Die maan sit in die mik gevang
Van 'n afgeleefde appelboom
Wat met vermaerde vingers
Krampagtig aan die hemel klou.
Die rooi en swart kofijas buk
Om uit die resonante snaar
'n Trillende akkoord te pluk.
Die lig flits op 'n geel kitaar;
En soos 'n duiwetrop wat swenk,
Swyg al die sangers,
Met vae leed bevange.
Nog net een oue kreun
'n Halfvergete melodie
Van hartseer en verlange.
Na die naweek se rugby, en die aankondiging van die Springbokspan kan ek
nie help om te glo dat Suid-Afrika weer volgende jaar die wêreldbeker gaan
wen nie.
Daar is hope talent, en baie ouens kan opreg sleg voel dat hulle nie die
span gehaal het nie. Dit wys net hoe baie diepte daar in feitlik al die
posisies bestaan.
Dit moet lekker wees om die afrigter van 'n span te wees waar jy nie weet
wie op in te sit as iemand seer kry nie, want daar is so baie uitstekende
spelers om van te kies.
** Nou moet die Blou Bulle net Saterdag die WP goed op %#*@$ **
> is die Ikonium 'n ontwikkeling uit die ouderwetse
propaganda-orrel.
My bronne sê dis 'n samevoeging van die propaganda-orrel, en die minder
bekende 1-snaar kitaar? Dit maak meer sin, aangesien 'n kombinasie van wind-
en snaarinstrument, die wanklankigheid daarvan (die winde) kan verklaar.
[Jy openbaar 'n ander deel van jou persoonlikheid hiermee, Leendert. Wil jy
nie 'n paar Hardekoolvuurstories skryf nie?!]
Om so min as moontlik owerheid te h^e, slegs die polisie en die howe daar te
stel. 'n Minderheid glo dat die vryemark selfs die rol beter kan vertolk.
200 jaar terug was 'liberaal' en 'libertarian' dieselfde ding: hulle was vir
die indiwidu, vryemark aanhangers en gekant teen die regering en die se
invloed. Die Liberales is egter so 100 jaar of wat terug deur Karl Marx se
teorie"e beinvloed, en het begin glo dat die owerheid die rol het om die sg.
'social justice' teweeg te bring. Hulle het intussen vergeet van ekonomiese
vryheid, en veg deesdae vir ho"er belastings, groter owerheidsrol en meer
beheer.
Die 'Libertarians' is egter daarteen. Hulle wil hê dat indiwidue meer
verantwoordelik moet neem vir hulle eie besluite, die staat moet homself
onttrek aan die meeste besluite en derhalwe hulself ook onttrek aan die
'welfare state'. Op hierdie manier sal die rykdom wat op die oomblik
vasgehou word deur die staat (dmv belastings), losgemaak word om almal ryker
en vryer te maak.
Jy is natuurlik reg om te sê dat die vryheid van spraak 'n 'libertarian'
tradisie is, maar die stelling wat ek bevraagteken is die dat die Kanadese
stelsel 'libertarian' is.
On Wed, 21 Oct 1998 09:58:06 +0800, "Coetzee, Jacob Carl"
wrote:
>
>> Blou Bulle 26
>> Natal 18
>>
> Reg!
Uiteindelike telling: Bulle 31 Natal 17
>
>
>> Griekwas 18
>> WP 15
>>
> Nee. WP gaan vir Gaffie onder druk plaas, en as hy wankel, gaan hulle
> maklik wen: 24-12
Uiteindelike telling: WP 27 Griekwas 11
Hau!
My kristal-rugbybal voorspel volgende Saterdagaand as volg:
1. Donker wolke oor die Plek met die Plat Berg.
2. Helder ligte in die nag in die Plek met die Pers Bome ('n duidelike
indikasie van feestelike braaivleisvure)
3. Verder noord maak iemand nog 'n bottel Cabernet oop, en tuur
droewig na die vlamme van 'n hardekoolvuur ...
Die University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES)
bied nou verskeie opsies vir Afrikaans eksamens, vir diegene van
julle wat geinteresseerd is.
Jy sal die inisiatief moet neem en die skool versoek om jou kind in te
skryf vir hierdie eksamen. Die kanse is skraal dat dit van die skool se
kant sal kom. Dis 'n relatief nuwe kursus en skole is nie deurgaans
bewus daarvan nie, of hulle is dalk nie so spesifiek ingestel op die
behoeftes van die Suid-Afrikaanse leerlinge nie.
Ons woon in Engeland en twee van my kinders (15 en 12) het sopas hulle
Afrikaans GCSE eksamen voltooi. Die ander twee skryf eersdaags hulle A-
level Afrikaans eksamen. 'n Afrikaanssprekende kind kan die Afrikaans
Tweede Taal eksamen aflê sonder enige klasse vooraf, want dit toets
hoofsaaklik die kind se vermoë om Afrikaans te lees en te verstaan, en
om sinvol te kan antwoord. Dit bestaan uit 'n mondelinge eksamen van
30min., en twee skriftelike vraestelle van onderskeidelik 1.5 uur en 2
ure. Dit kan in die plek van 'n Modern Foreign Language geskryf word, of
as 'n ekstra vak.