Ek sien hier is alweer stories oor Afrikaner....
Ja, ek is 'n afrikaner, (alhowel ek in Perth bly).
van die beterder soort afrikaners :-)
En moenie my in 'n politieke hoekie plaas of 'n kaartjie om my nek
hang hieroor of daaroor nie. Groepies, groepies.....
WEEKLAG VAN DIE FASCISTIESE FLIEKGANGER
Ferdi Greyling
Toe jy nog die ster van my dae was,
was elke dag 'n full house.
Jy was 'n kommersiële sukses.
Jy het 'n kritikus aan jou voete gehad.
Saam was ons 'n musical,
'n komedie,
en 'n serious fliek.
Alles in een.
Jy het die fees van my hart gewen.
Jy was kommentaar op my tyd.
Jy was die twist aan die einde.
Ek het nog geskaterlag van vreugde
net voor die moordtoneel.
Net voor die vryheidsvegters in die agterste ry
opgestaan het
en alles stukkend geskiet het
- skerm, projektor, draaiboek - die hele works.
Jy en die lewe het julle loop geneem.
Die fliek moes toemaak.
Die gebou is gesloop.
En nou sit ek hier
tussen my onderdanige woorde.
'n Sukkelende fascis.
Uitgelewer aan die glinsterende wind
en die fluisterende weer.
Vyg, jy slaan die spreekwoordelike spyker op die kop!
Ek volg die nuusgroep nou al 'n hele tydjie en ek's al moerse gatvol vir
Boerneef, Bybelverse en Bullshit.
Om van Gloudina se alewige snotty postings nie eers te praat nie.
"Los jou politics by die huis, don't make such a fuss" (Koos Kombuis - Ons
travel in staail)
Kom ons hou op om mekaar de moer in te maak en praat Afrikaans!
ja hoor
om geskiedenis te maak
om kultuur te maak
om deel van vree en lief te wees
laat ons vee teen groen heuwels wei
laat ons wagters uit dieselfde pype rook
laat die son 'n seën oor ons menstuin lê
en laat elkeen wat haat wat ons sê
weet
ons sê sifuna zonke
daarom skeur ons die donker opstaan van 'n valse dag
in flarde
Etienne Marais skryf in artikel
...
>>> Ek weet nie so mooi of demokrasie, dis nou waar die meerderheid altyd
>>> wen, so baie regverdig is nie.
>
> Ek verstom my hoedat demokrasie in sy moderne betekenis
> (massas oordonder die res) enigsins inslag vind by die mensdom
> regoor die planeet, wat veronderstel is om vooruit te beweeg. sny
> ....Wat van die vry denkende
> individualis verswelg deur stereotipes? Nee wat, demokrasie is 'n
> woord wat met 'n romantiese (figuurlik, maar ook letterlik, die Romeins en
> Griekse beginsels) beginsel assosieer; maar wragtig niks anders as
> fascisme oorgelaat aan die massas is nie.
Etienne,
Die oorspronklike idee met demokrasie soos ons
dit vandag ken, was om te verhoed dat massas mense
uitgelewer is aan die giere van 'n klein groepie mense
wat hulleself die edeles (konings, prinse, hertogte, ...)
genoem het.
Kom ons dink aan probleme en hulle oplossings.
Wat was die massas se probleem?
Hulle het intens ervaar dat hulle dat hulle nie aan hierdie
giere van die edelliede uitgelewer wou wees nie.
In plaas daarvan dat hulle self die probleem opgelos
het, het hulle 'n skynoplossing aanvaar wat deur sekere
denkers voorgestel is wat vandag as politici bekend
sou staan. Die skynoplossing word demokrasie
genoem. Dit is kortliks die volgende: Lewer julleself
as die massas uit aan daardie giere wat die meeste
van die massas het.
Ongelukkig is dit so dat 'n skynoplossing vir 'n
probleem geboorte gee aan nuwe probleme. Die massas
glo nog steeds dat hulle probleem deur minderhede
veroorsaak word. Hulle is reg en verkeerd. Die "reg en
verkeerd" wys dat hulle probleem meer kompleks
geword het sodat dit al moeiliker word om 'n oplossing
te vind.
Hulle is reg omdat hulle deur 'n minderheid
gemanipuleer word wat hulleself poltici noe. Ja, die
einste mense wat hulle die skynoplossing gegee het.
Hulle is ook verkeerd omdat hulleself as meerderheid
(en nie minderheid nie) met hulle stemreg die politici
toelaat om die skynoplossing van demokrasie te
misbruik.
Nou wat is hulle probleem vandag? Om hierdie
probleem reg te kan begryp, moet dit in samehang
die verlede se probleem gesien word. Die eerste
ding wat ons moet doen, is om te kyk of ons nie
toentertyd se probleem beter kan formuleer nie.
Wat was die formulering nou weer gewees?
Hulle (die massas) het intens ervaar dat hulle nie
aan hierdie giere van die edelliede uitgelewer wou
wees nie.
Let nou op dat hierdie probleem negatief geformuleer
is. Dis 'n feit soos 'n vrat dat enige negatief geformuleerde
probleem net skynoplossings kan h^e! Ons moet dus
hulle probleem herformuleer in 'n positiewe sin.
Etienne het met sy sinnetjie "Wat van die vry denkende
individualis verswelg deur stereotipes?" baie goeie
raad gegee. Die massas wou meer kreatief wees en
het intens ervaar hoe die giere van die edelliede hulle
kreatiwiteit verswak.
Wat is die probleem van vandag?
Die massas wil meer kreatief wees en ervaar intens
hoe die giere van die politici en hulleself hulle
kreatiwiteit verswak.
Dit is die probleem wat vandag opgelos moet word.
Demokrasie is 'n skynoplossing vir hierdie probleem
soos wat Etienne so pragtig gestel het.
Ek bespeur vandag by meeste mense 'n diepe
frustrasie omdat hulle kreatiwiteit verswak word.
Ongelukkig is dit by die meeste van hulle
stomkennis. Met ander woorde, dit is kennis waaroor
elkeen van hulle beskik, maar wat nog nie deur elkeen
van hulle in woorde uitgedruk is nie. Ek hoop ek het
daarin geslaag om julle stomkennis te artikuleer.
die bakleiery oor wat en wie afrikaners is,
is so tipies van afrikaners !
dit maak nie saak hoe jy jou taal praat of skryf nie,
of jy kerk toe gaan en of jy 'n atheis is nie,
of jy dagga rook of 'n wyndrinker is nie,
as jy 'n afrikaner is in jou hart kan niemand
dit jou ontneem.
die mens wat dink hy/sy is 'n beter afrikaner
as 'n ander afrikaner, het 'n houdingsprobleem
en sal 'n armer mens wees daarvoor.
of djy nou soos 'n kaapse hotnot praat,
of soos 'n koeksustertjie op parade
of somme just like James Phillips en sy
bokkies of soos Koos Kombuis ...
........maak dit saak ?
kom ons beklink die mengelmoes
van afrikaners en ontneem geen een
om DIE TAAL op eie manier uit te leef nie,
koor -(almal saam)
so stry die boere, tik-tik voort , tik-tik voort
so stry die boere, tik-tik voort , tik-tik voort,
> Pure bullshit Lou, pure bullshit. 'n Mens leer cliches and dan kom
> agter jy kan dit op 'n sekere manier inspan. Baie soos 'n mechanic die
> jappie met die BMW totaal 'n gat in die kop kan praat deur die regte
> terme te gebruik.
> Ek weet van iemand wat aan 'n vrou gese het die "gap" in die punte het
> gebreek. En sy het dit aanvaar.
Koos, jy het 'n ding hier begin wat baie diep en
baie wyd sny. Jy gebruik die "mechanic" as
voorbeeld. Ek is seker as ons 'n lys van voorbeelde
maak, sal ons nie 'n beroep vind waarin dit nie daagliks
gebeey nie. Laat ons so 'n lysie begin maak - toe
asseblief. Wat van mediamense, politici, ekonome,
akademici, .....
Maar laat ons ook 'n tweede ding doen. Laat ons probeer
vasstel wat nodig is om te verseker dat gesprekke sinvol
sal wees.
At, dankie vir die beskrywing van die bergkwaggas.
Die kwaggas se nuuskierigheid het my laat dink aan
die boerbokke wat ek in die heuwels tussen Alice en
Fort Beaufort teengekom het. Dit is waar ek eenkeer
skoolgehou het (Mandela se hoërskool.) Elke middag na
ek my werk klaargemaak het, het ek alleen 'n heuwel agter
die skool uitgeklim en stil bo-op gaan sit. ('n Mens kon
so ver sien. In die herfs was jy omring van boom-alwyne
wat hoër as jy was. In die winter kon jy die sneeu op die
bergreekse in die verte sien.) Eendag word ek bewus dat
ek dopgehou word. Ek kyk op en sien vier bokke om my
staan, reguit na my en staar. Ek staan toe maar op en begin
die heuwel af loop, want ek was effens senuweeagtig oor
wat hulle bedoelings was. Na 'n rukkie kom ek agter hul
volg my. Ek stap toe maar bietjie vinniger. Na 'n ruk gaan
staan hulle stil, draai om en gaan weer die heuwel op. 'n
Mens voel dan so sleg dat jy hulle intensies gewantrou het.
Hulle was seker maar bloot nuuskierig.
Kan jy ook oor die Sossusvlei praat, waar my seun
onlangs met sommige van sy klasmaats getoer het. Hul
het glo daaroor gevlieg ook.
Is die woestyn-grenadella waarvan jy praat, werklik
familie van die grenadella wat 'n mens verder suid kry?
Ek merk op dat dit een van die smake was wat my kinders
in vervoering gehad het. Hulle vra gereeld vir hulle broer
of hy grenadella-roomyse eet, daar in Kaapstad. 'n Mens
kry hulle nie eintlik hier in die winkels nie.