Ek vermoed heelwat wittes het die sensus geboikot.
Maar in elk geval, "die taal" behoort aan enigeen wat hom praat.
Groete, Leendert
Hjalmar Gerber wrote in message ...
> Volgens die 1996 sensus is die aantal persone wat Afrikaans
> as huistaal besig . . .
>
> 5 811 547
>
> Volgens [apartheid-] bevolkingsgroep :-), is dit
> as volg verdeel:
>
> Swartes 217 606
> Kleurling 2 931 489
> Indiërs/Asiate 15 135
> Blankes 2 558 956
> Ander/Onbekend 88 361
>
> Aan wie behoort die taal ?
>
> Hjalmar
> ________
>
Hier is Finacial Mail lesers se 10 redes waarom SA die beste land ter wêreld
is.
Ek veronderstel dat nie Bruce, Sheila, Sam, Jerry, Charlie, Kaaskop of
Pommie sulke redes kan (of wil) opnoem oor hul nuwe lande nie.
1 Daar is altyd iemand met 'n groter bierboepens as joune.
2 Jy kan gedroogde wurms of half droë vleis eet sonder dat iemand snaaks
dink.
3 Niks is jou fout nie, blameer dit net op die verlede.
4 Ongekende werksvooruitsigte vir die wat nie opgesaal is met opleiding,
kundigheid of ondervinding nie.
5 Waar anders kan 'n president staatsfunksies bywoon in sy pajama hempies?
6 Dit is die oorsprong van die wêreld se mees belangrike uitvindings, soos
Kreepy Krawly ... en ... um ...
7 Jy kan swak diens in elf tale ondervind .
8 Mens kry lemoene met 40% alkohol in. (veral by rugby wedstryde)
9 Dit is die enigste land ter wêreld waar mense dans om te wys hoe kwaad
hulle is.
10 Die polisie was al baie keer eerste op 'n misdaad toneel. (Sonder dat
iemand
hulle geroep het)
Bonus
11 Jy hoef nie meer met die bure te kompeteer nie. (Hulle het ge-emmigreer)
Nadat ek hier in Kanada vir Hilda daar in
Belgi"e geraadpleeg het, het ek besluit dat die
probleem nie net hier by ons diensverskaffer
kan wees nie, want Hilda sê sy kry onreelmatige
nuusgroep-plasings. Is daar ander mense wat vind
dat die nuusgroep soms heeltemal leeg is, dan net
'n paar items, ensovoorts. Gisteraand vir 'n ruk
het ons allerhande items gekry van 'n verskeidenheid
van ander nuusgroepe. Ek hoop nie die nuusgroep-
struktuur van die internet is besig om sy breekpunt
te bereik nie!
Ek was bevoorreg om in Mei na Montreal te kon gaan vir besigheid. Wat 'n
heerlike ondervinding om in 'n geordende 1ste wereldse land te kon gaan, en
om in 'n stad te bly waar daar laasjaar slegs 45 moorde was. En die
misdaadsyfers is besig om steeds te daal daar - hoekom weet hulle nie!
Net jammer die weer in Montreal is so horribaal in die winter. Maar dis
hoekom almal Vancouver toe gaan, nê?
> Ek was bevoorreg om in Mei na Montreal te kon gaan vir besigheid. Wat 'n
> heerlike ondervinding om in 'n geordende 1ste wereldse land te kon gaan, en
> om in 'n stad te bly waar daar laasjaar slegs 45 moorde was. En die
> misdaadsyfers is besig om steeds te daal daar - hoekom weet hulle nie!
>
> Net jammer die weer in Montreal is so horribaal in die winter. Maar dis
> hoekom almal Vancouver toe gaan, nê?
Jy het seker nie van die biker gang wars
gehoor nie. En daar is dele van Montreal
waar hulle karre steel op prinsiepe as jy
dit daar parkeer.
Ek wonder egter of Montreal meer horribaal
in die winter is as Vancouver, waar dit ewig
reen. In Montreal hoef jy soms nie eens bo
die grond uit te kom nie. Hulle het so 'n
goeie ondergrondse trein-sisteem, met ingange
na die geboue ondergronds en hele koopkomplekse
ook ondergronds.
Ek is op soek na persone met wie ek sinvol oor die letterkunde kan gesels:
skrywers, digters (aspirant of gepublisser) en bloot geïnteresseerde lesers.