Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Meer BEES

Wo., 04 November 1998 00:00

Dagse, Bees hier.

Uit my vorige bydrae: "om sinvol gedagtes te deel oor die motiverings,
ervaringe, uitdagings en nadenke wat saamgaan met landsverlating."

Nou ja, ek het nooit kon dink ek sal bydraes oor hoenders en volstruise
ontlok nie. Iemand het selfs sy/haar sielkunde 101 handboek afgestof en 'n
iets kwytgeraak oor Maslow.

Die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners oftwel BEES kan lyk my maklik (of
maklik aspris?) misverstaan word.

Die "bevryding" het wel 'n bietjie te doen met bly of gaan; maar dit het
alles te doen met dink, dink, dink, besluit, doen.

Daar is niks fout met bly (of gaan) opsigself nie; ek dink daar is fout as
iemand kerm en kla oor hoe vrot dit gaan in SA en dan maar net daar sit. En
ek is bevrees dit is wat ek gereeld hoor uit SA. (Ek weet daar is mense wat
nie regtig 'n keuse het nie, ek praat van die wat wel 'n keuse het.)
Bevryding kom uit die uitvoering van 'n weldeurdagte besluit, al gaan dit
maar broekskeur vir 'n ruk.

Hou op kla, of kry jou ry is my raad vir die in SA. Grense is historiese
oorblyfsels, daargestel lank voor my en jou tyd. Vals en ongegronde
patriotisme is 'n meulsteun.

Dink waaroor jy kan dink, en doen wat jy dink is reg...

Tot later,

Bees
Ruimtevaarder : Planeet Aarde

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Politiek aan beide kante van die grens

Wo., 04 November 1998 00:00

Wel, nou is die Amerikaanse verkiesing oor en
Johan Potgieter daar in Minnesota het die oulikste
goewerneur: Jesse "The Body" Ventura. Van die
Reform Party. Hy het die beste politieke advertensie
gehad wat ek nog ooit op TV gesien het: Callas begin
'n aria sing. 'n Stoeier sit soos die Denker van Rodin
op 'n platform wat in die rondte draai. As sy gesig
voor jou kom, sien jy dis Jesse. Dan knipoog hy vir
jou. Hy sê nie een woord die hele tyd nie. En hy wen
die verkiesing. Hy was vantevore onder andere stoeier,
Navy Seal, talk show host. Vanoggend sê hy hulle kan
hom nou maar Jesse "The Mind" Ventura noem.
Ek het ongelukkig die weddenskap met een van my
seuns verloor - hy sou vir my betaal as Dick Gebhardt
as Speaker sou oorneem, omdat die Demokrate weer in
die Congress die meerderheid het. Hy het, soos 'n klomp
ander mense, geglo dat die Demokrate baie setels sou
verloor. Ek het geglo dat hulle setels sou optel. Nouja,
laaste wat ek gekyk het, het hulle vyf nuwe setels gekry.
En nie minder setels as vantevore in die Senaat gekry
nie. Dit was dus die teenoorgestelde as wat meeste mense
verwag het: die manier waarop die Republikeine 'n coup
d’etat wou loods met die Monica-faktor, het totaal gefaal.
Mense wonder of Knut Gingrich nie nou maar moet trek
nie. En die sogenaamde "Christian Right" was slegte nuus
vir enigiemand wat op hulle hulp staat gemaak het. Dis
duidelik dat die Demokrate so goed gedoen het omdat die
Swart en Hispaniese stemkrag in baie gevalle die deurslag
gegee het. Dit is goed dat daardie bevolkingsgroepe nou
begin sien watter mag hulle in die VSA het. Kort voor lank
sal die Republikeine (tot nou toe die party van wit mans)
met hulle begin flankeer.
Nou is al die opgewondenheid oor. Nou sal ons maar
hier in Kanada terug moet keer na ons eie politiek: hier is
ons skandale nie so interessant soos in die VSA nie. Die
grootste ding waaroor Chretien hier in Kanada in die moeilik-
heid is, is oor "the pepper spray incident." Dis so 'n lang en
gekompliseerde situasie dat ek nou werklik nie lus het om dit
te verduidelik nie. Al wat ek net wil weet: as jy moet kies om
met peper gesproei te word of met 'n baseball bat geslaan te
word wanneer jy jou in die strate te buite gaan, wat sou jy
verkies?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

"Die Morester" deur DONALD RIEKERT

Di., 03 November 1998 00:00

DIE MÔRESTER
Donald Riekert

Die môrester laat val
kort voor dagbreek drie
druppels nektar
op die rooi duin
en drie wyse manne
het op drie wit
môreblomme afgekom
en die geur van 'n
babatjie geruik
en hom gevind
wat sou praat
oor die een ster
bo verlate duine

Prosa & poësie | 6 kommentare

Skuus - toets

Di., 03 November 1998 00:00

toets

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bees (nogal)

Ma., 02 November 1998 00:00

Bees wrote in message ...

> Voordat sommige van julle nou op my rug spring met die "good riddance hamba
> wena" argument - slat brieke aan. Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
> gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
> saamgaan met landsverlating. Meeste mense, indien nie almal, dink tog
> daaroor.

As jy 'n bietjie langer dopgehou het wat hier aangaan - of selfs die
onderwerp in die argief van die nuusgroep nagegaan het - eerder as om met die
deur in die huis te val sou jy dalk opgelet het dat daar wel sulke gespreke
hier gebeur.

Dankie in elk geval vir jou aanbod om daarby aan te sluit.

> Party bly, party gaan. (Selfs jy OK, ek wed jou twee sent jy het
> dit al oorweeg...ek vermoed egter jou broek is te pap om te trap.)

Wel, daar bestaan natuurlik die moontlikheid dat "jy" ook op grond van ander
oorweginge sou kon besluit om nie te "trap" nie.

Ek stel dus belang om te weet of jy enige gronde het vir jou bewering
(vreeslik dapper, onder 'n skuilnaam en vals epos-adres, nogal) hierbo.

Miskien wil jy ook kommentaar lewer op 'n bloot subjektiewe waarneming van my:
Dit lyk asof baie van die wat "trap" 'n voortdurende behoefte het om te praat
oor die wysheid en die voordele daarvan om te "trap", of oor hul eie
motiverings daarvoor. Dit lyk asof hierdie behoefte in sommige gevalle na
dertig jaar nog ewe sterk is.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Namibia und WanderVögeln

Ma., 02 November 1998 00:00

Ach das ware schön. Wass weisst Du zB. über die WanderVögel Süd(West)Afrikas
die damals mit dürch Oelb (Oelbermann) von die NerotherWanderVogel dort in
die 40-50er Jahre aufgerichtet werden und heute noch existieren?
Und wass weisst du zB. von Hendrik Witbooi (Namas), Samuel Maherero(Herero)
und Von Trotha?

Norbert

SAE heeft geschreven in bericht ...
> Also gut, dann koennen wir uns auf Deutsch mit einander reden.
>
> Despontin M. wrote in message ...
>> Daar is heelwat Namibiërs wat Duits praat, maar nie dit wat jy hier skryf nie
>> Die Woestynrot
>> SAE wrote in message ...
>>> He wie weet er hoeveel Namibiers er nog Duits spreken? Wat is de meest
>>> gesrpoke taal daar? Engles? Afrikaans? Of zo'n inlandse
>> houtje-touwtje-taal?

Gij zijt ook een typische Hollander hê?

>>>
>>> Bokkie
>>>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Namibia.......Hakahana

Ma., 02 November 1998 00:00

"Hakahana" is 'n Owambo woord vir : "Maak gou , roer jou, gou-gou"

Word deur al die Owambo dialekte gebruik en word deur al die ander (14) tale
plaaslik verstaan.

Die sinnetjie waaruit Gloudina aangehaal het, is 'n goeie voorbeeld van
"Suidwes-Duits" wat dikwels in informele omgang gehoor word. Plaaslike
Duits het by al die tale alhier geleen en het interessante
woordsamestellings wat nie by ander variante van Duits voorkom nie. En
tog, wanneer plaaslike Duitssprekende Namibiërs met Duitssprekendes uit
Europa praat, slaan hulle oor na suiwer Duits en die besoekers se kommentaar
is gewoonlik dat dit die mees verstaanbare Duits ter wêreld is.

Die plaaslike Duitssprekendes maak ook 'n duidelike onderskeid tussen hulle
en die vanaf oorsee en daar bestaan redelik beskrywende terme in die
plaaslike Duits in hierdie verband.........

Gegroet
(Die water in die adres is om spammers te versuip)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Kragopwekkers en gereedskap

Ma., 02 November 1998 00:00

Kragopwekkers te koop http://adsa.hypermart.net/produkte.htm

Super Drill and Megalube and Tools http://adsa.hypermart.net/produkte.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Help vertaling

Ma., 02 November 1998 00:00

Ik ben een tekst aan het vertalen over de relaties tussen Europa en
Zuid-Afrika.
Ik zoek de vertaling van de term "deputy-judge president". Kan iemand mij
helpen ?

De context is als volgt:

A number of incidents have highlighted the racial tensions that continue to
plague South African society- rioting and temporary closing of a school
which discriminated against black students, complaints against the
appointment of a black deputy-judge president, etc.

hartelijk dank voor elke tip

Jonathan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Superkindermonsters !!!

Ma., 02 November 1998 00:00

On 1 Nov 1998 19:28:21 GMT, had the following to say:

|oos...@geocities.com writes:
|
| Voorbeeld: My middeldogter (4 > jaar oud) het
| onlangs weggespring en 'n teks van 300 woorde voorgelees.
|> Niemand weet hoe sy leer lees het nie. Sy self ook nie.
|
|
| Jy maak nou of dit so 'n ongewone situasie
| is. Van my kinders het dieselfde gedoen.(My
| teorie is dat die maand wanneer jou kind sy
| eerste tand kry, daardie jaar begin hy lees.)
| Kinders in Montessori-klaskamers begin gereeld
| op 2 en 3 jaar al begin lees. (Die bewyse is
| daar dat hulle nie veel later in die lewe
| baat nie, en selfs akademies ongebalanseerd
| maak.)
|
Gelukkig is my kinders normaal en nie klein super brats nie! 'n
Staatskool is goed genoeg - en soos Gloudina sê help dit met die
sosialisering soos geen ander plek kan nie.

Ons koop wel by die huis al die stimulering wat ons kan bekostig, soos
rekenaar programme, slim speelgoed en lees programme, maar die kinders
dryf hulleself daardeur en word nie ryp gedruk nie. Ons hoop hulle
sal normale mense wees wat elke dag geniet en voluit lewe sonder om
die heel tyd net na prestasie te strewe.
Groete!

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1306  1307  1308  1309  1310  1311  1312  1313  1314  1315  1316  1317  1318  1319  1320  1321    »]
Tyd nou: Vr. Jun. 05 10:15:48 UTC 2026