Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Sekretarisvoël" deur C. LOUIS LEIPOLDT

Vr., 25 September 1998 00:00

SEKRETARISVOËL
C. Louis Leipoldt

Sekretarisvoël met jou lange bene,
Met jou penne agter die ore styf,
Met jou stadige stappies, wat maak jy hier?

Sekretarisvoël met jou lange bene,
Met jou vaalgrys vere en lang, lang lyf,
Met jou groot, groot oë, wat maak jy hier?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Skreeu vir Mandela

Do., 24 September 1998 00:00

@igs.net wrote in message ...
>
>
> My man en ek is uitgenooi om moremiddag na die
> Goewerneur-Generaal se tuin te gaan waar Mandela sommige
> lede van die Kanadese publiek sal kan ontmoet. Ek weet nie
> hoe naby aan hom ek sal kom nie. My man vrees dat ek sal
> doen wat ek op die oomblik beplan: om hardop "Vrystaat !"
> te skree en te toets of hy weet wat dit beteken in Afrikaans.
> Die Hoë Kommisaris vir Suid-Afrika, Billy Modise, kom
> van Bloemfontein af. Ek hoop nie hy dink ek skree vir hom
> nie.
>
> Gloudina Bouwer
>

Skreeu vir hom:

1) "Get out of Maseru, you imperialist pig!"
2) "Use your troops to protect your own people, you scumbag!"
3) Begin weer by 1)

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kriekgevegte

Do., 24 September 1998 00:00

Die afgelope naweek by my dogter se (briljante!) Sjinese vioolonderwyser
gehoor van die eeue-ou tradisie van kriekgevegte wat - in die violis se
woorde - die nasionale sportsoort in Sjina is. Dis 'n hele kulturele
ervaring. Ons is genooi om te gaan kyk. Hy (die violis) het omtrent 30
spesiale kleipotte met dig passende deksels waarin twee krieke op 'n
keer aangehou word - mannetjie en wyfie. Daar is ook wonderlike fyn-fyn
klein porseleinbakkies daarin vir water. Krieke eet omtrent een
ryskorrel per dag, en leef ongeveer 3 maande. Om hulle aan die baklei te
kry, word twee mannetjies in hulle fleur - omtrent 1 tot een en 'n halwe
maand oud - saam in 'n bakkie gesit. Dan word een met 'n grassaadjie
gekielie tot hy aggressief begin reageer. Hy val dan die ander een aan
en hulle baklei met mekaar deur met hulle kake te probeer om mekaar op
die rug om te keer. Nie een kry seer nie, en sodra een die ander op sy
rug gekeer het, is die eerste ronde verby. Na drie keer word die wenner
luid toegejuig en uitgehaal om teen 'n nuweling te veg.

Die gevegte word dikwels op video opgeneem, en die kampioene word met
spesiale fotografiese toerusting gefotografeer. Ek het ontdek dat krieke
individueel van mekaar te onderskei is - nie net vanweë voorkoms nie,
maar ook volgens "persoonlikheid". Dit het my oë laat oopgaan vir 'n
ander wêreld en 'n ander kultuur. Kriekgevegte word al eeue lank in
Sjina gehou. Krieke en sikadeë word meer as 4 000 jaar al bewonder vir
die klanke wat hulle voortbring, en daar is pragtige gedigte wat hulle
besing. Die kultuur van krieke aanhou in potte het juis ontstaan omdat
mense graag die geluid van krieke in hulle tuine wou hoor.

My asem word elke keer weggeslaan deur die wonderlike diversiteit in die
natuur - wat ook neerslag vind in die diverse kulturele verskeidenheid
tussen mense.

Dalk weet iemand anders in die NG ook van kriekgevegte?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Request for Translation Dutch/English

Do., 24 September 1998 00:00

Nella van Zalk heeft geschreven in bericht
...
> Jaime Acevedo Moreno schreef:
>>
>> Help!
>> Can anybody here translate the following words into English, thank you
>> very much!!!
>> ******************
>> Hallo!
>> Geen verdere details, maar weet iemand misschien wat willens nillens
>> betekent
>> ******************
>> Thank you!!
>
> Ik gok op:
> Willens - gewenst
> Nillens - noodgedwongen
>
> oftewel: "Al dan niet vrijwillig"
>
> Ieder andere gok is waarschijnlijk beter.
>
> Nella

Heel juist gegokt Nella!
Willens = samen trekking van "wil het, ben er met eens" = gewenst
Nillens = "Niet willens" dus = noodgedwongen
Deze uitspraak is typisch voor de brabantse dialecten bvb: Antwerps,
Leuvens, ed.

Norbert Matheuwezen

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 7 kommentare

mandela & clinton

Do., 24 September 1998 00:00

Die Burger, 24 September 1998 :

"Pres. Bill Clinton het by dié plegtige geleentheid op Capitol Hill 'n goue
medalje, hoogste eerbewys van die Kongres, onder dawerende toejuiging aan
hom oorhandig. Mandela, vergesel van sy vrou, mev. Graça Machel, is deur
senior Republikeine en Demokrate lof toegeswaai vir sy rol in die
beëindiging van apartheid en die oorgang na 'n demokratiese bestel in
Suid-Afrika. Clinton het gesê geen prys is te groot om te vergoed vir die
10 000 dae wat hy vir sy beginsels in die tronk was nie. "Ons skuld dit aan
hom om die lesse uit te leef wat hy ons geleer het - om alle oorblyfsels van
apartheid af te takel." Mnr. Dick Gephardt, leier van die Demokratiese
minderheid in die Huis van Verteenwoordigers, het gese die oomblik is
ontsagwekkend. "Ons voel klein en nederig in u teenwoordigheid as
boodskapper van vryheid, as 'n bron van inspirasie vir die hele wereld en as
een van die dapperste mense wat die geskiedenis nog opgelewer het." Mnr.
Tom Daschle, Demokratiese leier in die Senaat, het gesê: "Ons sal met u land
saamstap en saamwerk . . . vandag, more en altyd.""

Dis om van te kots, kameraad! Om te sien hoe clinton en mandela mekaar se
gatte wit lek! Weet mandela nie hoe 'n scumbag Clinton is nie? Iemand moet
tog aan Clinton oordra dat mandela nie die opinies van alle SA-ners
weerspieel nie. Let op dat dit demokrate hierbo is wat hul opinies lug,
m.a.w. die gatkruipende demokrate wat om bisarre redes nog steeds clinton
steun en aanhang!

Tragies, om die minste te sê!

En dan die beste mandela-speak, in dieselfde koerant :

"Op 'n vraag oor misdaad en die derduisende wit mense wat uit die land
padgee, het Mandela gesê: "As hulle wil gaan, laat hulle gaan. Ons is sonder
hulle beter daaraan toe. Ons het hulle nie nodig om ons land op te bou nie.
Hulle het nie die moed nie. Die mense wat bly en saamwerk, is die ware
patriotte en verbind tot Afrika se toekoms.""

Klink vir my eerder dat dit die "suckers" is wat agterbly!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Hoe het tye verander

Do., 24 September 1998 00:00

"Griet" writes:

> As die titel van die boek, die uitgewers se besonderhede, en die prys ook
> by elke gedig verskyn het, sou dit tot voordeel van die Afrikaanse-, EN die
> uitgewersbedrywe gestrek het. - ten minste in 'n kapapitalistiese vryemark
> stelsel.
>
> So, watter deel van die plasing verstaan jy nou nog nie?

Die deel van die "kapapitalistiese"
vryemark. Sien, ou Griet, die gedigte
op hierdie nuusgroep is en wil nie
deel wees van die kapitalistisme nie.
Sommige van hierdie gedigte word deur
kubervriende van my in SA na my gestuur
(byvoorbeeld die Gert Vlok Nels wat
baie moeilik is om in te tik). En ek
het al gemerk dat iemand vertel dat
hy digbundels van Nel soek in SA en dit
nie kan vind nie.
As mense oor jou prosa skryf, dan merk
hulle die algemene onhandigheid met die
Afrikaanse taal op, en merk hulle ook
op dat jy jou aanstel as arbiter van
die Afrikaanse taal en letterkunde. So
sit dit nou maar in jou pyp en rook dit.

Tant Alie

>

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

die oorspronk van "wingerd"?

Do., 24 September 1998 00:00

Dagsê almal,

Die onderwerp sê dit, ek sou graag weet wat die oorspronk van die Afrikaanse
woord "wingerd" is. Die Duitse vertaling is eintlik "Weinberg", maar in die
dialek van die omgewing waar ek woon praat ons ook van 'n "wingert". Terloops,
ek woon in die "Rheingau", een van die mees bekende wynbougebiede in
Duitsland. Indien daar geen verwantskap met Nederlands of Vlaams bestaan nie
(Arthur, kan jy help?) vermoed ek dat dit ons wynboere was wat die woord
ingevoer het.

Dis ook moontlik dat dit van Frans (vigne?) afstam. Die Franse taal het 'n
groot invloed op die Rheingau-dialek gehad, hulle gebruik bv. woorde soos
"merci", "chaussee" en "trottoir".

Groete,

Thorsten

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: die oorspronk van "wingerd"?

Do., 24 September 1998 00:00

Thorsten Müller heeft geschreven in bericht
...
> Dagsê almal,

Dagsê Thorsten,

> Die onderwerp sê dit, ek sou graag weet wat die oorspronk van die Afrikaanse
> woord "wingerd" is.

Ja, die oorspronk is dat Nederlandse woord "wingerd"(!) wat komt uit dat
oudere "wyngaard" of "vingaard" net so seer als mens dat Nederlandse woord
"wijn" het dat kom uit "wyn".

> Die Duitse vertaling is eintlik "Weinberg", maar in die
> dialek van die omgewing waar ek woon praat ons ook van 'n "wingert". Terloops,
> ek woon in die "Rheingau", een van die mees bekende wynbougebiede in
> Duitsland. Indien daar geen verwantskap met Nederlands of Vlaams bestaan nie
> (Norbert, kan jy help?) vermoed ek dat dit ons wynboere was wat die woord
> ingevoer het.

Wat niet baie klopt niet ! Nee, Thorsten es stimmt also nicht ! Aber es
stimmt da� gerade auch in das "M�sel-Frankisch" und das
"Ripuarisch-(Rhein)-Frankisch" es "Wingert" genennt werd, was von das
Lateinische her kommt genau wie das Franzosische "vigne".

"Je ne l'o, je ne l'o, je ne lose dire. Je ne vous dirai."

> Dis ook moontlik dat dit van Frans (vigne?) afstam. Die Franse taal het 'n
> groot invloed op die Rheingau-dialek gehad, hulle gebruik bv. woorde soos
> "merci", "chaussee" en "trottoir".

Ook by die "Salische-Franken" het die Romaanse taal baie groot invloed
gehad.

> Groete,
>
> Thorsten

Goet see,

Norbert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SA 'vredesoperasie' in Lesotho

Do., 24 September 1998 00:00

Tydens SA se jarelange bosoorlog in Angola is mediese ordonnanse by
uitsondering gedood tydens offensiewe operasies, en dokters by hoogste
uitsondering. Die rede hiervoor is voor die handliggend - 'n dooie medic is
immers nie in belang van enige vegtende soldaat nie en daarom behoort hy in
so 'n posisie te wees tydens 'n geveg dat hy self nie hoef te sneuwel nie.

Die tragiek van SA se sg. vredesoperasie in Lesotho is dat 'n dokter en
mediese ordonnans van die eerstes was om te sterf. Soos ek dit verstaan het
die dokter met vyandiggesinde Lesotho soldate by die Katse dam gestaan en
gesels toe hy trompop geskiet is. Sy makkers het gevlug na 'n wagtende
helikopter.

Teen dié tyd weet ons almal dat die omvang van die operasie heeltemal
onderskat is, in alle waarskynlik swak beplan is, en duidelik swak uitgevoer
is. Wat my egter 'tiekel', is of militêre doktrine sodanig verander het dat
jy 'n medic en dokter vooruit moet stuur (gewapen met 'n draagbaar en
rolletjie watte?) om vyandige soldate te oortuig om hulle oor te gee.

Ek is bevrees SA se optrede in hierdie situasie was uiters ondeurdag, en ons
gaan die gevolge daarvan nog vir jare voel, om nie van Lesotho te praat nie.
Maseru is reeds feitlik tot op die grond afgebrand, en die volgende groot
vrees is dat Lesotho burgers hulle gaan wreek met oorgrens strooptogte op SA
plase aan die Lesotho grens.

Alreeds noem Lesotho opposisie leiers Mnr. Mandela in dieselfde asem as PW
Botha. Wanneer kom die derduisende Lesotho mynwerkers in SA in opstand?

Iemand gaan iewers langs die pad die spit moet afbyt vir hierdie debakel,
maar die vraag is wie. Ek vermoed waarnemende president Buthelezi, wat
ongelukkig die finale opdrag moes gee.

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 69 kommentare

Soek Afrikaanse Vriende!

Do., 24 September 1998 00:00

Ek & vroulief is op soek na Afrikaanse penvriende / Hetsy plaaslik of vanaf
anderkant die water. Ons is woonagtig in die winderige Baai & hou nogal van
korrespondeer!

Mooi Bly!
Hein

Hein van Wyk
Cell: 083 3101963
H/Tel: 041-733513
ICQ: 7733122
hei...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1327  1328  1329  1330  1331  1332  1333  1334  1335  1336  1337  1338  1339  1340  1341  1342    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 25 07:46:56 UTC 2025