Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat as dit jou ma was? ( Beeld)
Wat as dit jou ma was? ( Beeld) [boodskap #116522] Di, 04 Maart 2008 15:49 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat as dit jou ma was?
Feb 29 2008 03:10:42:217PM - (SA)


D it is altyd gevaarlik om te veralge- meen, om mense oor dieselfde
kam te skeer en te dink álmal is so. Maar kenners meen die studente
van Reitz-kamer-wonings by Kovsies se ondeurdagte en onbesonne dade
gaan presies dít tot gevolg hê.

Veralgemening, stereotipering en spanning.

Dalk is dit nodig om te spesifiseer in watter huis by dié berugte,
soms beminde, koshuis die studente op die video geslaap het, sodat nie
elke Reitzman bevlek word nie.

Dalk is dit nodig om te spesifiseer watter kursusse die Reitzmanne van
Bungalow X of Y geloop het sodat nie alle kursusgangers bevlek moet
word nie.

Dalk is dit nodig om seker te maak daar word in elke nuusberig of
gesprek of besprekingsprogram gespesifiseer by watter universiteit en
op watter kampus die studente besluit het om dít te doen waarvoor elke
regdenkende hom skaam.

Dalk is dit verder nodig om te spesifiseer in watter stad of provinsie
dit gebeur het en watter taal- of kleurgroep dit was wat dit goed
gedink het om swart vroue te verneder, want niemand wil hoegenaamd in
enige denkbare groepering saam met die Reitz-studente gegooi word nie.

Dit is egter nie moontlik om elke keer te spesifiseer wié en wát en
wáár nie.

Waarnemers beaam dat wat dié walgvideo vermag het, is om onmeetbare
skade aan die steeds brose rasseverhoudinge in die land te rig en 'n
duidelike sein na die wêreld te stuur dat Afrikaners nog nie gereed is
vir die nuwe Suid-Afrika nie, nie gereed is om hande te vat nie, nie
'n basiese respek vir ander se menswees het nie en baie beslis net
omsien en besorg is oor hul eie, eng belange.

Soos mnr. Jan van Niekerk, VF+-jeugleier in die Vrystaat, wat kort
nadat die bom oor die video gebars het, verklaar het die party is
"baie besorg oor sy ondersteuners en hul belange".

Sy ondersteuners en húl belange.

Dit is beslis 'n wye aanname om oor "Afrikaners" in die breë te praat
synde dit beslis nie 'n homogene groep is nie. Vir menige buitestander
is die Reitz/Kovsie/Bloemfontein-video egter 'n voorbeeld van hoe wit,
Afrikaanssprekende jong mans met ouer, swart vroue omgaan, en wórd
daardie studente "die Afrikaner".

Vir baie Suid-Afrikaners, swart en bruin, gaan die video die
stereotipe oor die Afrikaner net versterk: dié van 'n bombastiese
bullebak wat oor die afgelope paar honderd jaar, reg of verkeerd,
gekweek is en wat sedert 1994 sukkel om homself te herdefinieer.


) ) )


Dit dwing die vraag af: Is dit wat by Reitz gebeur het, nie dalk tog
verteenwoordigend van die breë Afrikaner-samelewing nie?

Die video laat dié aanname beslis nie vergesog lyk nie.

Die studente is op die oog af immers goed geklee, welsprekend en deel
van die klein persentasie Suid-Afrikaners wat aan 'n universiteit
studeer - dus is hulle nie net die room van die Afrikaner nie, maar
ook van Suid-Afrika.

Goed versorg, klaarblyklik beskaaf en geleerd.

Waarom sou hulle dit goed dink om ouer swart vroue, wat waarskynlik
kinders het ouer as dié klomp studente, só te verneder, selfs al was
dit bedoel as 'n grap en nie as rassekleinering nie?

As dit 'n grap was, hoe kon hulle nie besef dit is totaal en al
onaanvaarbaar nie?

Dit laat mense wonder of Afrikaners, indien hulle nie gewoon rassiste
is nie, 'n inherente meerderwaardigheidsgevoel teenoor swart mense
het: 'n houding dat die "wit man" altyd beter is as die swarte, maak
nie saak wat die omstandighede is nie. Dat die witte uit die
staanspoor 'n beter rugbyspeler is, 'n beter dokter of 'n beter
staatsamptenaar.

Moontlik is alle Afrikaners nie die stereotipe brandewyn-en-Coke
rassiste nie. Maar dalk is die gedrag van die Reitz-studente 'n
manifestasie van die ewigdurende "maak nie saak wie regeer nie, ons
bly beter as julle"-mentaliteit.

Verskeie kommentators het al daarop gewys die studente op die video
het almal ná 1994 hul verstand gekry, maar dat die werklikhede van 'n
post-wit-bevoorregting-samelewing klaarblyklik nog nie by hulle
posgevat het nie.

'n Mens kan bespiegel dat dit ook nie posgevat het by die grootste
invloede in hul vormingsjare nie - hul ouers, grootouers, familie en
kerk.

Soos die geval onder baie wit mense in Suid-Afrika - ook, ontstellend
genoeg, jong wittes - word die slagoffer-mentaliteit van verontregting
aan die hand van die swart regering daagliks geperpetueer, in
gesprekke by die werk, om die braaivleisvuur of op Loftus se
oospaviljoen. Dié persepsies word versterk deur ondeurdagte
regstellende aksie, die miskenning van taal en bedrog en korrupsie in
regeringsgeledere.

Vir iemand wat dalk met 'n inherente meerderwaardigheidsgevoel gebore
word, kan dít bydra dat die skeidslyn tussen rassis-wees en kleurblind-
word baie vinnig vervaag.


) ) )


Dr. Dorrian Aiken, 'n diversiteitskenner, sê die sogenaamde
"Afrikaner"-meerderwaardigheidsgevoel is nie spesifiek tot dié groep
beperk nie.

So 'n meerderwaardigheidsgevoel kom oral in Suid-Afrika en die wêreld
onder verskillende groeperings voor: Moslem teenoor Katoliek, Xhosa en
Zoeloe teenoor Sjangaan.

Volgens haar speel die psigologiese wêreldbeskouing wat elke mens van
kindsbeen af kry, die grootste rol wanneer die individu se optrede
teenoor groepe anders as sy eie bepaal word.

"Dié beskouing is baie, baie diep geïnternaliseer. Almal van ons
funksioneer met dít wat ingegrein is deur die premoderne, moderne en
postmoderne wêreld.

"Só leef mense wat glo as jy die orgaan van 'n lewende mens uitsny, jy
sterk moetie gaan hê, langs mense wat in 'n hoogs gesofistikeerde
mediese gemeenskap glo. Hulle het verskillende wêreldbeskouings."

Hoewel dít wat die Reitz-studente gedoen het, "skrikwekkend" is, sê
Aiken dit is moontlik om van so 'n wêreldbeskouing weg te beweeg mits
jy die onderbou daarvan verstaan.

"Vir baie mense is dit moeilik om tussen hul psigologiese werklikheid
en die werklikheid te onderskei, maar jy hét die keuse. Baie dink
hulle tree uit eie oortuiging op, maar alles word in der waarheid
voorgeskryf . . . ons word almal in die stelsel ingebore."

Wat in Bloemfontein gebeur het, is volgens haar iets wat oral gebeur
en tekenend van die historiese, en globale, voortbestaan van wit
meerderwaardigheid teenoor swart. "Dit kom al van die begin van die
nywerheidstydperk toe swartes as slawe gevang is om goedkoop arbeid te
lewer. Die kerk het veral 'n groot rol hierin gespeel, omdat swartes
gedemoniseer is as sou hulle sonder 'n siel wees. Dit is sulke idees
wat geperpetueer word en onbewustelik deel van die psigologiese
raamwerk word."

Wat tussen die Reitz-studente en die skoonmakers gebeur het, is die
volmaakte voorbeeld van tradisionele magsverhoudinge: wit en swart,
manlik en vroulik.

"Die studente het uit persoonlike en diepgewortelde historiese
vooroordeel opgetree. Die vroue, hoewel hulle klaarblyklik in goeie
humor saamgedoen het, se oordeel was juis as gevolg hiervan nie goed
genoeg om te weier nie."

Suid-Afrika bestuur die rassedebat volgens haar nogtans baie beter as
ander lande, veral die VSA en Australië: "Ons praat hier oor goed wat
in daardie lande nog nie eens bo die waterlyn verskyn het nie."


) ) )


Me. Naledi Pandor, minister van onderwys, kon gister net lag toe sy
oor die implikasies van die Reitz-voorval gevra is: "Dit wys maar net
weer ons het nog 'n lang pad om te gaan."

Die tekens dat rassespanning op die Kovsie-kampus sou oorkook, was
reeds lankal daar, sê sy, en miskien het die universiteitsbestuur se
oordeel hulle in die steek gelaat.

"Wat hierdie voorval vir ons sê, is dat ons die vordering wat met
versoening gemaak is, heeltemal oorskat het. Te veel mense besef nog
nie ons moet in hierdie land met mekaar saamleef nie.

"Nee, dit is duidelik dat pogings om wedersydse begrip te
bewerkstellig, nog lank nie verby is nie en verskerp moet word," meen
Pandor.


) ) )


Die voorval het 'n lang skadu oor die toekoms gegooi, sê dr. Andries
Bezuidenhout van die Universiteit van die Witwatersrand se departement
sosiologie.

"Waar gaan dit eindig? As dit jóú ma was . . . doen dit met enige
Afrikaner en kyk wat sal gebeur. Dit was ou, weerlose swart
vroue . . . in enige kultuur is dit wat daar gebeur het, laakbaar."

Bezuidenhout sê om hierdie voorval te verstaan, is konteks van
uiterste belang.

"Dit is seker 'n ongewilde ding om te sê, maar (wat gebeur het) is 'n
voorbeeld van die probleem in Afrikaner-geledere om sekere ruimtes wit
te probeer hou - of dit koerante is en of dit nou universiteite is."

Hy sê dié pogings word gedryf deur "intellektuele en hul organisasies
wat hul standpunte in pseudo-filosofiese argumente klee" om sulke
voorvalle te probeer regverdig.

"Hierdie pogings word dikwels gestu deur dit voor te hou as die stryd
om Afrikaans te beskerm. Só word die taal misbruik, en na my mening
word geweldige skade aangerig."

Die persepsies wat die Reitz-voorval onder swart mense in die land
gaan skep, is volgens hom om van te sidder en die gevolge kan
verreikend wees: "Swart mense sal tereg wonder wat wittes met hul
werkers aanvang. Wat gebeur wanneer die kamera nié daar is nie? Dis
verstommend dat die voorval verfilm is."

Die gevolge van die video is volgens Bezuidenhout eenvoudig: verdere
rassespanning en 'n spiraal van geweld.

Die media is ook nie onskuldig nie. Bezuidenhout voer aan die
Afrikaanse media skep met hul dekking van geweldsmisdade die indruk
dat daar " 'n aanslag" op wit mense is en dit is die
verantwoordelikheid van koerante "om die ras-ding uit beriggewing te
haal - 'n swarte in hierdie land se kanse is steeds vier maal groter
om vermoor te word as 'n witte s'n".

Met elke voorval word die patroon versterk: "Die Waterkloof-4, die
Skielik-skietery . . . en nou die Reitz-voorval. Die Afrikaanse media
lyk vandag (gister) reeds soos apologete vir die studente," sê
Bezuidenhout.

"Maar dit is goed dat dit wat op Kovsies gebeur het, aan die lig kom
sodat mense kan sien wat régtig die oorsaak van die kwaad is. Dis nie
gedwonge integrasie of taalregte nie."

Dis rassisme.
Re: Wat as dit jou ma was? ( Beeld) [boodskap #116525 is 'n antwoord op boodskap #116522] Di, 04 Maart 2008 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Die voorval het 'n lang skadu oor die toekoms gegooi, sê dr. Andries
> Bezuidenhout van die Universiteit van die Witwatersrand se departement
> sosiologie.

> "Dit is seker 'n ongewilde ding om te sê, maar (wat gebeur het) is 'n
> voorbeeld van die probleem in Afrikaner-geledere om sekere ruimtes wit
> te probeer hou - of dit koerante is en of dit nou universiteite is."
>
> Hy sê dié pogings word gedryf deur "intellektuele en hul organisasies
> wat hul standpunte in pseudo-filosofiese argumente klee" om sulke
> voorvalle te probeer regverdig.
>
> "Hierdie pogings word dikwels gestu deur dit voor te hou as die stryd
> om Afrikaans te beskerm. Só word die taal misbruik, en na my mening
> word geweldige skade aangerig."
>
> Die persepsies wat die Reitz-voorval onder swart mense in die land
> gaan skep, is volgens hom om van te sidder en die gevolge kan
> verreikend wees: "Swart mense sal tereg wonder wat wittes met hul
> werkers aanvang. Wat gebeur wanneer die kamera nié daar is nie? Dis
> verstommend dat die voorval verfilm is."
>
> Die gevolge van die video is volgens Bezuidenhout eenvoudig: verdere
> rassespanning en 'n spiraal van geweld.
>
> Die media is ook nie onskuldig nie. Bezuidenhout voer aan die
> Afrikaanse media skep met hul dekking van geweldsmisdade die indruk
> dat daar " 'n aanslag" op wit mense is en dit is die
> verantwoordelikheid van koerante "om die ras-ding uit beriggewing te
> haal - 'n swarte in hierdie land se kanse is steeds vier maal groter
> om vermoor te word as 'n witte s'n".
>
> Met elke voorval word die patroon versterk: "Die Waterkloof-4, die
> Skielik-skietery . . . en nou die Reitz-voorval. Die Afrikaanse media
> lyk vandag (gister) reeds soos apologete vir die studente," sê
> Bezuidenhout.
>
> "Maar dit is goed dat dit wat op Kovsies gebeur het, aan die lig kom
> sodat mense kan sien wat régtig die oorsaak van die kwaad is. Dis nie
> gedwonge integrasie of taalregte nie."
>
> Dis rassisme.

Dis wanneer mens uitsprake soos hierdie uit die mond
van 'n Afrikaner hoor, dat mens bietjie moed kry. Dit is
alleen wanneer leiers uit die Afrikaanse gemeenskap
duidelik en onomwonde hulle vinger direk op die
probleem plaas dat daar enige hoop is dat die hovaardig-
heid van sekere Afrikaners in SA in die wiele
gery kan word.
Ek neem nou maar as voorbeeld die pos op
hierdie nuusgroep van die "maniere waarop Suid-
Afrikaners goeienag sê." Dis 'n ou grap, wat
blykbaar nou weer die omgang maak, want
ons het dit ook van een van ons regse familie-
lede gekry. Nou, hulle is welkom om die
grap oor die internet rond te stuur, maar hulle
onkunde van wat in die wêreld aangaan, is
eenvoudig komies. Weet hulle nie dat mense
dieselfde doen in dele van die VSA nie. Weet
hulle nie dat dit 'n way of life in Los Angeles
is nie. Weet hulle nie dat ons hier in ons
gebou 'n veiligheidsnetwerk het, en dat diewe
dan nog inbreek nie. Ons seun in Carp, 'n
village ver buite Ottawa, word bewaak deur
'n alarmstelsel.
Iemand sê nou die dag êrens dat Suid-
Afrikaners buite SA moet ophou met die mite
"dat hulle nie hulle deure sluit nie". Mens
herinner jou aan 'n berig in Beeld 'n paar
jaar gelede wat vertel van die ouens wat
sopas in NZ aankom en onmiddellik besteel
geword het. Hulle het geen assuransie gehad
nie, sê hulle, want hulle het gehoor daar is
nie crime in NZ nie.

Gloudina
Re: Wat as dit jou ma was? ( Beeld) [boodskap #116527 is 'n antwoord op boodskap #116525] Wo, 05 Maart 2008 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:da95a074-b93d-45e4-9d22-22786a790fbd@i12g2000prf.google groups.com...
>
> Die persepsies wat die Reitz-voorval onder swart mense in die land
> gaan skep, is volgens hom om van te sidder en die gevolge kan
> verreikend wees: "Swart mense sal tereg wonder wat wittes met hul
> werkers aanvang. Wat gebeur wanneer die kamera nié daar is nie? Dis
> verstommend dat die voorval verfilm is."
----Darem snaaks dat hierdie 'slim' mense nou orals opstring en kommentaar
lewer op iets wat totaal uit verband geruk word. Het iemand al opgelet dat
niemand nog ooit vir die dames betrokke gevra het wat dink hulle van die
hele affêre? Is hulle gedwing om dit te doen? Hulle beskuldig die
studente van rassisme, maar as hulle hierdie geval as rassisme tipeer, maak
juis van hulle in hulle persepsies self rassiste! Die studente en die
skoonmakers leef elke dag saam in dieselfde omgewing en 'n enigiemand wat in
'n mans koshuis op 'n universiteit werk, het 'n groot skoot humor nodig om
te oorleef. Is dit vir julle klaers totaal onmoontlik om te aanvaar dat
hierdie hele insident, blote studentepret wat en dat die skoonmakers dit ook
so gesien het?

> Die media is ook nie onskuldig nie. Bezuidenhout voer aan die
> Afrikaanse media skep met hul dekking van geweldsmisdade die indruk
> dat daar " 'n aanslag" op wit mense is en dit is die
> verantwoordelikheid van koerante "om die ras-ding uit beriggewing te
> haal - 'n swarte in hierdie land se kanse is steeds vier maal groter
> om vermoor te word as 'n witte s'n".
-----Lekker! Hierdie idioot huiwer egter om te verduidelik hoekom oor die
1800 plaasmoorde sedert onafhanklikheid met groot wreedheid deur swart mense
gepleeg word. Meeste gevalle waar swart mense vermoor word, is swart op
swart.
>
> Met elke voorval word die patroon versterk: "Die Waterkloof-4, die
> Skielik-skietery . . . en nou die Reitz-voorval. Die Afrikaanse media
> lyk vandag (gister) reeds soos apologete vir die studente," sê
> Bezuidenhout. ----Hierdie ou is 'n idioot.
>
> "Maar dit is goed dat dit wat op Kovsies gebeur het, aan die lig kom
> sodat mense kan sien wat regtig die oorsaak van die kwaad is. Dis nie
> gedwonge integrasie of taalregte nie."
----Nee, dis bloot studentepret. Ongelukkig van die stupid soort want die
gevolge dui juis daarop dat mense met politieke agendas nie by sulke
geleenthede sal verbyloop nie.
>
> Dis rassisme.
----Twak!

Dis wanneer mens uitsprake soos hierdie uit die mond
van 'n Afrikaner hoor, dat mens bietjie moed kry. Dit is
alleen wanneer leiers uit die Afrikaanse gemeenskap
duidelik en onomwonde hulle vinger direk op die
probleem plaas dat daar enige hoop is dat die hovaardig-
heid van sekere Afrikaners in SA in die wiele
gery kan word.
----Jy is deel van die hele probleem my antie, want jy sit in Kanada en sien
jouself gekwalifiseerd om uitsprake oor die lewe in Afrika te maak. Jy is
die grootste rassis wat ek ken! Daar is niemand anders as jy wat beter
rassehaat opstook nie.
Re: Wat as dit jou ma was? ( Beeld) [boodskap #116529 is 'n antwoord op boodskap #116525] Wo, 05 Maart 2008 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
> Dis wanneer mens uitsprake soos hierdie uit die mond
> van 'n Afrikaner hoor, dat mens bietjie moed kry.
>
> Gloudina
>

Jy weet tog dat julle graag die vanne van blankes gebruik. Waarom sal
jy nou, wanneer jy 'n Afrikaanse van hoor, probeer voorgee dat hy 'n
blanke is..:-(
Re: Wat as dit jou ma was? ( Beeld) [boodskap #116685 is 'n antwoord op boodskap #116525] So, 16 Maart 2008 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Mar 4, 10:25 pm, Hessie wrote:
>> Die voorval het 'n lang skadu oor die toekoms gegooi, sê dr. Andries
>> Bezuidenhout van die Universiteit van die Witwatersrand se departement
>> sosiologie.
>> "Dit is seker 'n ongewilde ding om te sê, maar (wat gebeur het) is 'n
>> voorbeeld van die probleem in Afrikaner-geledere om sekere ruimtes wit
>> te probeer hou - of dit koerante is en of dit nou universiteite is."
>

Dit is reaktief om dit in die konteks van die "nuwe Suid Afrika" te
doen. Ek verstaan egter dat mense nie onder dieselfde dak met Swartes
wil bly nie. Net jammer hulle is nie meer konsekwent nie en werk vir
'n onafhanklikge staat.


>> Hy sê dié pogings word gedryf deur "intellektuele en hul organisasies
>> wat hul standpunte in pseudo-filosofiese argumente klee" om sulke
>> voorvalle te probeer regverdig.
>

"Voorvalle"? Ek wonder wat was nou werklik so verskrikklik met hierdie
video:



>> "Hierdie pogings word dikwels gestu deur dit voor te hou as die stryd
>> om Afrikaans te beskerm. Só word die taal misbruik, en na my mening
>> word geweldige skade aangerig."

Dit moet eerder oor die beskerming van die Afrikaner gaan. Ek stem dus
in deel saam.


>> Die persepsies wat dieReitz-voorval onder swart mense in die land
>> gaan skep, is volgens hom om van te sidder en die gevolge kan
>> verreikend wees: "Swart mense sal tereg wonder wat wittes met hul
>> werkers aanvang. Wat gebeur wanneer die kamera nié daar is nie? Dis
>> verstommend dat die voorval verfilm is."

Dalk moet "Swarte mense" eerder "wonder" hoekom swartes eerder vir
Wittes gaan werk. Weereens wat was so verskrikklik met die "voorval"?


>> Die gevolge van die video is volgens Bezuidenhout eenvoudig: verdere
>> rassespanning en 'n spiraal van geweld.

Hoekom het moorde en verkragtings teen Wittes nie sulke gevolge nie?
Of het hulle dit, net dieper onder die oppervlakte.

>> Die media is ook nie onskuldig nie. Bezuidenhout voer aan die
>> Afrikaanse media skep met hul dekking van geweldsmisdade die indruk
>> dat daar " 'n aanslag" op wit mense is en dit is die

Dis nou belaglik. Die Naspes media gee dit net dekking om rede hulle
kan dit nie wegsteek nie.

>> verantwoordelikheid van koerante "om die ras-ding uit beriggewing te
>> haal - 'n swarte in hierdie land se kanse is steeds vier maal groter
>> om vermoor te word as 'n witte s'n".

Wat wil hierdie Bezuidenhout nou he?! Dat Wittes nog vier keer meer
vermoor word. Sal dit die Bezuidenhout gelukkig maak, dat die kwotas
dan vol is?


>> Met elke voorval word die patroon versterk: "Die Waterkloof-4, die
>> Skielik-skietery . . . en nou dieReitz-voorval. Die Afrikaanse media
>> lyk vandag (gister) reeds soos apologete vir die studente," sê
>> Bezuidenhout.

Bezuidenhout gee jou graad terug! Al drie gevalle was net moontlik
nadat daar te gehoorsaam na sekere "anti-rassiste" geluister is. Ja
ook wit misdaad moet voor die deur van die liberaliste gele word.


>> "Maar dit is goed dat dit wat op Kovsies gebeur het, aan die lig kom
>> sodat mense kan sien wat régtig die oorsaak van die kwaad is. Dis nie
>> gedwonge integrasie of taalregte nie."
>> Dis rassisme.

Jammer, dit wat hy rassisme noem is 'n reaksie op die walglike
multikulturalisme in die land.


>          Dis wanneer mens uitsprake soos hierdie uit die mond
>          van 'n Afrikaner hoor, dat mens bietjie moed kry. Dit is
>          alleen wanneer leiers uit die Afrikaanse gemeenskap
>          duidelik en onomwonde hulle vinger direk op die
>          probleem plaas dat daar enige hoop is dat die hovaardig-
>          heid van sekere  Afrikaners in SA in die wiele
>          gery kan word.
>                Ek neem nou maar as voorbeeld die pos op
>          hierdie nuusgroep van die "maniere waarop Suid-
>          Afrikaners goeienag sê."  Dis 'n ou grap, wat
>          blykbaar nou weer die omgang maak, want
>          ons het dit ook van een van ons regse familie-
>          lede gekry. Nou, hulle is welkom om die
>          grap oor die internet rond te stuur, maar hulle
>          onkunde van wat in die wêreld aangaan, is
>          eenvoudig komies. Weet hulle nie dat mense
>          dieselfde doen in dele van die VSA nie. Weet
>          hulle nie dat dit 'n way of life in Los Angeles
>          is nie. Weet hulle nie dat ons hier in ons
>          gebou 'n veiligheidsnetwerk het, en dat diewe
>          dan nog inbreek nie. Ons seun in Carp, 'n
>          village ver buite Ottawa, word bewaak deur
>          'n alarmstelsel.

Dan vertel ons asb. Hoekom jou seun in Ottawa bly en nie in
Johannesburg nie. Het dit dalk iets te doen met die ras van die mense
wat in daardie stede bly?

>                 Iemand sê nou die dag êrens dat Suid-
>           Afrikaners buite SA moet ophou met die mite
>           "dat hulle nie hulle deure sluit nie". Mens
>           herinner jou aan 'n berig in Beeld 'n paar
>           jaar gelede wat vertel van die ouens wat
>           sopas in NZ aankom en onmiddellik besteel
>           geword het. Hulle het geen assuransie gehad
>           nie, sê hulle, want hulle het gehoor daar is
>           nie crime in NZ nie.

Let wel, multikulturalisme en met dit misdaad is ook besig om in ander
pleke van die wereld geimplementeer te word.
Re: Wat as dit jou ma was? ( Beeld) [boodskap #116686 is 'n antwoord op boodskap #116529] So, 16 Maart 2008 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hek...  is tans af-lyn  hek...
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Volle Lid
On Mar 5, 10:01 am, Dave wrote:
>>         Dis wanneer mens uitsprake soos hierdie uit die mond
>>         van 'n Afrikaner hoor, dat mens bietjie moed kry.
>
>>           Gloudina
>
> Jy weet tog dat julle graag die vanne van blankes gebruik. Waarom sal
> jy nou, wanneer jy 'n Afrikaanse van hoor, probeer voorgee dat hy 'n
> blanke is..:-(

In hierdie geval dink ek egter dis nie 'n kleurling nie (hulle is baie
keer meer uitgesproke rassiste), dis 'n Blanke wat net soos hierdie
walglike Fourie van UOVS meen hy kan 'n paar punte skoor deur om soos
'n werfbobejaan te maak.
Re: Wat as dit jou ma was? ( Beeld) [boodskap #116688 is 'n antwoord op boodskap #116685] So, 16 Maart 2008 18:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KampongKuprik62  is tans af-lyn  KampongKuprik62
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2008
Karma: 0
Junior Lid
schreef in bericht news:a9367413-e5f9-4959-ba68-f824122df303@i7g2000prf.googleg roups.com...
On Mar 4, 10:25 pm, Hessie wrote:
>> Die voorval het 'n lang skadu oor die toekoms gegooi, sê dr. Andries
>> Bezuidenhout van die Universiteit van die Witwatersrand se
>> departement
>> sosiologie.
>> "Dit is seker 'n ongewilde ding om te sê, maar (wat gebeur het) is
>> 'n
>> voorbeeld van die probleem in Afrikaner-geledere om sekere ruimtes
>> wit
>> te probeer hou - of dit koerante is en of dit nou universiteite is."
>

Dit is reaktief om dit in die konteks van die "nuwe Suid Afrika" te
doen. Ek verstaan egter dat mense nie onder dieselfde dak met Swartes
wil bly nie. Net jammer hulle is nie meer konsekwent nie en werk vir
'n onafhanklikge staat.

>> Hy sê dié pogings word gedryf deur "intellektuele en hul
>> organisasies
>> wat hul standpunte in pseudo-filosofiese argumente klee" om sulke
>> voorvalle te probeer regverdig.
>

"Voorvalle"? Ek wonder wat was nou werklik so verskrikklik met hierdie
video:


Ik dit vind asociale grote zooi klote !

>> "Hierdie pogings word dikwels gestu deur dit voor te hou as die
>> stryd
>> om Afrikaans te beskerm. Só word die taal misbruik, en na my mening
>> word geweldige skade aangerig."

Dit moet eerder oor die beskerming van die Afrikaner gaan. Ek stem dus
in deel saam.

>> Die persepsies wat dieReitz-voorval onder swart mense in die land
>> gaan skep, is volgens hom om van te sidder en die gevolge kan
>> verreikend wees: "Swart mense sal tereg wonder wat wittes met hul
>> werkers aanvang. Wat gebeur wanneer die kamera nié daar is nie? Dis
>> verstommend dat die voorval verfilm is."

Dalk moet "Swarte mense" eerder "wonder" hoekom swartes eerder vir
Wittes gaan werk. Weereens wat was so verskrikklik met die "voorval"?

>> Die gevolge van die video is volgens Bezuidenhout eenvoudig: verdere
>> rassespanning en 'n spiraal van geweld.

Hoekom het moorde en verkragtings teen Wittes nie sulke gevolge nie?
Of het hulle dit, net dieper onder die oppervlakte.

>> Die media is ook nie onskuldig nie. Bezuidenhout voer aan die
>> Afrikaanse media skep met hul dekking van geweldsmisdade die indruk
>> dat daar " 'n aanslag" op wit mense is en dit is die

Dis nou belaglik. Die Naspes media gee dit net dekking om rede hulle
kan dit nie wegsteek nie.

>> verantwoordelikheid van koerante "om die ras-ding uit beriggewing te
>> haal - 'n swarte in hierdie land se kanse is steeds vier maal groter
>> om vermoor te word as 'n witte s'n".

Wat wil hierdie Bezuidenhout nou he?! Dat Wittes nog vier keer meer
vermoor word. Sal dit die Bezuidenhout gelukkig maak, dat die kwotas
dan vol is?

>> Met elke voorval word die patroon versterk: "Die Waterkloof-4, die
>> Skielik-skietery . . . en nou dieReitz-voorval. Die Afrikaanse media
>> lyk vandag (gister) reeds soos apologete vir die studente," sê
>> Bezuidenhout.

Bezuidenhout gee jou graad terug! Al drie gevalle was net moontlik
nadat daar te gehoorsaam na sekere "anti-rassiste" geluister is. Ja
ook wit misdaad moet voor die deur van die liberaliste gele word.

>> "Maar dit is goed dat dit wat op Kovsies gebeur het, aan die lig kom
>> sodat mense kan sien wat régtig die oorsaak van die kwaad is. Dis
>> nie
>> gedwonge integrasie of taalregte nie."
>> Dis rassisme.

Jammer, dit wat hy rassisme noem is 'n reaksie op die walglike
multikulturalisme in die land.

> Dis wanneer mens uitsprake soos hierdie uit die mond
> van 'n Afrikaner hoor, dat mens bietjie moed kry. Dit is
> alleen wanneer leiers uit die Afrikaanse gemeenskap
> duidelik en onomwonde hulle vinger direk op die
> probleem plaas dat daar enige hoop is dat die hovaardig-
> heid van sekere Afrikaners in SA in die wiele
> gery kan word.
> Ek neem nou maar as voorbeeld die pos op
> hierdie nuusgroep van die "maniere waarop Suid-
> Afrikaners goeienag sê." Dis 'n ou grap, wat
> blykbaar nou weer die omgang maak, want
> ons het dit ook van een van ons regse familie-
> lede gekry. Nou, hulle is welkom om die
> grap oor die internet rond te stuur, maar hulle
> onkunde van wat in die wêreld aangaan, is
> eenvoudig komies. Weet hulle nie dat mense
> dieselfde doen in dele van die VSA nie. Weet
> hulle nie dat dit 'n way of life in Los Angeles
> is nie. Weet hulle nie dat ons hier in ons
> gebou 'n veiligheidsnetwerk het, en dat diewe
> dan nog inbreek nie. Ons seun in Carp, 'n
> village ver buite Ottawa, word bewaak deur
> 'n alarmstelsel.

Dan vertel ons asb. Hoekom jou seun in Ottawa bly en nie in
Johannesburg nie. Het dit dalk iets te doen met die ras van die mense
wat in daardie stede bly?

> Iemand sê nou die dag êrens dat Suid-
> Afrikaners buite SA moet ophou met die mite
> "dat hulle nie hulle deure sluit nie". Mens
> herinner jou aan 'n berig in Beeld 'n paar
> jaar gelede wat vertel van die ouens wat
> sopas in NZ aankom en onmiddellik besteel
> geword het. Hulle het geen assuransie gehad
> nie, sê hulle, want hulle het gehoor daar is
> nie crime in NZ nie.

Let wel, multikulturalisme en met dit misdaad is ook besig om in ander
pleke van die wereld geimplementeer te word.
Re: Wat as dit jou ma was? ( Beeld) [boodskap #116691 is 'n antwoord op boodskap #116688] Ma, 17 Maart 2008 02:54 Na vorige boodskap
jayjbee  is tans af-lyn  jayjbee
Boodskappe: 8
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Junior Lid
KampongKuprik62 wrote:
>
> schreef in bericht
> news:a9367413-e5f9-4959-ba68-f824122df303@i7g2000prf.googleg roups.com...
> On Mar 4, 10:25 pm, Hessie wrote:
>>> Die voorval het 'n lang skadu oor die toekoms gegooi, sê dr. Andries
>>> Bezuidenhout van die Universiteit van die Witwatersrand se >
>> departement
>>> sosiologie.
>>> "Dit is seker 'n ongewilde ding om te sê, maar (wat gebeur het) is > 'n
>>> voorbeeld van die probleem in Afrikaner-geledere om sekere ruimtes >
>> wit
>>> te probeer hou - of dit koerante is en of dit nou universiteite is."

>
> Dit is reaktief om dit in die konteks van die "nuwe Suid Afrika" te
> doen. Ek verstaan egter dat mense nie onder dieselfde dak met Swartes
> wil bly nie. Net jammer hulle is nie meer konsekwent nie en werk vir
> 'n onafhanklikge staat.
>
>
>>> Hy sê dié pogings word gedryf deur "intellektuele en hul > organisasies
>>> wat hul standpunte in pseudo-filosofiese argumente klee" om sulke
>>> voorvalle te probeer regverdig.

>
> "Voorvalle"? Ek wonder wat was nou werklik so verskrikklik met hierdie
> video:
>
>
> Ik dit vind asociale grote zooi klote !
>
>
>>> "Hierdie pogings word dikwels gestu deur dit voor te hou as die > stryd
>>> om Afrikaans te beskerm. Só word die taal misbruik, en na my mening
>>> word geweldige skade aangerig."
>
> Dit moet eerder oor die beskerming van die Afrikaner gaan. Ek stem dus
> in deel saam.
>
>
>>> Die persepsies wat dieReitz-voorval onder swart mense in die land
>>> gaan skep, is volgens hom om van te sidder en die gevolge kan
>>> verreikend wees: "Swart mense sal tereg wonder wat wittes met hul
>>> werkers aanvang. Wat gebeur wanneer die kamera nié daar is nie? Dis
>>> verstommend dat die voorval verfilm is."
>
> Dalk moet "Swarte mense" eerder "wonder" hoekom swartes eerder vir
> Wittes gaan werk. Weereens wat was so verskrikklik met die "voorval"?
>
>
>>> Die gevolge van die video is volgens Bezuidenhout eenvoudig: verdere
>>> rassespanning en 'n spiraal van geweld.
>
> Hoekom het moorde en verkragtings teen Wittes nie sulke gevolge nie?
> Of het hulle dit, net dieper onder die oppervlakte.
>
>>> Die media is ook nie onskuldig nie. Bezuidenhout voer aan die
>>> Afrikaanse media skep met hul dekking van geweldsmisdade die indruk
>>> dat daar " 'n aanslag" op wit mense is en dit is die
>
> Dis nou belaglik. Die Naspes media gee dit net dekking om rede hulle
> kan dit nie wegsteek nie.
>
>>> verantwoordelikheid van koerante "om die ras-ding uit beriggewing te
>>> haal - 'n swarte in hierdie land se kanse is steeds vier maal groter
>>> om vermoor te word as 'n witte s'n".
>
> Wat wil hierdie Bezuidenhout nou he?! Dat Wittes nog vier keer meer
> vermoor word. Sal dit die Bezuidenhout gelukkig maak, dat die kwotas
> dan vol is?
>
>
>>> Met elke voorval word die patroon versterk: "Die Waterkloof-4, die
>>> Skielik-skietery . . . en nou dieReitz-voorval. Die Afrikaanse media
>>> lyk vandag (gister) reeds soos apologete vir die studente," sê
>>> Bezuidenhout.
>
> Bezuidenhout gee jou graad terug! Al drie gevalle was net moontlik
> nadat daar te gehoorsaam na sekere "anti-rassiste" geluister is. Ja
> ook wit misdaad moet voor die deur van die liberaliste gele word.
>
>
>>> "Maar dit is goed dat dit wat op Kovsies gebeur het, aan die lig kom
>>> sodat mense kan sien wat régtig die oorsaak van die kwaad is. Dis > nie
>>> gedwonge integrasie of taalregte nie."
>>> Dis rassisme.
>
> Jammer, dit wat hy rassisme noem is 'n reaksie op die walglike
> multikulturalisme in die land.
>
>
>> Dis wanneer mens uitsprake soos hierdie uit die mond
>> van 'n Afrikaner hoor, dat mens bietjie moed kry. Dit is
>> alleen wanneer leiers uit die Afrikaanse gemeenskap
>> duidelik en onomwonde hulle vinger direk op die
>> probleem plaas dat daar enige hoop is dat die hovaardig-
>> heid van sekere Afrikaners in SA in die wiele
>> gery kan word.
>> Ek neem nou maar as voorbeeld die pos op
>> hierdie nuusgroep van die "maniere waarop Suid-
>> Afrikaners goeienag sê." Dis 'n ou grap, wat
>> blykbaar nou weer die omgang maak, want
>> ons het dit ook van een van ons regse familie-
>> lede gekry. Nou, hulle is welkom om die
>> grap oor die internet rond te stuur, maar hulle
>> onkunde van wat in die wêreld aangaan, is
>> eenvoudig komies. Weet hulle nie dat mense
>> dieselfde doen in dele van die VSA nie. Weet
>> hulle nie dat dit 'n way of life in Los Angeles
>> is nie. Weet hulle nie dat ons hier in ons
>> gebou 'n veiligheidsnetwerk het, en dat diewe
>> dan nog inbreek nie. Ons seun in Carp, 'n
>> village ver buite Ottawa, word bewaak deur
>> 'n alarmstelsel.
>
> Dan vertel ons asb. Hoekom jou seun in Ottawa bly en nie in
> Johannesburg nie. Het dit dalk iets te doen met die ras van die mense
> wat in daardie stede bly?
>
>> Iemand sê nou die dag êrens dat Suid-
>> Afrikaners buite SA moet ophou met die mite
>> "dat hulle nie hulle deure sluit nie". Mens
>> herinner jou aan 'n berig in Beeld 'n paar
>> jaar gelede wat vertel van die ouens wat
>> sopas in NZ aankom en onmiddellik besteel
>> geword het. Hulle het geen assuransie gehad
>> nie, sê hulle, want hulle het gehoor daar is
>> nie crime in NZ nie.
>
> Let wel, multikulturalisme en met dit misdaad is ook besig om in ander
> pleke van die wereld geimplementeer te word.

Als het maar niet naar pre-Mandela's Zuid-Afrikaans model gaat heb ik er
geen problemen mee.

JayJBee
"Pre historische Zuid-Afrikaan in nl.politiek... what the fuck?"
Vorige onderwerp: Israel-bashers : AKSKA
Volgende onderwerp: Re: In Zuid-Afrika worden elke dag blanken vermoord, door zwarten. Waarom doet het Westen niets?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 09:58:42 MGT 2024