Re: Wat maak Mandela daar
Do., 16 April 1998 00:00
Thomas Jacobs wrote:
>
> In lou writes:
>
>> Kobus Brits wrote:
>>>
>>> Wat is die doel van Mandela se uitsonderlike besoek op die plek waar die
>>> vermeende oortreders op die boer se eiendom doodgeskiet is.Was die SARFU se
>>> politieke speelbal dan nie genoeg nie Mandela,of was die exposure te min.
>>>
>>> kobus
>
>> Dit is miskien die grootste aanklag teen sa politisie vandag - die
>> tragiese en onnodige dood van 'n kind word nou tot 'n politieke speelbal
>> verlaag deur links (Winnie), middel (Nelson) en regs (Konstant). Maak
>> mens siek!
>
>> Laat ons nou sien of hulle so vinning sal wees om die plek te besoek
>
> Hou op ... praat. Die doodskiet van 'n onskuldige kind en 'n motor
> ongeluk verskil hemel breed poepol. Die boertjie wat hom daarin
> verlustig om kindertjies te vermoor moet goed gedonner word. Ons
> grootste prys aan Madiba om die plek van die vuilgat te besoek en
> weereens aan almal te bewys wie eintlik nie-barbaars is. Die boertjie
> (barbaar) moet aan sy ballas beet gekry word en stadig getorture word,
> bliksem.
>
>> waar die 21 kinders vroeer die week in 'n ongeluk gesterf het.
> --
> Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
> Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Thomas
Jy bewys nou net weer my punt. Die hoofdoel van die besoeke was dus om
politieke voordeel uit die kind se dood te trek.
Miskien is jy te stupid om dit te besef maar die dood van 'n kind of
iemand na aan jou bly dieselfde of dit nou in 'n motor ongeluk of as
gevolg van 'n vuurwapen was. Die feit bly dit was onnodig. Die man wat
die vragmotor bestuur het kan maar oor dieselfde kam geskeer word as die
een wat die vuurwapen afgevuur het.
Cheers
Lou
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
"Pofadder" deur DONALD RIEKERT
Do., 16 April 1998 00:00
POFADDER
Donald Riekert
Die pofadder lê
een tand mond oop
oor Boesmanland
sy lang tong
laat staan die son stil
rooi in die waas
van sy groot asem
sodat vir baie jare
die veld droog is
en niks wou groei
net brakbos blom
Prosa & poësie |
0 kommentare
Re: Mooi so PW
Do., 16 April 1998 00:00
@igs.net wrote:
> Selfs
> in Cambodia het die Khmer Rouge
> self uiteindelik vir Pol Pot voor
> die hof gedaag en hom geisoleer.
>
>
Nonsens. Pol Pot het "gesterf" aan 'n hartaanval. Hy was nie na aan 'n
hof gewees nie. Lyk my al julle kanadese is bietjie agter met die nuus?
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Gediggie deur 'n sekere mannetjie
Wo., 15 April 1998 00:00
Hallo daar
eet 'n blaar
dis blerrie waar
raar maar waar
die hond is nou naar
hy raak ook maer
want hy's gereëld naar
dis blerrie waar
raar maar waar
Ek neem nie krediet hiervoor nie, ek het dit net gemodifiseer, net omdat ek
nie kan onthou hoe dit gaan. Goed? Goed!
- Foopie
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
"Lied van die Lente" deur Anna-Marie CONRADIE
Di., 14 April 1998 00:00
LIED VAN DIE LENTE
Anna-Marie Conradie
Ek wou jou al vertel het:
die lente het sy intrek
in my pophuisklein tuintjie kom neem
die spinnekop (getroue ekowerker)
speel osoonlaagvriendelik insekdoder.
Ek wou jou al vertel het,
maar my verkluimde winterhart hou my
nog in diep oorwintering;
my breindendriete gestol tot yskristal
lê nog vergete op Pluto.
Ek wou jou al gevra het:
speel vir my die klaviersonates van Mozart;
die allegro's sal die winterys smelt
kabbelend laat vloei in andanteriviere -
onbevange bevry uit die winterkokon met rondodanse.
Speel tog vir my Mozart
dat die Namakwalandgeel
weer oordadig wulps
in my hart oopkelk en blom.
Prosa & poësie |
1 kommentaar
Re: STILTE ?!?
Di., 14 April 1998 00:00
Mens kan hier lang dinge skryf, as jy wou ...
Sy's nie 'n legende nie - sy bestaan werklik. Sy is 'n verbitterde ou
tannie wat dertig jaar gelede iewers in 'n hool in Kanada gaan bly het, pro
swart is, nie meer weet wat in SA aangaan nie, mense lelike name noem,
sukkel om positief te wees in wat sy skryf, nie mooi om haar kan raaksien
nie en almal om haar in boksies probeer plaas. Om jammer te kry. Sy plaas
darem mooi gedigte op hierdie NG.
So nou en dan is dit lekker om op haar plasings te antwoord en hulle
uitmekaar te trek - sy kon nog nooit 'n redenasie sinvol antwoord nie -
sodra jy haar vastrap op 'n redenasie, val sy die persoon aan en vermy die
issue geheel en al.
G Fourie, gooi 'n klip i die bos dan kyk jy of sy reageer.
--
Net Nico ...
G. Fourie wrote in article
...
| Wie is Gloudina?
|
|
| Nico wrote in message ...
| >Waarom so stil daar in Afrika?
| >Julle gee Gloudina niks om oor te kala nie - netnou verroes sy ....
| >
| >--
| >Net Nico ...
| >
|
|
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar