Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Terrorisvark

Sa., 24 Oktober 1998 00:00

@igs.net wrote in message ...

> (Leendert, moet ek dit vir hom ter ere nagee, het
> soms mense betig wat te ver gegaan het. Leendert se
> hande is egter ook nie skoon nie - sien die onlangse
> poging om my te terroriseer.)

Terroriseer?

Jy intimideer vir Griet deur haar oorspronklikbe bydraes op die groep as
waardeloos afte maak op grond van kriteria wat eweneens van toepassing is op
sommige van die berigte wat jy self plaas.

Ek wys op jou gruwelike skynheiligheid, en jy noem dit "terroriseer"?

Sies, jou vark!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: 24.com - Afrika se nuwe nuusdiens

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

24.com - Naspers se nuwe nuusdiens
+++++++++++++++++++++++++++++++

Nasionale Pers het 'n nuwe nuusdiens, 24.com, bekend gestel. Jy kan
die blad so opstel dat dit jou ligging identifiseer in Suid-Afrika en
sodoende inligting/nuusbrokkies wat op jou omgewing van betrekking is,
aan jou beskikbaar stel. Dit is amper soos 'n kombinasie van CNN en
Yahoo, maar die fokus is meer op (Suid) Afrika. Jy is ook direk
verbind met Die Burger, Beeld, ens.

Dit is die moeite werd om te gaan inloer. http://www.24.com/

Bryan

************************************************************ ********
Remove 'KAAP' in front of @ to reply
Visit my personal website at: http://www.TheOffice.net/brynie
Afr nuusgroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/

Boeke, tydskrifte & koerante | 1 kommentaar

Re: Who shall rule......

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

On Fri, 23 Oct 1998 14:10:09 +0200, "Hans"
had the following to say:

|This is a multi-part message in MIME format.
|
|------=_NextPart_000_0007_01BDFE8E.D7E0FFA0
|Content-Type: text/plain;
| charset="iso-8859-1"
|Content-Transfer-Encoding: 7bit
|
|Loop die volgende op die Net raak en deel dit graag met die groep.
|Maklik om hier "African" te sing / lees in die plek van "American"
|(Binaries weet ek is nie welkom nie - geld dit ook vir midis ??)
|
Kan iemand my help - ek gebruik Agent om die NG te lees. As ek nou
iets soos hierdie teekom, sien ek net baie sinnelose karrakters aan
die einde van die boodskap. Hoe gaan ek te werk om dit te Save of ten
minste daarna te luister?

...goodbye en good luck,
Simon

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Perspektiewe oor Vreemde Kulture

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

In die 80's het ek in die Caprivi my sit en verkyk aan miskruiers so groot
soos 'n man se hand se vuis wat saans daar rondgevlieg het. Die
eienaardigste was dat hulle goed kon vlieg, maar glad nie grasieus kon land
nie. Dit was bloot 'n kwessie van vlerke toemaak, en met 'n donderslag grond
toe val. Mindere intellekte as ek ('skuus vir dié voorbarigheid) het gereken
die miskruiers was maar primitief, maar die eenvoudige waarheid is natuurlik
dat hulle geen rede gehad het om sag te land nie. Daar was geen evolusionêre
druk om so 'n vermoeë te ontwikkel nie. (En as julle dalk wonder hoekom die
miskruiers om ons gedraai het, hulle het agter die lig aan gekom!)

Ek het ook met die Vasekela (Boesman/San, volgens keuse van politieke
korrektheid) te doen gekry. Hulle was mense wat in Angola in die spervuur
beland het, en oor die grens gevlug het. Hulle moes noodgedwonge by die
Weermag aansluit. Hulle was eienaardig. Die mans het hulle vergryp aan
alkohol as die geleentheid hom voorgedoen het. Die kinders het sakke vol
geld geblaas op 'arcade games' wat beskikbaar gestel is. Die vrouens het
maar lui voorgekom, en kon glad nie kos kook nie.

Maar hulle was veldmense. Ek het my verstom dat hulle met twee stokkies 'n
vuur vinniger aan die gang kon kry as ek met 'n boksie vuurhoutjies. Hulle
het vir my spore in die sand probeer wys waar daar niks was nie, en sekerlik
die mening gehuldig dat ek blind en dom was.

Laat een middag het 'n kind weggeraak, en toe hulle teen donker die soektog
gestaak het, was daar reeds hiëna spore op syne. Kort na lig die volgende
oggend is hy ongedeerd in 'n boom gekry. Hy was 3 jaar oud!

Bg. om by my punt uit te kom. Ons kyk almal na dinge vanuit 'n sekere
perspektief, en met 'n sekere waardesisteem, dikwels sonder om daardie
waardesisteem te bevraagteken. As Johan 'n kykie op die leefwyse van
Amerikaanse Indiane kry, beoordeel hy dit vanuit sy perspektief. Miskien is
hy reg, maar die moontlikheid bestaan dat daar ander redes bestaan vir hul
manier van lewe.

Dis nie my rol op hierdie ng om Johan (of Gloudina of Leendert) se
waardesisteem te verander nie. Die onus lê by hom om dit self te ondersoek,
en te kyk of daar ander moontlikhede is. Dit baat my persoonlik niks om
enige iemand hier uit te skel omdat sy waardesisteem nie ooreenstem met myne
nie. Of om sy gat te probeer toestop daaroor nie.

Nota: Daai Vasekela vrouens kon nadat hulle gewys is hoe, later eenvoudige
disse voorberei.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuusgroep

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

As 'n relatiewe laatkommer op hierdie groep, stel ek nogal belang om meer te
weet oor sy ontstaan.

Wie was die voorsteller, wat was die rasionale en 'charter'. Hoe het die
debat verloop, en wat was die argumente?

Iemand wat my kan inlig? Gloudina? Leendert?

Groete
--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Muezzen" deur FERDI GREYLING

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

MUEZZEN
Kensington, Johannesburg
Ferdi Greyling

Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.

Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.

Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.

Prosa & poësie | 4 kommentare

Foksies

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

Henri Burger wrote in message ...
> Wat my laat dink aan die fox terrier ..............

Dankie Henri - lyk my ons kan 'n ding aan die gang sit hier.
Baie jagstories en ander hondemanewales het 'n foksie in die hoofrol maar
ander honde is ook welkom.

Hoe lyk dit met bydraes

Ou Boel
(die water in my adres is om spammers te versuip)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Terrorisvark

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

"Leendert van Oostrum" writes: >

> Terroriseer?
>
> Jy intimideer vir Griet deur haar oorspronklikbe bydraes op die groep as
> waardeloos afte maak op grond van kriteria wat eweneens van toepassing is op
> sommige van die berigte wat jy self plaas.
>
> Ek wys op jou gruwelike skynheiligheid, en jy noem dit "terroriseer"?
>
> Sies, jou vark!

Jy verswyg natuurlik die werklike
rede: dat jy my oor die-gedigte-op
die-nuusgroep probeer terroriseer
het. Ek wonder ook - gebruik jy die
aanspreekvorm "jou vark" ook so
kwistig in jou private lewe? Ek
verbaas my elke keer as ek dit uit
jou kubermond hoor. Daar waar ek
grootgeword het, is ons monde uit-
gespoel as ons sulke woorde aan
ander gesê het. Om iemand 'n
apartheids-vark te doen, is effens
anders. Daar het die woord "vark"
die hippie-konnotasie van "pig"
soos in die polisie is aangespreek
as "pigs."

Miss Piggy-Foksie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hogere Snobisme

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

On 23 Oct 1998 15:40:10 GMT, had the following to say:
| Johan, ek het 'n spesmaas dat Leswin se
| moedertaal Afrikaans is, nes joune.
| Daar is Afrikaans-sprekers soos onder meer
| hy en ek wat net bietjie meer akademies
| afgerond is en meer gekultiveerd is as
| 'n ou uit Suid-Afrika met hoogstens (vermoed
| ek) 'n sekere mate van tegniese rekenaars-
| agtergrond, en wat nou sy lyf hier wil kom
| rondgooi.
| Tant Hessie van Helsdingen

Ek het 'n ouma gehad netsoos jy - as sy tog maar net by die
administrateurswoning kon gaan tee drink of 'n ambassadeur vir ete
nooi, dan het sy geblom. Sy het ook gedink haar onderwys graaijie
laat haar winde na kaneel ruik. Altyd neergesien op die Iscor werkers
van Pretoria en ek dink sielsongelukkig omdat sy dit nooit reggekry
het om 'n mansion in Waterkloof te kon koop nie. 'n Vier akker erf in
Menlopark was die hoogste wat sy kon bykom en die huis kon net twee
verdiepings hê.

Netsoos my ouma is jy sprekende voorbeeld daarvan dat akademiese
"prestasie" niks te doen het met mense kennis, goeie maniere of die
vermoe om goed met mense oor die weg te kom nie. Is jy so blatant
snobisties ook wanneer jy iemand van aangesig tot aangesig sien? Sal
jy reguit vir iemand in sy gesig sê jy dink jy is meer gekultiveerd as
hy? Ek dink jy is 'n lafaart wat net agter die anonimiteit van die
rekenaar skerm wegkruip soos almal van ons.

Ek is baie nuuskierig om te weet wat jy onder die term gekultiveerd
verstaan.

...goodbye en good luck,
Simon

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

"Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING

Do., 22 Oktober 1998 00:00

BOESMANSRIVIERMOND
Ferdi Greyling

By Boesmansriviermond
waar die land stadig die see intuimel,
val die son soet op die vel.

Tussen die gebreekte rotse
lê die rivier laatmiddag
'n stuk metaal tussen sy walle.

Bote streep onverstaanbare lyne
op die blink water
wat van hoog teen die plato se rant
uit die Stormberge breek.

Noord tier die woeste Karoo.
Ver suid lê die stilte van ys.
Hier, by Boesmansriviermond,
val die son egter soet op die vel.

(Concept)

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1312  1313  1314  1315  1316  1317  1318  1319  1320  1321  1322  1323  1324  1325  1326  1327    »]
Tyd nou: Wo. Des. 17 17:15:00 UTC 2025