Hiermee een van my weeklikse beriggies uit die koerante (Beeld, 4/5/98):
"Dit gaan harde werk kos om Afrikaners se koppe gedraai te kry tot die besef
dat hul heil as Afrikanervolk juis daarin lê om aktief met swart mense
kontak te hê", het prof. Tom Dreyer van Stellenbosch, nasionale hoofleier
van die Voortrekkers, op die afsluitingsdinee van dié jeugbeweging se eerste
nasionale kongres vir verkenners gesê.
"Die meeste Afrikaners onttrek hulle aan die nuwe SA. Party Afrikaners, ek
dink die meeste, kyk en lees nie meer nuus nie, want hulle onttrek hulle
heeltemal, en konsentreer net daarop om geld te maak en goed te kan leef.
"Sommige emigreer, wat natuurlik beteken dat hulle Afrikaans prysgee. Ander
verlekker hulle in die swak regering van die ANC met 'n houding van 'ek het
jou mos gesê' .
"Die een ding wat die laaste maande vir my duidelik geword het, is dat die
groep Afrikaners tussen 30 en 45 jaar, met enkele uitsonderings, weinig sal
help, want hulle is produkte van die ou stelsel van bevoorregting. Daarom
sukkel hulle om aan te pas, en onttrek hulle nou eerder.
"Dit is die Afrikaner jonger as 30 wat gaan beslis wat vorentoe met die
Afrikaner gaan gebeur. Hulle moet die regte rigting inslaan."
Hierop het die jongmense as volg geantwoord:
"Ons is positief oor SA se toekoms en ons eie toekoms in dié land, moeg
daarvoor dat grootmense ons voortdurend met negatiwiteit bombardeer, sat
daarvan om die hele tyd vir apartheid se foute geblameer te word."
Stof tot nadenke.
(Laat die skote maar klap, maar probeer die boodskapper mis!)
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
"Henri Burger" writes: >
Hiermee een van my weeklikse beriggies uit die koerante (Beeld, 4/5/98):
>
> "Dit gaan harde werk kos om Afrikaners se koppe gedraai te kry tot die besef
> dat hul heil as Afrikanervolk juis daarin lê om aktief met swart mense
> kontak te hê", het prof. Tom Dreyer van Stellenbosch, nasionale hoofleier
> van die Voortrekkers, op die afsluitingsdinee van dié jeugbeweging se eerste
> nasionale kongres vir verkenners gesê.
>
> "Die meeste Afrikaners onttrek hulle aan die nuwe SA. Party Afrikaners, ek
> dink die meeste, kyk en lees nie meer nuus nie, want hulle onttrek hulle
> heeltemal, en konsentreer net daarop om geld te maak en goed te kan leef.
>
> "Sommige emigreer, wat natuurlik beteken dat hulle Afrikaans prysgee. Ander
> verlekker hulle in die swak regering van die ANC met 'n houding van 'ek het
> jou mos gesê' .
>
> "Die een ding wat die laaste maande vir my duidelik geword het, is dat die
> groep Afrikaners tussen 30 en 45 jaar, met enkele uitsonderings, weinig sal
> help, want hulle is produkte van die ou stelsel van bevoorregting. Daarom
> sukkel hulle om aan te pas, en onttrek hulle nou eerder.
>
> "Dit is die Afrikaner jonger as 30 wat gaan beslis wat vorentoe met die
> Afrikaner gaan gebeur. Hulle moet die regte rigting inslaan."
>
>
> Hierop het die jongmense as volg geantwoord:
>
> "Ons is positief oor SA se toekoms en ons eie toekoms in dié land, moeg
> daarvoor dat grootmense ons voortdurend met negatiwiteit bombardeer, sat
> daarvan om die hele tyd vir apartheid se foute geblameer te word."
>
>
> Stof tot nadenke.
>
> (Laat die skote maar klap, maar probeer die boodskapper mis!)
>
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
Wel my vriend Henri, sal jy nou
asseblief vir Professor Tom Dreyer
my innige gelukwensing oordra. Ek
glo ons luister na een van die
leiers van die Boerestaat wat
besig is om tot stand te kom as
gevolg van die Derde Vryheidsoorlog.
Kobus Pietersen wrote in message ...
Worsie Visser het vanmiddag verongeluk met 'n vliegtuig by Saldahabaai.
Hy was alleen in die vliegtuig.
Ek dink dit is 'n groot verlies vir Afrikaanse Musiek.
Wel ter ruste , Worsie.
Kobus
Almal sal nie noodwendig met jou saamstem nie, Kobus, maar dit bly 'n tragedie. Ons wou hom kry vir ons skoudans die jaar, maar hy moes blykbaar 'n operasie aan sy stembande kry...
"Boesmanland, vat my hand,
lei my oor die rant se kant.
Kan jy vir my sê
waar die Boesmanland lê?"
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Ek het in 1980 by TCL (Tsumeb Corporation Ltd) begin werk as 'n leerling
Ingenieurstekenaar. Daardie stadium het TCL aan die Amerikaanse myngroep,
byname Neumont, behoort. Die Algemene bestuurder was ene meneer Brian
Woolfe.
Die TCL groep, met hoofkantoor in Tsumeb, het bestaan uit Tsumeb De Wet
Skag, Tsumeb Smelterye, Kombat myn (90km weg, tussen Otavi en Grootfontein)
asook Matchless myn naby Daan Viljoen, Windhoek. TCL het daai tyd omtrent
7000 werknemers gehad. Koperpryse was goed en uitstekende salarisse is
betaal. TCL het 'n klomp plase rondom Tsumeb besit waarop beeste, 'n melkery
asook groente verbou is om die dorp en hostels te voorsien. Ons het
gesubsidieerde melkkoeponne by Hoofkantoor gekoop en die melk by Mole-Mole
Depot gaan afhaal. Die Van Riebeeck Teater het elke aand 'n film vertoning
gehad en die Ontspanningsklub het puik kos voorsien teen uitmuntende pryse.
(mevrou Gerti Müller). Die hele dorp het basies aan TCL behoort. Die
pragtige Minen hotel, die hospitaal, die watervoorsiening vanuit De Wet
skag, die vliegveld, golfbaan, sekere besigheidsgeboue ens. het aan TCL
behoort.
Ek is na 18 jaar nog steeds 'n TCL wernemer. Baie dinge het verander oor 18
jaar. Matchless myn het gesluit en is met die grond gelyk gemaak.
Otjihasemyn, naby Windhoek, is 70% vanaf JCI gekoop.
Die Tsumeb No2 Koperoond is gebou om Otjihase erts te smelt.
'n Staking in 1987 het TCL vir 'n paar weke lamgelê.
Gold Field Suid Afrika het TCL by Neumont gekoop en onse oom Bob Meiring is
vervang met 'n GFSA Algemene Bestuurder.
Die TCL beeste en plase is verkoop.
Die Minen is verkoop.
Die koperprys het begin daal.
Koste van arbeid, elektrisiteit, vervoer en onderdele het verhoog.
Die grensoorlog het gekom en gegaan. Die Namibiese politiek het verander.
De Wet Skag is uitgemyn en moes toemaak.
Kombatmyn het 'n wateraar raakgeboor en die myn het oornag tot in die bek
versuip. Sewe mynwerkers is vir 'n jaar lank in die watergraf vasgevang. Na
meer as 'n jaar en miljoene doller later is die skeur geseël, die myn
ontwater en was Kombat weer in produksie.
Die mynwerkersunie het gegroei en dikstem gekry. 'n 12 Weke staking in 1996
het die produksie tot stilstand gedwing, die Smelters laat vasvries en
miljoene se skades veroorsaak.
Die 'nuwe tegnologie' kapitaal bestedings, soos die multi-miljoen doller
Ausmelt en Uitskotdam herwinning het nie heeltemal op die been gekom nie en
die koperprys het verder geval. Daar was nog 2000 wernemers by TCL.
Om 16:45, 15 April het ons op Otjihase myn 'n fax ontvang van Hoofkantoor.
Daar was 'n aansoek om likwidasie. Alle bates en fondse is met onmiddelke
effek gevries. Ontruim en gaan orderlik huistoe!
20:00 was al die produksiemasjiene ordelik bo-grond geparkeer, die meulens
afgeskakel en die wernemers onder die groot boom bymekaar om vir Jowells se
buste te wag.
Die hof het die aansoek om likwidasie tydelik goedgekeer tot 29 Mei, wanneer
teenargumente aangehoor sal word, vanaf die Namibiese Regering en
Werkersunie.
Tot dan toe wag ons. Miskien word 'n 'pakket' uitbetaal. Miskien gebeur 'n
wonderwerk en 'n ander mynreus sien die potensiaal raak en koop. Miskien is
almal terug in hul werk oor 'n paar weke en dink terug en sê: Sjoe, weereens
'n noue ontkoming! Tyd sal leer.
Ek het net om te probeer www.afrikaans.com in my browser getik? en dan 'n
waardevolle site in en oor afrikaans ontdek:
Ek het 'n paar uurtjies gelees en dis net 'n klein gedeelte van hierdie
artikels!
Met excuses voor mijn Nederlands:
Een aantal positieve artikelen die ik las: over M-NET, dat commercieel is,
maar toch een behoorlijke ruimte reserveert voor Afrikaans, zelfs meer dan
in het verleden, en dat geld steekt in allerhande Afrikaanstalige
activiteiten, dat Afrikaanstalige radio beter beluistert wordt dan een
aantal jaren terug, dat die Burger meer dan twee keer zoveel koeranten
verkoopt in de Oost-Kaap dan twee jaar geleden, dat er binnenkort een nieuw
commercieel satelliet-tv kanaal komt dan zuiver in het Afrikaans uitzendt,
'n sitaat van Herman Binge, een afrikaanstalige televisieprodusent:
'Wees positief. Doen iets vir Afrikaans deur die taal op verskeie gebiede te
ondersteun. Moenie net boos en daadloos bly sit nie. '
> Ek het 'n paar uurtjies gelees en dis net 'n klein gedeelte van hierdie
> artikels!
>
> Met excuses voor mijn Nederlands:
>
> Een aantal positieve artikelen die ik las: over M-NET, dat commercieel is,
> maar toch een behoorlijke ruimte reserveert voor Afrikaans, zelfs meer dan
> in het verleden, en dat geld steekt in allerhande Afrikaanstalige
> activiteiten, dat Afrikaanstalige radio beter beluistert wordt dan een
> aantal jaren terug, dat die Burger meer dan twee keer zoveel koeranten
> verkoopt in de Oost-Kaap dan twee jaar geleden, dat er binnenkort een nieuw
> commercieel satelliet-tv kanaal komt dan zuiver in het Afrikaans uitzendt,
Robert,
Ek dink dit is nodig dat bg. vir jou in perspektief geplaas word. Ek doen
dit soos ek dit sien, ander mag van my verskil.
Alles wat jy bo noem kan terug gevoer word na 'n miskenning van Afrikaans
deur die staatsuitsaaier, SABC (voorheen ook bekend as SAUK). Baie
Afrikaanssprekendes val terug op media wat hul taal praat, dus Afrikaanse
radio (wat homself nie so mag noem nie, omdat enige verwysing na etnisiteit
deur die Uitsaaiowerheid verbied word), Afrikaanse koerante, ens. Wat MNet
betref, is 'n beduidende deel van die betaalkanaal se intekenaars
Afrikaanssprekend, en is hulle moreel verplig om na hulle om te sien. Hulle
besit ook die tegniese vermoeë om 2 klankkanale te dra, wat bv.
sportuitsendings in Afrikaans moontlik maak. SABC dra nie meer
sportuitsendings in Afrikaans nie.
Ek praat onder korreksie, maar sover my kennis strek is die beoogde
Afrikaanse satellietkanaal van die baan. Die een wat SABC beoog het, in elk
geval. In my opinie was hy in elk geval doodgebore - hoe kan jy van mense
wat jy direk beledig het, verwag om te betaal vir 'n nuwe produk wat jy wil
skep?
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
From:
Subject: Die ontstaan van die Afrikaanse nuusgroep.
Date: 01 May 1998 00:00:00 GMT
Message-ID:
Organization: IGS - Information Gateway Services
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
> Die stigtingsakte van 'n nuusgroep is een van hulle. Ek was deel
>> van die proses waardeur hierdie nuusgroep tot stand gebring is - met 'n
>> stigtingsakte wat by wyse van demokratiese stemming goedgekeur is.
>>
>> Die eerste maal is die stigting van die nuusgroep afgekeur. Groot getalle
>> mense met die soort houdings wat Gloudina en Sizwe openbaar - "Afrikaners
>> moet stilbly" het uit soc.culture.africa en elders opgeruk en die stigting
>> van die nuusgroep afgestem.
>
>
> Leendert, dis sulke soort geskryf soos
> hierdie wat 'n mens siek vir jou maak. Presies wat maak jou siek, Gloudina?
> As jy nog die oorspronklike lys van
> stemme (voor of teen) het vir die
> Afrikaanse nuusgroep, sal jy my man
> en my stemme daar sien.
Bully for you, love!
> Nou praat jy
> asof jy nou so 'n groot aandeel gehad
> het in die stigting van die nuusgroep.
Waar het ek beweer dat ek 'n "groot aandeel" daarin gehad het? (Ek het wel
groot kubergevegte gevoer met ene Femi Oguacha - 'n Nigeriër woonagtig in
Nederland. Hy het ook die soort boeke gelees wat "sizwe" hier aanhaal. Hy
het egter nie die verstand gehad om te besef dat mens nie kan bekostig om
dit onder jou eie naam aan te haal asof jy dit glo nie.)
> Die persoon, sover ek dit kan onthou,
> wat die grondwerk gedoen het, was 'n
> man met die naam Robert Wagenaar (as
> ek dit reg onthou) van 'n Universiteit
> in Nederland.
Korrek. Leiden. Hy en At de Lange en Inus Scheepers van Stellenbosch het
soc.culture.afrikaans voorgestel. Dit het tot een van die giftigste
vlamoorloë gelei wat ooit gevoer is en dit het gewoed in soc.culture.africa,
soc.culture.south-africa, soc.culture.belgium, soc.culture.netherlands,
za.politics, news.newsgroups en verskeie ander groepe.
> En sover ek kan onthou,
> was daar nie groot getalle mense wat
> daarteen gestem het nie.
Die stemmery vir soc.culture.afrikaans het een van die grootste getalle
stemmers tot in daardie stadium oor die stigting van enige nuusgroep
opgelewer. soc.culture.afrikaans is afgestem. Dit het beteken dat die groep
nie binne ses maande weer voorgestel kon word nie.
Robert en iemand anders (Inus, as ek reg onthou) het toe voortgegaan en
besluit om liewer dadelik soc.culture.south-africa.afrikaans voor te stel,
ten spyte van die potensiële nadele daarvan, eerder as om vir ses maande te
wag. Hierdie keer is die RFD minder prominent versprei en die stemmery het
glad verloop met relatief min teenstemme.
Dit lyk my dit is eers in hierdie stadium waar jy en jou man op die wa gekom
het.
> Ek hoop dat mense soos Sizwe aan sal
> hou om hierdie nuusgroep te gebruik.
Ek ook. Om die waarheid te sê, en soos ek tevore gesê het, ek hoop dat meer
mense soos die een agter die persona van "sizwe" sal deelneem.
> Dis
> in die eerste plek vir sprekers van
> Afrikaans, en nie vir Afrikaners nie.
Nee. Dit is vir enigeen, ongeag of hy/sy 'n spreker van Afrikaans is.
> Ek moet vir Sizwe komplimenteer op sy
> goeie Afrikaans, wat hy blykbaar in
> stand hou ten spyte van die feit dat
> hy nie meer in Suid-Afrika bly nie.
> Moenie dat mense soos Leendert vir jou
> af van die nuusgroep terroriseer nie.
Ek het geen begeerte om "sizwe" of enigeen ander van die nuusgroep te
"terroriseer" nie. Ek eis net dieselfde reg as wat hulle uitoefen - as hulle
dwang op my probeer toepas, moet hulle verwag dat ek sal terugdruk. As hulle
valse beelde van my voorhou, moet hulle verwag dat ek die valsheid sal
ontbloot.
> Onthou, ons veg die Derde Vryheidsoorlog.
Jong, mense wat al in oorloë was sal jou vertel oorlog is 'n baie vuil,
smerige en bloederige besigheid. Daar is min aan wat "edel" is.
Nou kakel jy lustig hier rond oor "oorlog" en "landmyne" en dies meer.
Maar hoe lyk dit my jy skrik as die kuberbloed begin vloei en as jy sien hoe
oorlog regtig lyk. Nou begin jy protesteer. Maar oorlog is altyd
vernietigenden in daardie opsig is dit ook erg morsig. Dit is nooit net die
kwaad wat vernietig word nie (selfs as dit suksesvol is). Daar word altyd
ook veel vernietig wat goed is.
Ek sien hoe baie wat goed is of kon wees vernietig word in hierdie "oorlog"
wat jy met
soveel luide ululasies aanblaas, Gloudina.