Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

All hell breaks loose in South Africa

Di., 13 Oktober 1998 00:00

ALL HELL BREAKS LOOSE IN SOUTH AFRICA

OVER a period of just three days, more white farmers have been
murdered and attacked on farms, together with three taxi-men shot and
killed as well as seven armed robberies.

Farm murders have escalated by 553 percent in the Gauteng Province
between January and June this year.

* Two 11 year-old black youths are in custody after the brutal axe
murder of a De Wetsdorp couple, Mr and Mrs Mattheus Moolman in the
Free State province. Both suffered head wounds, which appeared to have
been afflicted with an axe.
* The discovery was made after Mr Moolman's car was found abandoned
in the town's Black township.
* At Hluhluwe in KwaZulu/Natal a farmer Mr David Vermaak was shot and
killed by two Black men armed with an AK47 rifle.
* At Kareedouw in the Eastern Cape Province, a 75 year-old farmer Mr
Peet Bouwer was murdered on his farm Uitkyk.
* In Durban a woman was shot dead and a security was robbed of her
firearm. The woman was sitting in her car in front of a shop when she
was shot.
* In Pietermaritzburg three men held up Mr N.J. de Wet at gun point
and robbed him of his cellphone. They then fled in his vehicle.
* A black woman was shot near Pretoria when 'n black man posing as
policeman fired a shot through the door of her home.
* At Umlazi in KwaZulu/Natal three black taxi owners were seated in a
vehicle guarding over their taxis when occupants in a car drove by and
shot and killed the taxi owners on the scene. Again an AK47 rifle was
used.
* Mr Giel van Tonder, 69, survived a brutal attack on his farm
Kromdraai, near Bloemfontein. He is in the Universitas Hospital where
his condition was given as stable.
* A security guard and another suspect were arrested near Laseria
Airport, Johannesburg after an attempted robbery. Police said that
three suspects who were apparently linked to a murder of a security
guard, at the farm of Gary Player, the professional golfer, attempted
to rob a van of some R10 000.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Song of the Bush-Shrike (traditional Zulu)

Di., 13 Oktober 1998 00:00

Gloudina skryf:

> SONG OF THE BUSH-SHRIKE
>
> My father is dead
> and I was not told.
> My mother is dead
> and I was not told.
> My heart in pain
> cries:
> to
> toto
> totototo
>
>
>
> (Translated from traditional Zulu song)

My ma is dood,
My pa is dood,
Al my kinders is dood
en my hart hui-ui-uil!

Bg is natuurlik 'n nabootsing van die lied van die Groenvlekduifie, en die
twee lyk vir my dieselfde.

'Busshrike' verwys na 'n groep voëls wat in Afrikaans 'boslaksman' heet, en
onder andere die Bokmakierie insluit. Nie een van hulle se roep stem ooreen
met bg. nabootsing nie, so ek lei af die daar was verwarring oor watter
voël die geluid maak, of die vertaler het sy voëls verwar.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Die Imperialisme van die Tyd" deur FERDI GREYLING

Di., 13 Oktober 1998 00:00

DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
Ferdi Greyling

Ek ken die Swartberge
in die land voor die tyd.

Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
die hele wêreld elegant aan 'n enkele uur anker.

Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.

Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wêreldlyn.
Ek is koning van idees.

Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.

Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.

Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.

(Concept)

Prosa & poësie | 2 kommentare

pelsjas

Di., 13 Oktober 1998 00:00

Op my tweede dag in Perth, kry ek toe so koud dat ek in tweehandse
klerewinkels begin soek na iets lekker warm om te dra. Die truie in die
winkels was maar lelik en uitgedra, toe sien ek die pelsjas.

Dit het so heerlik sag en warm gevoel, en dit het gepas, bowendien was dit net
40$. Gedagtes van wreedheid teen diere en greenpeace het soos klokke in my kop
gelui, maar aai die jas was so saggies warm.

Die verkoopsdame kon nie my navraag oor watter dier se pelse dit was antwoord
nie, maar n ou tannie in die winkel het gesê dat dit hasie's was en dat die
spesifieke hasie jas styl hoog mode was so 20 jaar gelede, en dat haaspastei
van die diere se vleis gemaak is.

Ek het die jas dadelik aangetrek, en terug by die hotelkamer toe ek instap en
Tron my in die jas sien, het hy sowaar tot my skok weggetrek met die wysie "
Cruella de Ville , if she doesn't scare you, no evil thing will.." nou ja, ek
was redelik teleurgestel dat hy die situasie so opmerkend opgesom het. Jan het
uitgebars van die lag met, ha, uit die mond van die kind kom die waarheid.

In die volgende paar dae is daar deur vreemdelinge aan my opmerkings gemaak
oor die jas, eerstens deur n meisie in n musiekwinkel en die tweede keer deur
n man in n kafee, "that is a lovely animal".

Ek het baie skuldig gevoel, ek wat beskermer van miere, goggas, wurms en al
die diere van die aarde is.

Ek regverdig die pelsjas met die volgende redenasie: Die hasie is gejag en
geslag, die vleis geëet en die pelse gebruik om die jas te maak. Die
slagtings is gepleeg in n era toe jag en slag die orde van die dag was om kos
op die tafel en klere op die lyf te kry. Die hase is klaar dood, lankal al,
hoekom moet die pelsjas nou net eenkant gesmyt word, ongebruik ? Dit is mos
tragies dat die hase se pelse nie waardeer kan word nie.

Ek sal die haas se jas dra, in herbinnering van die haas self.
Ek sal die pels nie in die publiek dra nie, in vrees dat iemand n emmer bloed
op my gooi, ek sal dit wel in my eie huis dra en na goeie vriende se huise.

Ek deel hierdie ervaring met julle omdat dit my diep geraak het en omdat ek
skuldig voel.

groete
heksie

--
plant n boom

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: pelsjas

Di., 13 Oktober 1998 00:00

Heksie skryf:

> Ek sal die haas se jas dra, in herbinnering van die haas self.
> Ek sal die pels nie in die publiek dra nie, in vrees dat iemand n emmer bloed
> op my gooi, ek sal dit wel in my eie huis dra en na goeie vriende se huise.
>
> Ek deel hierdie ervaring met julle omdat dit my diep geraak het en omdat ek
> skuldig voel.

Heksie,

Jy's besig om te oorreageer, of jy is geïntimideer deur 'bunny huggers'. Al
ooit gehoor van 'sustained utilization', of dan 'volhoubare benutting'?

Maar dié behoort jou beter te laat voel: daai klomp hase (of dan konyne) het
'n absolute pes en oorlas in Australië geword, en hou 'n bedreiging in vir
die inheemse buideldiere, omdat hulle hulle kos opvreet, en aanteel
soos...(laat ek liewer stilbly). Dis hoog tyd dat de laaste bleddie een daar
uitgeroei word, en pelsjasse van hulle gemaak word!

So, ek hoop jy voel nou beter.

Ek het een aand omtrent in my rooiwyn gestik toe ek na die verteenwoordiger
van 'Beauty without Cruelty' (nogal) geluister het. Dis aan haar gevra wat
sy daarteen het as pelsjasse gemaak word van karakoelhase se pelse. Sy het
geantwoord hulle word onder wrede toestande in batterye aangehou, en hulle
arme voetjies raak nooit die grond en gras nie. Ek het so gewens ek kon haar
vra of sy hoendereiers eet!

Dra jou jas, en terloops, ek hoop nie jy voel skuldig oor jy dalk iewers 'n
paar leerskoene het nie.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waar doen jy aansoek ?

Ma., 12 Oktober 1998 00:00

Weet iemand hier dalk hoe "begin" 'n nuusgroep. By watter instansie doen
mens aansoek vir die stoor spasie, sowel as die naam van die groep.?

Is dit gratis, indien wel wie dra die kostes ?

Groete

Riaan
--
To reply, remove the NoSpam from my address.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Waar is dit dan ?

Ma., 12 Oktober 1998 00:00

http://www.niemoller.co.za/afrikaans.html

Wouter van der Westhuizen wrote in article
...
HI daar
Kan iemand asb vir my sê wie se "Homepage" het die Fotos van Moorde op
Plaasboere nou weer ?
'k het vergeet om dit te "Bookmark"...

Dankie
Morzilla

----------

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waarheen in SA

So., 11 Oktober 1998 00:00

Dag vrienden,

Wij zien ernaar uit op reis te gaan naar Zuid Africa
alle inlichtingen betreffende de te bezoeken steden en bezienswaardigheden
met documentatie is welkom.

Ook eventueel inlichtingen van Namibie

Al dank bij voorbaat,
Groeten,
Marc.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe Artikels

So., 11 Oktober 1998 00:00

Lees gerus die volgende artikels op die Webblad van Vryheid200 te

http://home.intekom.com/rsa/

Krugerdag Vieringe

The Nelson Mandela Memorial Committee

Boere Groete

Frikkie

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Afrikaans: Klein oorwinning!

Sa., 10 Oktober 1998 00:00

Die Leidende Lig berig gister dat SAA, voorheen SAL, begin het met 'n
Afrikaanse advertensie veldtog, waarin hulle bestuurshoof, Mnr. Coleman
Andrews, nogal 'n Amerikaner, self die woord doen, in Afrikaans. Amptelik sê
hulle dat 30% van hulle kliënte Afrikaanssprekend is, en dat hulle dit aan
hulle verskuldig is. Kajuitaankondigings bly egter steeds in Engels.

Die feit is natuurlik dat British Airways, en hulle binnelandse arm, Comair,
Afrikaans praat met hulle Afrikaanse kliënte, en Afrikaanssprekendes
toenemend van hulle diens begin gebruik maak het, en iemand iewers langs die
pad die pyn begin voel.

Intussen het die SABC weer met 'n dreigveldtog begin teen wanbetalers van TV
lisensies. Hulle voel nie die pyn so erg nie, want die regering het
ingestaan vir hulle verliese. Hulle het hulle blykbaar ook nie veel gesteur
aan 'n Kanadese konsultant wat aanbeveel het dat hulle meer aandag aan
Afrikaanse skedulering moet gee nie. Nou wag ons maar op die hofsaak wat die
Junior Rapportryers aanhangig gemaak het.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «  ‹  1319  1320  1321  1322  1323  1324  1325  1326  1327  1328  1329  1330  1331  1332  1333  1334  ›  »]
Tyd nou: So. Okt. 18 04:30:40 UTC 2026