Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gloudina

Ma., 04 Augustus 1997 00:00

Gloudina

Ek vermoed jy is in Kanada - is ek reg? Ek sal graag met jou wil skakel.

Neil

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Die 'vermiste' NG artikels

Ma., 04 Augustus 1997 00:00

Nuusgroepe behoort tot die wêreldwye netwerk genaamd UseNet wat deel uitmaak
van die Internet. Die UseNet bestaan bloot uit 'n spul nuusbedieners (news
servers) wat aanmekaar geflans is. Hierdie nuusbedieners se taak is om nuwe
artikels te ontvang van gebruikers wat aan hulle gekoppel is, en dan hierdie
artikels aan al die ander nuusbedieners (wat aan hom bekend is) beskikbaar te
maak. Nie alle nuusbedieners ondersteun alle nuusgroepe nie en,
vanselfsprekend, is alle nuusbedieners nie aan mekaar gekoppel nie - hulle vra
informasie van mekaar aan en so word almal op die ou einde opgedateer
(teoreties). Wat dus kan gebeur is dat ek 'n artikel op
soc.culture.south-africa.afrikaans pos. My nuusbediener is nou al plek waar
die artikel sit en net mense wat ook aan presies dieselfde nuusbediener
gekoppel is sal die informasie kan lees. Van tyd tot tyd sal ander
nuusbedieners nuwe artikels by my nuusbediener aanvra. Nou kan dit maklik
gebeur dat my nuusbediener se enigste skakel met die res van die wêreld 'n
Amerikaanse nuusbediener is. Dit is net wanneer die Amerikaanse nuusbediener
artikels van die res van die wêreld ontvang (selfs van .za) dat ek daardie
artikels in die hande sal kry en dit is net wanneer daardie selfde
nuusbediener my artikel ontvang dat dit aan die res van die wêreld beskikbaar
word. Dit is egter nie so eenvoudig nie, want nuusbedieners sal tipies by meer
as een van sy maats nuus aanvra, so dis glad nie onmoontlik dat ek 'n
opvolgartikel kan ontvang voordat ek die oorspronklike artikel ontvang nie. In
za is ons baie afhanklik van oorsese skakels en dis waar die probleem lê:
ironies genoeg is dit baie moontlik dat die korste pad tussen my en 'n ander
Suid Afrikaner op die nuusgroep via Amerika en Europa is.

Mense wat al op die groot internasionale IRC netwerke gespeel het sal die
situasie goed verstaan: daar word dieselfde probleem as 'lag' ondervind wat,
onder die ergste omstandighede, kan lei daartoe dat jy iets tik, dan ontkoppel
van die bediener, dan weer koppel maar aan 'n ander bediener en JOU EIE getik
voor jou oe sien afspeel en jouself selfs sien ontkoppel! Dis maar diesefde
ding wat hier gebeur, net in 'n ander konteks. Net EEN kinkel in die kabel
(miskien in Amerika) kan tot gevolg hê dat ek en At byvoorbeeld nie mekaar se
artikels vir 'n paar dae kan sien nie en hulle dan een dag almal in 'n bondel
ontvang. Intussen het ander mense die artikels gelees en daarop gereageer.

Die Internet is vinnig besig om te oorlaai en die groot ruggrate bly net-net
voor met die verkaffing van bandbreedte. Ek dink nie ons hoef te bekommerd te
wees nie, net bietjie meer geduldig: die meeste van die tyd is die Internet
immers betroubaar en BAIE beter as enige mededingende kommunikasiestelsel wat
vir Jan Alleman bekostigbaar is.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Gedig van JOAN HAMBIDGE

So., 03 Augustus 1997 00:00

Ongerymdhede dring die dag binne
my shrink (soos my heiland) hoor my nie
my vriende versaak my
misverstande tussen my en haar
word woedende stiltes
die natuurskoon bedreig my
die oseaan woed 'n springgety
en 'n skip sukkel om oor die einder te verdwyn
en die here weet:
ek kan nie eers meer 'n fokken vers fabriseer nie
dus wag ek, geduldig,
voel die vesels van die vers
laat die dices weer val
draai die rymwoordeboek, speel Russiese Roulet
ongerymdhede in 'n vrye vers
praat van dae gevul met stiltes
my vriende en my shrink begryp nie meer
misverstande tussen my en haar stapel op
soos onbetaalde rekeninge
die natuurskoon pas nie in nie (dis geen natuurvers)
en 'n skip sukkel om oor die einder
van dié vers te verdwyn
en die oseaan bly immer magtig, wydgestrek.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Ad hominem aanval

So., 03 Augustus 1997 00:00

"Leendert van Oostrum" writes: >
>

>
> Maar jy, Gloudina, _praat_ nie op hierdie nuusgroep nie. Jy laster. Jy
> laster soos die Legio. Mag jy ook 'n varktrop invaar en oor 'n krans
> verdwyn!
>
> Leendert

Arme, arme Leendert,
Kan nie wegbly van die nuusgroep nie? Of is jou dayjob
(om op die Afrikaanse eposlys te skryf) nou nie meer
interessant genoeg nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hy het onlangs geadverteer dat hy 'n Christen is.

So., 03 Augustus 1997 00:00

<
>
>
>
>>
>> Maar jy, Gloudina, _praat_ nie op hierdie nuusgroep nie. Jy laster. Jy
>> laster soos die Legio. Mag jy ook 'n varktrop invaar en oor 'n krans
>> verdwyn!
>>
>> Leendert
>

Geloof & kerksake | 0 kommentare

Anti-semitisme

Sa., 02 Augustus 1997 00:00

"Leendert van Oostrum" writes: >
>

Jy kan nie jou pad kry tussen
> die middeljarige Kugels van Sandton deur wat emigrante met rooigehuilde oë
> afsien nie. Die Jode het nog altyd geweet wanneer dit nodig is om verder te
> swerf. Hulle weet wanneer om op skepe, vliegtuie en skotskarre te klim en
> waarheen. Die wat hierin fouteer het se gene het verdwyn uit die bloedlyn
> uit, soos in Spanje, Duitsland, Pole, Rusland en Ethiopië.
>

>
> Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

hubris galore

Sa., 02 Augustus 1997 00:00

"AM de Lange" writes:

ek jou in my gedagtes beswets het. Jy
> maak mense seer en siek terwyl ons eintlik mekaar moet genees.
> Leendert is 'n snydokter wat van bloed en derms hou. Sy
> "katterigheid" met jou is niks anders as dodelike akkurate snywerk
> nie. En as ek hom reg bekyk, doen hy dit nie vir geld en status
> nie.
>
> Leendert wil die hubris uit jou sny. Hubris is soos kanker, net
> geestelik. In gevalle waar die kanker nie versprei het nie, werk
> die snywerk. Ek het self my dae van snywerk gehad. Ek het selfs
> my tydperk gehad om mense met verspreide hubris chemoterapeties
> te probeer help. Nou is ek maar net besig om die skynbaar hopelose
> gevalle te probeer bystaan. Koos is reg - dis hoekom hy my as
> 'n Swami probeer afkraak het.

> En tog skryf ek alles hierbo met gemengde gevoelens. Ek wil he
> dat jy van jou hubris genees moet word. Maar jou hubris was tot
> dusver vir ons 'n baie goeie ding. Dit het die mense skeppend laat
> skryf. Jou hubris skep entropie wat tot chaos lei. Jou hubris is so
> groot dat dit die chaos tot versadiging dryf. Gevolglik moet die chaos
> oorgaan in orde. Soms lei dit tot ontluikings en soms tot verval.
> Maar die punt is - uiteindelik is daar iets besig om te gebeur.
> Die Afrikaner is besig om uit die doodse slaap van ewewig te ontsnap.
>
> Belowe my een ding - as jou van jou hubris genees is - kyk of daar
> nog iemand is soos jy was. Indien nie, sal jy met 'n groot toneelspel
> moet begin. Dan sal jy moet maak of jy hubris het. Jy sal dit so goed
> moet doen soos dit nou die geval is. Eintlik sal jy dit nog beter moet
> doen, want die fyngevoelige sal deur jou spel kan sien. Wie van ons
> is eintlik nie akteurs nie? Wie van ons speel die lewe opreg?
>
> Alles van die beste
> At de Lange
>

At, ek wonder of jy (as jy eerlik is en intelligent genoeg
is), besef hoeveel jou eie argument dat ander-hubris-besit
en jy nou gelukkig skoon is daarvan, 'n element vorm in jou
hele gedagtegang. Anders val die ou argumentjie natuurlik
ondertussen plat op sy gesig.
Ek dink jy moet ook in ag neem dat hierdie nuusgroep deur
'n geweldige verskeidenheid van mense gelees word, nie net
Afrikaners van 'n sekere kleur nie: Nederlanders en Vlaminge,
Engelssprekendes binne en buite SA, om net 'n paar te noem.
'n Engelssprekende predikant in Suid-Afrika skryf vir my nou
die dag en bedank my, nie net vir die pos van die gedigte
nie, maar ook vir die verwysing na Dietrich Bonhoffer. Ek
neem aan dat so 'n mens eintlik nuwe respek vir Afrikaners
kry wanneer hy sien dat iemand haarself 'n Afrikaner noem,
maar haar dissosieer van die skandalige dinge wat deur
Afrikaners en in die naam van Afrikanerskap in die laaste
halfeeu gedoen is. Was dit nou hubris of wat?
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

SA trekmaatskappy BREEK ons goed tot in Kanada

Sa., 02 Augustus 1997 00:00

Kyk, ek is so kwaad ek kan slange vang. Gaan 'n vreeslike stink storie
skryf en hoop Huisgenoot gebruik dit. Het foto's ook geneem om dit te
ondersteun.

En waaroor? Flenter meubels! Ons goed het gister hier aangekom. En al die
houtmeubels is flenters! My ouma se kassie het 'n poot af - morsaf! Arno se
lessenaar wat hy op skool gemaak het (geelhout en imbuia) se paneel het
sommer 'n yslike stuk uitgebreek, al die voe"e is los en die dwarshout
agter is uitgebreek. My naaldwerkkabinet se deur is in drie stukke en die
bodem is uitgebreek. Arno se houtlamp wat hy self gedraai het, is afgebreek
bokant die voetstuk.

Dus, gaan nou hierdie storie skryf - want daar is baie, baie mense nog op
pad Kanada toe - om hulle te probeer waarsku. En ook om daardie
trekmaatskappy te dwing om te betaal. Ons bybetaling is natuurlik nie
minder nie as R500. Sal nie hulle naam noem in wat ek ookal skryf
nie - nie voordat die eis ingedien is nie - maar hulle sal wel deeglik weet
dat hulle dit gedoen het, want ons name sal genoem word en ook die feit dat
ons van PE af kom. Daar is baie trekmaatskappye daar, natuurlik.

Wil aanbeveel dat mense wat wil oorsee trek, na 'n maatskappy toe gaan en
aandring op 'n lys name van tevrede trekkers. En as die maatskappy dit nie
wil gee nie, gaan na 'n ander een toe. Hierdie ouens het ons belowe hulle
doen baie trekke oral oor die wêreld en ons het hulle geglo.

Maar die mense wat hier kom aflaai het, sê hulle sal nooit die goed pak
soos wat hierdie ouens dit gedoen het nie! Hulle sê ook hulle lewer baie
goed af van mense uit SA, en daar is altyd, ALTYD goed gebreek, en goed
gesteel. So watse slegte naam het SA nie?

Dus, as julle weet van iemand wat wil oorkom, laat hulle my email as hulle
kan. Ek sal die naam van die trekmaatskappy persoonlik vir hulle stuur, dan
kan niemand sê ek maak dit publiek nie. SA is in elk geval
berug vir sy swak diens.

En as ek met hierdie bohaai kan help dat iemand anders se vertroetelde
meubels verniel word, dan is dit goed. Ook dat die maatskappy sy diens
opknap, natuurlik.

Terloops, ek dink Kanada is wonderlik! As iemand inligting wil h^e, sal ek
probeer help.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Idioom: watergangen

Sa., 02 Augustus 1997 00:00

Hallo iedereen,

Vanochtend was er op de radio een programma, waarin het ging over
objecten waarvoor in de ene taal een heleboel woorden zijn, terwijl een
andere taal er maar enkele voor heeft.

Het voorbeeld van de eskimo's met hun tientallen woorden voor sneeuw
werd erbij gehaald, maar voor het Nederlands wisten ze zo direct niets
te verzinnen. Ikzelf (als waterbouwkundige) moet dan direct aan de vele
woorden voor waterpartijen denken: sloot, gracht, tocht, vaart,
wetering, singel, greppel, kanaal, meer, plas, poel, ven, wiel, vijver,
kolk, rivier, vliet, beek, wel, rel, zwin, baai, inham, zeearm, etc,
etc. En dan natuurlijk de nog veel meer afgeleide woorden: stadsgracht,
poldervaart, molentocht, getijderivier, bergbeekje, spuikanaal etc.

Nu vroeg ik mij af hoeveel van deze woorden in het Zuid Afrikaans
behouden zijn gebleven. Ik vermoed dat een aantal van de woorden
hierboven u niets zullen zeggen, omdat de situatie waarin zij gebruikt
worden niet in Zuid Afrika voor komt.

Zou iemand misschien aan kunnen geven welke woorden in het Afrikaans
worden gebruikt voor de diverse typen watergangen, waterpartijen en
waterlopen?

Misschien is er ook wel iets typisch Zuid Afrikaans waarvoor het
Nederlands weer geen woorden heeft; ook daarin ben ik geinteresseerd.

Groetjes, Arthur.

Afrikaans, ons taal | 16 kommentare

Nuwe bydraer.

Vr., 01 Augustus 1997 00:00

Goeienaand,
Het gisteraand toevallig by hierdie groep uitgekom.

Ek het die afgelope paar weke gereeld by
alt.penpals. forty plus years ( apfpy) ingeskakel,
en dadelik lus gevoel om deel te neem.

Ek het gedink hierdie is ook 'n lekker geselsgroep
in Afrikaans.
Ongelukkig alles behalwe.
Ek voel duidelik dat die trant heelwat ligter moet wees,
anders is dit 'n groep vir hoogdrawende besprekings.
Ontspanning is dit beslis nie.

Wat ek so pas gelees het van eie identiteit verloor,
kultuur en die res ( Afrikaner Afrikane inderdaad!)
kan ek in dagblaaie lees.
Solank 'n mens lewe, kan jy nie jou identiteit verloor nie.
Jy het nog 'n naam.

Oorspronklike, kort, spitsvondige opmerkings is
baie meer leesbaar en antwoordbaar.
Dit is 'n besprekingsgroep, in verstaanbare Afrikaans,
is dit nie?

Dit lyk meer na hoogdrawende geoefen van moontlike
tesisse, wat niemand in elk geval sou wou lees nie,
behalwe die persoon wat dit geskryf het.

Ek wag vir die vlamme wat op my gaan neerdaal.

Groetnis,
Annette
--
ann...@fast.co.za
Rooiwyn liefhebber.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1499  1500  1501  1502  1503  1504  1505  1506  1507  1508  1509  1510  1511  1512  1513  1514    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 20:00:38 UTC 2026