Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Afrikaner

Vr., 15 Augustus 1997 00:00

Die nuutste Internetuitgawe van Die Afrikaner, mondstuk van die Herstigte
Nasionale Party van Suid-Afrika is nou beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner/

NUUSARTIKELS

KP gaan stem, saamwerk met Constand

DIE KP is reeds op soek na bondgenote vir die 1999-verkiesing. Dit
moet almal insluit wat
aan een of ander vorm van selfbeskikking glo. En dit sluit uiteraard
nie swart bondgenote uit
nie.

Predikant gedagvaar vir laster

BEIDE die HNP en sy leier, mnr. Jaap Marais het ds. Hector Jooste en
Volkspers, uitgewers
van Patriot, gedagvaar vir laster. Dit is na aanleiding van 'n brief
in Patriot van 14 Maart
vanjaar waarin ds. Jooste die HNP bestempel as "'n giftige en
dodelike kanker".

Piet Gous het onderneming nie nagekom

DR. PIET GOUS, president van die Vrystaatse Landbou-unie het nie die
moed gehad om
ondernemings wat hy gegee het dat hy mnr. Marais sou ontmoet om die
IDASA-komplot met
hom te bespreek, na te kom nie. In 'n brief aan dr. Gous konfronteer
mnr. Marais hom oor sy
lafhartigheid, en die wyse waarop hy die Vrystaatse boere om die bos
gelei het.

Buitelandse Sake weier om te reageer

NA aanleiding van die Dokument van Buitelandse Sake waaroor genls.
Constand Viljoen en
Tienie Groenewald 'n indertdik teen mnr. Marais en Die Afrikaner
verkry het, is 'n brief aan
mnr. Pieter Swanepoel, Direkteur: Mediaskakel by Buitelandse Sake
geskryf om by hom te
verneem waarom hy beweer het dat die Dokument by die eerste oogopslag
as "'n vervalsing"
ge�ien is.

RUBRIEKE

Hoofartikel

KP se ware kleure ontbloot

Woord en Wêreld

Deuskant die nuwe aarde (1)

Gawie

Die Geldmagmagnate

Rig op die Regterflank

Met wie wil die biegtende predikante versoen?

Haak en Steek
Wat is die waarheid oor Chris Hani?, Deur Klaas Waarsegger II

Agtergrond

Beskerming en veiligheid op plase en kleinhoewes

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Soek woonstel

Vr., 15 Augustus 1997 00:00

Kan iemand my miskien help met 'n woonstel
Ek moet die 1 ste Oktober uit my huis uit wees.
E-mail my: jha...@usa.net

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Soek woonstel

Vr., 15 Augustus 1997 00:00

JP wrote:
>
> Kan iemand my miskien help met 'n woonstel
> Ek moet die 1 ste Oktober uit my huis uit wees.
> E-mail my: jha...@usa.net

Miskien wel, maar waar?
Chicago, San F, Mumbai, Pta, Harare, Parys (Vrystaat, of Paris,
Frankryk)?????.(Of dalk Sydney)

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Wij hebben hulp nodig

Do., 14 Augustus 1997 00:00

Wie kan ons helpen met adresses van Hollandse Clubs in ZA
voor vermisten in ZA see http://www.worldaccess.nl/~brien

----
Let op!
Na 1 januari 1998 nieuw homepage-adres: http://www.wxs.nl/~brien en
http://www.wxs.nl/~btv
emailadres wordt na die datum ook aangepast in: br...@wxs.nl en b...@wxs.nl
de oude emailadressen blijven tot 1/2 1998 in gebruik.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans as moedertaal

Wo., 13 Augustus 1997 00:00

Ons kan baklei soos ons wil. Afrikaans sal nie nou al uitsterf
nie, maar oor 50 jaar van nou af sal dit net ons ouer generasie
wat Afrikaans praat. Ek glo Afrikaans skole sal uiteindelik verdwyn.
Ek is 'n Afrikaner en sal een dood gaan, maar ons moet ook realisties wees,
die besigheids wêreld is Engels. As ons iewers wil kom moet ons daardie rooi
taal leer en ons kinders aanspoor om dit weer vir hulle kinders te leer.

Afrikaans, ons taal | 38 kommentare

Gebed beantwoord

Di., 12 Augustus 1997 00:00

Ek het gevra vir krag...
toe gee God my baie moeilikhede om my sterk te maak.

El het gevra vir wysheid...
toe gee GOD my probleme wat ek moes leer oplos.

Ek het gevra vir voorsoed...
toe gee God my 'n goeie verstand en die wil om te werk.

Ek het gevra vir moed...
toe gee God ym noodlydende mense om te help.

Ek het gevra vir gunste...
toe gee God my geleenthede.

Ek het niks ontvang van wat ek wou he nie, maar...
ek het alles ontvang wat ek nodig gehad het.

Geloof & kerksake | 1 kommentaar

Re: Boerekos.

Di., 12 Augustus 1997 00:00

Annette wrote:
>

> Ek dink dit is Griet wat van Kanada geskryf het oor SA Braaivleisaande.
> Moenie bekommerd wees wie se ma se melktert lekkerder was nie.
> In die vreemde is enige Suid-Afrikaanse melktert lekker.
> Dit is maar net verlange na ma wat praat.
>
> Sal graag wil weet wat die bykos was wat by sulke aande bedien was.
> Kon die Kanadese die Poetoepap baasraak?
>
> Het ander boerekosidees gemis, so miskien is bogenoemde al gemeld.
>
> --
> ann...@fast.co.za
> Red wine lover.

Jong, dit het opgeeindig as 'n proeseltjie-van-alles-en-nog-wat. Die
slagter se boerewors is nie te wat wonders nie, maar word al hoe
lekkerder hoe langer ons hier woon. Nuwe intrekkers trek nog steeds
maar hulle neuse op vir die boerewors wat ons hier as delikatesse
beskou, maar ons sê maar niks nie en twee jaar later smul hulle saam!

Ons het braaipap met tamatie-en-uiesous gehad en 'n groenslaai met
tamatie, komkommer en avokado.

By dieselfde ete het ons egter ook bobotie met begrafnisrys gehad. (My
Engelssprekende vriendin ken dit net as geelrys). Bygereg was komkommer
in suurroom, klapper, blatjang (my kinder vra my: "wat is dit?")

Ook nog Potjiekos, in hierdie geval "Cape Currie" (ek weet nou nie wat
dit in Afrikaans is nie) saam met mieliebrood en potbrood.

Ek het nou voorgestel dat ons volgende jaar 'n safari-ete moet aanbied,
so sal die Kanadese dalk agterkom watter kosse dan nou eintlik bymekaar
hoort.

En ek dreig nog steeds om beskuit te bak voor die einde van die jaar!

Griet

Kos & resepte | 0 kommentare

Afrikaans language course

Ma., 11 Augustus 1997 00:00

I am interested in learning Afrikaans, both spoken and written. I
currently speak only english and a very small amount of Russian. If
anyone knows of a good self study type course in english (tapes or cds
with materials), please forward this info via email.

Thank you in advance,

Greg Landry

Greg Landry
Morris, IL U.S.A.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Showed up late, still we played Bert's Bar,
then the hurricane came . . . so it ain't there now.

SeAsHeLLs 4 haLLiE
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

Blokkiesraaisels

Ma., 11 Augustus 1997 00:00

Afrikaanse Blokkieseraaisels is beskikbaar op die Net by:

http://www.global.co.za/~pretblad

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SPRINGBOK RUGBY?

Ma., 11 Augustus 1997 00:00

Help asb., weet julle miskien van iemand wat kan help om ons oorle-bokke
weer die "spring" aan te leer soos in SPRINGBOKKE !!!

Ek het die grootste agting vir Carel, maar die arme man kan werklik nie so
in die diepkant gegooi word nie. Ek kan aanvaar dat hulle(SARVU) iemand op
verdienste gekies het, maar die 70/80's is verby en die jaar 2000 is op ons.

Tye en taktieke verander, en ons rugby is en bly vir my stereotiep.

Laat SA.RUGBY 'n bosberaad(!) hou en laat daar weer terug gegaan word na
die tekenborde, want iets - of is dit iemand, is die kluts kwyt!

Groetnis

EMC :-)

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1496  1497  1498  1499  1500  1501  1502  1503  1504  1505  1506  1507  1508  1509  1510  1511    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 06:22:27 UTC 2026