Want wat hy bedoel het is dat hulle so behep is met
hulle eie seks en ou agenda'tjie dat hulle niks anders raaksien nie.

Ek lees in 'n tydskrif dat vroue van die 90's nou besef dat hulle nie hul
"career" EN hul kinders kan he nie, dat die ou storietjie van die tagtigs
oor eie keuses maak en "onafhanklik" wees ens nou nie uitwerk nie.
Lyk ek verbaas ? Ek kon dit toe al geseg het.
Al die geklets oor "gelyke" regte en wie die skottelgoed was...
En intussen seg statistieke, is sakevroue besig om (soos sakemans)
hartaanvalle te kry en met meer lis die werkers uit te buit
as die mans, hulle familie af te skeep ens. Wat nou ? "gelykheid" ?

Ek laat dit daar. (nou genoeg moeilikheid gesoek).
Ek gaan nou eers weer "my vrou" lees van Breyten Breytenbach.
Dis mos nou mooi.

Van elektroniese kontakdoos tot kontakdoos,
soentjies aan al die vroue!
xxx

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Antjie Krog - Feminis ? [boodskap #8106 is 'n antwoord op boodskap #8082] Wo, 22 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , gal...@ibm.net
says...

Galjoen, male chauvinist pig.
Of liewer, male chauvinist vis.
En miskien nog homofobies ook?
Ek is so teleurgesteld in jou.
Ek het nog altyd geweier om aan myself te
dink as 'n feminis. Dit het gevoel asof ek
geklassifiseer word, dus 'n soort apartheid.
Maar ek het dit ook gehaat om deur mans
anders behandel te word, net omdat ek 'n
vrou is. Ek het dieselfde hartseer gevind by
swart mans wat deur wit mans behandel word
asof hulle nie persone is nie, net lede van 'n
groep.
Die grootste vriendskap is om vir iemand om
te gee omdat daardie persoon vir jou kosbaar is.
So what as jy uitvind dat jy ('n man) iemand lief-
het , en hy is ook 'n man. Dieselfde met vroue.
Kom ons hou op om mense te klassifiseer. En ek
glo sowaar nie wat jy van Mao Tse Tung aanhaal
nie.

Gloudina

PS (1) Jy verwar vir Xfiles met jou "seg" in
plaas van sê. Jy moet bietjie vir hom
verduidelik hoekom jy dit so skryf.
(2) Jy het lank gelede beloof om vir ons
nog Charl-Pierre Naude gedigte te
pos, en het dit nog nooit gedoen nie.
Moet ek nou byvoeg: Galjoen - leuenaar?
Re: Antjie Krog - Feminis ? [boodskap #8125 is 'n antwoord op boodskap #8082] Do, 23 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> From: iz...@igs.net (Izak Bouwer)
> Subject: Re: Antjie Krog - Feminis ?
> Date: 22 Jan 1997 20:28:04 GMT

> In article , gal...@ibm.net
> says...

> Galjoen, male chauvinist pig.
> Of liewer, male chauvinist vis.
> En miskien nog homofobies ook?
> Ek is so teleurgesteld in jou.

Hmm....

Dis soos iets in 'n volkstaatforum. 'n Regse wat skielik agterkom daar is
_een_ ding waaroor sy boesemvriendregse, of sy LEIER nie met hom saamstem nie.
Dan is die huwelik ook sommer daarmee heen.

Dit lyk my onverdraagsaamheid is generies aan die Afrikaner - regs, links, bo
en onder :-)

Maar dit is ook so: Dit was Japie Basson wat verklaar het, nadat een van die
vele voorlopers van die huidge DP hom uitgeskop het omdat hy die SA
teenwoordigheid in Angola gesteun het: "There is nothing as intolerant as the
professed liberal".

Groete, Leendert
Re: Antjie Krog - Feminis ? [boodskap #8173 is 'n antwoord op boodskap #8082] Sa, 25 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
herman[2]  is tans af-lyn  herman[2]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Galjoen, ou viskop, dit lyk asof ek en jy weer gaan vassit. Of miskien
het ek net te gou gebyt aan die aas wat jy uitgegooi het. Ek is self
nie 'n vrou nie, so miskien praat ek uit my beurt/geslag uit. Maar ek
sluk maar moeilik aan van jou stellings, Om die waarheid te sê,
sommige van hulle ruik verdag baie na die soort rooi-aas waarmee
chauviniste op bote hul broeke besmeer as hulle te veel Castles
gedrink het. Jy skryf:
> Nou wonder ek sommer, oor al die homoseksueles in die
> Afrikaanse literere sirkel. Daar is darem maar vreeslik baie
> van hulle. Maak dit saak ? Ek wonder partykeer.
Wat presies wonder jy oor 'homoseksueles'? Ek praat weer uit my beurt
uit, maar nie alleen is dit 'n taamlik verouderde term vir gays nie,
maar klink darem verdag baie na gaybashing.
> Ek lees noudiedag in INSIG 'n resensie oor
> (is dit nou Johan De Lange?) wat nou 'n boek geskryf
> het oor Koos Prinsloo se boek.
> (Is mos hy wat net voor hy aan AIDS dood is 'n vuilspuit boek
> geskryf het wat hy almal beswadder het ?)
'n 'vuilspuit boek' is hardly 'n manier om te verwys na 'n boek wat in
talle opsigte die bakens in die Afrikaanse letterkunde verskuif het.
En ja, hy is aan vigs dood. Pla dit jou ook?
> (ek sit nou in 'n ander stad en my verwysings is nie hier by my nie)
> Dat mens nou 'n ander se braaksel moet eet en dit dan op
> 'n ander manier weer moet braak.
sjoe. die rooi-aasreukie pla darem nou erg. is jou oordeel oor
prinsloo en johann de lange se werk enigsins, ek bedoel ENIGSINS
gebaseer op literêre oordeel?
> En dan karring die resensie aan in die afgesaagde
> ou Post-Modernistiese trant,
> oor waar waarheid ophou en verhaal aangaan ens.
> Het ons moderne Afrikaanse letterkunde niks beters te seg nie ?
die debat oor postmodernisme en die verskuiwende grense tussen
werklikheid en fiksie is allermins eie aan die Afrikaanse letterkunde.
Die Afrikaanse letterkunde het miskien bietjie laat op die toneel
gekom wat dit betref, en die postmodernisme het oorsee
homself/haarself (oe, dit maak seker seer) al in 'n groter mate
uitgewoed as in SA. Maar dit sal jy seker weet, as expat wat nou vir
ons allerhande interessante perspektiewe uit die buiteland gaan gee.
> Daar was 'n tyd toe Feminis-Marxisme my geintereseer het,
> (ek het selfs Simone De B. gelees)
> Maar is Feminisme nie ook nou al afgesaag nie ?.
> Waar het die feministe ons gebring ?
Die 'ons'e in jou pond verwys klaarblyklik na 'n samelewing waar iets
'n voordeel vir mans moet inhou, anders het dit geen voordeel nie. Vir
talle vroue was die feminisme 'n bevryding. Goed, die radikale/suiwer
feminisme is dalk ook nou al uitgewoed. Maar soos alle strominge, laat
dit sekere belangrike idees en bevrydings agter, ondanks die feit dat
van die ander dinge wat hulle gesê het nie meer vandag toegepas word
nie. Die hele ding van 'vroue mag maar orgasmes "fake" en verleidelik
wees', soos jy dit stel, is ook (ten minste) indirek aan feminisme te
danke. Iemand soos Madonna is al deur niemand minder nie as Camille
Paglia geprys vir die manier waarop sy vroulike seksualiteit gebruik
as wapen om mans te manipuleer, as ek reg onthou.
.
> Waar het die polities korrekte mentaliteit ons gebring ? Probeer iets soos Suid-Afrika 1994.
> Is die vrou "bevry" toe boeke (soos die bybel) oorgeskryf is en
> "He" in "She" verander is en God 'n vrou geword het?
Nee, natuurlik was dit 'n oorreaksie. Maar die pendulum swaai na links
en na regs, en in die middel bly daar, soos hierbo gesê, iets van
waarde oor.

> Die beste ding wat ek nog ooit gelees het oor hulle
> is wat Mao Tse Tung geseg het:
> "Feminists are women who stare at their vaginas all the time".
As dit nie blatant seksisties is nie, weet ek nie. Jy impliseer: vroue
behoort nie heeltyd na hul vaginas te kyk nie, daardie reg word vir
mans gehou.
> So raak beskryf. Want wat hy bedoel het is dat hulle so behep is met
> hulle eie seks en ou agenda'tjie dat hulle niks anders raaksien nie.
Soos mens van 'n man ook kan sê wat so behep is met vroue se vaginas
dat hy geen ander deel van hul liggaam of persoonlikheid raaksien nie.
Tipiese kenmerk van 'n chauvinis, 'n vroueslaner, 'n pornoslaaf en so
aan.

> Ek lees in 'n tydskrif dat vroue van die 90's nou besef dat hulle nie hul
> "career" EN hul kinders kan he nie, dat die ou storietjie van die tagtigs
> oor eie keuses maak en "onafhanklik" wees ens nou nie uitwerk nie.
> Lyk ek verbaas ? Ek kon dit toe al geseg het.
> Al die geklets oor "gelyke" regte en wie die skottelgoed was...
Lekker kaalvoet en pregnant in die kombuis, of hoe? Iets soos maak oop
maak toe maak tee?

> Ek laat dit daar. (nou genoeg moeilikheid gesoek).
> Ek gaan nou eers weer "my vrou" lees van Breyten Breytenbach.
> Dis mos nou mooi.
Seker mooi omdat dit MY vrou is. Soos eiendom. Soos 'n vinnige rooi
sportmotor. Of 'n 44 Magnum. Of seisoenskaartjies vir die rugby. Gaan
lees Breyten se gedig ja, maar lees mooi. Hy ondergrawe die idee van
besit deur die vrou op 'n byna hoofse manier te aanbid. Sy is sy
meerdere.

Vriendelike vissermansgroete
herman
Re: Antjie Krog - Feminis ? [boodskap #8251 is 'n antwoord op boodskap #8082] Wo, 29 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Herman skryf:

> Galjoen, ou viskop, dit lyk asof ek en jy weer gaan vassit. Of miskien
> het ek net te gou gebyt aan die aas wat jy uitgegooi het.

Gloudina skryf:

> Galjoen, male chauvinist pig.
> Of liewer, male chauvinist vis.

My liewe vriende. Julle sluk die aas sommer met sinker en al.
(of is dit nou met stinker en al?)
Let op: My briewe is/was vol vrae. Is ek 'n homo-hater of
'n vroue-hater daaroor ?

Laat ek dit duidelik maak: Ek het niks teen Antjie Krog se gedig nie.
Ek dink sy stel haar emosies goed. Net bietjie kru.
Of sy dan ook nou 'n danige feminis was weet ek ook nie.
Maar aan Feminisme het ek 'n hekel.
Ek hou by my 1ste brief se redes hieroor.

Ek het laas vir Mao Tse-Tung aangehaal, lees onder-aan vir NIEZSCHE,
wat so heerlik seksisties is !

Herman, vertel ons dan van Koos Prinsloo se laaste boek.
As ek dit dan mis het: Waaroor het die boek gegaan ?
(Afgesien van jou persoonlike opinie oor die MERIETE van die boek).
Mense met oneindig meer letterkundige kennis as ek het gesê
dat hul die letterkundige meriete van die boek bevraagteken,
en selfs mense wat hom goed geken het, het hom kwalik geneem.
As ek dit nie mis het nie, was dit beskryf as o.a. 'n persoonlike
openbaarmaking van mense se (seksuele) eskapades en 'n beswaddering.
'n Sekere groepie (kliek) van mense ?. Ek hou nie van klieke nie,
of hul nou homoseksueel of homofobies of wat ookal is nie.
En die letterkunde is vol van sulke ou (druk)groepies
wat mekaar afknou en slegsê en afskiet ens.
Ek het nie sy boek gelees nie. Ek wou nie. Stel nie belang nie.
Ek, 'n doodgewone afrikaanse leser, is nie geintereseerd in
sulke binneste-kliek-eskapades en kak nie. Neem kennis.
Gee ons iets om te lees wat die moeite werd is.

Post Modernisme is oud en afgesaag. Ek dag dis nog net in
plekke soos Australie waar dit nog steeds in agter-die-klip
letterkunde en filos departemente gebesig word.
Die woordspel en analises is voorspelbaar.
10 jaar gelede was dit hoogs interessant. Nou nie. Dis uit die mode.

(NIETZSCHE ZI):

"Zarathustra has spoken much to us women,too, but he has never
spoken to us about woman [!]". - And I obliged the little old
woman and spoke to her thus:
Everything about woman is a riddle, and everything about woman
has one solution: it is called pregnancy. For the woman, the man
is a means: the end is always the child.
But what is the woman for the man ? The true man wants two
things: danger and play. For that reason he wants woman, as the
most dangerous plaything.
Man should be trained for war and woman for the recreation of the
warrior: all else is folly [!].
Let man fear woman when she loves. Then she bears every sacrifice
and every other thing she accounts valueless. Let man fear woman
when she hates: for man is at the bottom of his soul only wicked,
but woman is base.
Whom does woman hate most? - Thus spoke the iron to the magnet: I
hate you most, because you attract me but are not strong enough to
draw me towards you.
The man's happiness is: I will.The woman's happiness is: He will [!]
......
Then the little old woman answered me: ..."And now accept as
thanks a little truth! ...Wrap it up and stop its mouth:
otherwise it will cry too loudly, this little truth!"
Give me your little truth, woman! - I said. And thus spoke the
little old woman: "Are you visiting a woman? Do not forget your
whip!"

Vriendelike groete.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Antjie Krog - Feminis ? [boodskap #8269 is 'n antwoord op boodskap #8082] Do, 30 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
>
> (NIETZSCHE ZI):
>
> "Zarathustra has spoken much to us women,too, but he has never
> spoken to us about woman [!]". - And I obliged the little old
> woman and spoke to her thus:
> Everything about woman is a riddle, and everything about woman
> has one solution: it is called pregnancy. For the woman, the man
> is a means: the end is always the child.
> But what is the woman for the man ? The true man wants two
> things: danger and play. For that reason he wants woman, as the
> most dangerous plaything.
> Man should be trained for war and woman for the recreation of the
> warrior: all else is folly [!].
> Let man fear woman when she loves. Then she bears every sacrifice
> and every other thing she accounts valueless. Let man fear woman
> when she hates: for man is at the bottom of his soul only wicked,
> but woman is base.
> Whom does woman hate most? - Thus spoke the iron to the magnet: I
> hate you most, because you attract me but are not strong enough to
> draw me towards you.
> The man's happiness is: I will.The woman's happiness is: He will [!]
> ......
> Then the little old woman answered me: ..."And now accept as
> thanks a little truth! ...Wrap it up and stop its mouth:
> otherwise it will cry too loudly, this little truth!"
> Give me your little truth, woman! - I said. And thus spoke the
> little old woman: "Are you visiting a woman? Do not forget your
> whip!"

Galjoen, ek weet nie hoekom jy die gif van
Nietzche op die nuusgroep geplaas het nie. Kom
ons neem nou maar argumentshalwe aan dat dit
Nietzsche se opinies is. (Ek wonder soms of hy
net mense se gedagtes wou stimuleer. Maar die
feit bly dat mense nou sy sêgoed aanhaal asof
dit 'n bybel is.) En dis dinge wat vergif, omdat
dit alles in swart en wit sien, die denke 'n spel
maak. Eers word daar verklaar: daar is "Man" en
daar is "Woman." Al klaar twee simplifikasies.
En dan word die twee teen mekaar afgespeel. Dis
die soort denk-tegnieke wat Nietzsche die vader
van die Fascisme gemaak het. Dis so maklik om
so in wit en swart te dink. En orals in die stuk wat
jy aanhaal is die onderliggende emosie "geweld."
Gif, Galjoen, gif.
Ek beveel aan dat jy liewer vir William Blake
lees oor hierdie dinge. William Blake: die digter,
denker en sielkundige vir die 21ste eeu:

When weary Man enters his Cave
He meets his Saviour in the Grave.
Some find a Female Garment there,
And some a Male, woven with care,
Lest the Sexual Garments sweet
Should grow a devouring Winding sheet,
One Dies! Alas! the Living & Dead,
One is slain & One is fled.
(The Gates of Paradise)

Judge then of thy Own Self: thy Eternal Lineaments explore,
What is Eternal & what Changeable, & what Annihilable.
The Imagination is not a State: it is the Human Existence itself.
Affection or Love becomes a State when divided from Imagination.

"Milton" by William Blake (1757-1827)
Vorige onderwerp: "Brief aan God" van SARINA DO"NGES
Volgende onderwerp: "Koue Oorlog " deur STEPHAN BOUWER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 22:22:10 MGT 2024