> Ek hou van BEES, veral die Eie-denkende deel daarvan, en die Bevryde....
> Johan, dis so boring as jy met jouself praat. Almal weet julle twee
"karakters" is dieselfde sot in Minnesota. Hoe weet ek dit: - omdat jou
Afrikaans dieselfde spore van effens slordig, effens nie te goed in die
skool geluister nie-tekens toon.
Die tannie met die kristalbal
Nee ou tannie, jy mag dalk 'n kristalbal he, maar jy het die bal misgeslaan.
Ek het toevallig op hierdie groep afgekom so drie weke terug. (Dit het my
nie lank gevat - ok geneem - om agter te kom wie die control freaks op die
groep is nie.) Bees is natuurlik nie my doopnaam nie, maar dit is ook nie
Johan nie.
Maar ek moet toegee - jy was reg oor iets. Tale het my iets moers verveel op
skool, daar in die vrystaat. Ek was eintlik beindruk dat jy dit net beskryf
as "effens slordig".
Dit is moeilik om jou logika te verstaan - net omdat my afrikaans slordig
(volgens jou standaarde elkgeval) is maak dit my dieselfde persoon as iemand
anders met slordige taalgebruik? As ek so rondkrap op die groep, is
slordige afrikaans nie 'n unieke eienskap nie... selfs ek kan dit sien.
(Vir jou inligting - in my opinie is my taalgebryk pyk, en my speling selfs
beetr.)
En ek is in Noord amerika, maar nie in Minnesota nie.
What is SANSA?
The South African Network of Skills Abroad links skilled people living
abroad who wish to make a contribution to South Africa's economic and
social development and connects them with local experts and projects.
Why this initiative?
The lack of highly skilled people in South Africa is a major
constraint to the country's development. However, there are large
numbers of highly skilled South Africans now living abroad. The human
resources of this "diaspora" could contribute significantly to the
achievement of South Africa's cultural, social and economic goals.
Julie wrote in message ...
> Bees ... wie is jy? Ek was op 'n stadium groot tjommies met 'n Bees in
> Pretoria, ons het beide sy BMW bestuur werk toe, en ek het baie keer
> grappies gemaak en gesê die BMW behoort aan ons beide. As dit wel jy is ...
> groot asseblief, skryf vir my. Sal graag weer van jou wil hoor.
>
> Julie
>
Sorry Julie, maar dit was nie ek nie. Hoop jy kry jou Bees.
Sedert 31 Oktober tot middernag op Woensdag 4 Nov het ons meer bekende
groepgenote se plasings die volgende statistiek gelewer :
GLOUDINA - 18 plasings.
Foksie het 9 keer geblaf. Sy het 6 gedigte geplaas. Sy het 1 vraag
gevra - wat beteken hakahana ? Sy het 1 advertensie van Petrus Jonker
onderskryf. Sy het 1 nuttige stukkie geskiedenis omtrent die Anglo
Boereoorlog aangehaal.
RUSTIGE JOHAN het net 1 keer gekreun na 'n skop op die maermerrie.
FRIKKIE POTGIETER het ons 2 keer herinner dat hy en die Niemollers aandag
nodig het.
BOKKIE het 4 keer gekultiveerd verskyn wat ook 'n uitnodiging na 'n
Nederlandse groep insluit. Kragties ou, ons het nie tyd oor om mekaar nog
in Nederlands ook sleg te sê nie. Ons swets heel gemaklik in Afrikaans.
En hier in Namibië praat die manne doodgewoon Afrikaans en Duits - wat is
"Rechtsschreibereform" ??? Kan mens siek word daarvan ??
SECRET SQUIRREL het 9 keer probeer om die politiek te verduidelik / uit te
sorteer. (Anglisisme !!)
FERDI - 26 )
GIDEON - 5 ) Is.....Issie.....Dissie so nie....Ek het nie dit
gesê nie.....
LEENDERT - 41 ) Jy het, vra vir XYZ.....ens ens, ens, ens, ad
nauseum.
LOU - 13 )
Julle stouterts - kom was nou die modder van julle hande en gesigte af en
drink dan julle kasterolie.
NUWESANER het sonder om te klop die deur oopgeskop en 34 sielkunde lesings
gelewer. Om die reaksie van sy studente te toets en vir die spaas daarvan,
sommer die brandkrane ook oopgedraai.
PETRUS JONKER is duidelik nog 'n jongeling onder die groentjies. Verbeel
jou - hy probeer 19 keer - sommer op een dag nogal - smous met goedere op
die NG. Ou Peet, teen hierdie tyd moes jy al uitgevind het dis
ONMOONTLIK om selfs 'n mening hier te smous.....................Hou moed.
Gloudina het blykbaar na jou skooladvertensie gaan kyk want sy het dit
herpos. So jou telling skuif op na 20.
Randeier KASSIE / KALLIE (gedink hy's Kaspaas tot en met sy inlywing) - zero
telling.
Shame, ons moes hom seker vertel het waar's die brieke VOORDAT ons die
doringtak onder sy donkie se stert ingedruk het.
Nuweling BEES het blykbaar onttrekkingsimptome ontwikkel nadat hy in die
ribbes gegaffel is.
Sedert 31 Okt net EEN plasing. Nou wonder hy oor die beroering terwyl hy
rustig aan sy ma suip.
Kalfie - jy was regoor die suiptrog toe jou maag laas saamgetrek het - nou
wonder jy nog.
Die van julle wat hierdie keer nie die statistiek gehaal het nie, resorteer
tot die STIL MEERDERHEID waartoe ek nou-nou terugkeer.
Amper vergeet ek. 'Skuus. Behalwe dat dit na 'n normale
familiebyeenkoms begin klink as mens die span opsom, moet ek nog iets kry
waarop ek die statistiek kan toepas. Dis die lekker van statistiek
> Oh ja, aan modder ben ik gewend: ik ben momenteel druk doende om alle
> watergangen van Den Haag voor april 2001 gebaggerd te krijgen. Maar goed
> dat we er niet mee gooien, want meer dan 350.000 m3 geeft heel
wat rommel!
Arthur, verduidelik bietjie meer. Om
die watergange gebaggerd te kry, beteken
dit dat dit ook dieper gemaak gaan word,
of net dat rommel daaruit geneem word.
Het mense vantevore hulle rommel wel in
die water gegooi?
Hierdie plasings het ek eers vandag ontvang. Ek is seker dat daar ook plasings
is wat nooit op my rekenaar verskyn nie. Net in die geval dat iemand 'n
spesifieke kwessie vir my het, stuur dit asseblief ook vir my e-pos adres.
Elke mens moet sy eie prioriteite bepaal, daar is baie voor- en nadele om SA
te verlaat. Ek en my gesin is in Amerika.
My prioriteit en hoogste verantwoordelikheid is die lewenskwaliteit van my
kinders - elkeen moet vir homself besluit, SA was nooit my land nie, slegs
omtrent 2000vkm.
NuweSAner wrote in message ...
> Op Sun, 1 Nov 1998 21:35:01 -0700, "Bees" had de
> volgende te sê:
> |
> |Nou ja, iets oor die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaner(s), oftewel BEES.
> |Op die oomblik het ons, uhhh wel, een lid waarvan ek weet. (Gee kans,
> |dammit.) Ek vermoed egter daar is heelwat closet beeste, en ook ander beeste
> |wat lankal uit die closet is maar nog nie van BEES gehoor het nie.
>
> Ek hou van BEES, veral die Eie-denkende deel daarvan, en die Bevryde
> deel.
> |
> |Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
> |gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
> |saamgaan met landsverlating.
>
> Ek stem!
>
> Ek dink patriotisme is 'n vlak konsep en kan maklik oorheers word deur
> selfbehoud, maw as jou en jou gesin se voortbestaan, finasieel en
> fisies, te veel bedryg word, is dit maklik om patriotisme, 'n vae
> "gevoel" vir 'n land, eenkant te stoot.
>
> Ek dink patriotisme is heel bo in Maslow se piramiede -
> selfaktualisering. Jy gaan eers daaroor kan sterk voel as jy veilig
> is.
>
> Ek hoop jou bevryding is ook die bevryding van verkramptheid af: die
> vryheid om maar te kan Engels praat as jy wil, na 'n ander kerk toe te
> gaan as jy wil, anderskleurige vriende te hê net omdat jy graag met
> hulle wil assosieer en nie omdat dit die nuwe in ding wir wittes is om
> te doen nie. Die vryheid om cheap wyn by Checkers te koop en dit
> netso te geniet soos die duurste uitvoerwyn wat jou oom vir jouuit die
> Kaap gestuur het.
>
> Maw die vryheid om net jouself te wees, met foute en met liefde en
> warmte om jou medemens te respekteer, al is hy AWB of ANC...
>
> Sjuu, moenie worry nie - ek is nie predikant nie - raak net nou en dan
> weggevoer!
> Groete!
Een aspek van die Afrikanergemeenskap buite S.A. waaroor ek nog niks op die
nuusgroep gesien het nie, is hoe julle mense by kerke inskakel. Katolieke
gelowiges weet ek het wêreldwyd nie 'n probleem met inskakeling op vreemde
plekke nie maar die Protestante afdeling het nogal 'n probleem veral in
Europa.
Daar was onlangs 'n artikel oor die Londonse kerkgemeenskap in 'n plaaslike
tydskrif en as ek nou reg onthou, is 'n predikant op permanente basis daar
gevestig.
Wat is julle situasie in die VSA, Kanada en Australië ??? Hoe raak die
plaaslike landswette godsdiens daar ? In die verband haal ek graag my
dogter vanuit Benova op die Australiese ooskus aan - sy en haar gesinnetjie
het by die Presbiteriaanse gemeente aangesluit : (In S.A. was hulle in die
Hervomde Kerk)
"Ons totale gemeente bestaan tans uit ongeveer 42 lidmate, meesal oumense en
meesal ouer dames !-)!
Maar ons wag en bid vir 'n algehele herlewing (wereldwyd) en slaag daarin om
weekliks ons begroting van $1200 te haal. Dit is met Genade van Bo alleen!
Ons het slegs 5 gesinne met kinders in die kerk (13 kinders in totaal), en
dit sluit die dominee se 2 kinders in. Dit is ook baie moeilik om
evangelisasie werk hier te doen, eerstens omdat ons aangewese is op metodes
soos pamflette (gemorspos), en advertensies in koerante. Die wet op
privaatheid verbied meeste ander metodes en finansieel laat ons gemeentetal
dit eenvoudig net nie toe om te doen wat ons graag wil doen nie. Tog gee 60
persent van ouers wat hul kinders in skole inskryf hul godsdiens aan as
"Presbyterian", maar die wet op privaatheid verbied die skole om enige name
of adresse aan ons te verskaf, hetsy deur die kinders of op enige ander
wyse, en die wet op godsdiensvryheid verbied ons om deur die skool die kerk
of die Christendom te promoveer? "
Einde van aanhaling.
Hoe gaan dit by julle en wat doen julle ?
Hans
(Haal die water uit my adres vir direkte pos - dis net daar om spammers te
versuip)