Leendert van Oostrum wrote in message ...
> Hans wrote in message ...
>> 21 Maart 1990 Namibië onafhanklik
>> ?? ???? 1993 Regeringsverandering in SA
>> 1 Maart 1994 Walvisbaai enklawe word deel van Namibië
>
>
>
> Nee, Hans. Fout. Die regeringsverandering in SA was 1 April 1994. Dit lyk
> dus asof ferdi vir 'n verandering sy feite reg gehad het :-)
>
> Groete, Leendert
>
>
O blikemmer -
Ek bel nogal "Die Republikein" in Windhoek vroëer vanmiddag om by hulle
argiewe die datum te kry. Daar sal more weer gebel word .
Dankie vir die regstelling
Ter versagting - die oorhandiging het was NET EEN MAAND voor die
regeringsverandering in die RSA. Mnr. Jan Wilken, vir jare die stadsklerk
van Walvisbaai, het nou die agtergrond van die oorname verskaf en ek kwoteer
hom met sy toestemming : Die teruggawe van die enklawe was 'n
onderhandelingspunt op die Kempton beraad SONDER dat die enklawe se inwoners
bewus was van wat aangaan. Inteendeel, terwyl Ferdi vir Pik Botha genoem
het - einste Pik Botha het nog KORT VOOR die Kempton beraad die
Walvisbaaiers persoonlik kom verseker dat die enklawe nêrens op enige agenda
is nie. Die ou sakie is toe sommer binne 5 minute op Kempton bespreek,
besluit en afgehandel. Aldus oom Jan Wilken.
Ek onthou nog mediaberigte oor die skok en ontsteltenis in die enklawe nadat
die nuus bekend geword het. Dit verklaar ook hoekom mens nêrens hier
"monumente" teekom vir FW, Pik & Kie nie - hier is nie 'n gewildheidleer vir
hulle nie.
Die sentimente nou is eerder dat ons heel tevrede is met die huidige opset -
dankie.
> Ek hou van BEES, veral die Eie-denkende deel daarvan, en die Bevryde....
> Johan, dis so boring as jy met jouself praat. Almal weet julle twee
"karakters" is dieselfde sot in Minnesota. Hoe weet ek dit: - omdat jou
Afrikaans dieselfde spore van effens slordig, effens nie te goed in die
skool geluister nie-tekens toon.
Die tannie met die kristalbal
Nee ou tannie, jy mag dalk 'n kristalbal he, maar jy het die bal misgeslaan.
Ek het toevallig op hierdie groep afgekom so drie weke terug. (Dit het my
nie lank gevat - ok geneem - om agter te kom wie die control freaks op die
groep is nie.) Bees is natuurlik nie my doopnaam nie, maar dit is ook nie
Johan nie.
Maar ek moet toegee - jy was reg oor iets. Tale het my iets moers verveel op
skool, daar in die vrystaat. Ek was eintlik beindruk dat jy dit net beskryf
as "effens slordig".
Dit is moeilik om jou logika te verstaan - net omdat my afrikaans slordig
(volgens jou standaarde elkgeval) is maak dit my dieselfde persoon as iemand
anders met slordige taalgebruik? As ek so rondkrap op die groep, is
slordige afrikaans nie 'n unieke eienskap nie... selfs ek kan dit sien.
(Vir jou inligting - in my opinie is my taalgebryk pyk, en my speling selfs
beetr.)
En ek is in Noord amerika, maar nie in Minnesota nie.
What is SANSA?
The South African Network of Skills Abroad links skilled people living
abroad who wish to make a contribution to South Africa's economic and
social development and connects them with local experts and projects.
Why this initiative?
The lack of highly skilled people in South Africa is a major
constraint to the country's development. However, there are large
numbers of highly skilled South Africans now living abroad. The human
resources of this "diaspora" could contribute significantly to the
achievement of South Africa's cultural, social and economic goals.
Julie wrote in message ...
> Bees ... wie is jy? Ek was op 'n stadium groot tjommies met 'n Bees in
> Pretoria, ons het beide sy BMW bestuur werk toe, en ek het baie keer
> grappies gemaak en gesê die BMW behoort aan ons beide. As dit wel jy is ...
> groot asseblief, skryf vir my. Sal graag weer van jou wil hoor.
>
> Julie
>
Sorry Julie, maar dit was nie ek nie. Hoop jy kry jou Bees.
Sedert 31 Oktober tot middernag op Woensdag 4 Nov het ons meer bekende
groepgenote se plasings die volgende statistiek gelewer :
GLOUDINA - 18 plasings.
Foksie het 9 keer geblaf. Sy het 6 gedigte geplaas. Sy het 1 vraag
gevra - wat beteken hakahana ? Sy het 1 advertensie van Petrus Jonker
onderskryf. Sy het 1 nuttige stukkie geskiedenis omtrent die Anglo
Boereoorlog aangehaal.
RUSTIGE JOHAN het net 1 keer gekreun na 'n skop op die maermerrie.
FRIKKIE POTGIETER het ons 2 keer herinner dat hy en die Niemollers aandag
nodig het.
BOKKIE het 4 keer gekultiveerd verskyn wat ook 'n uitnodiging na 'n
Nederlandse groep insluit. Kragties ou, ons het nie tyd oor om mekaar nog
in Nederlands ook sleg te sê nie. Ons swets heel gemaklik in Afrikaans.
En hier in Namibië praat die manne doodgewoon Afrikaans en Duits - wat is
"Rechtsschreibereform" ??? Kan mens siek word daarvan ??
SECRET SQUIRREL het 9 keer probeer om die politiek te verduidelik / uit te
sorteer. (Anglisisme !!)
FERDI - 26 )
GIDEON - 5 ) Is.....Issie.....Dissie so nie....Ek het nie dit
gesê nie.....
LEENDERT - 41 ) Jy het, vra vir XYZ.....ens ens, ens, ens, ad
nauseum.
LOU - 13 )
Julle stouterts - kom was nou die modder van julle hande en gesigte af en
drink dan julle kasterolie.
NUWESANER het sonder om te klop die deur oopgeskop en 34 sielkunde lesings
gelewer. Om die reaksie van sy studente te toets en vir die spaas daarvan,
sommer die brandkrane ook oopgedraai.
PETRUS JONKER is duidelik nog 'n jongeling onder die groentjies. Verbeel
jou - hy probeer 19 keer - sommer op een dag nogal - smous met goedere op
die NG. Ou Peet, teen hierdie tyd moes jy al uitgevind het dis
ONMOONTLIK om selfs 'n mening hier te smous.....................Hou moed.
Gloudina het blykbaar na jou skooladvertensie gaan kyk want sy het dit
herpos. So jou telling skuif op na 20.
Randeier KASSIE / KALLIE (gedink hy's Kaspaas tot en met sy inlywing) - zero
telling.
Shame, ons moes hom seker vertel het waar's die brieke VOORDAT ons die
doringtak onder sy donkie se stert ingedruk het.
Nuweling BEES het blykbaar onttrekkingsimptome ontwikkel nadat hy in die
ribbes gegaffel is.
Sedert 31 Okt net EEN plasing. Nou wonder hy oor die beroering terwyl hy
rustig aan sy ma suip.
Kalfie - jy was regoor die suiptrog toe jou maag laas saamgetrek het - nou
wonder jy nog.
Die van julle wat hierdie keer nie die statistiek gehaal het nie, resorteer
tot die STIL MEERDERHEID waartoe ek nou-nou terugkeer.
Amper vergeet ek. 'Skuus. Behalwe dat dit na 'n normale
familiebyeenkoms begin klink as mens die span opsom, moet ek nog iets kry
waarop ek die statistiek kan toepas. Dis die lekker van statistiek
> Oh ja, aan modder ben ik gewend: ik ben momenteel druk doende om alle
> watergangen van Den Haag voor april 2001 gebaggerd te krijgen. Maar goed
> dat we er niet mee gooien, want meer dan 350.000 m3 geeft heel
wat rommel!
Arthur, verduidelik bietjie meer. Om
die watergange gebaggerd te kry, beteken
dit dat dit ook dieper gemaak gaan word,
of net dat rommel daaruit geneem word.
Het mense vantevore hulle rommel wel in
die water gegooi?
Hierdie plasings het ek eers vandag ontvang. Ek is seker dat daar ook plasings
is wat nooit op my rekenaar verskyn nie. Net in die geval dat iemand 'n
spesifieke kwessie vir my het, stuur dit asseblief ook vir my e-pos adres.