Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"H. Petrus" deur N.P. VAN WYK LOUW

So., 14 Desember 1997 00:00

H. PETRUS
N.P.Van Wyk Louw

'n Jakkals grawe in die sneeu
hy's rooi en spikkel teen die wit
en skrik en luister stywe-oor
na êrens-op-die-werf se spit.

My land, my dor, verlate land:
iets wens olywe groei in jou:
dat alles klein, Latyns, gaan word
en kalk-wit kerkies bou.

Die jakkals grawe in die son,
hy skop 'n bietjie nugter wit
rondom sy agterboudjies uit.
En Dowe-Peet hou aan met spit.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Wat van die besitregte van die Khoi en die San?

Sa., 13 Desember 1997 00:00

Uit "Globe and Mail" Desember 12, 1997:
Top court rules that oral history gives bands
constitutional claim in absence of treaties.

Native people have a constitutional right to own their
ancestral lands and use them almost entirely as they
wish, the Supreme Court of Canada ruled yesterday.
The decision applies to natives who have not signed
away their lands in treaties and so is especially explosive
in parts of Atlantic Canada and most of British Columbia.
By ruling that aboriginal title to land has never been
extinguished, the Supreme Court casts a thick cloud of
uncertainty over the future of British Columbia's logging
and mining industries.


So, wat van die besitregte van die Khoi en veral
die San, wat "bewyse" van hulle okkupasie oor groot dele
van Suid-Afrika gelaat het in die vorm van rotsskilderye.
Ek kan onthou dat ek een grote in 'n grot gesien het in 'n
vallei van die Drakensberg nie meer as 'n paar honderd
myl van Durban af nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Vir Leendert: Oor menseregte in Kanada

Sa., 13 Desember 1997 00:00

Leendert,
Moenie weer Don Quixote speel en vir my probeer
aanval omdat jy dink ek dink Kanada is so 'n wonderlike
plek met so 'n wonderlike rekord nie. Ons het hierheen
gekom (toe ons besluit het dat ons nie in SA meer wou bly
nie,) omdat my man voorheen hier studeer het, en omdat
die lekkerste ding van Kanada is dat dit deel van die Noord-
Amerikaanse kontinent is. Jy kan jou kar vat en suid ry tot
daar waar daar jakarandas is, en weswaarts tot waar daar
die wonderlikste berge is, en halfwoestyndele wat net so
lyk soos daar waar ek in die Noordkaap grootgeword het.
Wat menseregte betref, is die rekord van die setlaars
van Europa miskien nog slegter as in Afrika. Hoekom is
daar geen Eerste Nasies in Newfoundland nie? Hulle het
die laaste een, 'n vrou, uit die heuwels uitgelok, en haar toe
ook doodgeskiet. Op die oomblik is Amnesty International,
opposisiepartye en kerke besig om te vra vir 'n openbare
ondersoek na die Ipperwash-insident twee jaar gelede. Daar
het Ontario Provincial Police geskiet op lede van 'n First
Nation band wat geprotesteer het teen die integrasie van een
van hulle tradisionele begraafplase in 'n nuwe provinsiale
park. Dudley George is doodgeskiet. Die regering het gesê
hy was gewapen. Dit blyk onwaar te wees. Dit blyk ook dat
die polisie bevele direk uit die hoogste vlakke van die regering
gekry het om geweldadig op te tree.
So skend ons menseregte hier in Ontario.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Op soek na Afrikaanse vriende!

Sa., 13 Desember 1997 00:00

Ons is van Port Elizabeth/ Suid-Afrika & sal graag met ander getoude pare
wil korrespondeer?!
In elk geval, enige iemand is welkom om met ons te kommunikeer / of jy nou
van Suid-Afrika is of nie, skryf maar! Selfs die enkelinge; ons sal ook van
julle graag wil hoor. Kom ek wees eerlik; somtyds kommunikeer mense met 'n
ou & dan ewe skielik sonder rede hou hulle sommer op met skryf/ iets wat ek
seker nie sal verstaan nie. So, wat ek se is; ons soek mense met wie ons
baie goeie vriende mee kan word?!

Groete uit die Baai!
Hein&Elsje

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Voorskrif" deur D.J. OPPERMAN

Vr., 12 Desember 1997 00:00

VOORSKRIF
D.J.Opperman

Lees dié woord
geduldig.
Is daar moord,
en iemand skuldig?

Prosa & poësie | 0 kommentare

gemeenskap radio

Vr., 12 Desember 1997 00:00

Hello Daar.

ek is "vice chair " van Radio Teemaneng in Kimberley.

ek kan jou se dat as boer kan jy net so belangrike rol speel in enige
gemeenskap projek as wat jy wil....sonder om te kyk wat ander kry en wat jy
nie kry nie.

Ek wil net een ding hier wil kwyt raak wat my baie help.....en dit is....

DIS NIE OOR HOE JY ANDER MENSE AFKRAAK EN BREEK OOR WAAR JY IN DIE LEWE GAAN
KOM NIE....MAAR OOR HOE JY ANDER HELP.

KOEBAAI

M. F. Vivier
email ... mfvi...@kimberley.co.za of s...@kimberley.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

What is the translation of SCAFFOLD?

Vr., 12 Desember 1997 00:00

p.do...@bk.tudelft.nl (Peter Donker) writes: > Hi,
>
> I am working on a book called SCAFFOLD. For the cover I would like
> to use as many translations of this word as possible. So if you know
> what the translation of the English word SCAFFOLD is please eMail
> me (or follow-up, but I would prefer eMail).
>
> By the way: I mean the word SCAFFOLD as in:
>
> a temporary structure formed of poles, planks, etc., erected by
> workmen and used by them while building or repairing a house etc.
>
> Regards,
>
> Peter
>
> ---------------------------------------
> Peter Donker
> Fac. Architecture
> Delft University
> ------------------------------------

In Afrikaans noem ons dit 'n "stellasie"
onder meer, seker na die Nederlands
"stellage."

Gloudina

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

First nations

Vr., 12 Desember 1997 00:00

"Leendert van Oostrum" wrote:

> Gloudina kweel oor die Korannas en die Basters in die omgewing van Kakamas,
> waar daar vandag wittes woon. Kom ons kyk bietjie na syfers verskaf deur die
> provinsiale regering van Ontario:

> 1 400 jaar gelede was daar in die gebied van die huidige Ontario
> sestigduisend mense van die groepe wat nou as "first peoples" bekend staan.
> Vandag is daar 167 000. In 400 jaar het hierdie bevolking dus nie eens
> verdriedubbel nie.

> 2 Die "imigrante" -bevolking wat Ontario in die afgelope 400 jaar beset
> het, tel egter 11 miljoen. Een van hulle is Gloudina.

Miskien is ek dom, - duh - maar wat is die relevansie hiervan?
Hierdie soort vergelykings klink so na die two wrongs make a right
tipe storie. Ek is seker Gloudina sal die regte van Kanada se first
nations net soos die van SA s'n verdedig.

> Ek sou, om die waarheid te sê, kon aflei dat die bevolkings van "first
> peoples" in SA nogal gefloreer het, as jy hulle met die "first peoples" van
> Ontario vergelyk.

Wel, al wat jy se is dat die proses van kolonialisme veel meer
radikaal en genocidal was in die Amerikas as in SA. Dit is natuurlik
'n welbekende feit in die vergelykende studie van kolonialisme. Daar
is die oorspronklike inwoners van albei lande bykans uitgeroei. Hier
was die oorspronklike inwoners baie genoeg en sterk genoeg om die
inkommers 'n run for their money te gee - en uiteindelik in 1994
politieke mag binne die postkoloniale staat te wen. Hier het daardie
oorwinning gelei na 'n regeringsprogram in terme waarvan grond
teruggegee kan word. Mooiso, se ek. Daar is die herstel van
grondregte ongelukkig 'n baie meer marginale, uitgerekte en wanhopige
proses.

> Maar laat mens kots as die groot vark die vinger na die kleintjie wys en
> skel: "Vark!".

Hmmm... Miskien sal 'n bietjie medikasie help. Daai maagsure is hel
op die sleutelbord.

Maar ek stem nie saam met jou poging om te insinueer dat Gloudina nie
die reg het om vrae oor die regverdigheid en moraliteit van
kolonialisme/blanke besetting te stel nie. Val haar argumente aan!

Andries

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Van Varke gepraat (was: Dáárdie naam!)

Vr., 12 Desember 1997 00:00

@igs.net wrote in message ...
> Maar sien jy nie, Alwyn, hulle het iemand
> nodig om 'n "Kommunis" te noem, om te blameer,
> om op te skel, net soos daardie Apartheidsvarke
> wat die hele SA bevolking vir dekades geterroriseer
> het deur net "Kommunis" te skree. As hulle nie
> so-iets kan optower nie, dan moet hulle miskien
> in eie boesem kyk, en die duiwel daar sien, en
> hulle kan dit nie doen nie, anders val hulle
> met hulle gesigte in die stront wat hulle self
> produseer. So,verwag dat elke ou reaksionere
> ou soos Hjalmar en Leendert op een of ander
> stadium sal skree iemand is 'n Kommunis.
>
> Gloudina
>

Interessante ding van "apartheidsvarke". Jy kry hulle onder Afrikaners. Jy
kry hulle onder Engelse en Duitsers, Portugese en 'Ollanners.

Jy kry hulle onder "kleurlinge", en selfs onder swartes.

Maar Afrikanervarke (die woord wat Gloudina aanvanklik gebruik het) kry jy
net onder Afrikaners.

Dis nou die soort wat, dikgevreet aan die apartheidstrog, 'n ander trog
soek, as die kompetisie te veel word.

Gloudina kweel oor die Korannas en die Basters in die omgewing van Kakamas,
waar daar vandag wittes woon. Kom ons kyk bietjie na syfers verskaf deur die
provinsiale regering van Ontario:

1 400 jaar gelede was daar in die gebied van die huidige Ontario
sestigduisend mense van die groepe wat nou as "first peoples" bekend staan.
Vandag is daar 167 000. In 400 jaar het hierdie bevolking dus nie eens
verdriedubbel nie.

2 Die "imigrante" -bevolking wat Ontario in die afgelope 400 jaar beset
het, tel egter 11 miljoen. Een van hulle is Gloudina.

As mens hierdie syfers vergelyk met die getalleverhoudinge tussen "first
peoples" en "immigrante" langs die Oranjerivier, of in SA as geheel, lyk dit
vir my asof die varke in Ontario die trog met veel groter sukses oorgeneem
het as die varke hier rond.

Ek sou, om die waarheid te sê, kon aflei dat die bevolkings van "first
peoples" in SA nogal gefloreer het, as jy hulle met die "first peoples" van
Ontario vergelyk.

Is daar enige ander afleiding moontlik?

Miskien, soos die kinders op die speelgrond sê, kos dit 'n groot vark om 'n
kleintjie te herken.

Maar laat mens kots as die groot vark die vinger na die kleintjie wys en
skel: "Vark!".

Vrede, varke!

Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waiting for the Barbarians

Vr., 12 Desember 1997 00:00

Hi

Ek volg nou al 'n hele rukkie julle redenasies in en om apartheid.
Toegegee, dis baie interessant om almal se verskillende standpunte en
opinies te lees.

Ek het die volgende Engelse boek gelees en dit het my gehelp om 'n eie
opinie te vorm, wat ongelooflik verskil van my vorige opinie:

Waiting for the Barbarians deur J.M.Coetzee

Ek besef elkeen van julle het al vaste idees gevorm, maar miskien maak
dit julle oë oop...

Ek wil net graag vir almal sê dat dit nie bloot net anderskleuriges is
wat swaargekry het deur apartheid nie, maar blankes ook.

Tog is ek bly ek is in Suid-Afrika en ek verkies eerder om hier te bly
as op enige ander plek!!!!!!

Groete Levinia

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1462  1463  1464  1465  1466  1467  1468  1469  1470  1471  1472  1473  1474  1475  1476  1477    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 18:41:31 UTC 2026