Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Internet Bankdienste
Internet Bankdienste [boodskap #14609] Wo, 13 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
andr...  is tans af-lyn  andr...
Boodskappe: 62
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Volle Lid
Het iemand al ooit probeer om dmv die internet banksake te doen?

Hier is my ondervindings van die groot bank groepe.

In die algemeen is "internet banking" maar net 'n "rumor". Dit werk nie
regtig nie. Indien jy niks meer wil doen as om jou te saldo sien en, indien
jy gelukkig is om 2 rekeninge gekoppel te kry vir wedersydse oorplasings,
moenie jou tyd mors nie.

Nedbank: Redelik eenvoudig om in te kom en maklik verstaanbaar. Moenie
verder wonderwerke vervag nie.

ABSA: Baie maklik om in te kom en dit is waar dit eindig. Moenie enige
diens of iets anders verlang of verwag nie. Dit bestaan nie!

Standard: Na hope rondslomp en sukkel kan jy inkom (gereeld vorms invul
by die tak, iemand in die tak kry wat iets weet van internet en nie dink dit
is een of ander ruimte speletjie nie, navrae, ens). Dit is ook waar dit
eindig.

ENB: Moenie eers moeite doen nie. Bogenoemde banke het al die fasiliteit
om ie4 en netscape se security features te gebruik. Ek wonder of iemand in
ENB al van ie4 of netscape gehoor het? Na addisionele programme wat
gedownload moet word, hope administrasie, ontelbare oproepe (gelukkig
tolvry, ek wil nie weet wat is hul tel. rekening nie), sê die dame aan die
anderkant vir jou - jammer ons kan nie die rekening koppel nie!

Indien daar iemand van een of ander bank is wat die email lees, probeer asb
aan jou baas verduidelik dat ons in die rekenaar eeu leef.

Hier is 'n paar punte wat ek graag van internet bank sal verwag:
1. Signup - ek het moes 'n kaart no. en 'n pin no. Hoekom al die ander
rondslomp.
2. Signup(2) - ek wil nie nog programme download nie! My hardeskyf is vol
genoeg soos dit is. Gebruik asb die tegnologie wat reeds beskikbaar is.
3. Ek wil nie in die tak gaan staan en rondsoek vir vorms en aan julle
onkundige personeel probeer verduidelik wat ek wil doen nie.
4. Ek wil nooit in die tak kom nie! Ek het 'n kredietkaart om te gebruik
vir betalings en sal dus baie goed oor die weg kan kom sonder 'n tak met
lang rye en onkundige personeel.
5. Oorplasings - ek sal graag die persone aan wie ek oorplasings wil maak
wil skep, en die oorplasings doen.

Ek is seker dat dit voor die handliggend is hoeveel voordele daar vir 'n
bank is om sulke dienste te skep.
1. Dit is baie goedkoper om een rekenaar en 2 operateurs in diens te hê
as honderde personeel wat swak diens gee.
2. Dit is goedkoper om een kantoor vir die rekenaar en sy twee operateurs
te huur as honderde kantore vir takke en admin personeel wat 'n papier
oorlog voer.

Indien daar net een bank is wat sy diens verbeter na aanleiding van die
email sal ek in my doel geslaag het.

Ek sal grrag wil hoor of daar ander mense is wat ook dieselfe van probleme
ondervind.

Groete

Andre
Re: Internet Bankdienste [boodskap #14612 is 'n antwoord op boodskap #14609] Wo, 13 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Andre wrote:
>
> Het iemand al ooit probeer om dmv die internet banksake te doen?
>

Versigtig met sommige van die banke. Lees mooi die fynskrif - sommige
kan nogal damn duur uitwerk.

> ABSA: Baie maklik om in te kom en dit is waar dit eindig. Moenie enige
> diens of iets anders verlang of verwag nie. Dit bestaan nie!
>

ABSA se diens is nie slegs nie. Moet net nie die hulplyn skakel nie.
Hoekom stel iemand 'n hulplyn beskikbaar as die mense daar jou nie kan
help nie. Hulle gebruik ook jou kaart se nommer met 'n eie pinnommer. Om
'n ander rekening te koppel soos bv. telkom - onmoontlik!

Cheers
Lou
Re: Internet Bankdienste [boodskap #14731 is 'n antwoord op boodskap #14609] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 13 May 1998 12:43:31 +0200, "Andre" wrote:

Probeer Boland Bank( Hulle het nou 'n nuwe naam) as jy 'n besigheid op
die Net het en geld deur kredietkaartverkope wil ontvang. Hulle skep
vir jou 'n handelaars rekening waar die transaksie regstreeks op die
Net plaasvind. Die kliënt se kredietkaartnommer word nagegaan en seker
gemaak dat daar geld in sy rekening is en dan word die geld direk in
jou rekening ingeplaas.
Alles sonder dat jy die kliënt se kredietkaart nommer hanteer het.
Binne minute is die geld in jou rekening oorgeplaas. Die probleem is
egter om as handelaar goedgekeur te word.
Hulle was een van die eerste banke(indien nie die eerste) wat die SET
protokol op die Net suksesvol getoets het.
By al die ander banke kan jy net op jou eie rekening ingaan ( As jy
dit kan regkry)

Herman
http://host4u.co.za
Vorige onderwerp: AANDAG!!! Hou jullu pos goed dop
Volgende onderwerp: Afrikaanse IRC sopas geskep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 18:46:30 MGT 2024