Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

The African Holocaust

Di., 24 Februarie 1998 00:00

Gaan kyk na die reeks "The African Holocaust " ( alt.culture.african ) en
besluit self of dit die moeite werd is om onder mekaar te baklei...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Truth About South Africa

Di., 24 Februarie 1998 00:00

On Mon, 23 Feb 1998 21:16:55 GMT, rsa...@global.co.za (Frikkie) wrote:

> AWB NEWS and News about the true situation in South Africa

> Communications/Liasion officer AWB Eastern Cape South Africa.

Haai daar Frikkie. Hoe gaan dit. Het jy die EMAIL met die Stem van
Suid Afrika gekry wat ek vir jou gestuur het in MIDI formaat.

Dolfin

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Siekte

Di., 24 Februarie 1998 00:00

Een van ons mede Suid Afrikaners Andre Oliphant is hier in Port
Elizabeth opgeneem en die kanse is groot dat hy vir `n baie groot
Brein Operasie moet gaan.

Ek is bewus daarvan dat niemand van U hom ken nie, maar al wat ek vra
is dat U hom in U gebede sal opdra.

Indien U wil, kan U vir hom `n persoonlike briefie na my E-Mail adres
stuur wat ek dan uitdruk en persoonlik aan hom oorhandig.
Dit betekin geweldig baie vir hom.
Ek sal dit waardeer indien U almal wat hierdie Boodskap lees op `n
briefie sal reageer.

Baie Boere Groete
Frikkie

rsa...@global.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Uit "Raka" deur N.P. VAN WYK LOUW

Di., 24 Februarie 1998 00:00

Uit RAKA
N.P. van Wyk Louw

Die Nag ('n Fragment)

.... net een het deur die nag
toe die dodefees luid by die bierpotte was,
langs die stil Koki gesit en met pluksels gras
sy liggaam gereinig waar hy gebreek was en bevuil
deur Raka, die bose; en sy het nie gehuil -
die oudste van die vroue wat veel bewaar
van die stam se herinnerings en van sy swaar,
en met hul liedere die kinders en die jong seuns voed
soos aan 'n naelstring van sagte,kloppende bloed
in die skemeraande - sy't stil gesing
voor haar uit van die heilige, glansende kring
van geboorte en dood en geboorte en dood;
van die vroue se wag en hul pyn; en die groot
skoonheid van die dapper man in die stryd.
En toe 't sy gesing van die ver tyd
toe Koki se vader 'n sterk man was,
en hy self, 'n kind, met die klein kwas
aan elke knie, die bendes gelei 't
van die seuns deur die riete en deur die nabye
grasruie plate; en toe 't sy genoem
die skoonheid van sy skouers, en sy snelheid geroem
in die jag en die stryd, en sy lengte, sy rug,
sy pragtige bene, sy bors en die vlug
van sy blink asgaaie....
en luider het haar lied
geroep van die jong ryp vroue se verdriet
en die kinders wat hy nooit, nooit meer sal hê;

en toe 't sy die swart dier genoem wat lê
in die nag en die plasse, en Koki se moed,
en die speel van sy wapens en die trots voet
wat nooit stil by die pale van die hek kon bly:
hoe hy úitgedans het om in die swart woud te stry
teen iets wat beestelik en magtiger is,
en hoe hy sy bruilof in die koue duisternis
van die groot moerasse gevier het.
En nou
het sy die lied stil en laag gehou:
van die verlore menslikheid; van die klein kraal
wat in die swart bome lê en snags straal
met sy vure; en sy 't gekla: wie hom nóu sal red
teen die groot dier wat wag, wié sal belet
dat hy inkom en heers?
En stiller en sagter:
dat die skoonste gesterf het, dat die edelste wagter
koud lê langs sy vuur, en sy stam lê oop
soos 'n óu kraal in die gras waar die jakkalsies loop
deur die riete bedags.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Australie

Ma., 23 Februarie 1998 00:00

Die nuwe land van melk en heuning! Stel jy belang om te immigreer? Kontak my vir verdere inligting.

Groete

Andre

andr...@cis.co.za

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

RE AFRIKA IS NIE BEDOEL VIR WITTES NIE

Ma., 23 Februarie 1998 00:00

> dis goed dat mense bekommerd is oor die misdaad want dan sal daar
> stappe >geneem word om dit nog laer te kry.

Dankie vir hierdie insig. Die bekommernis oor misdaad
onder mense van alle rasse is juis 'n positiewe teken.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sadam en "UNCLE SAM".........

Ma., 23 Februarie 1998 00:00

Mense, wees saam met my bly as daar nie 'n oorlog uitbreek nie,
ons het dit nie nodig nie. So ver lyk dit goed.
Daar is nie veel wenners in 'n oorlog nie: die gewone ou moet altyd
die spit afbyt.

Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Koninklike aantog" deur MARIA ROSSOUW

Ma., 23 Februarie 1998 00:00

KONINKLIKE AANTOG
Maria Rossouw

Geparadysd in jou arms
het jy die argitektuur
van die vreugde gebou.
Die katedraal van my liggaam
wag op jou.
Ek aanskou die grasie van jou aankoms.
Jy, koning,
op soek na jou troon
en jou kroon.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toets

Ma., 23 Februarie 1998 00:00

hierdie is net 'n toets boodskap ,om te sien of my boodskappe deurkom.

Dankie
Kobus

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

ABW

Ma., 23 Februarie 1998 00:00

DON'T BE FOOLED BY THIS ASSHOLE FRIKKIE.

AWB= AFRIKANERS WITHOUT BRAINS.

KOEN KOEKEMOER.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1441  1442  1443  1444  1445  1446  1447  1448  1449  1450  1451  1452  1453  1454  1455  1456    »]
Tyd nou: Ma. Mei 18 04:03:37 UTC 2026