Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kennis op voetsoolvlak

Thu, 02 April 1998 00:00

Nico wrote in message ...

>
> | >Moenie my verkeerd verstaan nie - ek is baie ernstig as ek sê ek sal
> graag
> | >wil sien dat "misbruikte gemeenskappe" regoor die wereld meer op hulle
> eie
> | >regte moet staan.
> |
> | Goed.
> |
> | Maar doen jy iets daaromtrent? Die Skrif maan ons per slot van rekening
> om
> | te "bid en werk". Gebed, hoe vroom ookal, is nie voldoende nie.
>
> Gee asb weer vir my 'n paar voorbeelde.
>
> Al die res wat jy sê is baie mooi en ek kan nie baie fout vind nie.
> Ek dink net egter daar is iets nie reg aan 'n ewigdurende bekhand hou van
> een bevolkkingsgroep teenoor 'n ander nie - is dit nie juis dit wat die
> swartman in Sa se menswaardigheid ondermyn nie? Sal hy nie homself eers op
> gelyke voet met sy blanke landgenote kan stel as hy moue oprol en werk en
> ophou bakhand staan nie.
> Ek weet hierdie is "sweeping statements", maar ek dink die doelbewuste
> veralgemening is waar.

Kom ek gee 'n voorbeeld:

Op Vryburg bring 'n halfdosyn opstandige swart leerlinge die hoërskool tot
stilstand. In die proses word die swart woongebied amper afgebrand, en koeëls
vlieg. Die hele land is in rep en roer daaroor, en Mandela is maar die
soveelste politikus en "kundige" wat die plek besoek om die ding nog meer
prominent te maak. Die wittes in die skool is "rassiste" en die swart
leerlinge is "ongedissiplineerd".

Swartes maak ongeveer 25% van die leerlinge uit. Daar is nie een swart
verteenwoordiger op die bestuursraad nie, ten spyte daarvan dat die wart
ouers en leerlinge se getalle voldoende is om te verseker dat hulle
verteenwoordig word - as hulle sou deelneem aan die verkiesing van die
bestuursraad.

Maar "swart ouers is nie betrokke by die onderwys van hul kinders nie". Die
minister van onderwys sê self so, en die swart ouers wat ek ken sê dit ook.
Swart leerlinge in Vryburg het geweier dat die owerheid met hul ouers
praat - "ons ouers is onopgevoed", het hulle gesê. "Ons sal vir onsself
praat".

Dit is 'n wesenlike probleem - die tempo van verandering in die swart
gemeenskappe is so vinnig dat die generasiegaping besonder groot is. Dit
ontmagtig die ouers wat self miskien net 'n paar jaar op skool was - dikwels
nie lank genoeg om volhoubare geletterdheid te vestig nie. (Maar dis
nonsens, wat gevoed word deur politieke maghebbers, burokrate en
onderwyservakbonde. Ongeletterde mense is selde oningelig, maar hulle word
vreeslik maklik ge-intimideer. Mense wat halfgeskool is leer teen 'n veel
vinniger tempo as hul kinders - mits hulle betrek word by die onderwys van
die kinders. Kinders se prestasie op skool hou direk verband met die mate
waartoe die ouers by hul leerwerk betrokke is, ongeag die skoolvlak wat die
ouers self bereik het.)

Maar dis nie al nie. 'n Swart ouer wat ek ken ('n Christen) stel dit so:
Vroeër jare moes swart ouers hul kinders vir die sendelinge gee om gekersten
te word as hulle wou hê die kinders moet leer. Later moes hulle hulle vir
Bantu Education gee. Nou moet hulle hulle vir die ANC gee. Hulle is gewoond
daaraan.

'n Kollega van my wys daarop dat ouers wat hul kinders na inisiasieskole
stuur aanvaar dat "die ou mans" die kinders daar sal leer - hulle mag nie
eens weet wat die kinders daar leer nie. As die kind in die proses sou
sterf, aanvaar ouers dit gelate - dit is die noodlot.

Luthuli wys daarop dat kinders in tradisionele gemeenskappe eintlik maar
deur die gemeenskap opgevoed word - enige volwassene in die dorp het net
soveel reg as 'n ouer om 'n kind te tugtig of tereg te wys.

Dit is algemeen bekend dat baie konservatiewe swart ouers in die stede hul
kinders van skoolgaande ouderdom terugstuur na die stamgebiede om deur die
grootouers grootgegemaak te word - 'n tendens wat in die skole-onrus van die
tagtigerjare toegeneem het.

Beteken dit dat swart ouers nie betrokke is by die onderwys van hul kinders
nie? Ja. Maar wit ouers verskil nie veel nie. In die stadsgebied waar ek
woon kon 8 uit 10 Afrikaanse skole verlede jaar nie 'n kworum kry om 'n
bestuursraad te verkies nie.

Afrikaanse ouers, wat in die vorige eeu van die mees onafhanklike mense was,
is in hierdie eeu ontmagtig tot omtrent dieselfde vlak as swart ouers.

Eers die Tweede Vryheidsoorlog, met die Minlerbeleid van Engelse onderwys
daarna - net enkele ouers was in staat om die CNO-skole te ondersteun.

Toe die depressie, verstedeliking en die armblankevraagstuk. Veral die
kerke, maar ook die onderwysdepartemente het oorgeneem en uiters outokraties
te werk gegaan met kurrikulum, onderwysmetodes, ens - alles met die beste
bedoelings ter wêreld, maar sonder enige ruimte vir teenstand. Vra maar vir
Gloudina hoe outokraties "die Kerk" sy hulpprogramme bestuur het.

Toe "Christelik-Nasionale Onderwys". Die kind moes "deur die Volk gevorm
word". Dit het beteken "kundiges" wat alle besluite oor die onderwys moes
neem. Teen die negentigs kom Piet Marais soos 'n middeleeuse monnik wat
aflaatbriewe verkoop met sy Model C-skole, waar ouers "inspraak" in die
onderwys van hul kinders kon koop! Maar as jy kyk na wat hulle daarvoor
gekry het was dit die reg om gratis arbeid te verskaf vir projekte by die
skool, geld in te samel vir die skool - en miskien om die kleur van die
servette te kies vir die matriekafskeid. Oor die inhoud wat kinders leer en
die metodes waarvolgens hulle leer sou ouers geen sê hê nie - dit was "die
professionele domein" van die onderwyser. Die onderwyser, op sy beurt, was
'n staatsamptenaar wat moes doen soos die department vir hom sê - soos Piet
Marais ook eenkeer beklemtoon het. Dit is die model wat die ANC oorgeneem
het. Hulle minister verklaar trots "alle skole is nou Model C-skole"!

Die enigste gemeenskap waar ouers deur die jare privaatskole in beduidende
getalle onderhou het was die Engelse. Hulle vorm ook die meerderheid van die
ouers wat tans hul kinders tuis onderrig.

Swart en Afrikaanse ouers is min of meer doelbewus ontmagtig sodat die
"staat" (of die stam) beheer kan hê oor die volgende geslag. die paradigma
was nog altyd die paradigma van Loyola: "Gee my 'n kind as hy jonk is". Die
idee dat mens die ouer geslag maar moet "afskryf" en jou hoop vestig op die
kinders wat jy na jou hand kan grootmaak. Die _kinders_ sal hopelik
waardering hê vir jou "kennis uit amerika". Maar al wat gebeur is dat jy die
een geslag na die ander afskryf. En elke geslag is meer ontredderd as die
vorige.

Daar is baie mense wat beweer dat die belhamels onder die swart leerlinge in
Vryheid gemanipuleer word deur politici om die politieke doelwitte van die
politici te bereik. Die nuwe premier van Gauteng het, in sy premiersrede in
Februarie teenoor die opposisiepartye gedreig "ek sal julle kinders van
julle vervreem".

Nou kan mens in Afrikapessimisme jou hande saamslaan en weën. Of jy kan jou
hande uit jou moue steek en ouers begin mobiliseer om hul selfbeeld terug te
eis van die magtiges, die kundiges en die kinders wat hulle daarvan beroof
het.

Slegs as dit gebeur sal gesinne en gemeenskappe daarin slaag om ook die
verandering van hul omgewing te begin bestuur in plaas daarvan om willoos
aan die neus gelei te word en te wag vir die volgende Clinton wat aalmoese
uitdeel.

En jy moet sien hoe gou ouers begin charge vat as jy vir hulle verduidelik
dat 'n kind tot en met sy sesde lewensjaar meer leer as in die res van sy
lewe saam - en dit onder die beheer van sy "onbevoegde" ouers. Dit is
"kennis uit Amerika". Maar as jy hulle deur 'n proses vat met hierdie
kennis, en dit koppel aan hul eie ervaring, moet jy sien hoe vinnig hulle
die waarheid daarvan insien.

Maar dit vereis betrokkenheid. "Bid en hoop" is nie genoeg nie.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Kennis uit Amerika

Thu, 02 April 1998 00:00

Nico wrote in message ...
> Leendert van Oostrum wrote in article
> ...
> |
> | Is jy bereid om 'n hand te gee sodat hulle hulself kan bemagtig en die
> | vermoë verwerf om hul voet neer te sit?
> |
>
> Hier sal ek graag wil hê jy moet vir my voorbeelde gee ... ek is nuuskierig
> of ek bereid sal wees of nie!

Ek sal elders 'n gedetaillerde voorbeeld gee.
>
> | Ek het nie 'n probleem met die vrye mark nie. Juis omdat die vrye mark
> die
> | hulpbronne genereer wat ons in staat stel om 'n hand uit te steek na die
> | minderbevoorregtes.
> |
> | Dis waarom die Skrif ons maan om te werk sodat ons geld sal hê om
> aalmoese
> | te gee vir die armes. Mens kan natuurlik redeneer oor die aard wat die
> | "almoese" moet aanneem - persoonlik verkies ek die soort wat die "armes"
> | help om self te produseer - sodat hulle op hul beurt sal hê vir die
> armes.
> |
>
> Hierdie veroorsaak tans vir my 'n groot morele dilema: - ek weet nie waar
> om die streep te trek nie. In Sa het ek gesweer ek sal nooit iemand sonder
> kos van my deur af weg stuur nie - en die enigste boemelaar wat sonder baie
> kos by my deur weg is, is die een wat geld wou hê en die vrygte, mieliemeel
> en halwe brood in my gesig terug gegooi het.
>
> Ek hou ook baie van die idee van iemand leer visvang eerder as m hom vis te
> gee.
> Is die kennis van die Amerikaners nie beskikbaar vir die Afrika lande om
> hulle eie besoedeling te begin beperk nie?

Die "kennis" is beskikbaar. Maar die probleem is veel meer kompleks as om
bloot na 'n biblioteek te gaan. Tegnologie-oordrag is 'n saak wat
diepliggend bepaal word deur kulturele aangeleenthede. Ek het al tevore hier
geskryf oor die onderwerp, maar ek doen dit met graagte weer.

Byvoorbeeld: In Venda sal 'n arm gesin amper die helfte van sy maandelikse
uitgawes gebruik om brandhout te koop. 'n Sonstoof, wat teen gesubsidieerde
pryse vir 'n paar rand gekoop kan word, sal hy nie gebruik nie - selfs nie
as dit met demonstrasies in die dorpies gegepromoveer word nie. (Een rede is
omdat jy swart emaljepotte in die sonstoof moet gebruik - maar swart
emaljepotte word ook deur hekse gebruik. En in Venda word hekse sito-sito
vermoor.) Intussen word die landskap van bome gestroop.

In Mamelodi, op die hoogtepunt van die verbruikersboikotte, het geen mens 'n
eletrisiteitsrekening betaal nie. In 60% van die huishoudings waar daar
elektriese stowe was het die mense nogtans op 'n oop vlam gekook - hout of
gas.

'n Bekende branstofmaatskappy ontwikkel 'n rooklose brandstof vir gebruik in
townships om die besoedeling wat steenkool veroorsaak te verminder - dit
verkoop nie. Hulle betaal 'n navorsingsinstelling honderdduisende rande om
te bepaal watter eienskappe sulke brandstof moet hê om vir die verbruiker
aanvaarbaar te wees. Dit blyk dat daar 'n vlam moet wees - wat bepaalde
kleure moet toon of nie toon nie. Die as moet bepaalde eienskappe hê. En
verskeie ander aspekte. Besoedelingsvrye branstof met sulke eienskappe kan
wel met die bestaande tegnologie vervaardig word - maar teen 'n prys wat nie
mededingend is nie.

Nou is daar verskeie manier waarop mens uit 'n Westerse perspektief op so
iets kan reageer. Maar dis irrelevant. Want dis die Afrikamense wat die
brandstof en die sonstowe sal gebruik of nie gebruik nie - wat op
elektrisiteit sal kook of nie. Jy en ek kan tekere gaan tot ons blou in die
gesig is. Maar sonder dat ons werklik in gesprek gaan met die mense sal ons
nêrens kom nie. En dit beteken nie om in gesprek te gaan met die demagoë wat
voorgee dat die mense hulle demokraties verkies het nie.

Maar dit kan ook nie 'n "eenrigtinggesprek" wees - waar die "kennis van
Amerika" "oorgedra" moet word soos jy suggereer nie. 'n Meesterstudent in
landbou by Tukkies verduidelik in 'n skripsie:

Die grond in Venda het vir meer as duisend jaar 'n stabiele bevolking
onderhou. Toe kom die sendelinge. Die sendlinge het eers vir die mense
geleer dat die ding van die voorvadergeeste 'n fout is. Die heilige bosse en
berghange is nie regtig heilig nie - dis afgodery. Jy kan maar hout kap in
die bosse, jou beeste laat wei teen die hange, en daar paaie maak en mense
daar laat woon. En die taboe daarteen dat jou beeste loop in die vleilande
is ook nonsens. Die sendelinge het 'n muti wat jy aansmeer, dan kry die
beeste nie meer vrotpooitjie nie.

Nou, sê die student, het die riviere gaan staan vir die eerste maal in die
geskiedenis. Die oumense sê dis omdat die voorvadergeeste kwaad is omdat so
baie mense die sendelinge aanhang. En die jonges glo dit.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Kennis op voetsoolvlak

Thu, 02 April 1998 00:00

Leendert

Baie dankie vir jou skrywe - ek het dit uiter interesant gevind - dit gee
'n mens weer stof tot nadenke en wys jou 'n ander sy van die probleem.

Jou ondertoon klink effens negatief - het jy hoop vir die toekoms? Seker
nie met so baie Jaape soos ek wat die land verlaat nie, né...
--
Net Nico ...

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kennis uit Afrika

Thu, 02 April 1998 00:00

Nico wrote in message ...

> Hulle kan dit nie bekostig nie, hoor ek jou sê.
> Moet ons dan net tot in ewigheid GEE, sonder dat Afrika ooit leer visvang?
> So optimisties as wat ek oor die algemeen is, het ek nie veel hoop in
> daardie opsig nie - nou weer gesien oor TV met Clintoin se besoek: die
> kommentator sê: " ...and by far the biggest applause went up when Clinton
> said America is ready to help you ...". Ek weet dit is oop vir
> interpretasie, maar ek is seker daardie swart massa het net geldelike
> skenkings in gedagte gehad.

Ek weet nie. My indruk is dat die mense dikwels persoonlike betrokkenheid
veel hoër aanslaan waar dit saak maak.
Attie van Niekerk bedryf die NOVA-stigting (Navorsing oor die Opheffing en
Voorkoming van Armoede). Hulle gebruik 'n navorsingstegniek wat hulle self
ontwikkel het.

a) Inligting word ingesamel deur lede van die teikengemeenskap self
(professionele mense - verpleegsters, maatskaplike werkers, onderwysers,
ens) wat deur die navorsingspan opgelei word.

b) Die data word versamel by wyse van onderhoude met verskeie lede van
teikengesinne uit die gemeenskap (nie net een individu nie - die "eenheid
warop hulle navorsing doen is altyd 'n gesin as geheel).

c) Die data word verwerk, vertolk, en voorgelê aan die klient se tegnoloë
en wetenskaplikes. Laasgenoemde maak hul afleidings, en verduidelik hoe
hulle die inligting vertolk.

d) Die spanne gaan terug na die gemeenskap, en verduidelik die
wetenskaplikes se standpunte. Hulle kry die reaksies van die mense, wat wer
vertolk word, ens.

e) Tipies gaan so 'n navorsingsprojek deur dertien iterasies van
heen-en-weer vertolk. _Sonder uitsondering_ vind daar om en by die sewende
of agste iterasie 'n radikale wending plaas in die standpunt van die
verteenwoordigers van die gemeenskap. Tot in daardie stadium is die meeste
van die dinge wat die wetenskaplikes voorstel goed en reg, en die mense kan
nie wag om die wonderlike voordele begin pluk wat die wetenskap belowe nie.
Maar dan begin hulle werklik sê wat hulle dink - dan begin allerlei
implikasies en komplikasies inwerk. Eers dan kan die gesprek begin.

f) Sonder uitsondering is die resultate van hierdie soort navorsing drasties
verskillend as die soort wat met eenmalige vraelyste ingesamel word. En dit
lyk asof die produkte, prosedures en stelsels wat op hierdie manier
ontwikkel word goed aanvaar word en 'n wesenlike uitwerking het.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tatta Louis Luyt !

Thu, 02 April 1998 00:00

Daar gaat jy ! Totsiens en voertsek !

Jy val al lankal van die wa af.
Rugby diktator, baantjies-vir-boeties skelm -
jy is van die ou, konserwatiewe garde,
moes al lankal gewaai het.

Ai, waar is Doc Cruyven... Selfs sy hond is beter as Louis Luyt.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

6 April 1652

Thu, 02 April 1998 00:00

Daar is seker nie een Afrikaner wat nie
op 6 April dink aan die betekenis van daardie
datum in die geskiedenis van Suidelike Afrika
nie. Meeste mense van Afrikaner-oorsprong
neem daardie datum as die oorsprong van hul
Afrikanerskap - hulle ontworteling van die
Europese vasteland en hulle planting op die
pragtige suidpunt van Afrika, waar hulle vir
ewig gevul is met verlange na 'n sekere berg
of vallei of vlakte wat hulle kinderdae omskryf.
Selfs al het hulle voorvaders baie later na Suid-
Afrika verhuis, het hulle grootgeword met die
stories van Jan van Riebeeck en Wolraad
Woltemade, van die Vryburgers en van die
togte die binneland in.
Hulle was natuurlik nooit vertel van die
geskiedenis van die stamme van die Khoi en die
San wat hulle sistematies verplaas het nie. Dis
daarom dat die Afrikaner vandag moet simpatiek
wees wanneer daar duidelik woede nog is oor die
eeue lange verdrukking wat daar in suidelike Afrika
plaasgevind het. Maar as die Afrikaner kies om
vandag 'n meningsvolle rol in Afrika te speel en sy
kennis en vitaliteit tot diens van die hele bevolking
in Suid-Afrika te stel, dan is ek seker dat hulle
gekoester sal word as 'n belangrike komponent van
die nuwe nasie wat daar in SA besig is om te groei.
Die daarstelling van die verversings-stasie aan die
Kaap van Goeie Hoop het natuurlik ook ander gevolge
gehad. Die Maleise slawe wat deur die Hollanders na
die Kaap gebring is, het 'n nuwe en vitale komponent
geword van die bevolking aan die suidpunt van Afrika.
Hulle het die Mohammedaanse godsdiens aan die Kaap
laat wortel skiet. Hulle kookkuns het die eetgewoontes
van Afrikaners beinvloed. Hulle gewoonte om die
geskiedenis van die streek in sang vas te lê, het vir SA
'n skat van volksliedjies gegee wat elke Afrikaner se
hart warmmaak. Laat ons dus, wanneer ons die datum
6 April herdenk, ook dink aan daardie �vreemdelinge�
wat van oor die see gekom het na die Kaap, en hulle rol
in die saamstelling van die bevolking van die huidige SA.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrika is hard en wreed...............

Thu, 02 April 1998 00:00

My liewe vriende,
Waar mense daagliks moet veg om voortbestaan het hulle nie
geld en tyd vir tierlantyntjies en sagte handskoene nie.
Die lewe in Afrika is ongenadiglik hard.
Lewens is goedkoop en brood is duur.
Mense het nie tyd om oor die verlede te tob nie,
die lewe gaan aan.

Daarom dink ek die Waarheidskommissie is 'n flop.
Dit is 'n flop om te dink dat belydenis en vergifnis en
berusting by almal byval sou vind.
Dit was te polities-korrek om te verwag
dat in Afrika wat dikwels wreed en hard en ongenadig is,
so 'n naiwe idee sou werk. Op die ou end het dit
niemand tevrede gestel nie. Dieselfde met die doodstraf se
afskaffing: dit hoort nie in Afrika nie, nie nou nie.

Die grootste fout wat die ANC gemaak het is om te dink dat
Afrikaners en hul leiers berou oor hul NP-apartheid verlede sal toon.
Afrikaners is te hardegat en politici erken nooit hul foute nie.
Die algemene indruk wat ek kry is dat Afrikaners gatvol is
vir die Waarheidskommissie of ernstige probleme daarmee het,
(soos dat dit "eensydig" is ens. - lees maar net Die Burger)
Die ANC was onnosel om iets anders te verwag.

Die meeste afrikaners is nie bereid om verantwoordelikheid
te aanvaar vir wat die NP-apartheidsregering gedoen het nie,
("dit was nie ons nie, dit was die politici")
Maar nie eers hul leiers is bereid om verantwoordelikheid te
aanvaar nie (Pik, PW ens), wat nog te se van jammer of skuldig
voel. Die een lieg soos die ander, bv. die patetiese
leuens dat hulle nie geweet het dat om ANC mense te laat "elimineer"
het beteken om hul te laat doodmaak nie. Om van Winnie se leuens
en gebrek aan berou nie eers te praat nie.
Inteendeel, mense soos Pik (wat 'n gewilde program
gehad het op Punt geselsradio) en PW, wat ewe minagtend die
kommissie ontduik, word deur baie nou beskou as helde
wat "onnodig vervolg" word.

Die ANC moes eenvoudig die politici van die ou regering
in die tronk smyt (robbeneiland) en 'n vinnige verhoor/teregstelling
hou vir die wat hul vergryp het aan boosaardighede.
En dan ophou: wat dan klaar is is KLAAR.
Hulle moes gemaak het wat mens van oorwinnaars verwag:
maak skoon en begin opnuut, herskryf die geskiedenis.
Daar word nie van die kat verwag om aan die muis genade te betoon
nie, en 'n leeu vreet nie gras nie. Nie in Afrika nie.

Maar die ANC het besluit hulle sal probeer goed en genadig wees
en die westerse wereld wys dat hul nie soos hul voorgangers is nie
Dit het nie gewerk nie.
Die swartes is nie tevrede nie, die blankes hou nie op kla nie,
die oud-politici en moordenaars kom weg met alles, en almal
is of ontevrede of hartlik gatvol vir die hele ou storie.

Vriendelike groete

NS: Kon dit anders ? eintlik nie...... Die bybelse vergewe en bely
is maar die beste.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Afrika is hard en wreed...............

Thu, 02 April 1998 00:00

Onrusstoker wrote in message ...

> Die ANC moes eenvoudig die politici van die ou regering
> in die tronk smyt (robbeneiland) en 'n vinnige verhoor/teregstelling
> hou vir die wat hul vergryp het aan boosaardighede.
> En dan ophou: wat dan klaar is is KLAAR.

As hulle skuldigbevindings kon kry - anders sou hulle die beginsels wat
hulle voorgee om te huldig self verkrag het.

> Hulle moes gemaak het wat mens van oorwinnaars verwag:
> maak skoon en begin opnuut, herskryf die geskiedenis.
> Daar word nie van die kat verwag om aan die muis genade te betoon
> nie, en 'n leeu vreet nie gras nie. Nie in Afrika nie.

Jy is heeltemal reg. Wat jy buite rekening laat, is dat die ANC vreeslik
graag _nie_ wil wees soos die res van Afrika nie. Om die waarheid te sê, nie
baie ouens in die res van Afrika wil graag wees soos die res van Afrika nie.

'n Amerikaanse joernalis het onlangs op die Voice of America vertel hoe dit
in feitlik elke onafhanklike Afrikaland daaraan toe was in die
sestigerjare - diktatorskappe, waar alle media aan die staat behoort het, en
waar die Weste en die Oosbloklande gewedywer het om geld in te pomp om die
guns te wen van korrupte regeerders wat min of meer gedoen het wat hulle
wil - onhou jy Idi Amin?

Dinge het sedertdien veel verander in Afrika, was die oordeel van die
joernalis.

Dis natuurlik dieselfde argument wat Herman Gilliomee gebruik het toe hy tot
die slotsom gekom het dat SA vandag in 'n baie swakker toestand sou wees as
die boere in die vyftigs of sestigs die mag oorhandig het aan die ANC & Kie.

>
> Maar die ANC het besluit hulle sal probeer goed en genadig wees
> en die westerse wereld wys dat hul nie soos hul voorgangers is nie

Nee die ANC het dit nie "besluit" nie. As die ANC hom nie verbind het tot 'n
behoorlike, onderhandelde grondwet nie ('n wet van die vorige parlement,
onthou) sou hy (en ons) nou nog in die bos gewees het.

> Dit het nie gewerk nie.
> Die swartes is nie tevrede nie, die blankes hou nie op kla nie,
> die oud-politici en moordenaars kom weg met alles, en almal
> is of ontevrede of hartlik gatvol vir die hele ou storie.

Snaaks genoeg, skryf die ANC self die oorsaak hiervoor toe aan ander dinge
as jy - dinge soos hul eie onbevoegdheid (Mandela se uitspraak 'n week of
wat gelede - "Onthou, ons kom uit die bos om 'n sofistikeerde land te
probeer regeer"), korrupsie (ANC se algemene kongres vanjaar), ens.

Soos ons (en die ANC) hoër op in Afrika gesien het, word hierdie dinge nie
uitgeskakel as jy 'n verdelgingsbeleid uitvoer nie. Inteendeel.

Nee, wat, Galjoen. Die "oorwinning" was nie so eensydig as wat jy blykbaar
dink nie. Maar die ANC hou natuurlik daarvan as jy so dink.

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Lekker in my land.....KWAAIIII

Thu, 02 April 1998 00:00

Nadat ek 'n draai in Londen,Brussels,Frankryk en Amsterdam (lekker Zol
gerook) gemaak het het ek besef dat Suid Afrika is vir my.
Waar kan jy 15 minute lank ry en jou in die middel van die bosse bevind,
lekker vleis braai, kak praat en 'n dop steek.
Ek moet ook by voeg dat ons meisies maar sleg afsteek teen hul oorsese
gelyke.
Ons meisies is mos gebou (groot van been) om beeste en kallers vas te hou.
Daar in Londen sien jy meer mooi meisies op een dag as jou hele lewe in Suid
Afrika....shit...hulle is mooi...maar hulle laaik die darkies. Daar het ek
nou gesien dat dit is nie die mans wat vebastering aan help nie maar die
vrouens....vra maar enige een wat daar was of is.
Die Europeers is ons myle voor op ander gebiede soos gesondheid,maniere
ens...ens..maar ons kan kuier wat hulle nie kan doen nie.
Ok, met al die ongesonde kos kan 'n ou nog 'n "stroke" ook "score"..maar dan
moet ek ook by sê, dat die kanse dat jy aan geweld kan vrek is nog groter.
Verder is dit lekker om tussen my mense te wees...iets wat ander mense ons
beny.
Sommige wil hê dat ons moet skaam kry oor apartheid.Ek moet nou sleg voel
oor die stront wat 'n ander drol uit gedink het. ....Ander hol sommer skoon
land uit..Die beste stuurman staan aan wal.
Ons moet ook nugter dink oor die gemors waarin die land is, dis kwansuis ook
apartheid se skuld.
Ons is seker die enigste parlement waar daar dans passies uit gevoer voordat
gewerk word....sommige dink dis kultuur.....daardie banale dans passies wat
met ruk en skop bewegings, met 'n helse luide half Switserse judel. Benewens
die kabaal voor die kameras (soos 'n spieël vir 'n bobbejaan) is hulle
deurset nogal power gemeet teen hul energieke en luide kultuur openings
dans.

Maar nou ja....nog 'n dag nader aan my "pension"
Ek sal maar 'n stukkie grond bekom en my eie kaija daar opsit om in te bly.
Gloudina (mother superior) help met my foute asb.

Mafuta

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Lekker in my land.....KWAAIIII

Thu, 02 April 1998 00:00

Nadat ek 'n draai in London,Brussels,Frankryk en Amsterdam (lekker Zol
gerook) gemaak het het ek besef dat Suid Afrika is vir my.
Waar kan jy 15 minute lank ry en jou in die middel van die bosse bevind,
lekker vleis braai, kak praat en 'n dop steek.
Ek moet ook by voeg dat ons meisies maar sleg afsteek teen hul oorsese
gelyke.
Ons meisies is mos gebou (groot van been) om beeste en kalers vas te hou.
Daar in Londen sien jy meer mooi meisies op een dag as jou hele lewe in Suid
Afrika....shit...hulle is mooi...maar hulle laaik die darkies. Daar het ek
nou gesien dat dit is nie die mans wat vebastering aan help nie maar die
vrouens....vra maar enige een wat daar was of is.
Die Europeers is ons myle voor op ander gebiede soos gesondheid,maniere
ens...ens..maar ons kan kuier wat hulle nie kan doen nie.
Ok, met al die ongesonde kos kan 'n ou nog 'n "stroke" ook "score"..maar dan
moet ek ook by sê, dat die kanse dat jy aan geweld kan vrek is nog groter.
Verder is dit lekker om tussen my mense te wees...iets wat ander mense ons
beny.
Sommige wil he dat ons moet skaam kry oor apartheid.Ek moet nou sleg voel
oor die stront wat 'n ander drol uit gedink het. ....Ander hol sommer skoon
land uit..Die beste stuurman staan aan wal.
Ons moet ook nugter dink oor die gemors waarin die land is, dis kwansuis ook
apartheid se skuld.
Ons is seker die enigste parlement waar daar dans passies uit gevoer voordat
gewerk word....sommige dink dis kultuur.....daardie banale dans passies wat
met ruk en skop bewegings, met 'n helse luide half switserse judel. Benewens
die kabaal voor die kameras (soos 'n spieël vir 'n bobejaan) is hulle
deurset nogal power gemeet teen hul energieke en luide kultuur openings
dans.

Maar nou ja....nog 'n dag nader aan my "pension"
Ek sal maar 'n stukie grond bekom en my eie kaija daar opsit om in te bly.
Gloudina (mother superior) help met my foute asb.

Mafuta

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1423  1424  1425  1426  1427  1428  1429  1430  1431  1432  1433  1434  1435  1436  1437  1438    »]
Tyd nou: Sun Jan 12 23:51:46 UTC 2025