Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Reka wil Afrikaans leer

Vr., 01 Mei 1998 00:00

"Kobus Pietersen" writes:

. Afrikaans leer. (kan die huidige NG nie beter gebruik word vir mense =
> wat die taal wil leer nie. ek sien daar is heelwat navraag. Dit kan dan =
> later weereens as motivering vir 'n s.c.a gebruik word, aangesien dit =
> dan oor die taal gaan.

Kobus, ek dink jy sê nou 'n baie goeie
ding. Ek stel voor dat ons die nuusgroep
baie meer aktief gebruik om Afrikaans vir
beginners nuttig te maak.

Gloudina

Vir Reka (vertaling van moeilike woorde)

moeilik= difficult
voorstel=propose
nuttig maak= useful

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

Afrikaanssprekers

Vr., 01 Mei 1998 00:00

Ek soek na inligting omtrent die Buyse van Noordelike Provinsie,
Rehobothbasters en Griekwas omtrent hulle siening oor Afrikaans Gert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Prys

Vr., 01 Mei 1998 00:00

SizweBanzi heeft geschreven in bericht
...
> Die doel van hierdie emosionele
> deel en realiteit (net soos met die waarheidskommissie) het dit altyd basies
> ten doel gehad dat die storie jou beweeg om aandagtig in jouself te tuur,
> liewer as in jou beursie. Jy het dit heeltemal agterstevoor.

Die "prys" wat hier ge-eis word is, inderdaad, in die eerste plek nie geld
nie. In daardie opig het jy dit reg, "Sizwe".

Die prys is nog veel duurder as dit. Dit is stilte.

Jy en Gloudina (jou blue rinse brommer) het al herhaaldelik hier met groot
geskal ge-eis dat Afrikaners moet stilbly. Gloudina het, inderdaad, dit as
haar hooffunksie uitgespel om Afrikaners die swye op te lê. Soms het julle
ander kategorieë mense bygevoeg - Nazis, fasciste, apartheidsvarke, ens.

Hoofsaaklik kategorieë wat julle self geskep het. Wat julle dan as wapen
gebruik om ander te etiketteer en die smoel te snoer.

Soos jy self aangetoon het, "Sizwe", was die gedwonge swye van die vorige
bedeling waarskynlik die mees onderdrukkende aspek daarvan. Wat jy miskien
nie besef nie, is die mate waartoe Afrikaners onder dieselfde dwang gestaan
het.

Nee, "Sizwe". Jy stal jou wonde inderdaad uit. Nie as egte en bloot opregte
kommunikase van 'n outentieke ervaring nie, maar, net soos die bedelaar in
die Hagia Sofia, as handelsmiddel in 'n magstryd. En die prys wat jy vra vir
"rekonsiliasie" is inderdaad nie in die eerste plek geld nie (dit ook), maar
'n veel hoër een.

Jy en die brommers eis swye.

Dit is ook wat Magic Madiba eis as hy protesteer dat die opposisie nie
"lojaal" is aan sy "demokraties verkose" regering nie.

Dit is wat die ANC eis met die kwotas in sy nuwe arbeidswetgewing. By monde
van sy minister van arbeid verduidelik hy die sosiale effek van die
wetgewing: Die redaksie van die Sunday Times sal verander - en die
redaksionele kommentaar van die Sunday Times sal verander.

Dit is een van die redes waarom Radio Pretoria reeds 'n sattelietkanaal
bedryf - vir die dag wanneer sy uitsaailisensie weggeneem word. Miskien ook
vir die dag wanneer hy uit die buiteland moet werk omdat sy organisasie nie
voldoen aan die kwotas wat gestel word deur die plaaslike arbeidswetgewing
nie.

Selfs vir "rekonsiliasie" is daardie prys te hoog, "Sizwe". Vir albei van
ons. Ek sal daarsonder gaan.

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Re: Die Prys

Vr., 01 Mei 1998 00:00

"Leendert van Oostrum" writes:

> Jy en Gloudina (jou blue rinse brommer) het al herhaaldelik hier met groot
> geskal ge-eis dat Afrikaners moet stilbly. Gloudina het, inderdaad, dit as
> haar hooffunksie uitgespel om Afrikaners die swye op te lê.

Jy lieg, Leendert. Jy lieg. En niemand
behalwe jyself glo jou leuens nie. As
ek 'n agenda het, is dit om te praat
as Afrikaner en as teenwig te dien teen
die gif wat jy versprei in die naam
van die Afrikaner. Daar is ander
Afrikaners wat soos ek voel binne en
buite SA,

> Soos jy self aangetoon het, "Sizwe", was die gedwonge swye van die vorige
> bedeling waarskynlik die mees onderdrukkende aspek daarvan. Wat jy miskien
> nie besef nie, is die mate waartoe Afrikaners onder dieselfde dwang gestaan
> het.

Siestog. Nou begin jy jou ook skaar
by daardie mense wat Apartheid
benadeel het. Hoekom skryf jy nie
daaroor nie - hoe die Afrikaners
stilgebly het. Dit sal nuttig wees.

>
> Nee, "Sizwe". Jy stal jou wonde inderdaad uit. Nie as egte en bloot opregte
> kommunikase van 'n outentieke ervaring nie, maar, net soos die bedelaar in
> die Hagia Sofia, as handelsmiddel in 'n magstryd. En die prys wat jy vra vir
> "rekonsiliasie" is inderdaad nie in die eerste plek geld nie (dit ook), maar
> 'n veel hoër een.
>
> Jy en die brommers eis swye.

Nee, Leendert, ons eis eerlikheid en
ons eis dat jy en jou trawante sal
ophou om vir ons te sê ons is sleg.
Wie het julle in alle geval nou nodig?

> Dit is een van die redes waarom Radio Pretoria reeds 'n sattelietkanaal
> bedryf - vir die dag wanneer sy uitsaailisensie weggeneem word. Miskien ook
> vir die dag wanneer hy uit die buiteland moet werk omdat sy organisasie nie
> voldoen aan die kwotas wat gestel word deur die plaaslike arbeidswetgewing
> nie.

Ha, hier steek die ware Jakob se kop
uit. Radio Pretoria bereid om uit die
buiteland te werk? En dis jy, Leendert,
wat nou die dag gesê het dat die AWB-
mense so maklik emigreer, omdat dit vir
hulle nie in die eerste plek oor taal
en kultuur gaan nie. Leendert, dis
nou vir my duidelik, baie duidelik
waaroor dit gaan. 'n Geveg vir mag,
van verlore mag. Jy is ook maar een
van hulle. Nie 'n goeie nederige
Afrikaner nie - maar een van hulle.
Sies.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Radio Hoogland

Sa., 28 Augustus 1999 00:00

Ek kry nie meer reg om met Radio Hoogland te konnekteer hier op die
internet nie - weet iemand of hulle nog uitsaai?
...so met my tong in die kies - dan kan die ou suurpruime nie so baie moan nie!

=|:^)

Johan

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Afrikaanse mp3's

Vr., 01 Mei 1998 00:00

Hi
Ek is op soek na Afrikaanse mp3's - Laurika, Johannes Kerkorrel, Anton
Goosen ens.
Enige iemand `n idee waar `n mens dit kan opspoor ?

Laat weet my asseblief

Thanks
Piet H

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

De Kat opname: Waar is Afrikaners se koppe vandag: Help asb

Vr., 01 Mei 1998 00:00

Hallo Almal
De Kat (tydskrif) is besig met 'n opname om 'n idee te vorm van hoe
Afrikaners vandag voel oor waar hulle hul as 'n groep bevind. Ons het
'n vraelys van 12 - sommige verg 'n Ja of 'n Nee, andere nie veel meer
as 'n paragraaf nie. Ons sal spoedige terugvoer werklik waardeer!
Anonimiteit sal beskerm word, lug dus na hartelus 'n mening.

1. Wie kan namens Afrikaners praat? (Watter party ondersteun jy? Is
daar 'n leier wat jy bewonder?)
2. Wat is jou persepsie van Afrikaners?
3. Wat bekommer jou nou oor SA?
4. Wat stem jou opgewonde oor SA?
5. Sal jy ry of bly?
6. Watter rol wil jy in SA speel?
7. Het jy vriende onder mense van alle rasse?
8. Hoe voel jy as Afrikaner oor jou verlede, hede en toekoms?
9. Het jou uitkyk oor Mandela en die nuwe bedeling baie verander die
afgelope vier jaar en hoe voel jy oor Thabo Mbeki?
10. Dink jy Afrikaans moet beskerm word?
11. Noem jy jouself 'n Afrikaner? (toenemend 'n issue)
12. Wie sluit jy in en wie sluit jy uit by die begrip Afrikaner?

Dis die lot, antwoord asb en email terug, of email aan De Kat by:
de...@pentapub.co.za

Baie dankie!
Joan en Elsa

Boeke, tydskrifte & koerante | 1 kommentaar

Dis nou tyd dat ek leer....

Vr., 01 Mei 1998 00:00

| Ek speel en spot net. Dis geen probleem. Ek hou daarvan om
| te kyk na die waarheid agter die 'handle'. Hoekom wil jy jouself
| a...@def.com noem?
|
| Errol
|
Jy't my kop goed plat gehad! Maar kom ek sê groot dankie vir die "Proses"
- ek leer baie.

Ek gebruik IE as my nuusleser, maar ek dink as ek hier klaar gelees her
gaan ek iets aflaai soos Agent om die NG mee te lees. Want sien, ek weet
nie waar die a...@def.com vandaan kom nie. Ek het niks parameters gestel
hier op IE nie - ek gebruik Pegasus om te e-mail en Netscape vir die web.

My regte e-mail adres is jnpj...@bigfoot.com

Jy sien - hier sien ek nou net weer bo-aan die boodskap dat hierdie plasing
sommer na 'n hele boel NG'e wil gaan en ek moet delete voor ek pos.

Nou neem ek aan elke nuusleser het 'n ander setup, maar ek sien nie hier in
IE waar jy al die agtergrond van die plaser sien nie. Al wat ek kan sien,
is die sender se e-mail adres as jy sê jy wil reply en die plasing word
gekwoteer. Waar sien jy die plaser se adres?

En waar stel jy dit dat jou eie reg wys op jou eie plasings? Ek sien
nerens options of preferences nie.

Watter programme gebruik al julle ander ous om die NG te lees??

Nico Potgieter

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Sondag van 'n Kind" deur D.J. OPPERMAN (vir Reka)

Vr., 01 Mei 1998 00:00

SONDAG VAN 'N KIND
D. J. Opperman

My vader, moeder, broer en ek
het rape uit die land getrek,

hulle in die spruitjie skoon gewas
en saam gaan eet op klawergras.

Later toe ons by 'n waenhuis kom
was al die bure saamgedrom,

en by die een vervalle hoek
lees iemand vir ons uit 'n boek.

Klip na klip word van die muur gerol
tot by 'n lam met raapwit wol.

---
Vir Reka: vertalings van moeilike woorde
vertaal: translate
moeilik: difficult
sondag: Sunday maandag, dinsdag, woensdag
donderdag, vrydag, saterdag
raap/rape: turnip/turnips
uitgetrek: pulled out
skoongewas: washed clean
spruit/spruite/spruitjie: small stream, tributary
saam gaan eet: ate together
klawergras: clover
waenhuis: cart-shed, waggon-house
bure: neighbours
saamgedrom: standing very close together
hoek: corner
vervalle: dilapidated
iemand: somebody
klip: stone
van die muur gerol: the stones are removed from
the wall
lam:lamb
raapwit: as white as a turnip

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die ontstaan van die Afrikaanse nuusgroep.

Vr., 01 Mei 1998 00:00

"Leendert van Oostrum" writes: >

Die stigtingsakte van 'n nuusgroep is een van hulle. Ek was deel
> van die proses waardeur hierdie nuusgroep tot stand gebring is - met 'n
> stigtingsakte wat by wyse van demokratiese stemming goedgekeur is.
>
> Die eerste maal is die stigting van die nuusgroep afgekeur. Groot getalle
> mense met die soort houdings wat Gloudina en Sizwe openbaar - "Afrikaners
> moet stilbly" het uit soc.culture.africa en elders opgeruk en die stigting
> van die nuusgroep afgestem.

Leendert, dis sulke soort geskryf soos
hierdie wat 'n mens siek vir jou maak.
As jy nog die oorspronklike lys van
stemme (voor of teen) het vir die
Afrikaanse nuusgroep, sal jy my man
en my stemme daar sien. Nou praat jy
asof jy nou so 'n groot aandeel gehad
het in die stigting van die nuusgroep.
Die persoon, sover ek dit kan onthou,
wat die grondwerk gedoen het, was 'n
man met die naam Robert Wagenaar (as
ek dit reg onthou) van 'n Universiteit
in Nederland. En sover ek kan onthou,
was daar nie groot getalle mense wat
daarteen gestem het nie.
Ek hoop dat mense soos Sizwe aan sal
hou om hierdie nuusgroep te gebruik. Dis
in die eerste plek vir sprekers van
Afrikaans, en nie vir Afrikaners nie.
Ek moet vir Sizwe komplimenteer op sy
goeie Afrikaans, wat hy blykbaar in
stand hou ten spyte van die feit dat
hy nie meer in Suid-Afrika bly nie.
Moenie dat mense soos Leendert vir jou
af van die nuusgroep terroriseer nie.
Onthou, ons veg die Derde Vryheidsoorlog.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1410  1411  1412  1413  1414  1415  1416  1417  1418  1419  1420  1421  1422  1423  1424  1425    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 21:59:44 UTC 2026