Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Opinie van Wilhelm Jordaan

Wo., 05 Maart 2008 13:28

Van mens tot mens: Outoritarisme verteer SA samelewing
Mar 04 2008 09:22:47:230PM - (SA)

Wilhelm Jordaan

Tim du Plessis reken in Rapport (2 Maart) die soort kultuur wat
ontgroening laat voortduur, lê aan die wortel van die skandelike video
deur vier Kovsie-studente. Du Plessis meen dit kan nie teruggevoer
word na sulke studente se dikwels "onberispelike" ouerhuise nie.
Hiermee slaan Du Plessis die bal tegelyk raak en mis. Want die
werklike wortel van die kwaad is juis die gesinsideologie van
outoritarisme wat oor jare in baie Afrikaner-huise gekweek is, in
kerk- en skoolverband verdere beslag gekry het en ingeburger geraak
het deur apartheid. In baie Afrikaner-kringe floreer
gesinsoutoritarisme steeds. Gesinsoutoritarisme word gekenmerk deur
die verheiliging van 'n hiërargiese onderdanigheidstruktuur - met
pappie "bo" as "offisier in bevel"; gevolg deur mammie wat "onder" is,
gevolg deur boeties/sussies verder onder toe in die rangorde van
geboorte en geslag. Hieruit kom 'n patroon van meerderes en minderes
op die grondslag dat elke opwaartse beweging in die hiërargie groter
waarde aan jou gee - méér status, méér vryheid én méér toegeëiende
beskikkingsreg oor dié wat jy as jou minderes beskou. Maar
outoritarisme in die gesin en die samelewing is intiem verstrengel.
Die 16de eeuse klassifikasie-wetenskap (byvoorbeeld Linnaeus se
systema naturae) het aan ons die tradisie van 'n hiërargiese
rasverdeling gegee wat swartes "onder" geplaas het - met sekere
toegeskryfde, oorwegend negatiewe menslike eienskappe. Wat jy só leer,
gee struktuur aan die samelewing (politiek en kultureel), word deel
van die ouerhuis se denktradisie wat dan na die samelewing oorgedra
word. Daaruit kom byvoorbeeld die tradisie van ontgroening waarin
"seniors" die "juniors" verneder, afransel, belaglik maak, selfs
aanrand. Wesenlik geld dieselfde soort hiërargiese denke, met dalende
toegekende waarde, dan ook elke ander mens wat jy as jou mindere ag.
Dit is nie noodwendig só dat jy die "hoër" posisie bewustelik toe-eien
nie, maar eerder 'n geval van: dit is soos die tradisie dit bepaal, en
wie peuter nou met die "waarheid" van tradisie. Dié soort hiërargiese
tradisie-denke het baie ander uitlopers. Enersyds brutale
diskriminering teen diegene wat jy as "minderes" ag (soos met
kolonialisme, slawehandel en apartheid teenoor swartes gebeur het).
Andersyds 'n patroon van onnadenkende onverskilligheid jeens die
"hulle" wat nie soos "ons" is nie - soos dit steeds by baie wittes
teenoor swartes voortduur. Hiervolgens is swartes, wat nou die
politieke mag het, deel van jou leefwêreld, maar eintlik beklee hulle
nog steeds laer posisies in jóú hiërargie. Die Kovsie-studente se
verweer, en 'n pa se beaming daarvan (Beeld, 3 Maart), getuig hiervan.
Hulle sê hulle kom goed oor die weg met swartes; is sorgsaam teenoor
hulle; is nie rassiste nie; en wou net 'n "komiese ding" met hulle
doen om pret te maak. Hulle het nie bedoel om te verneder nie. Juis
dié onnadenkende onverskilligheid teenoor swartes se eeue oue
geskiedenis van "onder" wees in die uitgedinkte hiërargie van
menswees, is tekenend van 'n kanker wat die gesonde weefsel van 'n nie-
rassige Suid-Afrikaanse samelewing bedreig.

Wilhelm Jordaan is 'n buitengewone professor in sielkunde by Tuks.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat as dit jou ma was? ( Beeld)

Di., 04 Maart 2008 15:49

Wat as dit jou ma was?
Feb 29 2008 03:10:42:217PM - (SA)


D it is altyd gevaarlik om te veralge- meen, om mense oor dieselfde
kam te skeer en te dink álmal is so. Maar kenners meen die studente
van Reitz-kamer-wonings by Kovsies se ondeurdagte en onbesonne dade
gaan presies dít tot gevolg hê.

Veralgemening, stereotipering en spanning.

Dalk is dit nodig om te spesifiseer in watter huis by dié berugte,
soms beminde, koshuis die studente op die video geslaap het, sodat nie
elke Reitzman bevlek word nie.

Dalk is dit nodig om te spesifiseer watter kursusse die Reitzmanne van
Bungalow X of Y geloop het sodat nie alle kursusgangers bevlek moet
word nie.

Dalk is dit nodig om seker te maak daar word in elke nuusberig of
gesprek of besprekingsprogram gespesifiseer by watter universiteit en
op watter kampus die studente besluit het om dít te doen waarvoor elke
regdenkende hom skaam.

Dalk is dit verder nodig om te spesifiseer in watter stad of provinsie
dit gebeur het en watter taal- of kleurgroep dit was wat dit goed
gedink het om swart vroue te verneder, want niemand wil hoegenaamd in
enige denkbare groepering saam met die Reitz-studente gegooi word nie.

Dit is egter nie moontlik om elke keer te spesifiseer wié en wát en
wáár nie.

Waarnemers beaam dat wat dié walgvideo vermag het, is om onmeetbare
skade aan die steeds brose rasseverhoudinge in die land te rig en 'n
duidelike sein na die wêreld te stuur dat Afrikaners nog nie gereed is
vir die nuwe Suid-Afrika nie, nie gereed is om hande te vat nie, nie
'n basiese respek vir ander se menswees het nie en baie beslis net
omsien en besorg is oor hul eie, eng belange.

Soos mnr. Jan van Niekerk, VF+-jeugleier in die Vrystaat, wat kort
nadat die bom oor die video gebars het, verklaar het die party is
"baie besorg oor sy ondersteuners en hul belange".

Sy ondersteuners en húl belange.

Dit is beslis 'n wye aanname om oor "Afrikaners" in die breë te praat
synde dit beslis nie 'n homogene groep is nie. Vir menige buitestander
is die Reitz/Kovsie/Bloemfontein-video egter 'n voorbeeld van hoe wit,
Afrikaanssprekende jong mans met ouer, swart vroue omgaan, en wórd
daardie studente "die Afrikaner".

Vir baie Suid-Afrikaners, swart en bruin, gaan die video die
stereotipe oor die Afrikaner net versterk: dié van 'n bombastiese
bullebak wat oor die afgelope paar honderd jaar, reg of verkeerd,
gekweek is en wat sedert 1994 sukkel om homself te herdefinieer.


) ) )


Dit dwing die vraag af: Is dit wat by Reitz gebeur het, nie dalk tog
verteenwoordigend van die breë Afrikaner-samelewing nie?

Die video laat dié aanname beslis nie vergesog lyk nie.

Die studente is op die oog af immers goed geklee, welsprekend en deel
van die klein persentasie Suid-Afrikaners wat aan 'n universiteit
studeer - dus is hulle nie net die room van die Afrikaner nie, maar
ook van Suid-Afrika.

Goed versorg, klaarblyklik beskaaf en geleerd.

Waarom sou hulle dit goed dink om ouer swart vroue, wat waarskynlik
kinders het ouer as dié klomp studente, só te verneder, selfs al was
dit bedoel as 'n grap en nie as rassekleinering nie?

As dit 'n grap was, hoe kon hulle nie besef dit is totaal en al
onaanvaarbaar nie?

Dit laat mense wonder of Afrikaners, indien hulle nie gewoon rassiste
is nie, 'n inherente meerderwaardigheidsgevoel teenoor swart mense
het: 'n houding dat die "wit man" altyd beter is as die swarte, maak
nie saak wat die omstandighede is nie. Dat die witte uit die
staanspoor 'n beter rugbyspeler is, 'n beter dokter of 'n beter
staatsamptenaar.

Moontlik is alle Afrikaners nie die stereotipe brandewyn-en-Coke
rassiste nie. Maar dalk is die gedrag van die Reitz-studente 'n
manifestasie van die ewigdurende "maak nie saak wie regeer nie, ons
bly beter as julle"-mentaliteit.

Verskeie kommentators het al daarop gewys die studente op die video
het almal ná 1994 hul verstand gekry, maar dat die werklikhede van 'n
post-wit-bevoorregting-samelewing klaarblyklik nog nie by hulle
posgevat het nie.

'n Mens kan bespiegel dat dit ook nie posgevat het by die grootste
invloede in hul vormingsjare nie - hul ouers, grootouers, familie en
kerk.

Soos die geval onder baie wit mense in Suid-Afrika - ook, ontstellend
genoeg, jong wittes - word die slagoffer-mentaliteit van verontregting
aan die hand van die swart regering daagliks geperpetueer, in
gesprekke by die werk, om die braaivleisvuur of op Loftus se
oospaviljoen. Dié persepsies word versterk deur ondeurdagte
regstellende aksie, die miskenning van taal en bedrog en korrupsie in
regeringsgeledere.

Vir iemand wat dalk met 'n inherente meerderwaardigheidsgevoel gebore
word, kan dít bydra dat die skeidslyn tussen rassis-wees en kleurblind-
word baie vinnig vervaag.


) ) )


Dr. Dorrian Aiken, 'n diversiteitskenner, sê die sogenaamde
"Afrikaner"-meerderwaardigheidsgevoel is nie spesifiek tot dié groep
beperk nie.

So 'n meerderwaardigheidsgevoel kom oral in Suid-Afrika en die wêreld
onder verskillende groeperings voor: Moslem teenoor Katoliek, Xhosa en
Zoeloe teenoor Sjangaan.

Volgens haar speel die psigologiese wêreldbeskouing wat elke mens van
kindsbeen af kry, die grootste rol wanneer die individu se optrede
teenoor groepe anders as sy eie bepaal word.

"Dié beskouing is baie, baie diep geïnternaliseer. Almal van ons
funksioneer met dít wat ingegrein is deur die premoderne, moderne en
postmoderne wêreld.

"Só leef mense wat glo as jy die orgaan van 'n lewende mens uitsny, jy
sterk moetie gaan hê, langs mense wat in 'n hoogs gesofistikeerde
mediese gemeenskap glo. Hulle het verskillende wêreldbeskouings."

Hoewel dít wat die Reitz-studente gedoen het, "skrikwekkend" is, sê
Aiken dit is moontlik om van so 'n wêreldbeskouing weg te beweeg mits
jy die onderbou daarvan verstaan.

"Vir baie mense is dit moeilik om tussen hul psigologiese werklikheid
en die werklikheid te onderskei, maar jy hét die keuse. Baie dink
hulle tree uit eie oortuiging op, maar alles word in der waarheid
voorgeskryf . . . ons word almal in die stelsel ingebore."

Wat in Bloemfontein gebeur het, is volgens haar iets wat oral gebeur
en tekenend van die historiese, en globale, voortbestaan van wit
meerderwaardigheid teenoor swart. "Dit kom al van die begin van die
nywerheidstydperk toe swartes as slawe gevang is om goedkoop arbeid te
lewer. Die kerk het veral 'n groot rol hierin gespeel, omdat swartes
gedemoniseer is as sou hulle sonder 'n siel wees. Dit is sulke idees
wat geperpetueer word en onbewustelik deel van die psigologiese
raamwerk word."

Wat tussen die Reitz-studente en die skoonmakers gebeur het, is die
volmaakte voorbeeld van tradisionele magsverhoudinge: wit en swart,
manlik en vroulik.

"Die studente het uit persoonlike en diepgewortelde historiese
vooroordeel opgetree. Die vroue, hoewel hulle klaarblyklik in goeie
humor saamgedoen het, se oordeel was juis as gevolg hiervan nie goed
genoeg om te weier nie."

Suid-Afrika bestuur die rassedebat volgens haar nogtans baie beter as
ander lande, veral die VSA en Australië: "Ons praat hier oor goed wat
in daardie lande nog nie eens bo die waterlyn verskyn het nie."


) ) )


Me. Naledi Pandor, minister van onderwys, kon gister net lag toe sy
oor die implikasies van die Reitz-voorval gevra is: "Dit wys maar net
weer ons het nog 'n lang pad om te gaan."

Die tekens dat rassespanning op die Kovsie-kampus sou oorkook, was
reeds lankal daar, sê sy, en miskien het die universiteitsbestuur se
oordeel hulle in die steek gelaat.

"Wat hierdie voorval vir ons sê, is dat ons die vordering wat met
versoening gemaak is, heeltemal oorskat het. Te veel mense besef nog
nie ons moet in hierdie land met mekaar saamleef nie.

"Nee, dit is duidelik dat pogings om wedersydse begrip te
bewerkstellig, nog lank nie verby is nie en verskerp moet word," meen
Pandor.


) ) )


Die voorval het 'n lang skadu oor die toekoms gegooi, sê dr. Andries
Bezuidenhout van die Universiteit van die Witwatersrand se departement
sosiologie.

"Waar gaan dit eindig? As dit jóú ma was . . . doen dit met enige
Afrikaner en kyk wat sal gebeur. Dit was ou, weerlose swart
vroue . . . in enige kultuur is dit wat daar gebeur het, laakbaar."

Bezuidenhout sê om hierdie voorval te verstaan, is konteks van
uiterste belang.

"Dit is seker 'n ongewilde ding om te sê, maar (wat gebeur het) is 'n
voorbeeld van die probleem in Afrikaner-geledere om sekere ruimtes wit
te probeer hou - of dit koerante is en of dit nou universiteite is."

Hy sê dié pogings word gedryf deur "intellektuele en hul organisasies
wat hul standpunte in pseudo-filosofiese argumente klee" om sulke
voorvalle te probeer regverdig.

"Hierdie pogings word dikwels gestu deur dit voor te hou as die stryd
om Afrikaans te beskerm. Só word die taal misbruik, en na my mening
word geweldige skade aangerig."

Die persepsies wat die Reitz-voorval onder swart mense in die land
gaan skep, is volgens hom om van te sidder en die gevolge kan
verreikend wees: "Swart mense sal tereg wonder wat wittes met hul
werkers aanvang. Wat gebeur wanneer die kamera nié daar is nie? Dis
verstommend dat die voorval verfilm is."

Die gevolge van die video is volgens Bezuidenhout eenvoudig: verdere
rassespanning en 'n spiraal van geweld.

Die media is ook nie onskuldig nie. Bezuidenhout voer aan die
Afrikaanse media skep met hul dekking van geweldsmisdade die indruk
dat daar " 'n aanslag" op wit mense is en dit is die
verantwoordelikheid van koerante "om die ras-ding uit beriggewing te
haal - 'n swarte in hierdie land se kanse is steeds vier maal groter
om vermoor te word as 'n witte s'n".

Met elke voorval word die patroon versterk: "Die Waterkloof-4, die
Skielik-skietery . . . en nou die Reitz-voorval. Die Afrikaanse media
lyk vandag (gister) reeds soos apologete vir die studente," sê
Bezuidenhout.

"Maar dit is goed dat dit wat op Kovsies gebeur het, aan die lig kom
sodat mense kan sien wat régtig die oorsaak van die kwaad is. Dis nie
gedwonge integrasie of taalregte nie."

Dis rassisme.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Kleurspel

Di., 04 Maart 2008 11:45

Ek het my huis se kleur verander. Lank gewonder watter kleur ek dit
nou gaan maak, en dit het wel baie verf en tyd gekos, maar dit lyk
ôrraait, né.

http://dave.photos.gb.net/p48794206.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"lekker slaap" toegewens in verskillende lande

Di., 04 Maart 2008 06:25

In Nederland: "Goeden nagt"

In Australië: "Night Mate"

In die VSA: "Goodnite"

In Duitsland: "Schlaf wohl"

IN SUID AFRIKA:
"Is al die veiligheidshekke en deure gesluit?
"Is die vensters toegemaak?"
"Is die karre ingetrek, die motorhuisdeure gesluit, en al die alarms
geaktiveer?"
"Is die Rotweilers binne?"

en dan:

"Lekker slaap"
"Moenie oor die ligte worry nie, Eskom sal dit afsit!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Suidwester, Swart Simon en ander ouens wat van karre en fisika en sulke goete weet....

Di., 04 Maart 2008 04:14

Hi Almal,

Het gister hierdie een per epos ontvang. Die eerste "tip" maak nogal sin,
maar ek wonder of maak dit werklik soveel verskil. Daardie tenks word
redelik diep ionder die grond begrawe en mens wonder of die temperatuur
onder die onmiddelike grondoppervlak dermate styg dat dit 'n beduidende
invloed op die volume van die brandstof kan hê?

Natuurlik sal daar 'n styging wees, maar so dat dit 'n beduidende invloed
het op hoeveel brandstof mens in jou 60-80 liter voertuig tenk ingooi? Sal
seker ook afhang van waar 'n mens in die land woon en die verskil tussen dag
en nag temperature; die verskil sal aansienlik groter in die Kalahari of die
Namib wees, as by die kus, OL of Durbs, waar dag- en nagtemeprature nie so
baie verrskil nie.

Wat dink julle?

Hi, I think every South African Motorist needs to read this:
USEFULL INFO!!
TIPS ON FILLING YOUR CAR(S) (Good information) I don't know what you guys
are paying for petrol.... but here in Durban we are also paying higher, up
to R7.35 per litre. But my line of work is in petroleum for about 31 years
now, so here are some tricks to get more of your money's worth for every
litre.
Here at the Marian Hill Pipeline where I work in Durban, we deliver about 4
million litres in a 24-hour period thru the pipeline. One day is diesel the
next day is jet fuel, and petrol, LRP and Unleaded. We have 34-storage tanks
here with a total capacity of 16,800,000 litres.
1) Only buy or fill up your car or bakkie in the early morning when the
ground temperature is still cold. Remember that all service stations have
their storage tanks buried below ground. The colder the ground the more
dense the fuel, when it gets warmer petrol expands, so buying in the
afternoon or in the evening....your litre is not exactly a litre. In the
petroleum business, the specific gravity and the temperature of the petrol,
diesel and jet fuel, ethanol and other petroleum products plays an important
role. A 1-degree rise in temperature is a big deal for this business. But
the service stations do not have temperature compensation at the pumps.
2) When you're filling up do not squeeze the trigger of the nozzle to a fast
mode. If you look you will see that the trigger has three (3)
stages: low, middle, and high. In slow mode you should be pumping on low
speed, thereby minimizing the vapours that are created while you are
pumping. All hoses at the pump have a vapour return. If you are pumping on
the fast rate, some of the liquid that goes to your tank becomes vapour.
Those vapours are being sucked up and back into the underground storage tank
so you're getting less worth for your money.
3) One of the most important tips is to fill up when your tank is HALF FULL.
The reason for this is, the more fuel you have in your tank the less air
occupying its empty space. petrol evaporates faster than you can imagine.
Petroleum storage tanks have an internal floating roof.
This roof serves as zero clearance between the petrol and the atmosphere, so
it minimizes the evaporation. Unlike service stations, here where I work,
every truck that we load is temperature compensated so that every litre is
actually the exact amount.
4) Another reminder, if there is a fuel truck pumping into the storage tanks
when you stop to buy, DO NOT fill up-most likely the petrol/diesel is being
stirred up as the fuel is being delivered, and you might pick up some of the
dirt that normally settles on the bottom.
Hope this will help you get the most value for your money.
DO SHARE THESE TIPS WITH OTHERS!

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

" Wat die hart van vol is " deur PETER BLUM

Di., 04 Maart 2008 01:47

Uit "Wat die hart van vol is"
Peter Blum

So lê u spore diep in my. U het my bitter
denke bekeer, my bitsig-bose tong
geleer om soet te buig, eers tot u eer,
toe ook met ander lof. 'n Duister, jong,
verstokte vasteland het u laat skitter
met kenbaarhede; heidense kontrei
het u welluidender vernoem - gedoop
in 'n nuwe taal wat oor die landkaart sprei
(waardeur ek groei, maar wat deur my ook groei)
- pleknaam tot pleknaam Kaap die Goeie Hoop.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Vir Ferdie

Ma., 03 Maart 2008 16:43

Hi Ferdie,

'n Mens sien maar van tyd tot tyd dat koerante vir 'n storie betaal. Nou as
dit die geboorte van een of ander celebrity se kleintjie is, dan hang dit
seker af hoe gewild sy is en wie met die beste aanbod kom. Speel die media
teen mekaar af?

Maar as dit nou Eugene de Kock se storie is? Of die sg Skêr-moordenares?
Hoe bepaal die koerant wat dit werd is? - watter invloed it op
sirkulasie-syfers sal hê?

Vir wat se stories is die koerante bereid om te betaal en wat nie? Sal
hulle byvoorbeeld betaal vir 'n politieke inside-storie?

Vertel ons asseblief? Bloot nuuskierig, maar ek dink ander op die ng sal
ook graag wil weet.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Suidwester - Torreke

Ma., 03 Maart 2008 07:58

Kan een van julle asb aan my verduidelik hoe 'n dubbel dekker bus dit regkry
om nie om elke hoek en draai om te val nie. Ek het al gesien hoe van daai
busse om 'n draai kom en erg skuins oorval, maar om een of ander rede nie
omval nie.

Toe ek nog student was, het ek geweier om bo in so bus te sit.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

vir Elke Deelnemer en Verbyganger...

So., 02 Maart 2008 20:23

Jare gelede het 3D prente vir 'n tyd groot aanhang geniet.
My vrou en ek het dit geniet en ek kan onthou dat ons dit opgegaar
het. Daardie prente wat jy moet leer om te sien, omdat jy moet leer
hoe om daarna te kyk, en dan verstom is oor wat jy in die eerste plek
nie raak gesien het nie, maar nou raaksien omdat jy bereid is om verby
die oppervlak te kyk. Ek het selfs op 'n tyd stereogramme op rekenaar
gebou, want dit het my gefassineer.
En omdat ons geweet het hoe om 3D raak te sien, het ons somtyds
3D effek gesien waar dit nie verwag was nie. Maar ons was ingestel
om dit raak te sien en het dit juis daarom raakgesien selfs sonder om
daarvoor te soek.

What is a stereogram?
******************
A stereogram is a two-dimensional, computer-generated, graphic image
that has a 3-D image hidden in it. A stereogram is sometimes called a
"Magic Eye Picture."

This hidden image can only be seen when viewed from the proper
perspective. A stereogram has two levels of reality. There is the
surface level which often appears chaotic and disorganized with its
variety of colors and patterns. There is also the deeper and hidden
level of reality, the hidden image, that contains the real meaning of
the stereogram.

The Parable of the Stereogram
*************************

The last thing fish would ever discover is water. Fish live, move, and
have their being in water, but it is invisible to them. What is the
last thing that human beings are likely to discover? It is that they
are surrounded by and live in the Kingdom of God. Whatever surrounds
us becomes ordinary and common place. Eventually, it is no longer
recognized for what it is. We live in the extraordinary but do not
know it. We live in the Kingdom but do not experience it.

The Kingdom of God is a quality of life. It is a way of living in the
world. It has been described as the present participation in a future
possibility. It is a paradox. The Kingdom is both present and coming.

All spiritual traditions try to awaken us from illusion to the reality
in which we live. These traditions try to help us see the “unseen”
which is the really real.

Jesus of Nazareth came preaching the Kingdom of God. He proclaimed the
inauguration of the Kingdom of God and told us that it is like a
mustard seed that grows, yeast which spreads, and a treasure hidden in
a field. The Kingdom is not something easily observed. It exists both
within us and among us. The Kingdom is a private reality that must be
given expression in relationship with others. We must love God, love
ourselves, and love our neighbor. Loving our neighbor even means to
love our enemy. We are actually surrounded by this reality, which
exists as a potential for us, but we must be awakened to it. It is a
quality of living that is always available.

Jesus used parables to help us understand what the Kingdom is like. A
modern parable is that the Kingdom of God is like a stereogram. A
stereogram is a two-dimensional, computer-generated, graphic image
that has another 3-D image embedded in it. On initial viewing the 3-D
image is not seen. It is hidden. It is not obvious but is present. The
image can be seen only when viewed from the proper perspective. The
task is made difficult if you try too hard. You must use a special
non-focused attention. You almost have to look beyond the present
reality to see the hidden one. When the hidden image is discovered,
the surprise is that it was there all the time. If you look away to
tell a friend, when you look back it will be gone and must be found
again. If you have the image in sight and try too hard to see it with
increased clarity, it is often lost. However, only a glimpse is needed
to know that it is real and can be found again. Once you have seen the
image it is difficult to show it to other people. Only general
instructions can be given. Others cannot find the image through your
experience. They cannot look over your shoulder and see what you see.
They can trust your testimony and search for themselves. You can point
the way and invite them to see the Kingdom, but they must do it on
their own.

Once you have experienced the Kingdom of God, even if it is only for a
moment, then you know that it is a reality. We live in it, but our
eyes have to be opened to it. Sometimes the beauty of nature opens our
eyes. Sometimes it might be the love of or for another. Even the
struggle with life crises of suffering and loss can make it visible.
Once found it can be a source of strength that empowers us to love and
accept ourselves and others. Through the hidden reality of the Kingdom
of God we find that we are all bound together in the common experience
of the human condition. We are surrounded by what we need, but only
realize it when we can open ourselves to the extraordinary - the Holy-
that is found in the ordinary moments of life.

So, the Kingdom of God is like a stereogram. Have you seen the Kingdom
of God? Can you share it with others?

The Kingdom Stereogram
http://www.lessons4living.com/kingdom_stereogram.htm

How to view a Stereogram
*********************

A stereogram is a two-dimensional picture that has a 3-D image hidden
in it. The hidden image is not on the surface of the monitor screen.
To find the hidden image you must focus you eyes through the screen.
Pretend that you are looking through the monitor to the distant
background. This causes you to switch from "near point" to "far point"
vision and will allow the hidden image to come into view.

* Put your face close to the screen. Pretend to look through the
monitor.
* Now, very slowly move back from the screen and as you do so the
image will come into view.
* This may take several attempts.
* Please be patient, and you will be rewarded with the hidden
image.

Did you know that viewing a stereogram will reduce eyestrain?
**************************************************

The Stereogram and Eyestrain
.....................................

If you frequently use a computer, then you are forced into
"near point" vision as you look at the monitor screen . When looking
at something that is close to you, the eyes must converge on the
object and be held in this position. This often requires the eye
muscles to keep the same degree of contraction for long periods of
time. The result is eye strain or muscle fatigue which is often
accompanied by headaches.

In order to see the hidden picture in a stereogram, you have to use
"far point" vision. To do this you must relax the muscles around the
eyes as if looking at something in the distance. This relaxation of
the muscles can give relief from eye strain and its accompanying
headaches. Looking at a stereogram for a few moments several times a
day can keep you fresh for work on your computer.

file:///E:/Nuut/1%20-%20The%20Parable%20of%20the%20Stereogra m/parable.htm

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Die Kovsie Video

So., 02 Maart 2008 15:24

Wanneer spoeldiamante ontdek word sak delwers dieselfde lappie grond
toe. Wanneer 'n nuwe besigheid begin word sak versekeringsmense dit
toe en wanneer 'n ongeluk op die pad gebeur jaag al wat 'n tow-in van
die omgewing daarheen.

Joernaliste is soos aasvoëls. Almal sak nou toe op die huidige
sensasie en maak meer skade as wat hulle besef. Al wat 'n koerant is
publiseer dit, en die tema is tot vervelens toe dat ons nie regtig
'so' is nie. Op hul knieë voor die swart massa.

Wanneer blankes vermoor word, dood gemartel word, kry dit nie
naastenby soveel mediadekking as die siek storie wat nou op die
lamppale en voorblaaie pryk nie.

'n Kennis en haar man is vermoor in hul plaashuis. Sy is met
skoenveters verwurg. Ek het dit in geen koerant gesien nie.
Wanneer mense vermoor word, haal dit somtyds, nie eens altyd nie, 'n
klein beriggie in die binneblaaie; en word direk daarna vergeet.
Tensy dit iets is wat baie mense se emosies kan opsweep - en koerante
verkoop. Soos nou:-( Dit is siek.

Ek verwerp wat die studente gedoen het. As hulle dit regtig gedoen
het, is dit swak swak. As dit hulle idee van 'n grap is, is dit 'n
swak grap. Dit verander nie die feit dat ek nog nooit, na enige wrede
moord op blankes gepleeg is, gesien het dat die swart koerante
uitbasuin dat hulle nie almal 'so' is nie. Hulle ignoreer dit finnish
en klaar. Of plaas miskien 'n beriggie daaroor (sal nie weet nie want
ek lees dit nie,) maar as hulle soos die blanke koerante sou optree,
sou niemand dit kon mis nie.

Die wreedste moorde op blankes veroorsaak nie so 'n bohaai in die
koerante nie.

Dit is simpel, gatkruipend en voetesoenend:-(

En as enigiemand enige kritiek op hier op het, lees weer wat ek
geskryf het. Lees dit stadig en herhaaldelik indien dit nie
verstaan word nie.

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Bladsye (1834): [ «    141  142  143  144  145  146  147  148  149  150  151  152  153  154  155  156    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 10 03:59:32 UTC 2026