Elke mens moet sy eie prioriteite bepaal, daar is baie voor- en nadele om SA
te verlaat. Ek en my gesin is in Amerika.
My prioriteit en hoogste verantwoordelikheid is die lewenskwaliteit van my
kinders - elkeen moet vir homself besluit, SA was nooit my land nie, slegs
omtrent 2000vkm.
NuweSAner wrote in message ...
> Op Sun, 1 Nov 1998 21:35:01 -0700, "Bees" had de
> volgende te sê:
> |
> |Nou ja, iets oor die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaner(s), oftewel BEES.
> |Op die oomblik het ons, uhhh wel, een lid waarvan ek weet. (Gee kans,
> |dammit.) Ek vermoed egter daar is heelwat closet beeste, en ook ander beeste
> |wat lankal uit die closet is maar nog nie van BEES gehoor het nie.
>
> Ek hou van BEES, veral die Eie-denkende deel daarvan, en die Bevryde
> deel.
> |
> |Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
> |gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
> |saamgaan met landsverlating.
>
> Ek stem!
>
> Ek dink patriotisme is 'n vlak konsep en kan maklik oorheers word deur
> selfbehoud, maw as jou en jou gesin se voortbestaan, finasieel en
> fisies, te veel bedryg word, is dit maklik om patriotisme, 'n vae
> "gevoel" vir 'n land, eenkant te stoot.
>
> Ek dink patriotisme is heel bo in Maslow se piramiede -
> selfaktualisering. Jy gaan eers daaroor kan sterk voel as jy veilig
> is.
>
> Ek hoop jou bevryding is ook die bevryding van verkramptheid af: die
> vryheid om maar te kan Engels praat as jy wil, na 'n ander kerk toe te
> gaan as jy wil, anderskleurige vriende te hê net omdat jy graag met
> hulle wil assosieer en nie omdat dit die nuwe in ding wir wittes is om
> te doen nie. Die vryheid om cheap wyn by Checkers te koop en dit
> netso te geniet soos die duurste uitvoerwyn wat jou oom vir jouuit die
> Kaap gestuur het.
>
> Maw die vryheid om net jouself te wees, met foute en met liefde en
> warmte om jou medemens te respekteer, al is hy AWB of ANC...
>
> Sjuu, moenie worry nie - ek is nie predikant nie - raak net nou en dan
> weggevoer!
> Groete!
Een aspek van die Afrikanergemeenskap buite S.A. waaroor ek nog niks op die
nuusgroep gesien het nie, is hoe julle mense by kerke inskakel. Katolieke
gelowiges weet ek het wêreldwyd nie 'n probleem met inskakeling op vreemde
plekke nie maar die Protestante afdeling het nogal 'n probleem veral in
Europa.
Daar was onlangs 'n artikel oor die Londonse kerkgemeenskap in 'n plaaslike
tydskrif en as ek nou reg onthou, is 'n predikant op permanente basis daar
gevestig.
Wat is julle situasie in die VSA, Kanada en Australië ??? Hoe raak die
plaaslike landswette godsdiens daar ? In die verband haal ek graag my
dogter vanuit Benova op die Australiese ooskus aan - sy en haar gesinnetjie
het by die Presbiteriaanse gemeente aangesluit : (In S.A. was hulle in die
Hervomde Kerk)
"Ons totale gemeente bestaan tans uit ongeveer 42 lidmate, meesal oumense en
meesal ouer dames !-)!
Maar ons wag en bid vir 'n algehele herlewing (wereldwyd) en slaag daarin om
weekliks ons begroting van $1200 te haal. Dit is met Genade van Bo alleen!
Ons het slegs 5 gesinne met kinders in die kerk (13 kinders in totaal), en
dit sluit die dominee se 2 kinders in. Dit is ook baie moeilik om
evangelisasie werk hier te doen, eerstens omdat ons aangewese is op metodes
soos pamflette (gemorspos), en advertensies in koerante. Die wet op
privaatheid verbied meeste ander metodes en finansieel laat ons gemeentetal
dit eenvoudig net nie toe om te doen wat ons graag wil doen nie. Tog gee 60
persent van ouers wat hul kinders in skole inskryf hul godsdiens aan as
"Presbyterian", maar die wet op privaatheid verbied die skole om enige name
of adresse aan ons te verskaf, hetsy deur die kinders of op enige ander
wyse, en die wet op godsdiensvryheid verbied ons om deur die skool die kerk
of die Christendom te promoveer? "
Einde van aanhaling.
Hoe gaan dit by julle en wat doen julle ?
Hans
(Haal die water uit my adres vir direkte pos - dis net daar om spammers te
versuip)
Uit my vorige bydrae: "om sinvol gedagtes te deel oor die motiverings,
ervaringe, uitdagings en nadenke wat saamgaan met landsverlating."
Nou ja, ek het nooit kon dink ek sal bydraes oor hoenders en volstruise
ontlok nie. Iemand het selfs sy/haar sielkunde 101 handboek afgestof en 'n
iets kwytgeraak oor Maslow.
Die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners oftwel BEES kan lyk my maklik (of
maklik aspris?) misverstaan word.
Die "bevryding" het wel 'n bietjie te doen met bly of gaan; maar dit het
alles te doen met dink, dink, dink, besluit, doen.
Daar is niks fout met bly (of gaan) opsigself nie; ek dink daar is fout as
iemand kerm en kla oor hoe vrot dit gaan in SA en dan maar net daar sit. En
ek is bevrees dit is wat ek gereeld hoor uit SA. (Ek weet daar is mense wat
nie regtig 'n keuse het nie, ek praat van die wat wel 'n keuse het.)
Bevryding kom uit die uitvoering van 'n weldeurdagte besluit, al gaan dit
maar broekskeur vir 'n ruk.
Hou op kla, of kry jou ry is my raad vir die in SA. Grense is historiese
oorblyfsels, daargestel lank voor my en jou tyd. Vals en ongegronde
patriotisme is 'n meulsteun.
Dink waaroor jy kan dink, en doen wat jy dink is reg...
Wel, nou is die Amerikaanse verkiesing oor en
Johan Potgieter daar in Minnesota het die oulikste
goewerneur: Jesse "The Body" Ventura. Van die
Reform Party. Hy het die beste politieke advertensie
gehad wat ek nog ooit op TV gesien het: Callas begin
'n aria sing. 'n Stoeier sit soos die Denker van Rodin
op 'n platform wat in die rondte draai. As sy gesig
voor jou kom, sien jy dis Jesse. Dan knipoog hy vir
jou. Hy sê nie een woord die hele tyd nie. En hy wen
die verkiesing. Hy was vantevore onder andere stoeier,
Navy Seal, talk show host. Vanoggend sê hy hulle kan
hom nou maar Jesse "The Mind" Ventura noem.
Ek het ongelukkig die weddenskap met een van my
seuns verloor - hy sou vir my betaal as Dick Gebhardt
as Speaker sou oorneem, omdat die Demokrate weer in
die Congress die meerderheid het. Hy het, soos 'n klomp
ander mense, geglo dat die Demokrate baie setels sou
verloor. Ek het geglo dat hulle setels sou optel. Nouja,
laaste wat ek gekyk het, het hulle vyf nuwe setels gekry.
En nie minder setels as vantevore in die Senaat gekry
nie. Dit was dus die teenoorgestelde as wat meeste mense
verwag het: die manier waarop die Republikeine 'n coup
d’etat wou loods met die Monica-faktor, het totaal gefaal.
Mense wonder of Knut Gingrich nie nou maar moet trek
nie. En die sogenaamde "Christian Right" was slegte nuus
vir enigiemand wat op hulle hulp staat gemaak het. Dis
duidelik dat die Demokrate so goed gedoen het omdat die
Swart en Hispaniese stemkrag in baie gevalle die deurslag
gegee het. Dit is goed dat daardie bevolkingsgroepe nou
begin sien watter mag hulle in die VSA het. Kort voor lank
sal die Republikeine (tot nou toe die party van wit mans)
met hulle begin flankeer.
Nou is al die opgewondenheid oor. Nou sal ons maar
hier in Kanada terug moet keer na ons eie politiek: hier is
ons skandale nie so interessant soos in die VSA nie. Die
grootste ding waaroor Chretien hier in Kanada in die moeilik-
heid is, is oor "the pepper spray incident." Dis so 'n lang en
gekompliseerde situasie dat ek nou werklik nie lus het om dit
te verduidelik nie. Al wat ek net wil weet: as jy moet kies om
met peper gesproei te word of met 'n baseball bat geslaan te
word wanneer jy jou in die strate te buite gaan, wat sou jy
verkies?
Die môrester laat val
kort voor dagbreek drie
druppels nektar
op die rooi duin
en drie wyse manne
het op drie wit
môreblomme afgekom
en die geur van 'n
babatjie geruik
en hom gevind
wat sou praat
oor die een ster
bo verlate duine
> Voordat sommige van julle nou op my rug spring met die "good riddance hamba
> wena" argument - slat brieke aan. Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
> gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
> saamgaan met landsverlating. Meeste mense, indien nie almal, dink tog
> daaroor.
As jy 'n bietjie langer dopgehou het wat hier aangaan - of selfs die
onderwerp in die argief van die nuusgroep nagegaan het - eerder as om met die
deur in die huis te val sou jy dalk opgelet het dat daar wel sulke gespreke
hier gebeur.
Dankie in elk geval vir jou aanbod om daarby aan te sluit.
> Party bly, party gaan. (Selfs jy OK, ek wed jou twee sent jy het
> dit al oorweeg...ek vermoed egter jou broek is te pap om te trap.)
Wel, daar bestaan natuurlik die moontlikheid dat "jy" ook op grond van ander
oorweginge sou kon besluit om nie te "trap" nie.
Ek stel dus belang om te weet of jy enige gronde het vir jou bewering
(vreeslik dapper, onder 'n skuilnaam en vals epos-adres, nogal) hierbo.
Miskien wil jy ook kommentaar lewer op 'n bloot subjektiewe waarneming van my:
Dit lyk asof baie van die wat "trap" 'n voortdurende behoefte het om te praat
oor die wysheid en die voordele daarvan om te "trap", of oor hul eie
motiverings daarvoor. Dit lyk asof hierdie behoefte in sommige gevalle na
dertig jaar nog ewe sterk is.
Vriendelike groete, Leendert
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Ach das ware schön. Wass weisst Du zB. über die WanderVögel Süd(West)Afrikas
die damals mit dürch Oelb (Oelbermann) von die NerotherWanderVogel dort in
die 40-50er Jahre aufgerichtet werden und heute noch existieren?
Und wass weisst du zB. von Hendrik Witbooi (Namas), Samuel Maherero(Herero)
und Von Trotha?
Norbert
SAE heeft geschreven in bericht ...
> Also gut, dann koennen wir uns auf Deutsch mit einander reden.
>
> Despontin M. wrote in message ...
>> Daar is heelwat Namibiërs wat Duits praat, maar nie dit wat jy hier skryf nie
>> Die Woestynrot
>> SAE wrote in message ...
>>> He wie weet er hoeveel Namibiers er nog Duits spreken? Wat is de meest
>>> gesrpoke taal daar? Engles? Afrikaans? Of zo'n inlandse
>> houtje-touwtje-taal?
"Hakahana" is 'n Owambo woord vir : "Maak gou , roer jou, gou-gou"
Word deur al die Owambo dialekte gebruik en word deur al die ander (14) tale
plaaslik verstaan.
Die sinnetjie waaruit Gloudina aangehaal het, is 'n goeie voorbeeld van
"Suidwes-Duits" wat dikwels in informele omgang gehoor word. Plaaslike
Duits het by al die tale alhier geleen en het interessante
woordsamestellings wat nie by ander variante van Duits voorkom nie. En
tog, wanneer plaaslike Duitssprekende Namibiërs met Duitssprekendes uit
Europa praat, slaan hulle oor na suiwer Duits en die besoekers se kommentaar
is gewoonlik dat dit die mees verstaanbare Duits ter wêreld is.
Die plaaslike Duitssprekendes maak ook 'n duidelike onderskeid tussen hulle
en die vanaf oorsee en daar bestaan redelik beskrywende terme in die
plaaslike Duits in hierdie verband.........
Gegroet
(Die water in die adres is om spammers te versuip)