As 'n Kangeroe verbygespring kom en jy sien haar kleintjie
het uit haar buidel uitgeklim en klou aan hare ore vas,
dan moet jy weet dis blerrie warm.
Julle het seker gelees dat hier in Australie
met die tennis-kampioenskappe, is dit so warm
dat die hare van die balle afsmelt.
(nie die kangeroe-balle nie, die tennisballe).
Nouja, met nuwejaar was daar 'n ysige koue in Europa
wat rekords daar gebreek het, en terselfdertyd was daar hier
'n hittevlaag wat rekords gebreek het by ons in die suide.
(ek het nog altyd gedink warm lug styg op, en koue sak af,
maar dit is maar 'n deurmekaar wereld).
Op nuwejaarsdag het ons besluit om saam met 'n ander gesin
vir 'n paar dae te ontspan in 'n verlate sinkdakhuisie in die "outback".
'n Dom ding, want ons weet dit word tussen 5 en 10
grade warmer as by die kus. Nuwejaarsdag breek aan en breek 'n rekord:
dis 42 grade by die kus. En toe ons in die verlate heuwels aankom
wys die termometer 45. En dis nog nie eers middag nie.
Ons sluit die huisie oop. Kerse in die huisie is pap-omgebuig,
die kerswas so sag soos klei.
Toe ek probeer om die enjin aan die gang kan kry vir die ligte en waterpomp,
pas die sleutel nie. 5 Minute se gevroetel met sleutels
laat my voel asof ek 50km gehardloop het met geweer en volle mondering
in die army. Ek gee op, my Australiese vriend le^ in die skaduwee -
sy go^ is lankal uit. (Hulle gaan nie army toe nie).
Ek probeer water met 'n emmer uit die sinkdam kry,
maar toe ek aan die dam se warm deksel vat brand ek my soos op 'n stoof.
Toe ons weer kyk is dit 48 grade. In die skaduwee.
En daar is geen yskas nie, geen waaiers nie, niks lopende water nie.
Ons kry almal in die karre en sak af na die naaste ou dorpie toe.
Die kinders se wange is bloedrooi, ek kyk in die spieel en my wange
is nie net rooi nie, my oe is opgeswel. My vrou is so koel
soos 'n komkommer. Sy kom van Upington. Sy kan hitte vat.
Die lugreelaar in die kar werk so hard ek kan die kar nie uit 2de rat
kry nie. Ons kom by die dorpie se swembad aan en almal is daar.
Die kinders swem lekker saam met die Aboriginies.
(In die swembad is almal se snot groen, so wie gee om ?)
Ons koop ys in die dorp en ry toe maar terug, want ek wil potjiekos maak.
By die sinkdakhuisie is die termometer nou al op 50.
Ek kan dit amper nie glo nie. Die sak ys het intussen sommer verdamp.
Ek probeer vuurmaak maar die son brand die vuur dood.
Toe maak ek maar vuur in die skaduwee.
Dit brand gou uit. Ek sit die pot in die son
en dit begin sommer vanself prut.
Niemand is honger nie. Die kinders is lusteloos.
Bruce le^ lui en onbeweeglik op die stoep.
Die vrouens probeer die kinders koelwaai.
Die kaas wat ons saamgebring het, verander in olierige pappery.
Ek skink 'n dop maar die alkohol verdamp voor dit in my keel kom.
In die verte sien ons skape. Hoe warm moet hulle nie kry met hul
woljasse nie ? Ons sien uit na 'n koel aand, maar tot ons ontnugtering
val dit net tot 43 grade want daar is geen wind nie, die lug is doodstil.
Die sterre pragtig. Jagse jagspinnekoppe kom uit en loop rond in die flitslig.
Ek sien die grootste jagspinnekop in my lewe, gelukkig aan die buitekant
van die sifdeur. Toe die dag breek spring almal in die kar.
Bruce lyk verlig, hyt gedink ek gaan nog 'n dag bly - hy wou die vorige
dag al padgee.
By die kus gekom is dit 39 grade. Dis niks. Daar waai 'n seebriesie. Goddank.
Net daar neem ek my voor: Nooit weer sal ek oor die blerrie seebries
kla wat my visvang bederf nie.
Ek wonder of sy die hitte hier in Noord-
Amerika sal kan vat. Ek dink Noordwesterse
mense is gewoond aan hitte wat droog is.
Maar as daar so baie vog in die lug is
soos by ons hier in die somer, dan gee
ek op lank voor die deursnee mens wat
daarmee gebore is. Dit was so warm-vogtig
die ander dag dat toe ek uit die lugverkoelde
kar uitklim in die warmte in, toe fog my bril
op (iets wat gewoonlik net gebeur in die
winter as 'n mens uit die koue in die warm
binneshuis inkom.)
Gloudina
Ek wil 'n klip in die bos gooi (of is dit die byekorf skud)
Persoonlik het ek niks daarteen dat "mentally" mense gesterilisser word
nie. Doen dit sommer ook aan verkragters, geweldsmisdadigers, moordenaars,
alkoliste en dwelmverlaafdes. Met die wereld bevolking wat die hoogte
inskiet is dit 'n goeie idee om net die beste van die bevolking te laat
oorleef en aan te teel.
Leendert van Oostrum wrote in article
...
>
> SA Runner reports:
>
>
> August 28 1997 EUROPE
>
> Austria 'sterilises mentally handicapped women'
>
> FROM ROGER BOYES IN BONN
>
>
> AUSTRIAN politicians yesterday plunged into the heated
> European debate about eugenics, claiming that the country was still forcing
> mentally handicapped women to be sterilised.
>
> Theresia Haidlmayr, the Green spokeswoman, said that
> there were no legal obstructions in Austria to sterilising certain
> categories of patient. Some 70 per cent of mentally handicapped women had
> been treated in this way, she said, although the party admits there are no
> reliable statistics.
>
> The comments came as both Switzerland and Norway
> admitted that they had, until the 1970s, also practised compulsory
> sterilisation on mentally handicapped or racially "unsuitable" men and
> women, according to disclosures published yesterday.
>
> Swedish revelations that 60,000 people had to
> undergo compulsory sterilisation over 50 years have sent historians
> throughout Europe searching their national medical archives for evidence
> incriminating or clearing their own countries.
>
> While the Swedish sterilisation was part of a
> government campaign to eliminate "inferior" racial types from society, the
> practice in Austria is ostensibly determined by the desire to prevent
> pregnancy among mental patients.
>
> Volker Schönwiese, assistant professor at the
> Innsbruck Institute for Educational Science, estimated that tens of
> thousands of mentally handicapped women had been sterilised in Austria. Most
> of the sterilisations are carried out before the patients reach the legal
> age of adulthood at 19. Many of them are only ten or 11 when they are
> operated on.
>
> The Swiss case is regarded as important because the
> Nazis used 1928 sterilisation legislation from the French-speaking canton of
> Vaud to fashion their own 1934 laws.
>
> "Even Hitler requested a copy of the law from the
> canton and from the Government in Berne as a basis for Nazi Germany's own
> racist laws," said Hans Ulrich Jost, a Lausanne history professor.
>
> Switzerland, still struggling with revelations that
> its banks profited from the Holocaust, was shocked by Professor Jost's
> documentary proof. He found one recommendation for sterilisation for a young
> woman, two months pregnant, because she was described as "feeble-minded,
> morally weak, idiotic and promiscuous".
>
> But the deepest concern is in Scandinavia, because
> the evidence is clear that compulsory sterilisation was not merely part of
> the racist prewar climate but became a conscious feature of Social
> Democratic policy after the war. Sweden dropped compulsory sterilisation
> only in 1976, while Finland and Norway also practised it well into the
> 1970s. Norway sterilised about 2,000 people against their will between 1934
> and 1976, according to Nils Rolf-Hansen, a professor in Oslo.
>
> Most of the victims seemed to have been drawn from
> socially deprived backgrounds or were exhibiting some form of mental
> illness. In some cases, hospital workers refused to carry out abortions
> unless the women agreed to be sterilised.
>
> But the sterilisation campaign also targeted
> racially "mixed" Swedes, including women from Gypsy families. It was this,
> the fact that the benign welfare state treasured by Swedes for more than 50
> years could continue essentially national socialist eugenics, that has most
> alarmed Swedes and prompted questions about the internal controls within a
> welfare state system. A flood of compensation claims is now expected.
>
In Memoriam: PATRICK PETERSEN
dood in moterongeluk: 7 Junie 1997
op pad tussen Paternoster en Vredenburg
Gebore 6 Julie 1951. Leraar van N.G. Sending.
Debuteer in 1985 met "amandla ngawetu." Lid
van die sogenaamde "digters na 1976," Dié
jaar het verwarring gebring, want aan die een
kant is Afrikaans as taal van die onderdrukker
gesien, en aan die anderkant ontstaan daar juis
in hierdie periode 'n opbloei van Afrikaanse
letterkunde uit die pen van nie-blanke skrywers.
Hier volg een van Patrick Petersen se gedigte
uit "Advent" (1988.)
Verrotte wette
Ek is siek van die stank
van verrotte wette
wat oor alles heen hang.
Almal hel gevaarlik oor party plekke
mans vrouens kinders.
Dit is 'n spel met die lewe
'n reuk van die dood.
Dit is 'n oproep om te lewe
OP
STAAN
unzima lomthwalo
ufuna sihlangane.*
(Zulu: hierdie las druk swaar op my
rug, dus moet ons mekaar bystaan.)
Ek het self ondervind dat deur sensitief te wees en die emosionele
(vroulike?) sy van my te toon skrik ek vroue af. Soveel vir eenslagtige
beskouing! Vroue soek dit nie, daarom het Jasper die Barbaar 'n Barbaar
geword. 'n Sterker manlike figuur wat emosie begrawe en 'n vaste rots vir
die vrou is eerder as 'n sagte oor.
Verskil of stem saam
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
Die 1 st November sal 'n nuwe afrikaanse radio stasie die lug sien, Radio
Punt. Ek sal elke 2 de Vrydag aand, die eerste 14 November, 'n program
aanbied oor tegnologie en ten minste 'n halfuur afstaan aan die Internet.
Ek will graag in elke program 'n Afrikaanse tuisblad bespreek en die
bespreking so ver as moontlike nie tegnies hou. Daar sal baie pruse wees om
te wen en Indien daar iemand is wat 'n bydra wil maak of idees vir
onderwerpe om te bespreek laat my asb. weet. Alle bydrae sal waardeer word.
Ek is 'n afgesnyde koringland
met net 'n paar gerwe langs die kant,
'n geplukte wingerd met net 'n paar trosse
vir die vreemdeling
die arm verbyganger
die nie-grondbesitter.
Ek het my aan jou gegee
vir die trapvloer en die wynpers
en nou gee ek jou die brood terug
om daaraan te stik
en die volle beker wyn
dat dit mag smaak presies net soos asyn.
Ek is bruin soos Salomo se Sulamutiese
omdat ek woon by die tente van Kedar,
'n Bedoe�n is
'n woestyn-mens
'n nie-gevestigde.
Net: jy is geen Salomo nie,
jy besit nóg die wysheid nóg die koningskap,
omdat jy my nie meer bring in die wynhuis nie.
Sou jy dit doen,
sal ek weer vol in die aar staan
en die plukkers versamel onder my donker, uitgeswelde trosse
soos die jaloerse dogters van Jerusalem.
Ek het nou pas die begrafnis van Prinses Diana op die BBC gekyk. Die
gevoel van verlies by die begrafnis was baie hoog. Hier in Engeland het die
hele land tot 'n stilstand gekom om die Prinses eer te wys.
Maar daar is 'n paar goed wat vir my wel pla oor hoe mense hier gereageer
het oor die dood van Diana. In Skotland sou daar 'n sokker wedstryd
plaasgevind het teen Belorussia van middag, 'n wedstryd in die wereldbeker
reeks, wat vir hulle baie belangrik was. In die konteks van Diana se dood
het hulle gevoel dat hulle miskien die wedstryd moet afstel. Hulle het die
"Football Association" gebel vir hulle mening, plaaslike politici en selfs
vir Buckingham Paleis. Almal het vir hulle gesê hulle moet voort gaan met
die wedstryd. Dit is nou jammer maar nou wat.
Toe het die politici betrokke geraak. Hulle het gesê dat "Die Mense"
(hoofletters) voel dat dit onbetaamlik sou wees on so 'n wedstryd te speel
op so 'n dag. Baie oproepers na die Skotse voetbal mense het ook gesê dat
die wedstryd afgestel moet word indien moontlik en tot dat dit gekanselleer
moet word as daar nie 'n uitweg was nie.
'n Oud minister, David Mellor, het so 'n rukkie terug 'n artikel in 'n kerk
koerant geskryf wat teen die prinses gegaan het. Hy is ook sleg gesê.
Nou wel. Ek voel dat 'n mens seker die reg het om te treur as jy wel wil,
maar ook om nie so te doen as jy so voel. Dit is asof daar 'n gevoel was
wat mense dwing. Jy moet besighede toe maak en so voorts. Al vyf landelike
televisie stasies het die begrafnis gewys. Daar was glad nie 'n alternatief
nie.
En dit in 'n land wat altyd beskou is as liberaal en omgee vir menseregte.
Ek het net voor die begrafnis, na die middestad van my dorp, High Wycombe,
naby Londen, gery om iets te koop. Al, maar al die winkels was toe. Die
dorps skou was aan, maar net die mense wat die gereël het was daar. Hulle
het £45000 gespandeer op die twee dae van die skou en nou is als 'n
mislukking. Wat se kans was hulle gegee om hulle reg van nie te treur
gegee?
Dit het my verder laat dink. In die midde eeue het mense baie sterk oor
godsdiens gevoel. As iemand nie saam gestem het met die mening van die
meerderheid was hulle tot die dood veroordeel. In ander tye was dit ander
goed. In Suid Afrika onlangs was dit jou mening oor die rasse kwessie. As jy
anders gedink het as ander was jy name genoem en in sekere gevalle dood
gemaak. Die punt wat ek hier maak is dit blyk dat dit nie saak maak hoe
"gevorderd" die land waar jy bly is nie, as mense sterk genoeg voel oor
iets sal hulle ander dwing om met hulle saam te stem, met of sonder die
mense se eie goedkeuring.
Vandag voel mense in die westerse wêreld nie so sterk oor godsdiens nie.
Eintlik voel ons nie sterk oor enige iets nie, en dit gee ons nou kamstig
die reg om ander mense in ander dele sleg te se oordat hulle nog sterk voel
oor godsdiens.
Is ons wat westerse beginsels het eintlik so goed en liberaal, of het ons
nou net nie genoeg onderwerpe wat ons nou regtig opsweep nie?
Vergewe my Afrikaans; ek het gedink die forum is beter om so iets te
bespreek as die ander een.
> Ek sien nou eers 'n half dosyn van my boodskappe het nooit die groep bereik
> nie. Sal weer stuur
>
> XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX
>
> Jasper die Barbaar
>
> epitoli_sp...@hotmail.com
Da's pech: pos weg!
Tsja das een probleem dat ik ook zo vaak heb, probeer anders eens verschillende
news-servers uit.
(excuses voor het feit dat dit bericht in het nederlands gesteld is - Ik kan
afrikaans goed lezen, echter niet schrijven :-(( )
Nils
------------------------------------------------------------ ----------------
"Misschien is niets geheel waar, en zelfs dat niet"
Multatuli - Eduard Douwes Dekker.