Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wie is wie ?

Vr., 17 April 1998 00:00

Ons hoor hier in Holland baie kere oor s.g.n. Israel kerke in SA.
Wie kan my meer vertel hieroor ?

Ek is n belangstellende in religies

Groete uit die nat (baie reen) Holland
Kees

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mooi so PW

Vr., 17 April 1998 00:00

Dit vat 'n man om voet by stuk te hou dat hy nie belang stel in die sirkus
met 'n huilende nar se kak nie(WVK).Mooi so my oom,jy het wonders vir
hierdie land verrig en nou wil hulle oor jou trap.Hulle moer,as jy voet by
stuk hou dat jy nie voor Tutu en sy clowns gaan getuig nie en die sogenaamde
landdros wat nie eens sy skuld kan betaal nie (wat 'n skande vir die
regsbank) jou moontlik 'n boete kan ople,dan moet die oom weet daar is baie
boere daar buite wat 'n fonds sal laat stig om die boete te betaal en glo my
daar sal nog kleingeld oorbly.

Sterkte aan al die PW ondersteuners
Kobus

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

hoekom?

Vr., 17 April 1998 00:00

wat vir my baie snaaks is, is die volgende:

almal weet- dit gaan elke dag al hoe slegter ekonomies met suid afrika
- die geld word gesteel in die regering
- al hoe meer moorde en verkragtens
- slegter paaie
- meer onluste op kampusse(en plundery)
- meer onpadvaardige taxi's
- ek kan sowat 1000000 nog slegter goed byvoeg!!!!!!!

ek verlang na die ou RSA
die rand was sterker vir een
jou beursie kon jy in jou hand dra ens.

My GROOT VRAAG ( daar in die afrika lande waar dit nog slegter gaan -
blameer hulle ook apartheid
al was daar geen wittes(verstand en orde) teenwoordig nie)

KOM ONS LEER DIE LES VAN GESKIEDENIS EN WORD NIE DEEL VAN afrika NIE

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Wat maak Mandela daar

Do., 16 April 1998 00:00

Thomas Jacobs wrote:
>
> In lou writes:
>
>> Kobus Brits wrote:
>>>
>>> Wat is die doel van Mandela se uitsonderlike besoek op die plek waar die
>>> vermeende oortreders op die boer se eiendom doodgeskiet is.Was die SARFU se
>>> politieke speelbal dan nie genoeg nie Mandela,of was die exposure te min.
>>>
>>> kobus
>
>> Dit is miskien die grootste aanklag teen sa politisie vandag - die
>> tragiese en onnodige dood van 'n kind word nou tot 'n politieke speelbal
>> verlaag deur links (Winnie), middel (Nelson) en regs (Konstant). Maak
>> mens siek!
>
>> Laat ons nou sien of hulle so vinning sal wees om die plek te besoek
>
> Hou op ... praat. Die doodskiet van 'n onskuldige kind en 'n motor
> ongeluk verskil hemel breed poepol. Die boertjie wat hom daarin
> verlustig om kindertjies te vermoor moet goed gedonner word. Ons
> grootste prys aan Madiba om die plek van die vuilgat te besoek en
> weereens aan almal te bewys wie eintlik nie-barbaars is. Die boertjie
> (barbaar) moet aan sy ballas beet gekry word en stadig getorture word,
> bliksem.
>
>> waar die 21 kinders vroeer die week in 'n ongeluk gesterf het.
> --
> Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
> Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj

Thomas

Jy bewys nou net weer my punt. Die hoofdoel van die besoeke was dus om
politieke voordeel uit die kind se dood te trek.

Miskien is jy te stupid om dit te besef maar die dood van 'n kind of
iemand na aan jou bly dieselfde of dit nou in 'n motor ongeluk of as
gevolg van 'n vuurwapen was. Die feit bly dit was onnodig. Die man wat
die vragmotor bestuur het kan maar oor dieselfde kam geskeer word as die
een wat die vuurwapen afgevuur het.

Cheers
Lou

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Pofadder" deur DONALD RIEKERT

Do., 16 April 1998 00:00

POFADDER
Donald Riekert

Die pofadder lê
een tand mond oop
oor Boesmanland
sy lang tong
laat staan die son stil
rooi in die waas
van sy groot asem
sodat vir baie jare
die veld droog is
en niks wou groei
net brakbos blom

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Mooi so PW

Do., 16 April 1998 00:00

@igs.net wrote:
> Selfs
> in Cambodia het die Khmer Rouge
> self uiteindelik vir Pol Pot voor
> die hof gedaag en hom geisoleer.
>
>

Nonsens. Pol Pot het "gesterf" aan 'n hartaanval. Hy was nie na aan 'n
hof gewees nie. Lyk my al julle kanadese is bietjie agter met die nuus?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Gediggie deur 'n sekere mannetjie

Wo., 15 April 1998 00:00

Hallo daar
eet 'n blaar
dis blerrie waar
raar maar waar
die hond is nou naar
hy raak ook maer
want hy's gereëld naar
dis blerrie waar
raar maar waar

Ek neem nie krediet hiervoor nie, ek het dit net gemodifiseer, net omdat ek
nie kan onthou hoe dit gaan. Goed? Goed!

- Foopie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Lied van die Lente"

Wo., 15 April 1998 00:00

Letitia aan Anne-Marie Conradie :
del...@bigpond.com

Was jy al in Tsumeb, Namibia?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ek soek hetero boere meisie

Wo., 15 April 1998 00:00

Ek is 'n olike man wat op die oomblik in Holland bly. Ek is op soek naar
'n by voorkeur 'n blonde jonge nooi. tot maksimaal 35 jare ouderdom.
Kom en gesels met my op my private e-pos adres.

Groete KM

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

"Lied van die Lente" deur Anna-Marie CONRADIE

Di., 14 April 1998 00:00

LIED VAN DIE LENTE
Anna-Marie Conradie

Ek wou jou al vertel het:
die lente het sy intrek
in my pophuisklein tuintjie kom neem
die spinnekop (getroue ekowerker)
speel osoonlaagvriendelik insekdoder.

Ek wou jou al vertel het,
maar my verkluimde winterhart hou my
nog in diep oorwintering;
my breindendriete gestol tot yskristal
lê nog vergete op Pluto.

Ek wou jou al gevra het:
speel vir my die klaviersonates van Mozart;
die allegro's sal die winterys smelt
kabbelend laat vloei in andanteriviere -
onbevange bevry uit die winterkokon met rondodanse.

Speel tog vir my Mozart
dat die Namakwalandgeel
weer oordadig wulps
in my hart oopkelk en blom.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1420  1421  1422  1423  1424  1425  1426  1427  1428  1429  1430  1431  1432  1433  1434  1435    »]
Tyd nou: Do. Des. 25 07:15:43 UTC 2025