ek sien oom het nie eens ge-rieplaai toe �ther nie. my pa sê hy dink
oom is dood, maar ek sê dit kannie wees nie, anners sou die landbou
weekblad vol gewees het daarvan. ek dink oom is bang vir daai antie
op die nuusgroep.
weet oom, my ma sê sy ken ook vir oom. sy sê die honiball outjie wat
vir die bokke losskakel speel, het oom se stories geskryf. ek sê, met
alle respek ma, selfs oom kaspaas weet daar is meer geld in rugby, as
in stories skryf. vra my. ek dink sy het die bal aan die kat beet,
anders slaat sy hom helemal mis.
in elk geval, my ma sê oom se van is breekwater. sy sê dis 'n skande,
en 'n sonde teen die mensdom. oom moes voor die weeveeka verskyn het
daaroor. my ma is 'n nurs by die hospitaal. sy sê daar is baie nood in
'n hospitaal, daarom dra sy heeldag panne op en af. sy sê oom se van
maak 'n bespotting van 'n vrou se smart en lyding in haar barensnood.
ma' weet oom wat. ek vang toe mos nou die aand daai bybie sitter vas
aan die slaap. toe ek op die plek kom waar daai meisies net so vir jou
lê en loer, toe stap my pa daar in. ek skrik my gaai af, want hy't gesê
hy sal my velle aftrek. weet oom hoe lyk dit. amper soos 'n skaap wat
afgeslag is. ma' toe slaat ek die 'eksit toe dos' knoppie, toe sien my
pa die opstel wat ek vir die skool geskryf het. sien oom hoe flaai is
ek. hy sê dis nie nodig dat ek so laat in die nag tyd aan die akademmit
spandeer nie.
koebaai oom, ek gaan gou weer kyk of daai bybie sitter nog slaap.
(verlangende) hennerietjie
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
On Fri, 13 Nov 1998 00:22:24 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|Amerikaanse vriende het by my rooibostee leer ken, en hul voorraad is nou
|op. Hulle woon in Purcellville, Virginia, 'n uur per motor Wes van
|Washington DC waar hulle dikwels kom.
|
|Weet iemand van 'n plek in Washington of omstreke wat SA produkte soos
|rooibostee verkoop?
|
|Of 'n posbestellingsdiens wat in die VSA sulke produkte lewer?
|
Ons het die volgende een die goedkoopste gevind:
PROTEA IMPORTS
60 COLUMBIA WAY #300
MARKHAM, ONTARIO, L3R 0C9
Nadat ek gister nog 'n Nov. 11 beleef het, en weereens die Queen en die
gewone ou boel presidente en premiers moes aanskoue, het ek net een ding
gewonder. Julle sê almal dankie aan die dooies, en die enkele paar
kanonvoer wat dit oorleef het, maar wat van die Duitse soldate wat ook hier
in grafte lê na 'n oorlog wat ek seker van is, hulle nie voor gevra het nie.
Wie sê vir hulle vandag dankie vir hul offer?? Of gaan Europa vandag nog
gebuk onder die bose Duitser sindroom??
Woestynrot
ek is baie bekommerd oorlat oom sommer so verdwyn het. ek het die
briefie al twee keer vir oom geskryf, maar vanlat die weerlig vir
mweb gebliksem het, gaan my pos nêrens nie. 'skuus vir die taal,
oom, maar my pa sê dis wat gebeur het. hy sê ander goed ook van
mweb, maar my ma sê sy was my mond met seep uit as ek dit sê.
hoekom ek laas geskryf het was oor oom my nog 'ou seun' genoem het.
dit klink vir my so vaderlik. ek wou sê paternalisties, maar weet
nie of 'n mens se mond daarvoor uitgewas kan word nie.
wat ek eintlik wou sê is dat my pa sê hy ken vir oom. hy sê oom was
jare der jare gelede in die landbou weekblad gewees. hy sê oom kon
vreeslik nonsens praat. hy sê oom se str.., e, nonsens pratery het
oom altyd in die moeilikheid by die antie gebring.
my pa kan nie meer haar naam onthou nie, maar hy dink dit was hessie.
toe dink ek ek moet oom waarsku, want hier is ook 'n antie hessie op
die nuusgroep. as oom aanhou nonsens praat soos laas, gaan sy met oom
maak soos die weerlig met mweb gemaak het. en mweb praat nou al twee
weke lank nie. dog ek sê maar net, oom.
oom moet verskoon dat ek in klein letters skryf, maar my pa-hulle
slaap al, en ek wil hulle nie wakker maak met 'n skree�ry nie. my pa
wil nie hê ek moet so laat op die komper werk nie, netnou gaan kyk ek
na die kaal meisies. ek weet nie hoekom warrie hy so nie, want hy het
mos daai bybie sitter program opgesit.
koebaai oom. ek gaan nou eers kyk of daai bybie sitter nie dalk sit en
slaap nie.
hennerietjie
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Miskien kan Hans van Walvisbaai my help met dié een:
So twee weke gelede het 'n groep swaar gewapende Namibiese
soldate die grens na Botswana vanuit Caprivi oorgesteek.
Aanvanklik is gesê hulle is drosters wat nie Kongo toe wil
gaan nie, maar toe doen hulle aansoek om politieke asiel, en
nog ander het gevolg.
Dit blyk nou dat hulle deel is van 'n groep wat hulle beywer
vir afskeiding van die Caprivi. Ek hoor Mnr. Sam Nujoma het
gevra dat die 'terroriste' uitgelewer moet word sodat hulle
kan teregstaan op aanklagte van moord en hoogverraad.
Wat weet jy van hierdie 'Caprivi Bevrydingslëer', Hans? Het
die 'terroriste' enigsins landmyne oorkant die Okavango gaan
plant, of boerdery gebiede in Kavango aangeval? Hoekom beskou
oom Sam hulle as 'terroriste' en nie 'vryheidsvegters' nie?
Smaak my mos julle Namibiërs is 'n snaakse lot!
Terloops, as Caprivi sou afskei, gaan hulle onafhanklik bly,
of deel word van Botswana, of selfs Zambië?