Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" 'n Bang Gedig" deur CHARL DURAND

Wo., 28 Oktober 1998 00:00

'N BANG GEDIG
Charl Durand

wonder of ek sal doodgaan
voor my tyd
engele dans
in die somer onder die blomkersies
spoke vra vrae

ek wonder wie tred hou met ons
ek wonder wie die spel dophou
ek het 'n klein nagmerrie
speel met die sonskyn
lees bybel

almal word al kleiner
saans as ek alleen is
soms skree die antwoordmasjien
soms is ek hier vir geld
soms alleen

water kring om my
in die middel van die heelal kring ek uit
in die graf lê sy
om my krimp die wereld ineen
'n yl gesprek, yl

teken vir my bestaan
sonder 'n hemel en volgende week
lank na 'n kranige fees
vir ons almal oor is
en ek terugloop

so hoor, daar's stilte
verskillende soorte, mooi en bang
en ek wat sit en luister
grootoog en verbouereerd
soos 'n kind

Prosa & poësie | 0 kommentare

Ag nee, Oom Kaspaas.....

Wo., 28 Oktober 1998 00:00

Oom Kaspaas skryf: "Wanneer ek die twak en snobisme en onsin lees wat
sommiges van julle skryf - veral die ou klomp papbroeke wat in die buiteland
sit en pontifikeer"
Ai, my oom.... en is jy nie nou ook maar ewe snobisities as jy jouself so
distansieer van ons hier in die buiteland nie? En is al die blankes in
Suid-Afrika (om nie van sommige ander bevolkingsgroepe te praat nie) nie ook
maar afstammelinge van hulle wat eens te papbroekig was om in hulle eie land
iewers in Europa te bly nie? En toe maar na Afrika getrek het? Want hulle
was mos te papbroekig om swaarkry van watter aard ookal n die gesig te staar
in Europa? En toe die Voortrekkers, wat te papbroekig was om in die Kaap te
bly? En toe maar Transvaal toe, en Vrystaat toe, en Natal toe getrek het? En
later Angola toe? En nog later die res van die wêreld in? Sien, as 'n mens
diegene wat trek begin etikette omhang net omdat hulle getrek het, val die
ou etiketjie naderhand dalk weer terug om jou eie nek. Iemand op die NG
skryf gereeld: Afrika is nie vir sissies nie. Mag ek byvoeg: om te
trek/emigreer is ook nie vir sissies nie. Begin maar by die Franse Hugenote
en dié snare, tot by Piet Retief en die manne, en vra hulle. En kyk dan waar
kom jy uit.

En Oom gaan voort met " - maar ook die bekkiges plaaslik wat oor elke
onderwerp 'n eiertjie wil lê asof hulle al die wysheid in pag het"
Dis juis waaroor die hele beginsel van vryheid van spraak draai: dat jy maar
'n eiertjie oor enige onderwerp mag lê.....

Oom eindig met "- dan word ek skaam vir vandag se geslag Afrikaner."
Hoe dan so, my oom? Moet almal maar stilbly en in hulle hoekie bly sit? En
nie praat sonder Oom se toestemming nie? Net om Oom nie skaam te maak voel
nie?

Henry in Pennsylvania
Om te trek (of te emigreer), is nie vir sissies nie.....

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Re: Ag nee, Oom Kaspaas.....

Wo., 28 Oktober 1998 00:00

On Wed, 28 Oct 1998 13:03:41 -0500, "Kwarantyn"
had the following to say:

|Dis juis waaroor die hele beginsel van vryheid van spraak draai: dat jy maar
|'n eiertjie oor enige onderwerp mag lê.....
|
Nee - jy is vry om jou opinie te lug binne die raamwerk van
ordentlikheid. Hierdie, die bepaling van wat ordentlik is, is
ongelukkig 'n filosofiese issue wat nie 'n vasstelbare grens het nie.

Ek het al baie vir my ou skoonma gesê sy is 'n draak, maar dan smile
ek en daar is nie slegte "vibes" nie. As ek dieselfde woorde op 'n
ander manier gebruik, kan ek families laat bots en my huwelik laat
verkrummel!

Ek weet nie of ek energie het vir 'n gesprek hier oor vryheid van
spraak nie - is dit ooit uitpluisbaar?

Ek gooi 'n klip in die bos: "Onlangs het twee ouens mekaar hier
aangevat oor wat een blykbaar oor rasse sou gesê het - dis so
sensitiewe saak by meeste mense dat die onderwerp van rasse verskil
heeltemaal taboe behoort te wees in enige gesprek." Kommentaar?

Groete!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Kak and more - For ferdi/koos' benefit

Wo., 28 Oktober 1998 00:00

Listen Ferdi/Koos or whatever your name is - you are a member of a dying tribe of dutch settlers who stole a country from it's inhabitants and stuffed it up over a very short space of time.

If I was in your shoes I'd keep very quiet or else your black master will start to persocute you like you did to them.

Prick!

Squirrel

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Kak and more - For ferdi/koos' benefit

Wo., 28 Oktober 1998 00:00

On 28 Oct 1998 06:57:53 -0000, Secret Squirrel wrote:

>

I am not.
You are wrong again!
Story of your life, heh?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jullie en wij

Wo., 28 Oktober 1998 00:00

Allereerst mijn excuses voor het Nederlands i.p.v. het Afrikaans, maar
jullie moeten het er maar mee doen.

Ik ben benieuwd hoe jullie Afrikaners over Nederland en de Nederlanders
denken. Weten jullie eigenlijk wel waar Nederland ligt? Nou ja, in ieder
geval ben ik benieuwd naar de mening van een Zuidafrikaner over de
Nederlanders.

Dus ik zou zeggen: reageer maar in deze nieuwsgroep!

Bokkie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Jullie en wij

Wo., 28 Oktober 1998 00:00

Goeie dag Bokkie! Ja, ek weet waar is Nederland, het selfs daar gewoon vir
'n tyd - diep in die Veluwe daar in Arnhem se omgewing. En ook in Noord
Brabant - in Oosterwijk, die juweel van Suid/Oos Nederland.
Julle is 'n gawe en hardwerkende nasie. Julle land is mooi en spreek van
welvarendheid en ordelikheid. Maar julle liberalisme skree ten hemele! Julle
loop die gevaar om 'n volk van dwelmgebruikers en prostitute te word - in
die naam van 'vryheid van die individu' het julle die baba saam met die
badwater uitgegooi. Alles is toelaatbaar!
En dan is daar ook nog die gevaar van verbastering - julle ondertrou met
enige kleur en geur - en verwelkom almal - van 'assielsoekers' tot
'krakers', asof julle hulle iets skuld.
Word wakker - soos Engeland en soos Duitsland gaan julle goedkoop arbeid
julle volk en kultuur verarm tot 'n baster nasie.
-----------------------------
SAE wrote in message ...
> Allereerst mijn excuses voor het Nederlands i.p.v. het Afrikaans, maar
> jullie moeten het er maar mee doen.
>
> Ik ben benieuwd hoe jullie Afrikaners over Nederland en de Nederlanders
> denken. Weten jullie eigenlijk wel waar Nederland ligt? Nou ja, in ieder
> geval ben ik benieuwd naar de mening van een Zuidafrikaner over de
> Nederlanders.
>
> Dus ik zou zeggen: reageer maar in deze nieuwsgroep!
>
> Bokkie
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

De betekenis van het woord "klomp" in het afrikaans ?

Wo., 28 Oktober 1998 00:00

Betekent dat zoiets als 'veel' of een 'heleboel' in het Nederlands ?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die Koei

Wo., 28 Oktober 1998 00:00

Opstel deur 'n leerling naby Vryburg.

"Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n huisdier. 'n koei is orrals.
'n koei het 'n baie fyn reik - jy reik hom oor die jele plaas.

Agteran die koei sit die stert. An die een kant van die stert sit
die pint van die stert wat die kwas genoem word en aan die
anner kant sit die koei. Die koei gebruik die kwas om die flieje
van haar weg te hou anners val hulle innie melk.

Vooran die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop
hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei.
Die koei is oorgetrek met 'n beesvel.

Onderan die koei hang die melk. Om die melk te kry, maak jy
die koei se bene vas. Die agterstes. Dansit jy onner die koei
en trek die toutjie. Dan kom die melk.

As die gras goed is, is die melk goed. As die gras sleg is, is
die melk sleg. As die donner-weer in die lug is, is die melk weg.
As dit 'n ou koei is, is die melk suur.

Dit is baie goedkoop om 'n koei aan te hou want jy gee hom net
eenkeerkos, dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die os.
Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie.
Om os te se is nie 'n vloekwoord nie.

Verderweet ek niks. Behalwe dat as 'n koei baie stip na jou
kyk, moet jy padgee want dan is dit 'n bul."

moe!

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: petrolbommetjie

Di., 27 Oktober 1998 00:00

Jis

Ek het eergisteraand bietjie Sondagkoerante op die bed sit en lees. Toe hoor
ek skielik 'n motor wat deur 'n stuk karton jaag. WEl, dit het so geklink.
'n Paar sekondes later kom daar weer 'n slag... omtrent 20 voet van my
agterdeur af, hele buitekamer besig om uit te brand. Omtrent al die mense in
die kompleks het gehelp om die vuur te probeer beheer. Emmers aangedra ens.

Nadat die brandweer en polisie hulle ding gedoen het, het hulle gesê dat
daar 'n petrolbom gegooi is!! Niemand is gelukkig beseer nie, maar dit was
nogals 'n senutergende affêre. Die buitekamers op die perseel word aan mense
uitgehuur omdat dit so goedkoop is. Swart studente bly ook daar. Nou ja,
daar is seker verskeie scenarios wat mens aan kan dink, maar ek sou nogal
wou hoor aan watter organisasies al die mense behoort het. Een ondersteuner
wou seker 'n ander 'n les leer. Nodeloos om te sê, die buitekamers gaan nie
weer uitverhuur word nie! Een petrolbommetjie was genoeg.

Groete

Bryan

++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
Persoonlike blad: http://www.TheOffice.net/brynie/
Afr NGroep: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1309  1310  1311  1312  1313  1314  1315  1316  1317  1318  1319  1320  1321  1322  1323  1324    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 30 13:21:17 UTC 2026