Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Kovsie Video
Die Kovsie Video [boodskap #116460] So, 02 Maart 2008 15:24 na volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Wanneer spoeldiamante ontdek word sak delwers dieselfde lappie grond
toe. Wanneer 'n nuwe besigheid begin word sak versekeringsmense dit
toe en wanneer 'n ongeluk op die pad gebeur jaag al wat 'n tow-in van
die omgewing daarheen.

Joernaliste is soos aasvoëls. Almal sak nou toe op die huidige
sensasie en maak meer skade as wat hulle besef. Al wat 'n koerant is
publiseer dit, en die tema is tot vervelens toe dat ons nie regtig
'so' is nie. Op hul knieë voor die swart massa.

Wanneer blankes vermoor word, dood gemartel word, kry dit nie
naastenby soveel mediadekking as die siek storie wat nou op die
lamppale en voorblaaie pryk nie.

'n Kennis en haar man is vermoor in hul plaashuis. Sy is met
skoenveters verwurg. Ek het dit in geen koerant gesien nie.
Wanneer mense vermoor word, haal dit somtyds, nie eens altyd nie, 'n
klein beriggie in die binneblaaie; en word direk daarna vergeet.
Tensy dit iets is wat baie mense se emosies kan opsweep - en koerante
verkoop. Soos nou:-( Dit is siek.

Ek verwerp wat die studente gedoen het. As hulle dit regtig gedoen
het, is dit swak swak. As dit hulle idee van 'n grap is, is dit 'n
swak grap. Dit verander nie die feit dat ek nog nooit, na enige wrede
moord op blankes gepleeg is, gesien het dat die swart koerante
uitbasuin dat hulle nie almal 'so' is nie. Hulle ignoreer dit finnish
en klaar. Of plaas miskien 'n beriggie daaroor (sal nie weet nie want
ek lees dit nie,) maar as hulle soos die blanke koerante sou optree,
sou niemand dit kon mis nie.

Die wreedste moorde op blankes veroorsaak nie so 'n bohaai in die
koerante nie.

Dit is simpel, gatkruipend en voetesoenend:-(

En as enigiemand enige kritiek op hier op het, lees weer wat ek
geskryf het. Lees dit stadig en herhaaldelik indien dit nie
verstaan word nie.
Re: Die Kovsie Video [boodskap #116472 is 'n antwoord op boodskap #116460] Ma, 03 Maart 2008 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 02 Mar 2008 17:24:16 +0200, Dave wrote:

> Wanneer blankes vermoor word, dood gemartel word, kry dit nie
> naastenby soveel mediadekking as die siek storie wat nou op die
> lamppale en voorblaaie pryk nie.

Twak.
Waar ek werk wotrd ons juis baie kere daarvan beskuldig dat ons te
veel aandag aan sulke misdade gee.
Re: Die Kovsie Video [boodskap #116475 is 'n antwoord op boodskap #116472] Ma, 03 Maart 2008 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 03 Mar 2008 14:43:38 +0200, Ferdi wrote:

> On Sun, 02 Mar 2008 17:24:16 +0200, Dave wrote:
>
> > naastenby soveel mediadekking as die siek storie wat nou op die
>> lamppale en voorblaaie pryk nie.
>
> Twak.
> Waar ek werk wotrd ons juis baie kere daarvan beskuldig dat ons te
> veel aandag aan sulke misdade gee.

Kom ons kyk na vandag se Beeld:

Bl. 4
Boet met sy lewe toe hy baklei om vriendin te beskerm.
Rowers skiet man dood.
......................
Hy is dood geskiet. Morsdood. Bbinne in die slaapkamer waar hulle
veilig gevoel het. Wat aan hulle behoort het.
Kom ons kyk of dit weer gepubliseer word. Dit is op bl. 4.

Ook bl. 4
Selebi, Maharaj trek sake teen Skerpioene terug.
.......................

Sjt..! Dit behoort die koerant verkoop het - as dit op die voorblad
was - maar dit is op bl. 4

Bl 2
Polisie erken dat hulle dieselfde inbreker gereeld arresteer.
En die vraag word geopper waarom hy dan net so gereeld vrygelaat word.
......................

Bl. 2
Vyf Polisielede verkrag 14 jarige meisie al sowat twee jaar lank.
............................................................ ................
Kom ons kyk of dit môre weer 'n plekkie gaan kry tussen al die
berigte.

Bl 10
G-Kol nie alle vrou beskore
................................

Alles nuus wat voorblad dekking regverdig!

Kom ons lees die voorblad:
'Flou Oros en 'n Schuster-grappie'

Bl 4
Meer as 18000 kyk op YouTube na Video

Brieweblad
Die eerste 3 lesersbriewe is oor die Kovsies Video.
Ek het dit oorgeslaan en dit dus nie eens gelees nie.

Blouwillemaandag deur Blou Willem.
..........................................

Ja, mens maak nie so met ander mense of met kos nie, maar nee, dit was
darem 'n plêstiekbotteltjie en nie die ware Jakob nie
snip
En nee, dis oukei om 'n antie se vingers met 'n snoeisker korter te
maak en die anner tannies met kookwater te brand, maar dis darem nog
nie 'n video nie.

Ek het nog nie die Sake_Beeld gelees nie. Heelwaarskynlik vertel die
voorblad watter negatiewe uitwerking so 'n video op die aandelemark
kan hê.

Ek praat twak sê jy..! En dit na jy self erken dat julle baie kere
gevra word om minder aandag aan 'sulke misdade' te gee.
Re: Die Kovsie Video [boodskap #116481 is 'n antwoord op boodskap #116475] Ma, 03 Maart 2008 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 03 Mar 2008 15:22:13 +0200, Dave wrote:

> Ek praat twak sê jy..!

Yep. Dis wat ek se.

En dit na jy self erken dat julle baie kere
> gevra word om minder aandag aan 'sulke misdade' te gee.

En ons doen dit nie. Dit beteken daar is onder ons lesers gereeld die
uitgesproke mening dat ons te veel aandag aan misdaad gee. Ons gee
baie aandag daaraan. Ons doen moeite om die patroon van misdaad in die
samelewing gereeld en sonder ophou uit te lig.

Geddit?
Re: Die Kovsie Video [boodskap #116482 is 'n antwoord op boodskap #116481] Ma, 03 Maart 2008 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Mon, 03 Mar 2008 15:55:40 +0200, Ferdi wrote:

> On Mon, 03 Mar 2008 15:22:13 +0200, Dave wrote:
>
>
> Yep. Dis wat ek se.
>
> gevra word om minder aandag aan 'sulke misdade' te gee.
>
> En ons doen dit nie. Dit beteken daar is onder ons lesers gereeld die
> uitgesproke mening dat ons te veel aandag aan misdaad gee. Ons gee
> baie aandag daaraan. Ons doen moeite om die patroon van misdaad in die
> samelewing gereeld en sonder ophou uit te lig.
>
>
> Geddit?

Nee, ek geddit nie. En ek weet nie hoe julle sisteem werk nie, wat
hierdie nie 'n direkte aanval op joernaliste maak nie, maar meer op
joernalisme. Natuurlik kan 'n joernalis nie besluit waar en hoe
prominent sy berig geplaas word nie. Ek besef dat daar redaksionele
besluite daaroor is. Dat daar 'n spesifieke afdeling is wat die
koerant aan mekaar timmer en inkleur. Dit is net belaglik hoe hierdie
Kovsie video storie uitgebasuin word, terwyl die vrou wie vingers met
'n snoeisker afgesny is, en die man wie voete met kookwater verbrand
is, 'n berig of twee vermelding gehad het. Waar is die balans?

Geddit?
Re: Die Kovsie Video - Beeld-B3-NaweekBeeld-1.pdf (0/1) [boodskap #116500 is 'n antwoord op boodskap #116482] Di, 04 Maart 2008 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 03 Mar 2008 16:32:46 +0200, Dave wrote:

> Nee, ek geddit nie. En ek weet nie hoe julle sisteem werk nie, wat
> hierdie nie 'n direkte aanval op joernaliste maak nie, maar meer op
> joernalisme. Natuurlik kan 'n joernalis nie besluit waar en hoe
> prominent sy berig geplaas word nie. Ek besef dat daar redaksionele
> besluite daaroor is. Dat daar 'n spesifieke afdeling is wat die
> koerant aan mekaar timmer en inkleur. Dit is net belaglik hoe hierdie
> Kovsie video storie uitgebasuin word, terwyl die vrou wie vingers met
> 'n snoeisker afgesny is, en die man wie voete met kookwater verbrand
> is, 'n berig of twee vermelding gehad het. Waar is die balans?
>
> Geddit?

Jou inligting is fundamenteel verkeerd. By my koerant is daar 'n reuse
aksent op misdaad. Ek het gou vinnig net die kookwater-berig gaan
opsoek toe dit vir die eerste keer verskyn het (en verskeie kere
daarna ook).

Ek heg die blad vir jou aan.
Re: Die Kovsie Video - Beeld-B3-NaweekBeeld-1.pdf (0/1) [boodskap #116502 is 'n antwoord op boodskap #116482] Di, 04 Maart 2008 09:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 03 Mar 2008 16:32:46 +0200, Dave wrote:

> Nee, ek geddit nie. En ek weet nie hoe julle sisteem werk nie, wat
> hierdie nie 'n direkte aanval op joernaliste maak nie, maar meer op
> joernalisme. Natuurlik kan 'n joernalis nie besluit waar en hoe
> prominent sy berig geplaas word nie. Ek besef dat daar redaksionele
> besluite daaroor is. Dat daar 'n spesifieke afdeling is wat die
> koerant aan mekaar timmer en inkleur. Dit is net belaglik hoe hierdie
> Kovsie video storie uitgebasuin word, terwyl die vrou wie vingers met
> 'n snoeisker afgesny is, en die man wie voete met kookwater verbrand
> is, 'n berig of twee vermelding gehad het. Waar is die balans?
>
> Geddit?

Jou inligting is fundamenteel verkeerd. By my koerant is daar 'n reuse
aksent op misdaad. Ek het gou vinnig net die kookwater-berig gaan
opsoek toe dit vir die eerste keer verskyn het (en verskeie kere
daarna ook).

Ek heg die blad vir jou aan.
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116504 is 'n antwoord op boodskap #116482] Di, 04 Maart 2008 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 03 Mar 2008 16:32:46 +0200, Dave wrote:

> Nee, ek geddit nie. En ek weet nie hoe julle sisteem werk nie, wat
> hierdie nie 'n direkte aanval op joernaliste maak nie, maar meer op
> joernalisme. Natuurlik kan 'n joernalis nie besluit waar en hoe
> prominent sy berig geplaas word nie. Ek besef dat daar redaksionele
> besluite daaroor is. Dat daar 'n spesifieke afdeling is wat die
> koerant aan mekaar timmer en inkleur. Dit is net belaglik hoe hierdie
> Kovsie video storie uitgebasuin word, terwyl die vrou wie vingers met
> 'n snoeisker afgesny is, en die man wie voete met kookwater verbrand
> is, 'n berig of twee vermelding gehad het. Waar is die balans?
>
> Geddit?

Jou inligting is fundamenteel verkeerd. By my koerant is daar 'n reuse
aksent op misdaad. Ek het gou vinnig die kookwater- en die
snoeiskerberigte gaan opsoek toe dit vir die eerste keer verskyn het.
Albei op die voorblad.
Die water een was een van twee berigte op die voorblad (die ander een
is jake White wat gefire gaan word) en die sker-berig het die voorblad
totaal gedomineer.
Ek het twee jpg's van die voorblaaie vir jou aan.
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116505 is 'n antwoord op boodskap #116504] Di, 04 Maart 2008 10:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Die Jpg's wil nie aanheg nie. Waarheen kan ek dit vir jou pos?
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116510 is 'n antwoord op boodskap #116505] Di, 04 Maart 2008 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Tue, 04 Mar 2008 12:03:23 +0200, Ferdi wrote:

> Die Jpg's wil nie aanheg nie. Waarheen kan ek dit vir jou pos?

Ek aanvaar wat jy sê - en ek glo dit.
En ek waardeer jou lojaliteit.
Jy het hierdie as 'n persoonlike aanval hanteer, wat almal weet, dit
nie was nie. Ek sien dit gaan nou op 3rd Degree verder gevoer word.
Daar is geen einde daaraan nie. Soos toe die song van Genl De La Rey
lug geruik het.

Baie dankie vir die moeite wat jy gedoen het. Ek is effe, net so effe,
verbaas dat jy nie met my saamstem hieroor nie.
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116531 is 'n antwoord op boodskap #116510] Wo, 05 Maart 2008 14:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 04 Mar 2008 13:26:42 +0200, Dave wrote:

> On Tue, 04 Mar 2008 12:03:23 +0200, Ferdi wrote:
>
>> Die Jpg's wil nie aanheg nie. Waarheen kan ek dit vir jou pos?
>
>
> Ek aanvaar wat jy sê - en ek glo dit.
> En ek waardeer jou lojaliteit.
> Jy het hierdie as 'n persoonlike aanval hanteer, wat almal weet, dit
> nie was nie.

Nee ek het nie. Dis dalk die geddit wat jou so laat dink het. Dis
dieselfde as "dude". Silly speak.

Hoekom ek wel gereageer het, is omdat ons van twee kante af nogal
gereeld kritiek kry - van mense wat se ons plaas te veel oor misdaad
en van mense wat se ons plaas niks oor misdaad nie - lg gaan baie kere
saam met beskuldigings dat ons glo deur die ANC voorgese word wat om
te publiseer.

Die werklikheid is: Ons plaas 'n moerse klomp oor misdaad, maar ons
probeer om dit aan die hand van 'n patroon in die samelewing te doen.
At least patrone wat ons reken ons sien.

En dan - soos jy uitgewys het - word koerante ook opgemaak aan die
hand van wat vandag gebeur het.

Dus as daar 'n erge huisrooftog en moord was en pretty much niks
anders het gebeur nie, gaan dit die voorblad oorheers, maar as dit
saamval met se nou maar die minister van sport wat se al 15
Springbokke moet swart wees EN 'n vliegtuig vlieg in die Carlton
Centre vas, dan gaan dit heel moontlik na die binneblaaie toe skuif.

Ek sien dit gaan nou op 3rd Degree verder gevoer word.
> Daar is geen einde daaraan nie. Soos toe die song van Genl De La Rey
> lug geruik het.
>
> Baie dankie vir die moeite wat jy gedoen het. Ek is effe, net so effe,
> verbaas dat jy nie met my saamstem hieroor nie.

Die aandag wat die Afrikaanse gemeenskap aan sulke oortreders in eie
gelede gee is die soort aandag wat ons graag wil sien die swart
gemeenskap moet gee aan soortgelyke oortreders in hul geledere. Daai
soort ding.

In elk geval vang ek persoonlik 'n moerse kak in daai soort wat die
Kovsies is. Hulle lyk vir my eenvoudig na die argetipiese boelies wat
ek ook mee te doen gekry het in 'n koshuis. Hulle respekteer nie ander
mense nie en knou hulle omtrent as gewoonte af. Hulle het dit hierdie
keer maar net met swart anties gedoen.

Ek verwerp hulle oor die boelie wat hulle doen en ek dink hulle is
manjefiek stupid om dit vandag in SA met swart anties te doen - gegee
die land wat ons op die oomblik is.
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116532 is 'n antwoord op boodskap #116531] Wo, 05 Maart 2008 15:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" Die aandag wat die Afrikaanse gemeenskap aan sulke oortreders in eie[/color]
> gelede gee is die soort aandag wat ons graag wil sien die swart
> gemeenskap moet gee aan soortgelyke oortreders in hul geledere. Daai
> soort ding.

AMEN!!!

>
> In elk geval vang ek persoonlik 'n moerse kak in daai soort wat die
> Kovsies is. Hulle lyk vir my eenvoudig na die argetipiese boelies wat
> ek ook mee te doen gekry het in 'n koshuis. Hulle respekteer nie ander
> mense nie en knou hulle omtrent as gewoonte af. Hulle het dit hierdie
> keer maar net met swart anties gedoen.

AMEN!!!

Die grootste boelie in my 1e jaar in ons koshuis op die Puk was iemand wat
3e jaar histories was, maar steeds 1e jaar akademies. Hy't die vorige 2
jaar nie 'n enkele vak deurgekom nie en die 3e jaar ook nie; toe't hy maar
'n ander kurses gaan volg, ook niks deurgekom nie, en uiteindelik besef hy
mors almal se tyd en geld.

Op die kampus was die "massiewe boelie" destyds ene "Bom Wentler" (die naam
"Bom" sê alles oor die grootte van sy corpus en persoonlikheid); hy't so 'n
rietskraal maatjie gehad wie se naam ek lankal in die vergetelheid laat
verval het, soos hy verdien. Saam was hierdie ongewone "paartjie" elke
eerste jaar op die kampus se nagmerrie! - veral as hulle jou eers "gemerk"
het. Ons 1e jaar koshuis squad het die volgende parodie van 'n bekende
song uit ons armydae oor Bom gesing: "When you hear that vicious roar, Bom
Wentler is at the door!" :)

>
> Ek verwerp hulle oor die boelie wat hulle doen en ek dink hulle is
> manjefiek stupid om dit vandag in SA met swart anties te doen - gegee
> die land wat ons op die oomblik is.
>

AMEN!!!
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116534 is 'n antwoord op boodskap #116531] Do, 06 Maart 2008 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Ferdi :

>> Jy het hierdie as 'n persoonlike aanval hanteer, wat almal weet, dit
>> nie was nie.
>
> Nee ek het nie. Dis dalk die geddit wat jou so laat dink het. Dis
> dieselfde as "dude". Silly speak.
>

Nee ek het nie gedink dat geddit was gekoppel aan 'n twee vinger
saluut nie. Dit was meer die heftige manier waarop jy verduidelik het;
so asof selfoortuiging ook 'n rol gespeel het:-)

> Hoekom ek wel gereageer het, is omdat ons van twee kante af nogal
> gereeld kritiek kry - van mense wat se ons plaas te veel oor misdaad
> en van mense wat se ons plaas niks oor misdaad nie - lg gaan baie kere
> saam met beskuldigings dat ons glo deur die ANC voorgese word wat om
> te publiseer.
>
Wie is die groep wat sou sê dat julle te veel oor misdaad plaas? Dit
is tog sinneloos om te sê dat daar te veel rugby op 'n rugbyveld
gespeel word - of dat daar nie diere in 'n dieretuin moet wees nie.
Moet julle dan blokkiesraaisels plaas. Kan dit vanaf 'n gemeenskap
wees wat nie facts wil face nie? Briewe van lesers uit Kanada en
Rhodesië?

> Die werklikheid is: Ons plaas 'n moerse klomp oor misdaad, maar ons
> probeer om dit aan die hand van 'n patroon in die samelewing te doen.
> At least patrone wat ons reken ons sien.
>
> En dan - soos jy uitgewys het - word koerante ook opgemaak aan die
> hand van wat vandag gebeur het.
>
> Dus as daar 'n erge huisrooftog en moord was en pretty much niks
> anders het gebeur nie, gaan dit die voorblad oorheers, maar as dit
> saamval met se nou maar die minister van sport wat se al 15
> Springbokke moet swart wees EN 'n vliegtuig vlieg in die Carlton
> Centre vas, dan gaan dit heel moontlik na die binneblaaie toe skuif.
>
> > Daar is geen einde daaraan nie. Soos toe die song van Genl De La Rey
>> lug geruik het.

>> Baie dankie vir die moeite wat jy gedoen het. Ek is effe, net so effe,
>> verbaas dat jy nie met my saamstem hieroor nie.
>
> Die aandag wat die Afrikaanse gemeenskap aan sulke oortreders in eie
> gelede gee is die soort aandag wat ons graag wil sien die swart
> gemeenskap moet gee aan soortgelyke oortreders in hul geledere. Daai
> soort ding.
>
Hier sê jy 'n groot waarheid; iets wat op 'n manier aan die swart
gemeenskap oorgedra moet word. Waarom word dìt nie aan 'n groter klok
gehang nie? Daar is deur slegs diegene wat as reg(ser)sgesind beskou
sou word, daarop gewys dat die burgemeester se bohaai oor Skielik en
haar stilte oor Swartruggens (geld ook vir Rasool en vele meer) in
belaglike kontras was. Dit moet ook uitgewys word deur mense wat meer
invloed kan uitoefen op die swart spul - soos julle. ('swart spul' is
in verhouding met hule dubbelsinnige waardes.)

As dit wat jy hier sê met bold letters aan hulle oorgedra word, sou
die mediadekking wat die Kovsie video het, 'n doel dien. Slegs dan.
Andersins dien dit 'n negatiewe doel - vertel dit aan mense wat nooit
eens daarvan sou geweet het nie.

> In elk geval vang ek persoonlik 'n moerse kak in daai soort wat die
> Kovsies is. Hulle lyk vir my eenvoudig na die argetipiese boelies wat
> ek ook mee te doen gekry het in 'n koshuis. Hulle respekteer nie ander
> mense nie en knou hulle omtrent as gewoonte af. Hulle het dit hierdie
> keer maar net met swart anties gedoen.
>

Was jy ooit 'n 'rower' 'n 'blougat' 'n 'ou man'?

> Ek verwerp hulle oor die boelie wat hulle doen en ek dink hulle is
> manjefiek stupid om dit vandag in SA met swart anties te doen - gegee
> die land wat ons op die oomblik is.
>
>

Ondersteun jou - hulle is belaglik, en alhoewel ontgroening vele
plekke toegepas word, word perke oorskrei wanneer mense se waardigheid
aangetas word.

Toe ons as 'blougatte' op Walvisbaai geland het, het die hoof van die
weermagkamp ons met die verwelkoming daarop gewys dat 'n 'ou man' die
hoogste rang in die army is. Ontgroening - maar as jy hierdie lees as
verskoning vir die Kovsies, lees jy verkeerd. Want dit was nie
studente wat ontgroen is nie en perke is oorskrei.

Baie dankie vir jou verduideliking hoe die uitleg gedoen word en
waarom Charlene Theron se gesig somtyds die voorblad sal wees
met Baby Norton s'n op 'n middelblad. Dis verstaanbaar.
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116535 is 'n antwoord op boodskap #116532] Do, 06 Maart 2008 07:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:x5KdnTFqSOP_JFPanZ2dnUVZ8qOknZ2d@saix.net...
>
> "Ferdi"
> Op die kampus was die "massiewe boelie" destyds ene "Bom Wentler" (die
> naam "Bom" sê alles oor die grootte van sy corpus en persoonlikheid); hy't
> so 'n rietskraal maatjie gehad wie se naam ek lankal in die vergetelheid
> laat verval het, soos hy verdien. Saam was hierdie ongewone "paartjie"
> elke eerste jaar op die kampus se nagmerrie! - veral as hulle jou eers
> "gemerk" het. Ons 1e jaar koshuis squad het die volgende parodie van 'n
> bekende song uit ons armydae oor Bom gesing: "When you hear that vicious
> roar, Bom Wentler is at the door!" :)
-----Dus moes jy op die PUK gewees het? Bom Wentler het so 'n Vespa
scooter gehad en ek kan vir al die wêreld nie dink waarvoor julle vir hom
bang was nie! Hy was so 'n groot vette. Waar was die dae toe Dawid
Booysen Makouvlei se manne uitgesort het as hy geswaai was? Hy was die
gewigstootkampioen van Suid-Afrika en het geoefen met so 150lb op elke arm.
Hy het ook 'n sub-11 sek 100m gehardloop met 'n 230lb lyf, so jy kon nie vir
hom weghol nie.
>

>> Ek verwerp hulle oor die boelie wat hulle doen en ek dink hulle is
>> manjefiek stupid om dit vandag in SA met swart anties te doen - gegee
>> die land wat ons op die oomblik is.
-----Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar die swart anties op daai video lyk
of hulle die hele speletjie geniet het....en hoekom nie? Hulle is deel van
die koshuislewe saam met die studente. Dis darem snaaks dat die mense
reken hulle mag nie vrywillig deel hê aan so iets nie. Is dit nie juis
presies wat verkeerd is in hierdie land nie? Die feit dat die een mens vir
die ander wil voorskryf wat hy mag doen en wat nie? Het iemand al ooit die
squeezas se standpunt oor die storie gevra? Dat die hele episode eintlik
gedoen is omdat hulle as deel van die koshuis en sy gemeenskap beskou
word....nou wil julle hulle polariseer. Het julle al gedink aan die
gevolge vir hulle, die squeezas? Van nou af gaan die studente van Reitz
fyntrap rondom die skoonmakers en dit kan dalk tot die nadeel van die
skoonmakers strek? Nee wat, hol uit die hoender ruk, op sy beste en twee
hoerkinders wat gedink het hier kry hulle vinnig roem deur die storie in die
pers beskikbaar te stel.
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116536 is 'n antwoord op boodskap #116504] Do, 06 Maart 2008 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
, "Belangstellende" wrote:

>
>> Waar was die dae toe Dawid Booysen Makouvlei se manne uitgesort het as hy
>> geswaai was? Hy was die gewigstootkampioen van Suid-Afrika en het geoefen
>> met so 150lb op elke arm. Hy het ook 'n sub-11 sek 100m gehardloop met 'n
>> 230lb lyf, so jy kon nie vir hom weghol nie.

Ek weeg sowat 65lb minder en het 100lb'ers (dumbell's) in repetisie
gestoot op 'n incline bank. Miskien nie heel van pas hier nie, maar ek
was tog lus om dit te noem na aanleiding van wat jy hier sê.
Ek was nooit 'n vinnige hardloper nie, maar was 'n titelhouer vir
landloop in die Namib, en om oor die duine te hardloop is heelwat
anders as om op 'n plat pad te hardloop.

'kay, may kans gehad om te breg...:-)
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116539 is 'n antwoord op boodskap #116535] Do, 06 Maart 2008 10:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Belangstellende  is tans af-lyn  Belangstellende
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2008
Karma: 0
Junior Lid
"Suidwester" < wrote

"When you hear that vicious roar, Bom Wentler is at the door!" :)

> -----Dus moes jy op die PUK gewees het?

Dat ek op die PUK gewees het, het verskeie kere op die ng ter sprake gekom.
Ek het een keer voor ek en jy aan die stry geraak het, jou gevra watter jare
jy op die Puk was, maar jy't my nie geantwoord nie. Daar was ook 'n ander
geleentheid wat dit tussen ons twee ter sprake gekom het toe ek en jy aan't
stry was; geen behoefte om ou koeie uit die sloot te grawe nie. :)

> Bom Wentler het so 'n Vespa scooter gehad

Het al van daardie Vespa vergeet. Beteken dit ek en jy was waarskynlik vir
ten minste party van ons studiejare saam op die PUK?
Ek was daar in die vroeë sewentigs.

> en ek kan vir al die wêreld nie dink waarvoor julle vir hom bang was nie!
> Hy was so 'n groot vette.

Wie sê ons was vir hom bang? Ons het eintlik met hom die spot gedryf. Het
jy nie die smiley na "door" raakgesien nie?
Maar Bom en sy skraal maatjie het minder "sterk" eerstejaars geboelie! -
daaroor kan jy nie stry nie.

> Waar was die dae toe Dawid Booysen Makouvlei se manne uitgesort het as hy
> geswaai was? Hy was die gewigstootkampioen van Suid-Afrika en het geoefen
> met so 150lb op elke arm. Hy het ook 'n sub-11 sek 100m gehardloop met 'n
> 230lb lyf, so jy kon nie vir hom weghol nie.

Kan nie sê dat ek Dawid Booysen onthou nie. Was jy in Makouvlei?
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116540 is 'n antwoord op boodskap #116535] Do, 06 Maart 2008 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 6 Mar 2008 09:16:07 +0200, "Suidwester" wrote:

-----Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar die swart anties op daai
video lyk
> of hulle die hele speletjie geniet het...

Die probleem is hulle het nie geweet wat die dose agter hul rue met
die video gedoen het nie. Dis waar die probleem in die eerste plek le.
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116541 is 'n antwoord op boodskap #116536] Do, 06 Maart 2008 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 06 Mar 2008 12:04:04 +0200, Dave wrote:

, maar was 'n titelhouer vir
> landloop in die Namib, en om oor die duine te hardloop is heelwat
> anders as om op 'n plat pad te hardloop.

Jeez.... het julle nie scramblers of 4x4's gehad nie?
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116542 is 'n antwoord op boodskap #116534] Do, 06 Maart 2008 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 06 Mar 2008 08:06:08 +0200, Dave wrote:

> Wie is die groep wat sou sê dat julle te veel oor misdaad plaas? Dit
> is tog sinneloos om te sê dat daar te veel rugby op 'n rugbyveld
> gespeel word - of dat daar nie diere in 'n dieretuin moet wees nie.
> Moet julle dan blokkiesraaisels plaas. Kan dit vanaf 'n gemeenskap
> wees wat nie facts wil face nie? Briewe van lesers uit Kanada en
> Rhodesië?

Nee. Local mense. Gereelde lesers wat meen dit het 'n genatiewe effek.

>> In elk geval vang ek persoonlik 'n moerse kak in daai soort wat die
>> Kovsies is. Hulle lyk vir my eenvoudig na die argetipiese boelies wat
>> ek ook mee te doen gekry het in 'n koshuis. Hulle respekteer nie ander
>> mense nie en knou hulle omtrent as gewoonte af. Hulle het dit hierdie
>> keer maar net met swart anties gedoen.

>
> Was jy ooit 'n 'rower' 'n 'blougat' 'n 'ou man'?

Was in al daai goed geforseer.
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116543 is 'n antwoord op boodskap #116541] Do, 06 Maart 2008 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 06 Mar 2008 15:02:11 +0200, Ferdi wrote:

> On Thu, 06 Mar 2008 12:04:04 +0200, Dave wrote:
>
>
> Jeez.... het julle nie scramblers of 4x4's gehad nie?

blougatte ry nie scramblers of 4X4's nie:-)
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116544 is 'n antwoord op boodskap #116543] Do, 06 Maart 2008 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
On Thu, 06 Mar 2008 15:06:03 +0200, Dave wrote:

> blougatte ry nie scramblers of 4X4's nie:-)
hulle hardloop met die voete saam..
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116546 is 'n antwoord op boodskap #116539] Vr, 07 Maart 2008 06:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Belangstellende" skryf in boodskap news:4eGdnTCdCvGqWVLanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> Dat ek op die PUK gewees het, het verskeie kere op die ng ter sprake
> gekom. Ek het een keer voor ek en jy aan die stry geraak het, jou gevra
> watter jare jy op die Puk was, maar jy't my nie geantwoord nie. Daar was
> ook 'n ander geleentheid wat dit tussen ons twee ter sprake gekom het toe
> ek en jy aan't stry was; geen behoefte om ou koeie uit die sloot te grawe
> nie. :)
>
>> Bom Wentler het so 'n Vespa scooter gehad
>
> Het al van daardie Vespa vergeet. Beteken dit ek en jy was waarskynlik
> vir ten minste party van ons studiejare saam op die PUK?
> Ek was daar in die vroeë sewentigs.
-Ek het daai tyd ook my draaie daar gegooi.

>
>> en ek kan vir al die wêreld nie dink waarvoor julle vir hom bang was nie!
>> Hy was so 'n groot vette.
>
> Wie sê ons was vir hom bang? Ons het eintlik met hom die spot gedryf.
> Het jy nie die smiley na "door" raakgesien nie?
> Maar Bom en sy skraal maatjie het minder "sterk" eerstejaars geboelie! -
> daaroor kan jy nie stry nie.

Het vir Bom as persoon nie geken nie, jy kon hom egter nie eintlik
miskyk nie! Was hy nie in een van die Gatland koshuise nie?
>
>> Waar was die dae toe Dawid Booysen Makouvlei se manne uitgesort het as hy
>> geswaai was? Hy was die gewigstootkampioen van Suid-Afrika en het
>> geoefen met so 150lb op elke arm. Hy het ook 'n sub-11 sek 100m gehardloop
>> met 'n 230lb lyf, so jy kon nie vir hom weghol nie.
>
> Kan nie sê dat ek Dawid Booysen onthou nie. Was jy in Makouvlei?

-Die man was 'n Springbok en SA kampioen in gewigstoot. Ek was in
'Anderkant die sloot'.....hehe. Makouvlei se buurman. Ons het hulle elke
jaar opgemoer met 'n kussing [handoek]geveg. Jy vat 'n lekker lang handoek
en dan maak jy 'n stert en knoop 'n koekie seep voorin toe. Na die fight
is daai koekie seep wit poeier! Dawid was dalk effe voor jou tyd. Ek het
eintlik meer vir Hansie geken, sy jonger broer en 10 kamp kapioen van SA.
Luister net hier: 100m in 10.7; gewigstoot 60';
hoogspring 1,85m; Diskus 60m....as ek alles reg onthou. Hy was ook een
moerse senter in die rugby.....het gehol met die hoog-op knieë van die
atleet. Dêm moeilik om te tackle. Sekerlik sal jy ook weet van die
koshuisrugby?
>
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116547 is 'n antwoord op boodskap #116546] Vr, 07 Maart 2008 09:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" > Ek was daar in die vroeë sewentigs.[/color]
> -----Ek het daai tyd ook my draaie daar gegooi.

Dan was ons selle tyd daar.

> ----Het vir Bom as persoon nie geken nie, jy kon hom egter nie eintlik
> miskyk nie! Was hy nie in een van die Gatland koshuise nie?

Het hom ook nie persoonlik geken nie, maar het eerstehands gesien wat hy met
'n eerstejaar aangevang het terwyl al die eerstejaars voor die Totiussaal
saamgedrom was vir een of ander funksie gedurende "onriënteringstyd. Ek
weet nie waar hy tuisgegaan het nie, maar dit was nie oorkant die spoor waar
jy (en ek ook) gebly het nie.

>>> Waar was die dae toe Dawid Booysen Makouvlei se manne uitgesort het as hy
>>> geswaai was? Hy was die gewigstootkampioen van Suid-Afrika en het
>>> geoefen met so 150lb op elke arm. Hy het ook 'n sub-11 sek 100m
>>> gehardloop met 'n 230lb lyf, so jy kon nie vir hom weghol nie.

>> Kan nie sê dat ek Dawid Booysen onthou nie. Was jy in Makouvlei?
> -----Die man was 'n Springbok en SA kampioen in gewigstoot. Ek was in
> 'Anderkant die sloot'.....hehe. Makouvlei se buurman.

Dan was ek en jy toe al "opponente" :))
Nee, ek was nie in Makouvlei nie, maar in Liberalia.

Was 'n hele paar manne uit Suid-Wes saam met my in Liberalia, maar ek kan
net twee se name nou onthou: (1) André Kruger. As ek reg onthou het hy van
Otjiwarongo gekom. 'n Man wat ver oor die ses voet in sy sokkies staan!
Groot respek vir André gehad! (2) Francois Ströh, bynaam "Bushy' of
"Boesman". Het as kind 'n paar jaar saam met die Boesmans in die Kalahari
rondsgeswerf en een van die Boesman dialekte vlot gepraat. Hy't van
Grootfontein of Tsumeb gekom. Goed met albei van hulle klaargekom.

Maar GEEN respek gehad vir 'n ander een wat saam 1 jaar in Liberalia was
nie. Hy't farmasie probeer swot - let wel probeer! - maar die Suidwesters
se naam beklad! - met sy drank! - hoer en remoer!

> Ons het hulle elke jaar opgemoer met 'n kussing [handoek]geveg. Jy vat 'n
> lekker lang handoek en dan maak jy 'n stert en knoop 'n koekie seep voorin
> toe. Na die fight is daai koekie seep wit poeier!

Ken van! Het self aan een deelgeneem teenoor een van my eertydse
matriekmaats wat in Overs gebly het. Het so 'n jaar gelede die 1e keer
sedert hy van die PUK weg is - amper 40 jaar gelede! - sjoe! - met hom
gepraat en toe vir die 1e keer gehoor dat hy uitgeskop is omdat hy aan die
padda-episode deelgeneem het. Jy weet seker van die padda episode? Het
dit ongelukkig misgeloop! - om een of ander lank-vergete rede nie daardie
aand in die Sentrale Eetsaal geëet nie.

> Dawid was dalk effe voor jou tyd. Ek het eintlik meer vir Hansie geken,
> sy jonger broer en 10 kamp kapioen van SA. Luister net hier: 100m in
> 10.7; gewigstoot 60';
> hoogspring 1,85m; Diskus 60m....as ek alles reg onthou. Hy was ook een
> moerse senter in die rugby.....het gehol met die hoog-op knieë van die
> atleet. Dêm moeilik om te tackle.

Jy praat hier van goed wat buitekant my kennis en ervaringsveld lê. Sport
was gewoon nooit my sterk punt nie, soos ek hieronder vertel.

> Sekerlik sal jy ook weet van die koshuisrugby?

Yip, en self een jaar probeer speel ook, maar nie span gehaal nie. Het ook
nie gedink ek sou nie. Kon dit ook net een of twee keer op skool regkry om
span te haal. Het gewoon heel agter in die ry gestaan toe ratsheid, spoed
en balvaardighede uitgedeel is. Is so lomp soos 'n olifant op my voete en
"onhandig" dat dit 'n wonderwerk is dat ek nog nie my vingers met die
rolsaag afgesny het nie, gegewe die feit dat ek baie houtwerk doen - die
baie littekens aan my hande vertel die verhaal. Was en is steeds goed in
die water. Moes daarop gekonsentreer het, dan sou ek dalk êrens 'n ietsie
in sport bereik het. Gym ook nie nou nie, maar hou my lyf fiks, spiere
ferm en boepie weg deur in die tuin te swoeg!!
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116548 is 'n antwoord op boodskap #116547] Vr, 07 Maart 2008 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:j6ydnSBs0-VHmUzanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
> Ken van! Het self aan een deelgeneem teenoor een van my eertydse
> matriekmaats wat in Overs gebly het. Het so 'n jaar gelede die 1e keer
> sedert hy van die PUK weg is - amper 40 jaar gelede! - sjoe! - met hom
> gepraat en toe vir die 1e keer gehoor dat hy uitgeskop is omdat hy aan die
> padda-episode deelgeneem het. Jy weet seker van die padda episode? Het
> dit ongelukkig misgeloop! - om een of ander lank-vergete rede nie daardie
> aand in die Sentrale Eetsaal geëet nie.
-----Natuurlik weet ek van die padda-episode. Ek het egter nie geweet
iemand is daaroor geskors nie, varal omdat ekelf een van die skuldiges was
wat voor die rektor [Klopoog] gestaan het. Japie Dreyer [ek is nie seker
van die van nie] het in dierkunde [hy was toe hulp-dosent]vir ons twee
emmers vol platannas geskaai wat hulle vir disseksie gebruik. Toe't ons
die hortjies-vensters langs die deure naaste aan Over-de-Voor se kant
oopgemaak, en ons het daar ingekruip en toe die paddas aan die meisiekinders
se kant onder hulle borde en binne-in hulle bakke kos gesit. Onder die
koppies. Ook die huisma's se tafel in die hoek het sy 'lading' gekry en
toe hulle daai deure oopmaak, toe was dit chaos. Ons het bleddie baie kos
gehad daai aand want die vroumense wou toe nie eet nie....oor 'n paar
parratjies! Ek dink dit was die rooiwors en smêsh wat ons daai aand gekry
het. Ons was erg vermaan dat dit nie te mooi was nie, maar uitgeskop?
Wat is sy naam?
Ek was verskeie kerue rektor toe:
- Paddas
- Stoomenjin ge-start by sportvelde
- Thalia se bus getrek in die hek van Klipoog se huis toe hy die volgende
môre vroeg Jan Smuts toe moes.
- Ons het die nuwe duikweg water ingepomp net voor Intervarsity
- Trapkarre....ons kar se kettings het gebreek, toe 'leen' ons kettings van
fietse op die kampus om ons ketting reg te maak....ongelukkig 'n hele paar
keer gebreek en moes vele keer 'leen'!

> Yip, en self een jaar probeer speel ook, maar nie span gehaal nie. Het
> ook nie gedink ek sou nie. Kon dit ook net een of twee keer op skool
> regkry om span te haal. Het gewoon heel agter in die ry gestaan toe
> ratsheid, spoed en balvaardighede uitgedeel is. Is so lomp soos 'n
> olifant op my voete en "onhandig" dat dit 'n wonderwerk is dat ek nog nie
> my vingers met die rolsaag afgesny het nie, gegewe die feit dat ek baie
> houtwerk doen - die baie littekens aan my hande vertel die verhaal. Was
> en is steeds goed in die water. Moes daarop gekonsentreer het, dan sou
> ek dalk êrens 'n ietsie in sport bereik het. Gym ook nie nou nie, maar
> hou my lyf fiks, spiere ferm en boepie weg deur in die tuin te swoeg!!
-----Self kwaai sport gespeel. Atletiek, rugby en motorsport later.
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116551 is 'n antwoord op boodskap #116548] Sa, 08 Maart 2008 06:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" -----Natuurlik weet ek van die padda-episode. Ek het egter nie geweet[/color]
> iemand is daaroor geskors nie, varal omdat ekelf een van die skuldiges was
> wat voor die rektor [Klopoog] gestaan het.

Miskien het ek hom misverstaan, maar, as ek reg onthou, het hy nie sy graad
op die PUK voltooi nie, maar TUKS toe gegaan na die padda-episode

> Japie Dreyer [ek is nie seker van die van nie] het in dierkunde [hy was toe
> hulp-dosent]vir ons twee emmers vol platannas geskaai wat hulle vir
> disseksie gebruik. Toe't ons die hortjies-vensters langs die deure naaste
> aan Over-de-Voor se kant oopgemaak, en ons het daar ingekruip en toe die
> paddas aan die meisiekinders se kant onder hulle borde en binne-in hulle
> bakke kos gesit. Onder die koppies. Ook die huisma's se tafel in die
> hoek het sy 'lading' gekry en toe hulle daai deure oopmaak, toe was dit
> chaos. Ons het bleddie baie kos gehad daai aand want die vroumense wou
> toe nie eet nie....oor 'n paar parratjies! Ek dink dit was die rooiwors
> en smêsh wat ons daai aand gekry het. Ons was erg vermaan dat dit nie te
> mooi was nie, maar uitgeskop? Wat is sy naam?

Willem van Reenen.

> Ek was verskeie kerue rektor toe:
> - Paddas
> - Stoomenjin ge-start by sportvelde
> - Thalia se bus getrek in die hek van Klipoog se huis toe hy die volgende
> môre vroeg Jan Smuts toe moes.

Het in my 6e jaar in eksamentyd die totaal-onpadwaardige waterlorrie wat die
"bankrot" (so't ek gehoor) padmakers daar op die oop stuk aarde tussen Overs
en Heide laat staan het, aan die brand gestoot en op die hoofgebou se trappe
gaan parkeer. Klipoog was glo baie verontwaardiging toe hy die onooglike
stuk yster die volgende oggend op die hoofgebou se trappe aantref. Die
selle dan nog weggesleep... Ek wonder of hy in sy wildste drome sou kon
dink dat dit 'n klomp tokkelokke was wat amper afgestudeer, wat daarvoor
verantwoordelik was. Moontlik tog, hy was immers ook eens op 'n tyd
student.

Jy was moontlik toe nie meer op die PUK nie.

Een van my mede-tokkelokke wat nou 'n eerbiedwaardige proffie aan die
teologiese skool is, het op 'n keer al die visse in die visdammetjie op die
kampus laat vrek toe hy seeppoeier daar ingegooi het en die dammetjie tog te
fraai geskuim het. T.w.v. sy "eerbiedwaardigheid" weerhou ek my maar
daarvan om sy naam te noem.

> - Ons het die nuwe duikweg water ingepomp net voor Intervarsity
> - Trapkarre....ons kar se kettings het gebreek, toe 'leen' ons kettings
> van fietse op die kampus om ons ketting reg te maak....ongelukkig 'n hele
> paar keer gebreek en moes vele keer 'leen'!

Jy't duidelik meer aangevang as ek...

Maar dan, ek moes tog ook hard probeer om 'n soet seun te wees wat besig is
om ds te word. :)

>
>> Yip, en self een jaar probeer speel ook, maar nie span gehaal nie. Het
>> ook nie gedink ek sou nie. Kon dit ook net een of twee keer op skool
>> regkry om span te haal. Het gewoon heel agter in die ry gestaan toe
>> ratsheid, spoed en balvaardighede uitgedeel is. Is so lomp soos 'n
>> olifant op my voete en "onhandig" dat dit 'n wonderwerk is dat ek nog nie
>> my vingers met die rolsaag afgesny het nie, gegewe die feit dat ek baie
>> houtwerk doen - die baie littekens aan my hande vertel die verhaal.
>> Was en is steeds goed in die water. Moes daarop gekonsentreer het, dan
>> sou ek dalk êrens 'n ietsie in sport bereik het. Gym ook nie nou nie,
>> maar hou my lyf fiks, spiere ferm en boepie weg deur in die tuin te
>> swoeg!!
> -----Self kwaai sport gespeel. Atletiek, rugby en motorsport later.
>

Ek het nogals lankal daardie indruk gehad sonder dat jy iets daaroor gesê -
van iemand wie se liggaam waarskynlik in daardie taai wêreld hard gebrei is.

:)
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116571 is 'n antwoord op boodskap #116551] Ma, 10 Maart 2008 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:_sednVONcqMosU_anZ2dnUVZ8uudnZ2d@saix.net...
>
> Willem van Reenen.
----Onthou nie daai naam nie...maar dis darem al jare. Tog, die parras se
insit was Tom, Willie en ek. Maak egter nie werklik saak nie.....
>
>> Ek was verskeie kerue rektor toe:
>> - Paddas
>> - Stoomenjin ge-start by sportvelde
>> - Thalia se bus getrek in die hek van Klipoog se huis toe hy die volgende
>> môre vroeg Jan Smuts toe moes.
>
> Het in my 6e jaar in eksamentyd die totaal-onpadwaardige waterlorrie wat
> die "bankrot" (so't ek gehoor) padmakers daar op die oop stuk aarde tussen
> Overs en Heide laat staan het, aan die brand gestoot en op die hoofgebou
> se trappe gaan parkeer. Klipoog was glo baie verontwaardiging toe hy die
> onooglike stuk yster die volgende oggend op die hoofgebou se trappe
> aantref. Die selle dan nog weggesleep... Ek wonder of hy in sy wildste
> drome sou kon dink dat dit 'n klomp tokkelokke was wat amper afgestudeer,
> wat daarvoor verantwoordelik was. Moontlik tog, hy was immers ook eens op
> 'n tyd student.
----Aag ou Klipoog was nie so bêd nie. Sy blaf was erger as sy
byt....veral as hy eers begin sug as hy dieselfde ouens weer 'te woord' moet
staan!
>
> Jy was moontlik toe nie meer op die PUK nie.
>
> Een van my mede-tokkelokke wat nou 'n eerbiedwaardige proffie aan die
> teologiese skool is, het op 'n keer al die visse in die visdammetjie op
> die kampus laat vrek toe hy seeppoeier daar ingegooi het en die dammetjie
> tog te fraai geskuim het. T.w.v. sy "eerbiedwaardigheid" weerhou ek my
> maar daarvan om sy naam te noem.
----Ek het 'n paar lekker tokkelokke geken. Onthou jy vir Koos Kaffer en
Leo van Schaik wat die eerste ouens was wat 'n jaar in die kweekskool kon
pluk? Koos Kaffer omdat hy 'n vuil grap [nie so erg nie, maar Dopper-style
erg] op Interarsity vertel het en Van Schaik oor stupidgeid. Dan was daar
Klasie Havenga: Hierdie mannetjie was jou tipiese 'skypilot'. Altyd
netjies, gebril en met sak in die hand. Sy esse het hy al gefluit van sy
eerste jaar af! Soet en onbesproke was woorde wat die man gepas het. Ou
Flebus [prof Preller] was ons huispa en hy en Klasie het dinge gestaan en
bepeins in ons binnehof en 'waterjaar' was aan die gang. Bo vanuit die 3de
vloer toe gooi Barry Bernardo [van rugbyfaam] hulle met 'n toegeknoopte dry
cleaning plesiek sak vol water. Al ou Klasie se netjies notas en goete
was nat. Die straaltjies water het by sy flênnels se pype uitgeloop. Ou
Flebie se bles het blink geskitter want die waterdruppels.
Klasie kyk so op en sien vir Bernardo wat daar bo hom wil vreklag. Hy
skree vir hom: "Jou doos, jou groot fokken doos!!"
Ou Flebie staar net vir Klasie aan, skud sy kop en sê: "Klasie,
Klasie....."
Hehe. Bernardo moes vir die droogskoonmaak betaal en almal het
gehelp.....potshot!
>
>> - Ons het die nuwe duikweg water ingepomp net voor Intervarsity
----Ons het beplan om die nuwe duikweg vol water te pomp en dan die studente
vir 50c oor te roei om drinkgeld vir Intervarsity te genereer. Ons het die
uitlate van die duikweg toegestop met plestieksakke vol koerantpapier. Ons
het besproeiingspype van reg oor die kampus aangery om soveel krane moontlik
te koppel om die inloopproses te versnel. Hier het die groot kak natuurlik
begin want dit was moerse pret om so rondom middernag 'n pyp deur een van
die vroumenskoshuise se kamervensters te druk en dan in die pyp te skree.
Dit klink amper soos 'n olifant se trompetter. Wat dan gebeur het was
louter pret. die lig gaan aan en die verskrikte meisies kyk die die
venster om te sien wat maak so en dan is die lig agter hulle in hulle
'nighties' en ons het 'n skouspel!
Dit het natuurlik gemaak dat die tyd loop en uiteindelik so teen 1:30
in die oggend toe's die pype reg, maar net so 'n pap piepie vir 'n
watertjie....toe gaan start ons ou Prof Bossie se drie sentrifugale en daai
water spuit dat hy eers so 20 voet verder grondvat! Die water deur die
gaatjies in die pyp het hoër gestaan as die saal se dak! Ons het gepomp
tot so 5:00 in die oggend, maar toe was daai duikweg nog net so 5 trappies
diep aan die kampuskant en net tot oor die middel van die duikweg. Daai
ding val meer as wat mens dink! Toe los ons maar die projek en gaan maak
koffie....eh, om die dors te les.
In elk geval, daai oggend staan ou Prof Bossie en sy span en kop skud
en praat onderlnags van die 'f......n' studente en hulle pomp die water uit
met so 'n Petter-pompie.....van 08:00 tot 13:50! Iemand het toe gaan kak
praat oor die pype in die meisies se kamers in en toe het hulle die bakkie
geeďn en toe sug Klipoog!

>> - Trapkarre....ons kar se kettings het gebreek, toe 'leen' ons kettings
>> van fietse op die kampus om ons ketting reg te maak....ongelukkig 'n hele
>> paar keer gebreek en moes vele keer 'leen'!
----Dit was die heel eerste trapkarresies op die PUK.
>
> Ek het nogals lankal daardie indruk gehad sonder dat jy iets daaroor
> gesê - van iemand wie se liggaam waarskynlik in daardie taai wêreld hard
> gebrei is.
----Dit was aan die begin oor die vroumense gewees! Later toe word dit
lekker en toe raak die fight lekkerder!
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116573 is 'n antwoord op boodskap #116571] Ma, 10 Maart 2008 16:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

> ----Ek het 'n paar lekker tokkelokke geken. Onthou jy vir Koos Kaffer en
> Leo van Schaik wat die eerste ouens was wat 'n jaar in die kweekskool kon
> pluk? Koos Kaffer omdat hy 'n vuil grap [nie so erg nie, maar
> Dopper-style erg] op Interarsity vertel het en Van Schaik oor stupidgeid.

Natuurlik het ek vir Koos Kaffer en Leo geken. Ek en Koos Kaffer het langs
die pad goeie pêlle geword. Ek het lank voor die proffies aan die
teologiese skool geweet dat Koos Kaffer 'n baie ernstiger mens onder daardie
"mal" uiterlike was as wat mens met die 1e oogopslag sou agterkom.

Sy 1e gemeente was Grootfontein. Daar het ek Koos weer so een of twee keer
gesien toe ek vir grensdiens in Owambo was. Toe verloor ons kontak vir jare
en die 1 wat ek weer met hom praat was pas nadat hy Empangeni toegeskuif
het. Toe ek vir hom vra: "Hoe gaan dit?" was die antwoord "baie goed, man,
Ek was vir baie jare die enisgte Kaffer in Suid-Wes Afrika en ek is nou ook
weer die enigste Kaffer in die States." Hy's nou op Tsumeb predikant, en 'n
ander ou maat van ons wat op Tsumeb begin het, is nou daar in jou omgewing,
Landman Vogel.

Leo van Schaik het ook nie veel vordering gemaak nadat hy die bediening is
nie. HYy sit nou nog in dieselfde gemeente, Springs-Oos, waar hy as
proponent begin het.

> Dan was daar Klasie Havenga: Hierdie mannetjie was jou tipiese
> 'skypilot'. Altyd netjies, gebril en met sak in die hand. Sy esse het
> hy al gefluit van sy eerste jaar af! Soet en onbesproke was woorde wat
> die man gepas het.

Ken nie hom nie.

Ou
> Flebus [prof Preller] was ons huispa en hy en Klasie het dinge gestaan en
> bepeins in ons binnehof en 'waterjaar' was aan die gang. Bo vanuit die
> 3de vloer toe gooi Barry Bernardo [van rugbyfaam] hulle met 'n
> toegeknoopte dry cleaning plesiek sak vol water. Al ou Klasie se
> netjies notas en goete was nat. Die straaltjies water het by sy flênnels
> se pype uitgeloop. Ou Flebie se bles het blink geskitter want die
> waterdruppels.
> Klasie kyk so op en sien vir Bernardo wat daar bo hom wil vreklag. Hy
> skree vir hom: "Jou doos, jou groot fokken doos!!"
> Ou Flebie staar net vir Klasie aan, skud sy kop en sê: "Klasie,
> Klasie....."
> Hehe. Bernardo moes vir die droogskoonmaak betaal en almal het
> gehelp.....potshot!


My ouboet wat baie jare voor ons op die PUK was, vertel 'n soortgelyke
verhaal oor 'n skreeu-snaakse insident in Overs se geskiedenis. Soos jy
seker weet, het daardie koshuise almal vroeër blokkiesvloere gehad. Die
owerhede moes dit egter noodgedwonge vervang, want die ouens het
surf-parties in die gange gehou en dan kom die blokkies los! In Overs was
die gewildste surf-party gang blykbaar die heel boonste vloer! So was 'n
groot hoeveelheid blokkies al daar los voordat daar ernstige skade op die
onderste vloere was. Op 'n dag toe die Koshuisvader, 'n baie formele en
waardige prof, saam met die Primarius deur die koshuis loop, spreek die prof
sy verbasing uit oor al die blokkies wat op die 3e vloer loskom. Die Prim
sê vir die prof dat hy 'n teorie daaroor het, maar liefs nie vir die prof
sal vertel nie, want hy dink nie die prof sal hom glo nie. Die prof sê toe
vir hom: "Man, dit kan mos nie skade doen nie, vertel my wat jy dink?" En
die prim antw: "Prof sien, hier waar hierdie koshuise gebou is, was vroeër
vleiland. Dis nou nog baie klam onder die koshuise, en veral as dit baie
reën, dan slaan die vog deur die vloere op en die blokkies kom los". Toe
die prof vir hom sê: "'Besef jy ons is op die 3e vloer?" antw die prim
sonder om 'n spiertjie in sy gesig te vertrek: "Ek het mos gesê prof sal my
nie glo nie".
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116580 is 'n antwoord op boodskap #116573] Di, 11 Maart 2008 07:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:UP6dnS4eKPlYwEjanZ2dnUVZ8rOdnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>
>> ----Ek het 'n paar lekker tokkelokke geken. Onthou jy vir Koos Kaffer
>> en Leo van Schaik wat die eerste ouens was wat 'n jaar in die kweekskool
>> kon pluk? Koos Kaffer omdat hy 'n vuil grap [nie so erg nie, maar
>> Dopper-style erg] op Interarsity vertel het en Van Schaik oor stupidgeid.
>
> Natuurlik het ek vir Koos Kaffer en Leo geken. Ek en Koos Kaffer het
> langs die pad goeie pêlle geword. Ek het lank voor die proffies aan die
> teologiese skool geweet dat Koos Kaffer 'n baie ernstiger mens onder
> daardie "mal" uiterlike was as wat mens met die 1e oogopslag sou agterkom.
>
> Sy 1e gemeente was Grootfontein. Daar het ek Koos weer so een of twee
> keer gesien toe ek vir grensdiens in Owambo was. Toe verloor ons kontak
> vir jare en die 1 wat ek weer met hom praat was pas nadat hy Empangeni
> toegeskuif het. Toe ek vir hom vra: "Hoe gaan dit?" was die antwoord
> "baie goed, man, Ek was vir baie jare die enisgte Kaffer in Suid-Wes
> Afrika en ek is nou ook weer die enigste Kaffer in die States." Hy's nou
> op Tsumeb predikant, en 'n ander ou maat van ons wat op Tsumeb begin het,
> is nou daar in jou omgewing, Landman Vogel.
-----Ken hom nie. Verskriklike naam vir 'n predikant! Ek weet dat Koos
Kaffer baie gewild was as predikant, juis omdat hy so mens was. Ek kan jou
vele stories oor hom vertel. Soos dat hy en Kobus v/d Walt van Windhoek in
Kobus se ou Mercedes 190 diesel, Potch dam toe is elk met 'n twee-man kan
wyn en 'n eerstejaar wat bestuur en nie mag suip nie. As hulle klaar
gekuier het, ry hulle op die agtersitplek, bene by die vensters uit en die
'Jaar ry al op die sypaadjies terug koshuis toe!
>
> Leo van Schaik het ook nie veel vordering gemaak nadat hy die bediening is
> nie. HYy sit nou nog in dieselfde gemeente, Springs-Oos, waar hy as
> proponent begin het.
----Ou Leo het Rothman's gerook. As die manne in die ontspanningsaal gesit
en ballas bak het, en iemand haal sigarette uit, dan moet hy offer. Leo se
pakkie was nog amper vol en hy het hierdie plan gehad. Hy haal vir homself
'n sigaret uit en gooi die pakkie in die hoek van die kamer en sê: 'Sorry
boys, ek het nog net die een.' Tom van der Wath het die val van die pakkie
reg geskat en hy spring op en trap die pakkie plat! Leo was kinderlik die
moer in en almal het vir sy gat gelag!

-----Dan was daar Dronk Swannie in Over-de-Voor, maar ek kan om die dooie
dood nie sy van onthou nie. Sy naam sê alles. Hy't gesuip vir 'n plek.
Maar 'n briljante brein gehad en omtrent onderskeidings gekry in alles. Sy
'Jaar was 'n Tokkelokkie, maar na sy jaar saam met Swannie, het hy maar
oorgeslaan na onderwys toe. Die rede? Swannie het so 'n Italiaanse bom
in Potch dorp gehad by wie hy gaan skrop het en sy Jaar moes saam en toe
Swannie klaar is, toe moes die 'Jaar ook sy klim maak! Net waar hy in die
sonde verval het???
------Einste Swannie het 'n fiets gehad wat bestaan het uit die raam en twee
wiele. Geen brieke nie, hy ry tot waar hy wil gaan en spring dan af en die
fiets val waar hy wil. Hierdie 'Jaar van hom het 'n nuwe fiets van pappie
gekry, gelisensieer, die lot. Hulle was net so voor die spoor [toe nog
sonder brug] toe Swannie sien hier kom 'n spietkop op sy biken aan en hy sê
vir die Jaar om koshuis toe te jaag. Die spietkop sit hom agterna en
Swannie spring van sy fiets af en gooi dit oor 'n huis se heining en draf
koshuis toe. Daar gekom, toe staan die Jaar en die Spietkop by die
fietsloods en redeneer omdat die spietkop wil weet hoekom jaag hy weg?
Daar's dan niks fout met sy fiets nie? Die Jaar vertel vir die Spietkop
dis sy eie saak hóé hy sy fiets ry. Intussen het die hele koshuis omtrent
onder by die fietsloods saamgedrom en het hulle daai spietkop kaal uitgetrek
enin die strate ingedryf. Sy bike het hulle stukkie vir stukkie
uitmekaargebou en die munisipaliteit het die bike se stukke die volgende
oggend kom haal met 'n bakkie. Hulle was moerig, maar hoe kla jy 300 man
aan?
------Ons sit die middag aan Heide se kant op die stoep op 'n Sondagmiddag
besig om koffie te drink, toe 'n Von Wiellich-ou met sy geel Perana Capri op
die pad teenaan die armykamp verbyjaag, agterom Heide. Nie lank nie, toe
kom 'n spietkop op sy bike daar aan, kyk rond, hou stil en klim van sy bike
af soos net 'n spietkop dit kan doen. Toe stap hy stywebeen nader na ons
groepie toe. Hy haal sy donkerbril af en glimlag.
'Middag boys'.
'Middag oom,' koor ons pragtig.
Hyfrons want die oom klink soos 'n belediging. 'Julle manne het dalk
nie 'n geel Capri hier sien verbykom nie?'
Kamermaat Tom steek sy hand op. 'Oom! Soek oom 'n Perana Capri,
oom?'
Die spietklop glimlag. 'Presies dit, boetie.'
Tom sê: 'So 'n gele met swart strepe so langs sy bonnet af, oom?'
'Jis.'
Tom sê: 'Die kar het sulke breë chroom wiele, of hoe oom?'
'Ja man, ja! Waar's hy?'
Tom skud sy kop: 'Jammer oom, maar ek het hom nie gesien nie!'
Daai spietkop het vir Tom so gestaan en kyk en jy kon sien hoe werk
daai vlak breintjie oortyd met die wraakgedagtes. Toe sê hy: 'Aag fokof!'
en draai op sy hak
om en loop terug na sy bike toe en trek daar weg en gooi so 'n wilde
draai op die grondparkeerarea tussen die 'Voor en Heide en val toe amper sy
gat af! Toe lag die
hele wêreld vir die ou!

>
>
> My ouboet wat baie jare voor ons op die PUK was, vertel 'n soortgelyke
> verhaal oor 'n skreeu-snaakse insident in Overs se geskiedenis. Soos jy
> seker weet, het daardie koshuise almal vroeër blokkiesvloere gehad. Die
> owerhede moes dit egter noodgedwonge vervang, want die ouens het
> surf-parties in die gange gehou en dan kom die blokkies los! In Overs
> was die gewildste surf-party gang blykbaar die heel boonste vloer! So was
> 'n groot hoeveelheid blokkies al daar los voordat daar ernstige skade op
> die onderste vloere was. Op 'n dag toe die Koshuisvader, 'n baie formele
> en waardige prof, saam met die Primarius deur die koshuis loop, spreek die
> prof sy verbasing uit oor al die blokkies wat op die 3e vloer loskom. Die
> Prim sê vir die prof dat hy 'n teorie daaroor het, maar liefs nie vir die
> prof sal vertel nie, want hy dink nie die prof sal hom glo nie. Die prof
> sê toe vir hom: "Man, dit kan mos nie skade doen nie, vertel my wat jy
> dink?" En die prim antw: "Prof sien, hier waar hierdie koshuise gebou is,
> was vroeër vleiland. Dis nou nog baie klam onder die koshuise, en veral
> as dit baie reën, dan slaan die vog deur die vloere op en die blokkies kom
> los". Toe die prof vir hom sê: "'Besef jy ons is op die 3e vloer?" antw
> die prim sonder om 'n spiertjie in sy gesig te vertrek: "Ek het mos gesê
> prof sal my nie glo nie".
----Mooi, ken van daai tekkieparties. Groot pret gewees. Dit was die
derde vloer op die noordelike vleuel [aan Heide se kant].
>
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116581 is 'n antwoord op boodskap #116547] Di, 11 Maart 2008 07:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:j6ydnSBs0-VHmUzanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> Maar GEEN respek gehad vir 'n ander een wat saam 1 jaar in Liberalia was
> nie. Hy't farmasie probeer swot - let wel probeer! - maar die
> Suidwesters se naam beklad! - met sy drank! - hoer en remoer!
----Klink na my soort man!
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116582 is 'n antwoord op boodskap #116581] Di, 11 Maart 2008 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" > Maar GEEN respek gehad vir 'n ander een wat saam 1 jaar in Liberalia was[/color]
>> nie. Hy't farmasie probeer swot - let wel probeer! - maar die
>> Suidwesters se naam beklad! - met sy drank! - hoer en remoer!
> ----Klink na my soort man!

Ek dog jy sê nog al die tyd jy drink nie!
En ek het tot dusver, ondanks al die dinge wat jy kwytraak, nog nooit die
indruk gekry dat jy eintlik langer op die PUK was as wat dit gekos het om
die graadjie te vang waarvoor jy soheentoe gegaan het nie. Oor die "hoer en
remoer" sal net jy weet, ek vra jou nie uit oor jou sekslewe nie.

Nou waarom sou die genoemde perd dan nou jou "soort man" wees? :))
Re: Die Kovsie Video (0/1) [boodskap #116584 is 'n antwoord op boodskap #116582] Di, 11 Maart 2008 13:15 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:Ca2dne2KgKGN5UvanZ2dneKdnZydnZ2d@saix.net...
>
> "Suidwester"
>
>>> Maar GEEN respek gehad vir 'n ander een wat saam 1 jaar in Liberalia was
>>> nie. Hy't farmasie probeer swot - let wel probeer! - maar die
>>> Suidwesters se naam beklad! - met sy drank! - hoer en remoer!
>> ----Klink na my soort man!
>
> Ek dog jy sê nog al die tyd jy drink nie!
> En ek het tot dusver, ondanks al die dinge wat jy kwytraak, nog nooit die
> indruk gekry dat jy eintlik langer op die PUK was as wat dit gekos het om
> die graadjie te vang waarvoor jy soheentoe gegaan het nie. Oor die "hoer
> en remoer" sal net jy weet, ek vra jou nie uit oor jou sekslewe nie.
>
> Nou waarom sou die genoemde perd dan nou jou "soort man" wees? :))
-----Natuurlik drink ek nie en het ook nooit nie. Dis maar net om jou been
te trek. En, ek het nie drank nodig om stout te wees nie. Lag vir die
lewe is 'n talent en om dit self te skep, nog 'n groter een. Sekslewe?
Soos enige jong maar die grondpad getraai en genadiglik nie op 'n draai
afgeval en 'n ongelukkie gemaak nie. Tot jy die 'kar' gekry het om stofpad
mee te ry en soos oorle' Tolla gesê het, hy het 'n blom gepluk en toe hy die
aand te laat huis toe kom, staan daar 'n katusplant vir hom en wag! Hehe!
Sy's darem nie 'n kaktus nie, maar vat ook nie daai goete nie! So ek gedra
my darem so amper deesdae.....
Vorige onderwerp: Bly in Suid-Afrika, vra Zuma op geselligheid met Solidariteit
Volgende onderwerp: City storm damage
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 02:08:18 MGT 2024