Ek het so stadigaan begin om 'n nuwe tuisblad vir hierdie nuusgroep te
ontwerp.
Ek sal oor 'n dag of so dit wat ek reeds aanmekaargeplak het, oplaai sodat
almal dit kan sien. Dit sal maar net 'n paar skakels hê na persoonlike
inligting van die mense, 'n gasteboek en watookal ons nog in die toekoms wil
byvoeg.
Die tuisblad se (URL) adres is: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
Plaas asb. 'n boekmerk by hierdie adres! Daar sal natuurlik niks op die
oomblik daar wees nie; ek sal weer pos as daar iets is om na te kyk.
Nadat ek die blad gelaai het, kan julle gerus die vorm daarop invul (onder
die "STuur jou info!" skakel) en sodoende die nodige idees, details,
gedagtes, voorstelle, kritiek en duisende bladsye van plesier aan my stuur
vir "verwerking". Alternatief, die e-pos adres vir die nuwe tuisblad sal
afri...@email.com wees!
Dit is ook wel gek hoor... Hebben jullie gelet op de afzender?
Op 28 Sep 1998, werd het volgende geschreven door onzichtbare G krachten:
> "PaulBsr" writes: >
>>> Wenslauw Schwartz writes: > wanderer wrote:
>>>> > Off topic.
>>>>
>>>> Ach man, je bent zelluf off topic!
>>>> Wenslauw
>>> Wat op aarde praat mens op (what on earth do you say on)
>>> nl.eeuwig.september? (nl.eeuwig.september?)
>>> Nie dat ek daarteen beswaar (Not that I have any objections)
>>> maak nie. Hier in Noord-Amerika (Here in North America)
>>> sou ek nie omgee as dit ewig (I wouldn't mind if it remains)
>>> herfs bly nie. Dis die mooiste (autumn for ever. It's the most
>>> beautiful)
>>> deel van die jaar. Ek dink egter (time of the year. I don't
>>> think,though,)
>>> nie dat ons vanjaar 'n goeie(that this year we will have a good)
>>> herfs-seisoen sal beleef nie.(autumn-season)
>>> Verlede jaar was een van die (last year was one of)
>>> beste in baie jare.(the best in years)
> Paul Bester daar in Ierland, dink jy nie dat
> die Vlaminge en Nederlanders die Afrikaanse
> taal kan verstaan wat ek vir die pos gebruik
> het nie? Daar is dele van die wereld waar
> Afrikaans op sy eie bene kan staan en verstaan
> kan word, sonder dat dit deur middel van
> Engels verklaar moet word.
> Dit is nou wel waar dat as 'n mens in Nederland
> en Vlaandere Afrikaans probeer praat, jy nie
> vreeslik ver kom voordat hulle na Engels oorslaan
> nie. Maar ek vind dieselfde hier in Kanada. Vir
> 'n Nederlander en Afrikaans-sprekende om 'n
> gesprek te voer, is nogal meer senutergend as
> wat 'n mens sou verwag. Wat die lees van
> Nederlands en Afrikaans betref , die het mens
> werklik nie veel moeilikheid mee nie.
> Ek sou wel nog graag wou weet - waaroor praat
> mense op die nuusgroep nl.eeuwig.september.
Beslis te duur. Vir die moeite om jou oproepe hoofsaaklik oor naweke te
doen, kan jy AT&T se naweekplan kry. Dan kos oproep oor naweke jou 38c
per minuut. In die week betaal jy wel duurder, maar dis vir my die
moeite werd om te wag tot naweke en dan veel goedkoper te praat.
JPotgieter wrote:
> Nee ou Jonesie, diste duur!
> Johan (bietjie in Oregon)
Twee Vrydae gelede toe
-- virrie eerste keer in 'n laaaaang tyd --
maak 'n meisie 'n pass op my --
veral eers na sy gehoor het
dat ek van ver gekom het vir 'n ander vrou.
Sy sê dis wonderlik,
jy't jou hart gevolg.
O, as iemand so iets vir haar sou doen...
Sy sê sy's moeg om Sondae alleen wakker te word.
En ek sê maar ek's dalk bietjie dronk,
maar dit werkie so nie.
Die hart is 'n erdwurm --
jy kan hom nie volg nie.
Jy sny net stukkies wurm af,
aspris of per ongeluk,
en hulle sukkel-wriemel blind "weiter"
in die seesand van kleintyd
in ander tale
in jou ouma se Bybel
in jou ma'le se bedkassie
in ou girl friends se foto's
in ou vriende se bier ...
Ek sê snags assie huise asem-ophou luister,
hoe die maan ou geheime in kat-ore fluister,
weet jy die hart se brûe bly onverbrand,
selfs al woon jy ver in 'n an-
der land.
Ek sou graag wou hoor wie belangstel sou stel as ek 'n soek hoek vir verlore
vriende begin. Moet ek 'n ekstra nuusgroep daarvoor begin, of kan ons dit
sommer in hierdie nuusgroep hardloop?
Goeie môre, middag of aand (afhangende natuurlik van waar julle is)
Ek het 'n voorstel. Ons brabbel nou al so aan die laaste paar jaar en
dieselfde ou argumente draai om en om die hele tyd. Noudie nag skrik ek toe
wakker van 'n nagmerrie waarin ek in S.C.S-A.A vasgekeer is en die hele tyd
na dieselfde argumente moes luister en... wag - laar ek julle nou nie verveel
met wat gebeur het in my nagmerrie nie... in elk geval ek lê toe so wakker en
dink dat dit miskien na al die tyd 'n gawe plan sal wees as ons 'n website
opsit wat as 'n FAQ kan dien. Die inhoud van die FAQ kan dalk uit die
oorspronklike inspirasie vir die groep vloei en kan iewers in di
virtuele(sorry Gloudien - kuber)ruimte rondhang as 'n webblad (of sou dit nou
'n webruimte wees?). DInge wat ek wil voorstel vir die lawwigheid, is
- NG etiket (of miskien of daar enige soiets is)
- Iets oor almal (ek het 'n vraaglys wat almal kan invul en dan kan mense wie
die eerste keer deelneem dit beantwoord en dan plaas ons dit op die blad).
- Koppelings(dit is nog steeds vir my so 'n suggestiewe woord) na mense se
tuisblaaie (dit is nou nie die Huisgenoot nie, hoor)
- Miskien 'n paar taallinks of so aan
- 'n paar mooi stories wat so af en toe hier op die ng verskyn
- En watookal julle alma dink goeie idees mag wees
Nou goed - die vrae is nou
- wil julle so iets hê?
- wat wil julle almal op so iets hê?
Gedenknaald gekerf uit swart graniet
teken van my volk se verdriet.
'n Swart vinger wat hemelwaarts wys.
'n Kreet styg uit: Te hoog die prys.
Of was dit slegs 'n braaivleisspit...
osbraai waarom rugbyspelers sit.
Handgelaai met dop en blikkies bier
en boersegrappe: manne kraai van plesier.
Suid-Afrika nòù word vrae gevra aan jou,
gaan jy steeds drogmonumente bly bou?
(Uit "Concept" September 1998.)
Concept is 'n multikulturele literêre uitgawe wat
bydraes van Vlaandere, Nederland en Suid-Afrika
plaas. Dit verskyn driemaandeliks. As enigiemand
belangstel in die adres om in te teken, vra net en
ek sal dit op die nuusgroep plaas.
Gloudina Bouwer