[Verwysend na Noord Amerika]... "'n omgewing waar prestasie gemeet word aan
die tempo waarteen 'n
mens onvervangbare hulpbronne kan verbruik".
Is dit wat jy bedoel het om te se? Indien so, dink jy nie dit is 'n growwe
veralgemening nie?
Moenie my verkeerd verstaan nie. Daar is geen twyfel oor die statistieke
nie - hierdie kontinent van oorvloed verbruik baie meer (per kapita) van
amper enigiets as enige ander plek op aarde. (Met die moontlike uitsondering
van biltong en Castle lager.) . Dit is nie my punt nie.
Die verbruik van hulpbronne, goedere en dienste (oordadig of nie) is die
gevolg van die relatiewe welstand van die gemiddelde Noord-Amerikaner, nie
die doel nie. Die welstand is die gevolg van produktiwiteit, en harde
werk (die gemiddelde jaarlikse vakansie is slegs omtrent twee weke).
Jy sal bekend wees met die idee van "conspicuous consumption". Daar is
natuurlik mense hier wat hulle skuldig maak aan verbruik vir verbruik se
onthalwe. (Net soos daar in Suid-Afrika van die soort vermorsers is; dit
grief my net nog meer in SA omdat dit gedoen word teen die agtergrond van 'n
arm massa.)
Dit is egter 'n growwe veralgemening, en misleidend, en selfs 'n aanduiding
van onkunde oor Noord-Amerika, om hierdie omgewing in die algemeen te
beskryf soos hierbo aangehaal. Die hele NA is nie lyk nie soos Beverley
Hills nie, en ek glo dat die meerderheid van mense hier nie noodwendig
lewenswaardes gebaseer op vermorsing onderskryf nie.
My ondervinding met die mense in my omgewing (wes Kanada) is dat mense baie
bewus is van die natuur en hulle inpak daarop. (Die radikale vernadering van
seisoen tot seisoen, en die "onderdanigheid" van die mens teenoor moeder
natuur - wat in die winter die vermoe het om 'n onvoorbereide persoon binne
minute dood te maak - het daarmee te doen. Meer daaroor in 'n ander bydrae.)
Die meeste mense hier spandeer baie tyd in somer met kampering, fietsry,
visvang en die tipe van ding, en in die winter met ski. Nasionale en
provinsiale parke word teen ontwikkeling beskerm, en meer en meer grond word
daarvoor beskikbaar gestel. (British Columbia het 498 provinsiale parke.)
Ek neem waar dat baie mense hier hulle vullis sorgvuldig sorteer (papier,
glas, plastiek) en dan "recylcle". (Doen jy dit?) Baie mense, selfs welaf
(relatief gesproke) mense hier gee kinderklere, speelgoed en dies meer aan
vir vriende met jonger kinders om verdere verbruik te voorkom. Hier is 'n
goedontwikkelde internetsisteem om tweedehandse goedere (lettterlik
enigiets) te koop en verkoop.
Daar is geen twyfel dat hier baie verbruik, en baie vermosing is nie. Maar
dit word slegs as 'n prestasie-kriterium gesien deur 'n klein, en glo ek, 'n
kleinerwordende persentasie van mense. Ek is ook nie besig om te se dat hier
is minder verbruik of vermorsing as in, byvoorbeeld, SA nie.
Ek se wel dat jou stelling oor die prestasie-meting basies snert is.
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
> Die duiwel se naam was Mandela. Sy werkmetode was moord,
>> verminking en doodslag. Plofstof, pangas en opruiende retoriek was sy
>> instrumente.
>
> Die arme man was in die tronk op
> Robbeneiland na 1964, onthou.
Die "arme man" was in die tronk weens die dade wat hierbo genoem word. Dit
is waarom Amnesty International hom nooit in die kategorie van "prisoner of
conscience" geplaas het nie ten spyte van geweldige druk wat van tyd tot tyd
op hulle geplaas is om dit te doen - hulle moet nou nog steeds by
geleentheid please explain waarom hulle dit geweier het..
>
>
> Ondanks die vele onaanvaarbare dinge wat gedoen is, is ek
>> oortuig daarvan dat, as dit nie vir Verwoerd en kie was nie,
> ons nou in 'n
>> veel erger toestand sou wees
>
> Kan jy asseblief bostaande
> stelling verduidelik Sien onder.
>
>
>> Ek herhaal wat ek al tevore hier gesê het: die NSA is vir my
> 'n veel beter
>> plek as die ou Suid-Afrika, ondanks die vele
> onaanvaarbare dinge wat nou
>> gebeur. Dit beteken egter nie dat ek reken
> dat daar in die ou Suid-Afrika
>> wesenlike alternatiewe was vir die beleidsrigtings
> wat gevolg is nie. Ek is
>> oortuig dat enige van die alternatiewe sou
> gelei het tot veel erger as wat
>> wel gebeur het, en dat ons nou in veel
> erger omstandighede sou wees.
>
> Verduidelik asseblief.
Sien onder.
>>
>> Ek kan sê dat ek daarvan oortuig is omdat ek,
> soos baie ander mense, deur
>> die jare konsekwent gesoek het na
> alternatiewe wat groter geregtigheid vir
>> almal sou bring. Ek glo dat die transformasie
> na die nuwe Suid-Afrika nie
>> moontlik was op enige tydstip vroeër as
> wat dit wel gebeur het nie.
>>
>> Om die waarheid te sê, ek is oortuig dat
> dit die ou Suid-Afrika is, met sy
>> gruwels en
>> al, wat die nuwe een enigsins moontlik
> gemaak het.
>
>
> Natuurlik. Die gruwels van apartheid
> het naderhand so tot die hemel geskree
> dat dit 'n cause celebre geword het,
> en ons hier in die buiteland ons koppe
> in skaamte moes laat hang.
Nee. Die cuase celebre was in belangrike mate 'n skepping van
mense soos jy. Noem, byvoorbeeld, die name van predikante wat "apartheid"
van die preekstoel af aan die algemene lidmaat verkondig het. Of is dit nog
een van die honderde urban legends oor apartheid wat die wêreld vir die
waarheid opslurp?
Die mees gruwelike dinge wat wel gebeur het, het gebeur in die laaste
vyftien jaar - toe daar 'n volskaalse oorlog aan die gang was. Dit is 'n
algemeen
bekende feit dat oorlog omstandighede skep vir gruwels - dit kan jy bevestig
van Katinwoud tot My Lai tot Kossovo.
Skeltaal soos joune en leuenagtige "ikone" soos die een hierbo wat jy so
ywerig verkondig blaas die oorlogpsigose aan.
> Dis danksy
> die apartheidsvarke dat vryheidsvegters
> die oorhand kon kry en nou regeer. Die
> alternatief moes gewees het - die skandaal
> van apartheid moes nooit bestaan het nie,
> en die land moes deur 'n stadige ordelike
> ewolusie na groter demokrasie beweeg het.
Jou laaste sin hierbo is die antwoord op jou vrae boontoe. Jy sê dat "die
land moes deur 'n stadige ordelike ewolusie na groter demokrasie beweeg
het".
Hernman Gilliomee (wie se reputasie vir teenstand teen apartheid onkreukbaar
is) het al herhaaldelik verduidelik dat die "fond wishes" wat jy hierbo
uitspreek 'n baie onwaarskynlike alternatief was vir dit wat wel gebeur het.
Hy gee sy eie redes daarvoor, gebasseer op die beleidsrigtings wat die ANC
in daardie tyd voorgestaan het, sowel as die geweldige druk wat
soviet-ekspansionisme in hierdie wêrelddeel veroorsaak het - jy sien, albei
van hulle het _revolusie_ as basiese uitgangspunt gehad, en nie ewolusie
nie.
Maar kom ons laat Gilliomee se analises 'n oomblik links en kyk meer
oppervlakkig na die moontlikhede vir 'n ewolusionêre ontwikkeling en
sosio-ekonomiese sukses in die Afrika van die afgelope vyftig jaar, as
speelplek van die groot moondhede:
1) Ethiopië, met die uitsondering van 'n paar jaar okkupasie deur Italië
onder Mossulini, is die engiste Afrikaland wat nooit gekolonialiseer is nie.
Dit het 'n geskrewe geskiedenis en 'n gevorderde beskawing van duisende jare
wat in hierdie tyd die slagoffer was van revolusie. Ethiopië het, in die
laaste stuiptrekkings van die koue oorlog die simbool geword van oorlog,
ethnic cleansing, en hongersnood. Die Joodse gemeenskap van Ethiopië was
duisende jare oud, en etnies volkome ge-assimileer met die
Afrika-gemeenskappe tot so 'n mate dat hulle selfs geneties nie
onderskeibaar is nie. Daardie gemeenskap het die slagoffer geword van
revolusie. Dit wat daarvan oor is is nou in Israel. Die kultuurskatte van
die Ethiopiërs is in die afgelope twintig jaar versprei oor die wêreld. Ek
was in die laat sewentigs op 'n skip wat in _Wes_ -Afrika 'n handelaar met
sy vrag eeue-oue ge-illumineerde Ethiopiese Koptiese Bybels aanboord geneem
het.
2) Liberië was sedert die begin van hierdie eeu onafhanklik, onder beheer
van teruggekeerde "afro-americans", skatryk aan olie en met 'n
gesofistikeerde ekonomie. Die perfekte scenario vir ewolusionêre
ontwikkeling. Gaan kyk maar na die toestand waarin die koue oorlog Liberië
gelaat het.
3) 'n Vroeë implementering van Ubuntu was Nyerere se Ujamaa. Dit was Ubuntu
in die dampkring van Mao se idees oor revolusie. Gaan kyk gerus wat die
effek was op die produksie van voedsel en op die hele ekonomie van Tanzanië.
Dit was die ekonomiese beleidsrigtings wat die ANC in die 50's en 60's in SA
wou implementeer.
4) Botswana word allerweë voorgehou as die _een_ Afrikaland wat stabiliteit
en relatiewe ekonomiese welvaart bereik het en hierdie tyd. Botswana is ook
die enigste Afrikaland van redelike omvang wat oor 'n homogene bevolking en
kultuur beskik. Die land is ook feitlik volledig beset deur die Britte en
die Amerikaners om hulle veilig aan die "regte kant" van die koue oorlog te
hou. Daarbenewens is die Tswana bekend vir hul relatiewe vredeliewendheid en
verdraagsaamheid (hulle spog self daarmee). Daar was geen beduidende
ontevrede minderhede wat deur die ander kant in die koue oorlog uitgebuit
kon word nie.
5) Mugabe se revolusie net Noord van ons het sy land, na sy eie opisodes van
ethnic cleansing waarin tienduisende vermoor is, gebring tot die punt waar
waarnemers verwag dat dit enige oomblik in duie kan stort. Kommentators
waarsku teen die golf vlugtelinge wat reeds besig is om SA uit Zimbabwe te
bedreig.
6) Mens kan aangaan, en aangaan. Ons hoef nie eens te praat van die
Amin's die Bokassa's en die laaste kêrel in die Congo nie (wat was sy naam
nou weer?)
Nee, Gloudina. Afrika in die afgelope fyftig jaar was geen gunstige
teelaarde vir ewolusionêre verandering nie. Revolusies van elke soort,
ywerig gestook deur die groot moondhede vir hul eie doeleindes, was aan die
orde van die dag.
Maar kom ons kyk na die optrede van die ANC-regering in SA sedert 1990.
Onthou, dis nadat hulle reeds hul groot steunbasis in die soviet-unie
verloor het:
Ek het in 1992 nog by 'n konverensie na 'n toespraak van Harold Wolpe
geluister (Harold Wolpe, onthou, Mandela se groot pel uit Rivonia - een van
die wat weggekom het) waarin hy hartstogtelik gepleit het dat die klassieke
revolusionêre beleid gevolg moet word - alle ou strukture moet tot in die
grond afgebreek word, anders kan die nuwe nooit ontstaan nie. Hy het verwys
na universiteite. Dit was dieselfde goed wat hy in die vyftigerjare gepreek
het. Kan jy jou voorstel hoe hy dit sou kon implementeer met die steun van
Chroestoff?
Dit is algemeen bekend dat die ANC eers in ongeveer 1993 afgesien het van
die Ujamaa-tipe revolusionêre sosialisme - en die enigste rede waarom hulle
dit gedoen het was enersyds omdat hulle nie meer 'n sosialistiese
soviet-unie as borge gehad het nie en andersyds omdat die Wêreldbank, die
IMF, en waarskynlik ook Jesse Jackson dit vir hulle duidelik gemaak het dat
hulle geen steun sou kon verwag as hulle so aangaan nie.
Onder die ANC het die SA arbeidsmag verander tot een van die duurste in die
wêreld - weens die arbeidsbeleid wat hulle implementeer. Die Duitse kamer
van koophandel het verlede week vir Mbeki verduidelik dat hy beleggings uit
die buiteland op sy maag kan skryf as dit nie verander nie. Net 'n maand of
wat tevore het die Amrekiaanse kamer van koophandel dieselfde gesê. Mbeki
het 'n tantrum gegooi en die media blameer. Maar die arbeidsbeleid wat hulle
nou volg is 'n vulletjie teen dit waarvoor hulle in die vyftigerjare gestaak
het. Maar in die vyftigerjare sou hulle nie omgegee het nie, want die
soviet-unie sou die mees drastiese gevolge van 'n vervalle ekonomie vir
hulle met salfies help verberg het, soos hy dekades lank vir Kuba gedoen
het. Soos Kuba, sou ons nou met die gevolge (en die massiewe bevolking van
vlugtelinge in die VSA) gekonfronteer gewees het.
Mandela, "die arme man" wat weens sy geweldsmisdade in die tronk geland het,
lieg openlik onder eed in 'n hof oor 'n _SPORT_ -aangeleentheid. Maar mense
soos jy glo die mooi praatjies van mensliewendheid wat hy in die vyftigs
gemaak het terwyl hy besig was om sabotasie en terreur te saai.
In 1998 stel die ANC 'n uitsaaibeleid voor wat die bedryf van 'n radiostasie
onmoontlik sou maak vir enige groep met 'n bepaalde standpunt. Swart
joernaliste word deur Mandela en Mbeki self as verraaiers uitgekryt wat
gatkruip by die wit base wanneer hulle die ANC regering kritiseer. Die
Sekretaris-Generaal van die ANC verseker ons dat die Sunday Times se
redaksionele beleid meer aanvaarbaar vir die ANC sal word as die nuwe wet op
"billike indiensneming" eers begin byt. Hoe dink jy sou dit in die 50's en
60's gegaan het as die ANC toe hierdie beleid kom implementeer in 'n wêreld
waar staatsbeheerd oor alle media die norm was van die groot borge van die
ANC. Op 'n kontinent waar staatsbeheer oor alle media vandag nog die norm is
as mens die verslae van organisasies vir persvryheid lees?
Die ANC sentraliseer regeringsgesag hand oor hand, en nou ook op die vlak
van plaaslike regering wat gesentraliseer moet word tot "megastede". Die
inspraak van burgers en aanspreekliklheid van amptenare word daardeur
feitlik vernietig - veral as die burger nie 'n ondersteuner van die
meerderheidsparty is nie. Kan jy jou voorstel hoe dit sou gaan onder die
tutelage van die sentralistiese soviet-unie?
Sedert 1994 het die ANC tienduisende onderwysers afgedank, en daar kom nog.
Hulle het tientalle onderwyskolleges gesluit, en daar kom nog. Hul
onderwysbeleid is deur Allister Sparks beskryf as 'n erger skending van
menseregte as wat Bantu Education ooit was. Hoekom? Ek verstaan dit
eenvoudig nie. Nadat hulle vir dekades jermiades oor die wêreld versprei het
oor die ontoereikende onderwys in die land. Die enigste rasionele verklaring
is dat hulle besig is om Harold Wolpe se beleidsvoorskrifte uit die
vyftigerjare toe te pas. Ek kan my voorstel hoe verwoed hulle dit sou gedoen
het met die ondersteuning van die onderwysestablishment van die soviet-unie
en Oos-Europa - alhoewel Pol Pot se anti-intellektualisme miskien nader aan
hul huidige praktyk is.
"Gruwels van apartheid" krys jy, krys jy, krys jy. Van mense wat in tronke
doodgeslaan is. Wat noem jy die feit dat mense nou in daardie selfde tronke
doodgeslaan word, teen 'n tempo wat lyk asof dit hoër is as ooit? Verhef jy
jou stem daarteen? Sien jy dit op CNN, hoor jy dit op VOA of BBC? Lees jy
dit in die Washington Post (of selfs die Washington Times)? Hoe dink jy sou
dit dan gegaan het met die staatsbeheerde media in 'n eenpartystaat wat
sekerlik die vrugte sou gewees het van die revolusie wat die ANC gestook het
in die sestigs?
Nee, Gloudina. Die globaliserende wêreld van die laat negentigs is
waarskynlik die mees ongunstige omgewing ooit vir die totalitêre idees van
Chroestoff se Moskou, maar die ANC probeer sy bes om so veel as moontlik
daarvan te implementeer. As hulle die mag gekry het op enige punt tussen
1950 en 1980 was ons nou in die toestand van Albanië.
> Nee wat, Leendert, jy het net Verwoerd
> en Kie om te bedank vir al die dinge wat
> jy nou haat in die nuwe bedeling. Laat
> weet dit so nou en dan vir Betsie.
Inteendeel. As jy wil weet hoe SA sou wees sonder apartheid, dink ek jy moet
kyk na Kuba - as die best case scenario. Congo as die worst case. Tanzanië
as 'n waarskynlike. Ek reken, as ons nie apartheid hier gehad het nie, sou
jy ook maar in Kanada gesit het, soos die grootste deel van Tanzanié se
wittes en Indiërs, en 'n aansienlike deel van hul swartes. Al verskil is, ek
sou heel moontlik ook daar gewees het, en 'n baie groot deel van die SA
bevolking.
Die getalle exiles (van alle rasse) wat onder apartheid ontstaan het, is 'n
vulletjie teen die getal exiles (van alle rasse - 'n Maleiergesin wat ek in
die Kaap geken het is verlede week permanent na die VSA) wat ons NOU REEDS
onder die ANC se bewind in die buiteland het. Hoor weer: Die getalle exiles
onder apartheid was tienduisende. Nou is dit honderdduisende.
> En vertel
> vir PW om op te pas vir Engeland toe gaan.
> Die beste is om nie 'n voet buite SA te sit
> nie (waar die ou skender van menseregte
> blykbaar toegelaat word om te kekkel soveel
> hy wil.)
Ek dink nie hy stel vreeslik belang nie. Die ouens wat klaarblyk bang is, is
Mbeki en sy maatjies, wat ook nie amnestie kan kry vir hul
menseregteskendings nie. Dis nou as mens moet aflei van hul reuse-weerstand
teen die WVK se bevinding dat hulle skuldig is aan growwe
menseregteskenings. Hulle is klaarblyklik bang dat hulle gearresteer word op
Gatwick.
Het jy ooit jou stem verhef teen hulle menseregteskendings, Gloudina? Doen
jy dit nou, of probeer jy dit verdoesel deur leuens te skreeu en te skreeu
en te skreeu teen mense in kerke?
Dit was die tegniek van die varke in Animal Farm. Om leuens te herhaal
totdat almal dit glo. Om iets wat iewers waarheid in het te kweek in 'n
kultuur van haat totdat hulle almal daarmee kan besmeer. As jy nou nog nie
die naam kon noem van 'n predikant wat "apartheid" vn die preekstoel af
verkondig het nie, kon dit geensins die algemene verskynsel gewees het wat
jy wou voorgee en waarmee jy elke lidmaat van die NG-kerk beswadder het nie.
Dit is dieselfde beswadderingstegniek wat oorle Sizwe hier uitgehaal het
deur te beweer dat Afrikaners geneë is om te luister na prul soos die
apokriewe "boodskap" van PW Botha wat hy hier op die nuusgroep geplaas het.
Stories soos joune en Sizwe s'n is die hoofbron van die cause celebre waarop
jy in jou hatige gemoed so versot is, Gloudina. Dit is perfekte voorbeelde
van die atmosfeer van leuenagtige propaganda teen Afrikaners wat hulle
omgeef - nie net sedert 1948 nie. Jy kry dieselfde soort stellings in die
Britse kabinet 'n eeu gelede en elders lank voor dit. Maar jy en die Sizwes
van die wêreld het dit verhef tot ongekende hoogtes.
Ek het in Europa gesien hoe die mense gril oor die boosheid van die boer -
stories soos joune en Sizwe s'n. Dan skakel hulle oor na die sepieskanaal en
gril net so lekker vir die vuige streke van JR Ewing en Alexis Carrington.
Die WVK het vele van hierdie urban legends tot "waarheid" verhef (wat anders
moet ons verwag as die eerbiedwaardige Biskop Tutu in sy inleiding tot sy
verslag 'n stelling kwytraak soos "Racism came to South Africa in 1652".
Watter uiters rassisitiese stelling! Gelukkig ontbloot dit sy vertrekpunt
net so duidelik - dit maak nie saak of 'n stelling gegrond kan word nie, so
lank dit op die boere braak.)
Verbaas dit jou dat baie Afrikaners later niks kon glo wat hulle van jou en
jou soort hoor nie? Verbaas dit jou dat so baie van hulle doof en blind
geword het? Hoe durf jy mense bombardeer met leuens en hulle dan verkwalik
as hulle nie meer luister nie?
Dit het in Animal Farm ook gebeur. Die boer teen wie hulle oorspronklik in
opstand gekom het was geen engel nie. Maar die varke het die boosheid
verduisendvoudig en daar nuwe dimensies aan gegee.
Jou skel krete, Gloudina, saam met die van die Sizwes en die WVK is besig om
Afrikaners van vooraf doof te maak.
Amerikaanse vriende het by my rooibostee leer ken, en hul voorraad is nou
op. Hulle woon in Purcellville, Virginia, 'n uur per motor Wes van
Washington DC waar hulle dikwels kom.
Weet iemand van 'n plek in Washington of omstreke wat SA produkte soos
rooibostee verkoop?
Of 'n posbestellingsdiens wat in die VSA sulke produkte lewer?
(Ek sien nie daarna uit om elke paar maande kospakkies van die VSA te stuur
nie :-)
lyk my my pa was reg, die weerlig of die antie het vir oom ge-mweb,
en nou is oom oorle. nogal jammer, want ek het 'n lekker storie wat
ek oom wil vertel. daar is selfs mense wat dink oom is my pa. seker
ook ge-mweb, maar ek weet nie of daar weerlig oorsee is nie.
laas week was mos die karriebeker finaal, toe kom kyk oom hansie
hier by my pa. nee, nie oom hans van walvisbaai nie, hulle het
moeilikheid met terroriste. oom hansie vannie pênnelbieters.
my pa sê toe ek moet oppie tiewie in die kamer loop kyk, want hulle wil
gesels en brannewyn en kouk drink. ma' dis stoepid, oom. wie wil nou
vir die grys bulle op 'n swart en wit tiewie kyk. toe loer ek maar
skelm van agter die gordyn. dis toe lat ek die storie hoor.
my pa sê jare der jare gelede het niel aamstrong glo gesê 'wan smol
step fô men, wan djaaient liep fô menkaaind' toe hy voet aan wal oppie
maan gesit het. my pa sê dis vekeerd, want dit beteken dieselfde. hy
sê toe daai oom terug klim op sy skip, het hy glo gesê 'ghoed lak
mister ghoerofskie'.
toe wil ammal weet wie is mister ghoerofskie, ma' oom niel willie sê
nie. tot die week vantevore, toe praat hy met die koerante. hy sê
mister ghoerofskie is nou dood, hy kan maar vertel.
hy sê toe hy so groot soos ek was, toe speel hy en sy boetie met 'n
bal, toe skop hulle hom oor die heining tot in mister ghoerofskie se
jaart, en hy moet hom loop haal. toe hy onder die slaapkamer venster
staan, toe hoor hy die antie sê 'orrel sieks, djoel ghet orrel sieks
wên de boi neks dor wôlks on de moen'.
oom hansie het baie gelag, maar ek verstaan dit nie, oom. in ons kerk
is net een orrel met baie pype. die ander orrel is die outjie wat sing,
ma' my pa sê hy is so 'n agtermekaar kêrel, hy weet niks van sieks af
nie. smaak my hy was maar stoepid met somme.
oom, ek is toe nou die aand weer verby daai bybie sitter. die keer het
my pa vas geslaap. weet oom hoe baie honger mense en kannibale in die
wêreld is. ek het met my eie oë gesien hoe daai mense mekaar lewendig
vreet soos wat 'n hotnosgod met 'n skoenlapper maak.
my pa vat ons die naweek na 'n wildsplaas toe oom. ma' dit gaan niks
lekker wees nie, want die grootmense sit net en syp, en dan vertel hulle
str.., e, nonsens stories oom.
ghoed lak, oom kaspaas, en as oom nou nie 'n slag terug skryf nie, weet
ek nie of ek moet aanhou om met myself te sit en gesels nie.
> Maar wanneer ons in die hysbakke die weer bespreek (iets wat vir die deursnee Kanadees 'n heilige plig is),
> dan is die algemene wysheid dat dit nie 'n baie koue of lang winter hierdie jaar hier by ons in die oostelike
> deel van Ontario gaan wees nie.
Wel, my persoonlike weerkundige (kollega by die werk) reken Alberta is in
vir 'n ding die winter. Hy baseer sy voorpellings op bewer-gedrag. Hoe
groter hulle skuilings, hoe swaarder die winter. Hy reken Alberta is in vir
'n winter van "so 8 [uit 10] op die bewerskaal".
Ek is maar bietjie skepties oor enige voorspelling van weer meer as so 14
dae in die toekoms, wetenskaplik of nie. (Vandag se weer in hier is goed
verkeerd voorspel - gister!)
Volgens al die weerkundiges op die weerkanale en
ook die Farmer's Almanack sou die winter hierdie
jaar vroeg opdaag en laat bly. Volgens die weerkundiges
sou dit die gevolg wees van die invloed van La Nina.
Maar wanneer ons in die hysbakke die weer bespreek
(iets wat vir die deursnee Kanadees 'n heilige plig is),
dan is die algemene wysheid dat dit nie 'n baie koue
of lang winter hierdie jaar hier by ons in die oostelike
deel van Ontario gaan wees nie. Hoekom nie? Omdat
die "bye" (nie heuningbye nie, maar "hornets") se neste
baie na aan die grond is. Die wurms, waar die mense
in hulle tuine spit om die bolplante in te sit vir volgende
lente, is blykbaar ook baie na aan die oppervlakte.
Sover, moet ek sê, blyk dit of die wurms en die bye
nogal iets weet wat die weerkundiges nie weet nie. Ons
het nog nie een sneeuvlokkie hier in Ottawa gesien nie.
Nou wil ek weet: hoe op aarde weet 'n perdeby in die
somer hoe hoog die sneeu gaan wees?( Iets wat vir haar
belangrik is, want sy moet haar nageslag hoog genoeg
plaas dat dit nie in die sneeu en nat tot niet gaan nie.)
Hoe weet 'n wurm hoe koud die winter gaan wees,
dus hoe diep in die aarde in dit gaan vries?
Dit is wel 'n swaar winter veral in die weste van die
Noord-Amerikaanse vasteland. Dit sneeu al vir meer as
'n maand in die Rockies en omgewing, en sommer baie
ver suid ook. Verlede week was daar sneeustorms wat
die Midde-weste vir 'n dag of wat lamgelê het. Maar
hier by ons wil dit net nie soos winter lyk nie.
Ek het al in ander dele van Kanada agtergekom dat
die man in die straat 'n ander soort weerkunde navolg
as wat 'n mens op televisie sien. Hulle weet hoe die
temperatuur gaan uitdraai deur na die patroon van die
wolke te kyk. Of hulle bestudeer die manier waarop die
wind waai en uit watter rigting hy waai. Hierdie wysheid
het hulle seker geleer van geslagte se oorlewerings en baie
daarvan was heelwaarskynlik algemene kennis vir die
verskillende inheemse stamme wat hier gebly het voordat
die mense uit Europa opgedaag het. (Die mense uit Europa
is geneig om dinge oor die weer te glo wat in Engeland van
toepassing is, maar nie hier nie. Soos "if winter comes in
like a lion it will go out like a lamb." En "sun at seven,
rain at eleven" en omgekeerd.)
Waar ek in Suid-Afrika grootgeword het, dink ek nie
daar was so 'n kompulsie om te wil weet of dit 'n kort of
'n lang winter gaan wees nie. Ek weet dat my pa eenkeer
gesê het dat in sy leeftyd die tydstip wanneer die druiwe
ryp is om geoes te word vir die maak van rosyntjies
sowat twee weke later verskuif het. En ons kon ook aan
die waai van die westewind en die noordewind weet
watter soort weer ons in die volgende paar dae kon verwag,
veral in die somer. Maar ek dink nie ek het ooit my pa hoor
voorspel dat dit daardie spesifieke jaar 'n lang of kort winter
gaan wees nie.
Dit wil mos almedeer vir my lyk oom Kaspaas willie met jou praatie en nou
jaag jou pa ennie anner oompie Hans jou ook nog weg. Dit lyk vir my jys 'n
slim seun vir jou saais - nou sal hierie oom so biekie na jou kyk. Ons
paens en maens het ok so met ons gemaak en wat die onnerwysers nie deer ons
g. boude na ons bryns toe gemo geslaat hettie, moes ons ok mar so ommie
hoeke geleer het.
Die stasiemeester hulle het net een seuntjie gehat en hulle het gesê dis
oukei, hy kan maar tanne tel saam met die grootmense omlat hy altyd so skoon
aangetrek was met gekamde hare. Dis seker hoekom darie outjie later
weggestuur is en toe hy trugkom, toe dra hy 'n wit jas en 'n bril en hy gee
die mense inspytings wanner hulle siek word.
Dis darie gesypery voor die tiewie wat maak lat die oues agterna so stry oor
wat alles innie game gebeer het. Ek het ok die game gekyk mar ek het vergeet
om brannewyn voorie tyd te koop. Is die wat ek kan vertel darie ref het
defnitief TWEE oge - ek het dit SELF oppie tiewie dit gesien mar perty van
my pêlle sê dissie waar nie. Die ref het net een oog, seg hulle, maar die
tiewie lieg nie - ek het gesien hoe hy altwee oge beweeg het. En ek weet 'n
glasoog kannie draai nie want oom Boerbobbejaan Vannermerwe wat langs ons
gebly het, het so 'n glasoog gehad. Hy het altyd as hy dorp toe gaan die
glasoog op sy baaisiekel se karrier gelos. Dan het niemand sy goeters of
die baaisiekel gesteel nie.
As jille wildplaas toe gaan en jou pa en sy pêlle raak so gesyp, moet jy
mooi na hille stories lyster. Anners sal jy nooit weet watse gevaarlike
plek die jagveld issie. Ek het al met my eie ore gehoor lat 'n rooibok
darem nie so sonner handskoene getêkkel kan word nie mar ek wassie by nie en
toe die ou dit vir ons vertel het, was ons derde bottel ok al leeg.
Maar jy moenie alles glo wat hille vertel nie want toe ek nog klein was in
1946 net na die groot oorlog het my pa en oom Piet Hanekam my eendag
saamgeneem toe hille gaan vleis soek het vir die hys. Ons het met my pa
se Dodge gery want oom Piet se Merkerie se bande was te glad om te ry en oom
Piet het sy Lemetford gevat want dit was minner ytgeskiet as my pa se sewe
nege Mouser en bytendien het my pa okkie petrone virrie Mouser meer
gehattie.
Karibib hettie darie tyd 'n slaghys gehattie en almal het maar hulle vleisie
in die veld gan kry. Ons kry toe 'n gensbok mar net toe oom Piet skiet,
toe hik hy ok mar gelikkig skiet hy die ding se rug af en daar sit die
gensbok toe vir ons en kyk. Oom Piet sê toe ,nee, ons kannie nog 'n
patroon op hom mors nie - kom ons sny sy keel af en my pa praat toe iets van
gatte sien mar oom Piet willie hoor nie en haal toe sy Josef Rogers yt en
begin naderstap.
Die gensbok waai toe het sy horings na oom Piet toe maar in plaas daarvan
dat oom Piet toe die horings gryp en die ding se keel afsny, spring oom Piet
trug en hy praat vreeslik lelik, Maar dit was seker omlat die gensbok oom
Piet se hele broek voor oopgesny het en al die gulpsknope afgeruk het. Ons
kon okkie al die gulpsknope weer agterna kry nie. My pa het toe die
gensbok met oom Piet se Lemetford doodgeskiet - reg voor die kop.
Trug oppie die dorp het my pa en oom Piet eers gestop by darie outjie met sy
wit jas en toe is ons na ons eie huis toe waar my pa vir oom Piet 'n anner
broek gegee het. Ek dink tant Lillie sou kwaad gewees het as sy oom Piet
se stukkende broek gesien het. Maar ek dink oom Piet moes liewers 'n nuwe
broek gekoop het want hy moes ryker as ons anner gewees het. Hoe ek dit
weet is dat my pa die aand vir my ma gesê het dat die witjas oukie darem oom
Piet se juwele gered het. So, hy moes geld gehad het. Maar hoekom pa en
ma so baie gelag het, dit weet ek nie want dis nie vir my snaaks as iemand
ryker as ek is nie.
Maar wat vir my snaaks is, is lat my pa en oom Piet altyd net vir anner
mense vertel het dit was 'n kopskoot. Nou weet ek hoekom die oumense altyd
die kinners uit die geselskap verwiller wanner hulle met die veldstories
begin want hulle het ok mar stoeipid goeters aangejaag.
ek sien oom het nie eens ge-rieplaai toe �ther nie. my pa sê hy dink
oom is dood, maar ek sê dit kannie wees nie, anners sou die landbou
weekblad vol gewees het daarvan. ek dink oom is bang vir daai antie
op die nuusgroep.
weet oom, my ma sê sy ken ook vir oom. sy sê die honiball outjie wat
vir die bokke losskakel speel, het oom se stories geskryf. ek sê, met
alle respek ma, selfs oom kaspaas weet daar is meer geld in rugby, as
in stories skryf. vra my. ek dink sy het die bal aan die kat beet,
anders slaat sy hom helemal mis.
in elk geval, my ma sê oom se van is breekwater. sy sê dis 'n skande,
en 'n sonde teen die mensdom. oom moes voor die weeveeka verskyn het
daaroor. my ma is 'n nurs by die hospitaal. sy sê daar is baie nood in
'n hospitaal, daarom dra sy heeldag panne op en af. sy sê oom se van
maak 'n bespotting van 'n vrou se smart en lyding in haar barensnood.
ma' weet oom wat. ek vang toe mos nou die aand daai bybie sitter vas
aan die slaap. toe ek op die plek kom waar daai meisies net so vir jou
lê en loer, toe stap my pa daar in. ek skrik my gaai af, want hy't gesê
hy sal my velle aftrek. weet oom hoe lyk dit. amper soos 'n skaap wat
afgeslag is. ma' toe slaat ek die 'eksit toe dos' knoppie, toe sien my
pa die opstel wat ek vir die skool geskryf het. sien oom hoe flaai is
ek. hy sê dis nie nodig dat ek so laat in die nag tyd aan die akademmit
spandeer nie.
koebaai oom, ek gaan gou weer kyk of daai bybie sitter nog slaap.
(verlangende) hennerietjie
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own