Nou wat doen die ou klomp snob ATKV tannies nou al weer?!? Moet ons
dan nou maar eerder praat van die Christelike ATKV (CATKV)?
Dis darem jammer dat dit Afrikaners is wat die saak van Afrikaans
soveel skade aandoen - sonder om te dink.
Ek dink een van julle moet vir ons hier 'n gediggie van "lament"
skryf.....
Is daar dan glad nie goeie nuus wat die media vir ons uit SA kan bring
nie? Miskien moet julle joernaliste bietjie by die Amerikaners kom
kersopsteek oor die insluiting van goeie nuus op televisie en in die
koerante. Hier is ook negatiewe nuus, maar baie min Daar is 'n baie
groter klem op die verspreiding van kennis en suiwer nuus.
Is nie meer so lekker om 'n papier koerant uit SA te sien nie....
Ek staan moontlik tereg gewys, maar as jy na Jeff se oorspronklike brief
gaan kyk sal jy sien dat daar geen verwysing was na 'n "Web Page" nie. In
elk geval nie op die weergawe wat op my skerm verskyn het nie.
Miskien loop die gemiddelde blanke Suid-Afikaner met 'n "chip" op die
skouer rond, maar ek het al so baie "WOLF-WOLF" gehoor dat dit al amper
lekker voel om hulle in eie munt terug te betaal.
If I was wrong I apologise Jeff, if not, stuff you still.
> Bysiende nerds wat heeldag voor hul ou skermpie sit
> en in hul gemaklike kantoorstoele se kussings in poep.
Jou bydraes is baie snaaks en ek geniet van jou woordkeuse, maar hierdie
bydrae is OFF TOPIC. dit behoort nie in hierdie draad nie. Terloops, jou
plasing was nogal lank. Het jy hierdie keer ook heeldag voor jou skermpie
gesit en in jou kussings "gepoep?"
As dit nie veur pgogrammeurs was nie, was daar 'n groot klomp werklose
ingenieurs. As daar geen programme geskryf word nie, word daar ook geen
rekenaars gekoop nie. As daar geen rekenaars word verkoop is daar geen behoefte
aan ingenieurs nie. Dis almal een geslote sirkel. Die een benodig die ander.
> Onrusstoker wrote in message ...
>
>> 'n Ingenieur moet hul altyd uit hul gemors kom red.
>> Want die ouens wat aan die einde van die dag moet sorg dat
>> rekenaars gebou word en programme iets DOEN, is die Ingenieurs.
>>
>> Vriendelike groete, my Liewe vriende...
>>
>
> Mmmmm........ek dink ou moeilikheidmaker het miskien 'n punt hier beet......
> If you receive an email titled "WIN A HOLIDAY" DO NOT open it. It will erase everything on your hard >drive. Forward this letter out to as many people as you can. This is a new, very malicious virus and >not many people know about it. This information was announced yesterday morning from Microsoft; >please share it with everyone that might access the internet. Once again, pass this along to everyone >in your address book so that this may be stopped. Helpdesk.
Ek het die boodskap vanoggend gekry. Pasop daarvoor.
--
Groete
CPS
> Please Note:
>
>> If you receive an email titled "WIN A HOLIDAY" DO NOT open it. It
> will erase everything on your hard >drive.
Bog, bog en nog meer KAK!!!
Hierdie paniekstorie en nog derduisende andere het nou al een hele paar
keer om die wereldbol gefladder soos 'n dronk mot.
jy KANNIE 'n virus met teks saamstuur nie. Dit moet 'n attachment wees
met die verlenging van .EXE of .COM of .BAT en selfs 'n .BAT bestand
moet weer andere bestande he om te kan werk.
Kyk ook hier en leer, asseblief voor jy paniek stories verder stuur. http://www.kumite.com/myths/
Jy sal sien dat jou "win a holiday" spookstorie baie populer is, dit
staan op die tweede plek...
Die enigste masjien wat miskien geinfekteer mag word of glo al is is
daaidie gifbak in Kanada. Daai virus het klaarblykelik ook sy bediener
reeds siek gemaak... :)
Het iemand al ooit probeer om dmv die internet banksake te doen?
Hier is my ondervindings van die groot bank groepe.
In die algemeen is "internet banking" maar net 'n "rumor". Dit werk nie
regtig nie. Indien jy niks meer wil doen as om jou te saldo sien en, indien
jy gelukkig is om 2 rekeninge gekoppel te kry vir wedersydse oorplasings,
moenie jou tyd mors nie.
Nedbank: Redelik eenvoudig om in te kom en maklik verstaanbaar. Moenie
verder wonderwerke vervag nie.
ABSA: Baie maklik om in te kom en dit is waar dit eindig. Moenie enige
diens of iets anders verlang of verwag nie. Dit bestaan nie!
Standard: Na hope rondslomp en sukkel kan jy inkom (gereeld vorms invul
by die tak, iemand in die tak kry wat iets weet van internet en nie dink dit
is een of ander ruimte speletjie nie, navrae, ens). Dit is ook waar dit
eindig.
ENB: Moenie eers moeite doen nie. Bogenoemde banke het al die fasiliteit
om ie4 en netscape se security features te gebruik. Ek wonder of iemand in
ENB al van ie4 of netscape gehoor het? Na addisionele programme wat
gedownload moet word, hope administrasie, ontelbare oproepe (gelukkig
tolvry, ek wil nie weet wat is hul tel. rekening nie), sê die dame aan die
anderkant vir jou - jammer ons kan nie die rekening koppel nie!
Indien daar iemand van een of ander bank is wat die email lees, probeer asb
aan jou baas verduidelik dat ons in die rekenaar eeu leef.
Hier is 'n paar punte wat ek graag van internet bank sal verwag:
1. Signup - ek het moes 'n kaart no. en 'n pin no. Hoekom al die ander
rondslomp.
2. Signup(2) - ek wil nie nog programme download nie! My hardeskyf is vol
genoeg soos dit is. Gebruik asb die tegnologie wat reeds beskikbaar is.
3. Ek wil nie in die tak gaan staan en rondsoek vir vorms en aan julle
onkundige personeel probeer verduidelik wat ek wil doen nie.
4. Ek wil nooit in die tak kom nie! Ek het 'n kredietkaart om te gebruik
vir betalings en sal dus baie goed oor die weg kan kom sonder 'n tak met
lang rye en onkundige personeel.
5. Oorplasings - ek sal graag die persone aan wie ek oorplasings wil maak
wil skep, en die oorplasings doen.
Ek is seker dat dit voor die handliggend is hoeveel voordele daar vir 'n
bank is om sulke dienste te skep.
1. Dit is baie goedkoper om een rekenaar en 2 operateurs in diens te hê
as honderde personeel wat swak diens gee.
2. Dit is goedkoper om een kantoor vir die rekenaar en sy twee operateurs
te huur as honderde kantore vir takke en admin personeel wat 'n papier
oorlog voer.
Indien daar net een bank is wat sy diens verbeter na aanleiding van die
email sal ek in my doel geslaag het.
Ek sal grrag wil hoor of daar ander mense is wat ook dieselfe van probleme
ondervind.
>>> Dear Volk of South Africa,
>>>
>>> How are things in the "new" South Africa? Blah Blah Blah..............
>>> We want to hear from you. Please write to .
>>>
>>> South Africa can do without more of this kind of self-serving
> journalism.
>>
>> --------------------------------------------
>>
>> Julle is net te veel agter soet stories aan, julle joernaliste....
> kyk maar net hoe kak het julle prinses di behandel.
> jou selfsugtige arogante vark.
> piss off and don't come here in search of your ticket to riches.
> you prochifantistator.
Wat se goed is dit? prochifantistator?
Anyway, dis nou genoeg! Niemand van julle het die moeite geneem om naar die
vent se website te gaan en sy artikels te lees. Dis n' Christelike groep wat
die wwarheid baie meer benader dan enige van die Suid Afrikaanse koerante (met
miskien die Burger uitgesonderd)
Hier is die URL met die artikel oor Suid Afrika. As jy klaar is mag jy dalk
'n toontjie laer sing.
Selfs De Standaard erken dat Hollanders hul pedantiese neigings koester as
persoonlikheidstrek.
Maar waaragtig, hierdie Arno vat die koek!
Groete, Leendert
arno Vdh heeft geschreven in bericht ...
> Beste nieuwsgroep mensen
> ik ben een nederlander en zag een BBC reportage op de tv over die moord en
> wat mij verbaasde was de reaktie van de blanken it is just a shooting
> accident
> Kijk geen een mens heeft het recht een ander te vermoorden, wij zijn
> allemaal creaties van dezelfde god, dus ik veroordeel niemand en probeer ook
> niet rassistiesch te zijn en ik weet dat wij in nederlnad dezelfde problemen
> met de marokkanen hebben maar moorden mag en kan niet.
> ook de blanken mogen niet vermoord worden.
> Maar het lijkt mij na jarenlange onderdrukking van een ras dat er veel haat
> is ontstaan bij de zwarten jegens blanken dus ook tegen mij!
> Het eneige wat ik hoop en waar ik voor bid is vrede en gelijkheid van mensen
> God heeft ons gemaakt en dat moeten we respecteren, niemand is meer dan een
> ander
> en ook ik als nederlander veroordeel geen enkele afrikaan, blank of zwart,
> maar moorden moet niet meer.
> En ik weet dat 1 afrikaan niet alle blanken kan vertegenwoordigen
> Ik hoop alleen dat er discussie komt om de weg van de vrede in te slaan en
> niet van de haat
> Het spijt mij als jullie mij verkeerd hebben verstaan of je ergert aan mijn
> opmerking, maar leifde en respect is de menselijke drijfveer en niet haat en
> moord. volgens mij behoort die aan de duivel toe
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>> En van die dosyne mutimoorde wat jaarliks op babas uitgevoer word om
>> spesiale sterk medisyne te maak (soos "Lynne" meer grafies beskryf het) wil
>> jy ook nie kennis neem, nie waar nie?
>
> Ek neem ook kennis van die feit dat
> jy en jou mede-boeties
Foutjie, Gloudina. Ek het maar een boetie.
> die bestaan
> van sulke moorde vergroot en vir eie
> gewin probeer gebruik. Om wat te bewys?
Watter wins kan enigeen behalwe 'n sangoma uit sulke moorde kry, Gloudina?
Wat my meer interesseer, is dat jy, wat die tragiese dood van die baba
Angelina nie wil "toegooi" nie, klaarblyklik nie wil hoor van mutimoorde
nie.
> Dat jy en jou soort Afrikaner beter is?
> Dat witmense beter as swartmense is in
> SA?
Nee. Dit bewys bloot dat jy geesdriftig aan't sketter gaan wanneer 'n witte
die oorsaak is (ons weet nog nie of hy verantwoordelik was nie) van die dood
van 'n swart kind. Maar oor die dood van etlike swart kinders aan die hand
van swart tradisionele genesers, met die doel om wins te maak uit die
verkoop van hul liggaamsdele, mag niemand praat nie. As mens dit wel doen,
trap jy my uit vir 'n "boetie", wat die verskysel "vergroot" (vermoedelik
bedoel jy "oordryf") vir die een of ander vorm van "eie gewin" wat slegs in
jou hete verbeelding kan bestaan.
Dit, Gloudina, lyk vir my na dubbele standaarde - jy meet manslag aan die
hand van 'n witte met ander norme as manslag aan die hand van 'n swarte.
> Ek dink die apartheidsvarke
Jy skuld my nog etlike antwoorde oor die konsep "apartheid", Gloudina. Ek
sien uit na die antwoorde.
> moet
> nou ophou met hulle ou gesanik oor muti-
> moorde en die ingebore slegtheid van die
> nie-blanke
Dink jy mutimoorde is 'n ingebore neiging, Gloudina? Ek kan dit verstaan, in
die lig van jou beheptheid met die vermeende genetiese meerderwaardigheid
van party groepe.
Ek weer, dink nie dat dit 'n ingebore neiging is nie.
> en die feit in die gesig staar
> dat as julle nie wakker word en konstruktief
> Afrikaners probeer wees nie, julle sal
> agtergelaat word deur die geskiedenis.
My liewe Gloudina. Ek sal bepaal wat dit beteken vir my om "konstruktief
Afrikaner" te wees in my situasie en betrokke te wees met Afrika.
Jy, ou ding, is in geen posisie om te oordeel of vir my voor te skryf nie.
Om die waarheid te sê, ek dink jy matig jou aan in dieselfde mate as ene
"arno" wat uit Nederland hier sedelessies sit en oprisp.
> Ek sien jy identifiseer jou met Lynne.
> Goeie wense.
Jammer, ou dier. As ek verwys na iets wat Biko, Hitler of Pol Pot geskryf
het, beteken dit geensins dat ek my met Biko, Hitler of Pol Pot identifiseer
nie. Die behoort 'n hooggeleerde mens soos jy tog te weet?
Om die waarheid te sê, ek het al dikwels met goedkeuring verwys na dinge wat
_jy_ geskryf het!
> Daar is net een ding slegter
> as 'n Afrikaner-apartheidsvark. Dis 'n
> Engelse apartheidsvark.
Geeneen van die twee kan naastenby so dekadent wees as 'n pedantiese
Kanadese wysneus wat uit haar rasse-vooroordele vir Afrikaners wil voorsê
hoe om "konstruktief Afrikaners" te wees nie.
>>
>> Want sien, Gloudina. Jy pas verskillende norme toe op witvelle en
>> swartvelle, soos ek tevore al aangemerk het.
>
> Dis een van die mites wat jy probeer
> versprei, want as jy dit self nie glo
> nie, dan val al jou ou huis van kaarte
> inmekaar.
Nee, ek probeer dit nie versprei nie. Ek wys maar net dat die Kanadese
Keiserin geen klere dra nie.
Jammer as dit steur.
> Word wakker, Leendert. Ek veg
> hard vir die eer van die Afrikaner en
> hulle het meestal wit velle.
Ek vind dit uiters aanmatigend van jou om voor te gee dat jy enigsins
bekwaam is om te "veg vir die eer van die Afrikaner". Ten miste net so
aanmatigend as Eugene Terreblanche, wat soortgelyke pretensies het. Maar dit
is nie die eerste ooreenkoms tussen julle wat my opval nie, is dit?