Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: *Blackouts back as Eskom caught off-guard by shock cooling*

Vr., 06 Junie 2008 07:45

On Thu, 5 Jun 2008 15:10:06 +0200, "Torreke" wrote:

> *Blackouts back as Eskom caught off-guard by shock cooling*
>
> JOHANNESBURG. A week after announcing that load shedding would be
> halted, Eskom says an unexpected change in the Earth's axis has plunged
> the country into a time of cold and darkness, prompting possible future
> power cuts.

Yep. Woensdagaand so halfnege to is alles af. Onaangekondig - soos
gewoonlik.

En toe ek City Power probeer bel, het hulle die skakelbord afgeskakel
of iets wat dit bly beset.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Slide weg van Bokke....?

Vr., 06 Junie 2008 07:44

Skokke tref Bokke
Jun 06 2008 07:01:04:840AM - (SA)

# Skok 2: Peter skop Bok uit 'ná braai'

Cobus Claassen

SA Rugby het gisteraand woedend gereageer nadat die nuwe
Springbokstut, Brian Mujati (23), betrek is by bewerings dat sy pa in
2003 'n Zimbabwiese boer se plaas onwettig onteien het.

Die boer, Tienie Martin, was op sy dag self bestem om vir die Bokke te
speel.

Die herrie kom nadat The Zimbabwean, een van Zimbabwe se min
onafhanklike koerante, oor dié beweerde vergrype berig het en die
bewerings ook op die internet die ronde gedoen het.

Mujati maak sy Springbok-debuut môre in die toets teen Wallis in
Bloemfontein nadat hy sy plek met kookwater-rugby vir die Stormers in
vanjaar se Super14-reeks oopgespeel het.

'n Brief waarin vertel word hoe Mujati jr. se pa, Joseph, in 2003 die
familieplaas van Martin, 'n voormalige losskakel van die destydse
Rhodesië, beset het, is vandeesweek op die internet versprei.

Pieter Jordaan berig mnr. Andy Colquhoun, SA Rugby se
kommunikasiebestuurder, het gesę daar is geen aantygings teen Mujati
jr. nie en hy beskou "die poging om hom by die beweerde sondes van sy
pa te betrek as benede kritiek".

"Sover dit SA Rugby aangaan, is dit 'n swak poging om die naam van 'n
Springbok swart te smeer op 'n dag wat een van die onvergeetlikstes
van sy lewe moet wees."

Tienie Martin, wat die Junior Springbokke en SA Gazelle verteenwoordig
het, is in 1968 gekies om saam met die Springbokke in Frankryk te gaan
toer, maar moes hom weens 'n besering onttrek.

Mnr. Hannes Wessels, 'n jare lange vriend van Martin, het gister aan
Beeld gesę hý het Martin "omgepraat om sy storie te vertel".

Wessels, 'n Zimbabwiër wat drie jaar gelede na Suid-Afrika geďmmigreer
het, sę hy en Martin se dogter, Shelly, het die brief vroeër geskryf
waarna hy dit verlede maand begin sirkuleer het.

In die brief word vertel hoe Mujati sr., glo 'n groot
Zanu-PF-ondersteuner, op 8 Desember 2003 saam met jeugdiges op die
Martins se plaas, Tiny Farm, in die Inyazura-distrik opgedaag het.

Hy het glo 'n brief aan Martin oorhandig waarin hy meegedeel is dat
Mujati sr. die plaas onmiddellik oorneem.

Martin en sy gesin het die volgende oggend begin trek. Mujati-hulle
het die plaashuis, wat 80 jaar in die Martin-familie se besit was, glo
begin plunder terwyl die Martins nog gepak het.

Mujati sr. bly glo steeds, ondanks twee interdikte teen hom, op die
plaas.

Mnr. Roy Bennett, MDC-woordvoerder, het gister gesę hy weet van die
brief. "Ek ken Tienie en kan bevestig dat dit wat in die brief staan,
100% korrek is."

Bennett meen Mujati jr. "moet die eerbare ding doen en dit wat sy pa
gedoen het, óf afkeur óf goedkeur".

Wessels sę Martin wil Mujati jr. nie te na kom nie.

"Trouens, hy wens hom alles van die beste toe in die brief."

Wessels meen Mujati jr. sal nie net kan stilbly nie. "Ek het simpatie
met hom, maar ek is ook jammer vir die duisende boere wie se lewens so
wreed ontwrig is. Hy gaan kuier immers nog op sy pa se onwettige
plaas."

Hy sê Martin en sy vrou, Charlotte, wat deesdae 'n meenthuis in Harare
huur, is skrikkerig "om 'n groot ding daarvan te maak" uit vrees vir
moontlike gevolge wat dit vir hulle kan inhou. Volgens Wessels probeer
Martin steeds vergeefs om met Mujati sr. te onderhandel.

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Kwalifiseer hy as apartheidsvark? (skok!!! Hys dan swart!!)

Vr., 06 Junie 2008 07:34

Skokke tref Bokke
Jun 06 2008 07:01:04:840AM - (SA)

# Skok 2: Peter skop Bok uit 'ná braai'

Cobus Claassen

SA Rugby het gisteraand woedend gereageer nadat die nuwe
Springbokstut, Brian Mujati (23), betrek is by bewerings dat sy pa in
2003 'n Zimbabwiese boer se plaas onwettig onteien het.

Die boer, Tienie Martin, was op sy dag self bestem om vir die Bokke te
speel.

Die herrie kom nadat The Zimbabwean, een van Zimbabwe se min
onafhanklike koerante, oor dié beweerde vergrype berig het en die
bewerings ook op die internet die ronde gedoen het.

Mujati maak sy Springbok-debuut môre in die toets teen Wallis in
Bloemfontein nadat hy sy plek met kookwater-rugby vir die Stormers in
vanjaar se Super14-reeks oopgespeel het.

'n Brief waarin vertel word hoe Mujati jr. se pa, Joseph, in 2003 die
familieplaas van Martin, 'n voormalige losskakel van die destydse
Rhodesië, beset het, is vandeesweek op die internet versprei.

Pieter Jordaan berig mnr. Andy Colquhoun, SA Rugby se
kommunikasiebestuurder, het gesê daar is geen aantygings teen Mujati
jr. nie en hy beskou “die poging om hom by die beweerde sondes van sy
pa te betrek as benede kritiek”.

“Sover dit SA Rugby aangaan, is dit 'n swak poging om die naam van 'n
Springbok swart te smeer op 'n dag wat een van die onvergeetlikstes
van sy lewe moet wees.”

Tienie Martin, wat die Junior Springbokke en SA Gazelle verteenwoordig
het, is in 1968 gekies om saam met die Springbokke in Frankryk te gaan
toer, maar moes hom weens 'n besering onttrek.

Mnr. Hannes Wessels, 'n jare lange vriend van Martin, het gister aan
Beeld gesê hý het Martin “omgepraat om sy storie te vertel”.

Wessels, 'n Zimbabwiër wat drie jaar gelede na Suid-Afrika geïmmigreer
het, sê hy en Martin se dogter, Shelly, het die brief vroeër geskryf
waarna hy dit verlede maand begin sirkuleer het.

In die brief word vertel hoe Mujati sr., glo 'n groot
Zanu-PF-ondersteuner, op 8 Desember 2003 saam met jeugdiges op die
Martins se plaas, Tiny Farm, in die Inyazura-distrik opgedaag het.

Hy het glo 'n brief aan Martin oorhandig waarin hy meegedeel is dat
Mujati sr. die plaas onmiddellik oorneem.

Martin en sy gesin het die volgende oggend begin trek. Mujati-hulle
het die plaashuis, wat 80 jaar in die Martin-familie se besit was, glo
begin plunder terwyl die Martins nog gepak het.

Mujati sr. bly glo steeds, ondanks twee interdikte teen hom, op die
plaas.

Mnr. Roy Bennett, MDC-woordvoerder, het gister gesê hy weet van die
brief. “Ek ken Tienie en kan bevestig dat dit wat in die brief staan,
100% korrek is.”

Bennett meen Mujati jr. “moet die eerbare ding doen en dit wat sy pa
gedoen het, óf afkeur óf goedkeur”.

Wessels sê Martin wil Mujati jr. nie te na kom nie.

“Trouens, hy wens hom alles van die beste toe in die brief.”

Wessels meen Mujati jr. sal nie net kan stilbly nie. “Ek het simpatie
met hom, maar ek is ook jammer vir die duisende boere wie se lewens so
wreed ontwrig is. Hy gaan kuier immers nog op sy pa se onwettige
plaas.”

Hy sê Martin en sy vrou, Charlotte, wat deesdae 'n meenthuis in Harare
huur, is skrikkerig “om 'n groot ding daarvan te maak” uit vrees vir
moontlike gevolge wat dit vir hulle kan inhou. Volgens Wessels probeer
Martin steeds vergeefs om met Mujati sr. te onderhandel.

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Xenophobia vs Genocide

Do., 05 Junie 2008 09:52

Xenophobia: Swart op Swart aanvalle

+-50 Swartes vermoor
+-400 Swartes beseer
Swartes jaag Swartes uit SA

Tarboy Mbeki - Veroordeel dit
Desmond Tutu - Veroordeel dit
Volgende president Zooooma - Veroordeel dit
Ex Terroris president Mandela - Veroordeel dit
ANC - Veroordeel dit
Hele liberale linkse land - Veroordeel dit
Spesiale vinnige hofsittings en "refugee facilities" word opgerig
Mandela skenk R1 MILLION
Sipho gee Apartheid die skuld

------------------------------------------------------------ -------

Genocide: Swart op Wit aanvalle

+- 3000 Wit boere vermoor.
+-10000 Wit boere beseer
+-100 000 Plaas aanvalle
Swartes jaas wittes uit SA

Tarboy Mbeki - Doodse Stilte
Desmond Tutu - Doodse Stilte
Volgende president Zooooma - Doodse Stilte
Ex Terroris president Mandela - Doodse Stilte
ANC - Doodse Stilte
Hele liberale linkse land - Doodse Stilte
GEEN spasiale howe
GEEN Donasies

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Op en wakker amptenare en regering!

Do., 05 Junie 2008 08:51

1.
--------

Geen paspoort? Kry net dié busbestuurder
Jun 04 2008 10:15:58:800PM - (SA)


Passasiers op ’n vlug van Bulawayo in Zimbabwe na Johannesburg is in
die land toegelaat sonder dat hul paspoorte nagegaan is.

Talk Radio 702 het gister berig ’n Johannesburgse man het gesę hy en
42 mede-passasiers, onder wie talle Zimbabwiërs, is op 24 Mei by die
O.R. Tambo-lughawe se binnelandse, pleks van internasionale,
aankomssaal afgelaai. Die groep is deur die hekke sonder dat enige
paspoorte bekyk is.

Alle navrae is na die bagasie-handelaar Bidair verwys. “Die vlug was
vier uur laat en daar was niemand om die passasiers te ontvang nie,”
het mnr. Bob Gurr, Bidair-woordvoerder, gesę.

“Die bestuurder van die bussie wat die passasiers na die
internasionale terminaal moes neem, het boonop deurmekaar geraak met
die skedules en hulle by die verkeerde plek afgelaai.” – Daniëlla du
Plooy

2.

----------


Grensdrade om SA hang al hoe slapper
Jun 04 2008 10:08:00:767PM - (SA)

Erika Gibson


Gebrekkige grensheinings en -patrollies tussen veral Suid-Afrika,
Swaziland en Mosambiek het die afgelope twee maande daartoe gelei dat
meer as 20 vragmotors met gesteelde voertuie die grense per maand
oorsteek.

Voorheen was dit sowat ses tot sewe vragmotors. Die vragmotors steek
die grens oor by heinings wat óf geknip óf eenvoudig platgery word.

Die elektriese grensheining tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is reeds
langer as tien jaar afgeskakel en net die alarms op die stelsel werk
nog.

Die weermag se genie-eenheid, wat met die instandhouding van die
grensdrade gehelp het, is aan die einde van 1999 gesluit.

Volgens ingeligtes is die situasie op die grense nou só beroerd dat
dit “net sowel heeltemal oopgegooi kan word”.

Lt.genl. Solly Shoke, hoof van die leër, het die afgelope week gesę
onwettige immigrante kom ondanks die xenofobiese geweld steeds oor die
grens van Zimbabwe na Suid-Afrika. Maar die getalle het drasties
afgeneem.

Die weermag beheer nog net dié grens nadat hy die patrollering van die
ander grense aan die polisie oorhandig het.

Mnr. Rafeek Shah, DA-woordvoerder oor verdediging, het gister in ’n
verklaring gesę die probleem word vererger deur die groot verlies van
tegniese en ingenieursvaardighede in die weermag.

Altesame 31% van alle tegniese poste is vakant en 32% van
ingenieursposte.

Die genieformasie was in die verlede grootliks verantwoordelik vir die
instandhouding van die grensdrade met die uitsondering van die
elektriese heining op die Zimbabwiese grens. Dié word reeds etlike
jare deur ’n private kontrakteur onderhou.

Volgens Shah word al die instandhouding nou aan private kontrakteurs
oorgedra omdat die weermag eenvoudig nie meer die vermoë het nie.

“As die weermag nie meer die tegniese vermoë het om die grense te
beskerm nie, het die polisie dit nog minder. Pleks daarvan om dié
diens uit te kontrakteer behoort die weermag eerder die bron van die
probleem – ’n vaardigheidstekort – te takel,” meen Shah.

Beeld het die afgelope week berig oor vlieëniers en vlootlede wat in
groot getalle in die buiteland na groener weivelde soek.

Volgens genie-kenners in die weermag word al jare lank met ’n spesiale
tegniese toelae vir tegnici gesloer.

Hoewel die toelae nie die uitvloei van kundiges sal stuit nie, sal dit
moontlik ’n paar kan oortuig om aan te bly.

Dié bykomende maandelikse kontantbedrag bly ná langer as twee jaar
steeds net ’n onderneming wat elke maand opnuut uitgestel word, sę
hulle.

Binne die genieformasie is dit veral siviele ingenieurs en
bourekenaars wat al hoe dunner gesaai is.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Het julle die tenks volgemaak?

Di., 03 Junie 2008 15:08

Het julle petrol gegooi?
(En opgemerk dat) petrol kos nou byna soveel
as 'n boks lekker Later Harvest?

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Gloudina so oop en toe

Di., 03 Junie 2008 11:46

Beeld

DA sal hof toe oor wet wat 'alles' kan onteien

Jun 03 2008 08:10:20:523AM - (SA)

Philda Essop

Kaapstad. - Indien die regering deurdruk met die wetsontwerp op grondonteiening wat in sy huidige vorm "so blatant ongrondwetlik is", sal die DA dit tot in die konstitusionele hof beveg.

Met dié woorde het me. Helen Zille, DA-leier en burgemeester van Kaapstad,
gister die party se teenkanting teen die wetsontwerp versterk.

Openbare verhore oor dié voorgestelde wetgewing vind tans landwyd plaas.

Mnr. Sydney Opperman, DA-LP, boikot egter tans dié verhore omdat dit "op 'n
chaotiese en onprofessionele wyse gehou word".

Lokale en datums vir dié verhore is volgens die party nie behoorlik
geadverteer nie.

Dit beteken egter nie dat die DA hom aan die proses onttrek het nie, het
Zille gesê.

DA-verteenwoordigers wat in die gebiede woon waar die verhore plaasvind,
woon dit by.

Zille het gister op 'n mediakonferensie die wetsontwerp in sy huidige vorm
as 'n volskaalse aanslag op grondwetlike orde en die demokrasie bestempel.

Dit sal baie "donker en onbedoelde" gevolge vir die ekonomie in sy geheel
hê.

Die DA glo die wetsontwerp bedreig die sekerheid van eiendomsreg.

Volgens Zille is eiendomsreg een van die hoekstene van enige markekonomie,
indien dié sekerheid afwesig is, sal dit onmiddellike ekonomiese gevolge hê.

Sy het gewaarsku dat die wetsontwerp 'n era van skerp ekonomiese verval kan
inlui weens die uittog van beleggingskapitaal en vaardighede.

" 'n Eienskap van 'n suksesvolle ekonomie is dat dit sy vaardighede,
kapitaal en beleggings behou.

Enige wetgewing wat beleggers en vaardighede op die vlug laat slaan, raak
die armes die ergste," het Zille gesê.

Die voorgestelde wetgewing maak voorsiening vir die onteiening van eiendom
waar dit in die openbare belang en tot voordeel van die gemeenskap is.

Zille glo die wetsontwerp het baie min te doen met grondhervorming en omdat
dit roerende en onroerende eiendom insluit.

Eienaarskap kan om dié rede enigiets vanaf geld, aandele, motors en vaste
eiendom insluit, het sy gesê.

"Dit behoort elke Suid-Afrikaner regop te laat sit en almal behoort aandag
te skenk.

Dit maak alle vorm van eienaarskap kwesbaar vir onteiening, na die minister
se goeddunke."

Indien daar enige soort eiendom is wat nie aan onteiening onderhewig kan
wees nie, moet dit duidelik identifiseer word, het sy gesê. Op 'n vraag oor tot watter
mate die party die wetsontwerp sal teenstaan, het Zille gesê dat indien nodig,
sal die party dit in vennootskap met ander instellings en organisasies deur middel van die konstitusionele hof probeer stopsit.

Nuus | 0 kommentare

Sa Ekonomie-vooruitsigte

Di., 03 Junie 2008 11:18

Private sektor verswak met 6,6%
02/06/2008 21:27 - (SA)

Ryk van Niekerk
Gauteng se private sektor het in April 'n treurige maand beleef.
Ekonomiese aktiwiteitsvlakke was 'n beduidende 6,6% swakker as 'n jaar
gelede.

Dít blyk uit Sake24 se Gauteng Barometer wat in April tot 147
indekspunte teruggesak het.

Die barometer is 'n unieke Sake24-indeks wat sakeaktiwiteit in Gauteng
meet. Dit is deur Sake24 in samewerking met die ekonoom Mike Schüssler
en Standard Bank ontwikkel. Dit gebruik 79 verskillende
statistiekreekse van verskeie bronne om die gesondheid van Suid-Afrika
se voorste provinsiale ekonomie te peil.

Die Gauteng Barometer wys duidelik hoe die provinsie se private sektor
sedert 2006 stoom verloor, terwyl April se syfer daarop dui dat
rentekoerse en die Eskom-krisis besig is om sake vir ondernemings
moeilik te maak.

Uit die sewe ekonomiese sektore wat die barometer meet, kon net die
vervoer- en vervaardigingsektor op hul vertoning in April verlede jaar
verbeter. Aktiwiteitsvlakke in die vervoersektor was 4,3% hoër, terwyl
die vervaardigingsektor s'n 0,5% beter af was.

Die sektor wat die swakste gevaar het, was die mynbousektor – wat met
'n wesenlike 19,2% teruggesak het.

Die eiendom-, sake- en finansiëledienste-sektor het met 8,4% verswak,
terwyl die handelsektor, wat klein- en groothandelaars, asook
toerismebesighede insluit, 6,5% laer was. Die konstruksiesektor was
ook 1,4% swakker.

Schüssler sê dit is duidelik die Gauteng-ekonomie verloor vinnig stoom
en verskeie ekonomiese sektore loop deur.

Dít is duidelik te sien uit 'n paar statistiekreekse wat deel uitmaak
van die 79 reekse wat die barometer gebruik:

- Die getal besoekers wat in April deur die O.R. Thambo-lughawe se
deure geloop het, was net 1,8% meer as dié wat dit in April verlede
jaar gedoen het. 'n Paar maande gelede het dié syfer nog met meer as
10% gegroei.

“Dit beteken dat baie hotels en restaurante nie meer soveel kliënte
kry nie. Daar is 'n noue verwantskap tussen hotelle se
besettingsvlakke en die aantal mense wat vlieg, en dit is duidelik dat
minder mense na Gauteng reis,” sê Schüssler.

- Die volume petrol wat in April verkoop is, het met net 2,4%
toegeneem teenoor April verlede jaar. 'n Paar maande gelede het dié
syfer met 4% tot 5% gegroei, wat daarop dui dat aktiwiteitsvlakke
onder druk is.

- April se voertuigverkope in Gauteng was 16,1% laer as in dieselfde
maand verlede jaar. Dit is die 13de agtereenvolgende maand dat dié
syfer daal. “Dít het 'n wesenlike impak op die kleinhandel- en
finansieringsondernemings. Dit is ook een van die redes hoekom die
finansiële-dienstesektor in April so swak gevaar het,” sê Schüssler.

- Die hoeveelheid eiendomme wat in April in Gauteng verkoop is, is
15,1% minder. Die aantal nuwe verbandlenings en krediettransaksies is
ook 12,1% laer.

- Die aantal koerant- en radioadvertensies was 3,4% laer, en omtrent
alle mediagroepe in die provinsie het 'n moeilike maand beleef.

- Sementverkope was net 0,2% hoër as in April verlede jaar, terwyl die
aantal geboue wat voltooi is, 1,9% minder was as 'n jaar gelede.

- Gauteng se inflasie het in April op 10,7% gestaan, wat hoër is as
die nasionale gemiddelde van 10,4%.

Schüssler sê dit is duidelik dat Gauteng moeilike ekonomiese tye die
hoof moet bied en dat die uitwerking van hoër rentekoerse en die
elektrisiteitskrisis duidelik sigbaar word.

“Sake gaan ook nie oornag verbeter nie. Ons behoort eers weer lig te
sien as rentekoerse begin daal, en ek verwag dat dít op die vroegste
einde volgende jaar sal gebeur,” het hy gesê.

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

" Winterpad " deur ANDRÉ LE TOIT

Ma., 02 Junie 2008 20:43

WINTERPAD (uit “Die Bar op de Aar)
André le Toit

Ek wil my deken met jou deel
Daar’s prentjies van mooi bome op
Ek wil nagdeur jou vrugte steel
En die skille in my hand omdop
Ek wil jou uitsuig soos lemoene
Hoog raak op jou soene
Verlei maar my spioene
Kom deel my bedsprei en nog wat
Kom rook die pyp met my majat
Winterpad my willegat

Daar’s pinball-games diep in jou oë
Daar’s twintigsente op jou bors
Jou water kom direk van bo
En soos die hert het ek ook dors
Ek sal jou inryg soos rooi krale
Ek sal jou rook soos my sigare
Jou vel, jou hande en jou hare
Oompie het ‘n vark gery
Maar jy’s vir altyd bo-op my
Winterwei my lekkerkry

Krismisrose in die tuin
Poliesmanne in die townships
Luister-bugs in die gordyn
Wie gaan next time opslip?
Kanker op die wit veranda
Jou troepe roep ‘n hees amandla
Vlug jou oë na ander lande?
Vroutjie, wees my noodtoestand
My hele lyf is aan die brand
Winterland my watertand.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Ons shithot weermag

Ma., 02 Junie 2008 09:34

Baie gaan verander in leër, sê hoof
Jun 01 2008 06:16:14:993PM - (SA)

Erika Gibson

Lt.genl. Solly Shoke, hoof van die leër, gaan in die volgende jaar
wegdoen met van sy bevelvoerders omdat hy meen daar is te veel van
hulle.

Dié oormaat mense op topvlak beïnvloed die spoed van besluitneming.
Boonop wil hy 'n vereenvoudigde hoofkwartiereenheid hê.

Shoke het gister op 'n mediavoorligtingsessie gesê hy wou al "gister"
begin het met die hervormings, maar "baie dinge gaan nou verander".

Dieselfde geld die manier waarop dinge gedoen word. Volgens hom is,
nadat die "nuwe" weermag sedert 1994 tot stand gekom het, baie
besluite ter wille van transformasie geneem.

"Transformasie was nodig, maar dié besluite begin die doeltreffendheid
van ons operasies beïnvloed en dit moet verander," het hy in Thaba
Tshwane gesê.

Volgens hom is dit nog nie moontlik om die kwotastelsel, waarvolgens
bepaalde persentasiegroepe per ras in bevorderings en aanstellings
geld, af te skaf nie. "Dit gaan nog tyd neem om die speelveld gelyk te
maak.

"Dit gaan nie altyd geld nie."

Shoke is ook omgekrap oor die optrede van weermagvakbondlede in
onlangse voorvalle waar hulle volgens hom nié in pas met wat van 'n
soldaat verwag word, opgetree het nie.

Só was daar 'n hofbevel teen die verskuiwing van 21 SA
Infanteriebataljon by Lenz in Johannesburg nadat die SA Nasionale
Weermagunie die weermag hof toe gesleep het.

Shoke het ook dié vakbond se optrede nadat 'n korporaal in Kroonstad
sy bevelvoerder doodgeskiet het, veroordeel toe Shoke hom summier
ontslaan en die vakbond daaroor hof toe is.

"Ek is nie seker of die besluit om vakbonde in die weermag toe te
laat, die regte een was nie. Dit kan handuit ruk en anargie
veroorsaak.

"Miskien het dit tyd geword om eerder na alternatiewe te begin kyk
waar soldate hul griewe kan lug. Die feit is dat 'n soldaat wat sy
bevelvoerder skiet, nié in die weermag hoort nie.

"Ons wil nie hê die publiek moet sy vertroue in die weermag verloor as
hulle stakende soldate op straat sien nie. Ons móét daardie vertroue
behou."

Oor 'n onlangse hooggeregshofuitspraak teen die weermag se vigsbeleid,
waarvolgens MIV-positiewe aansoekers nié in die weermag aangestel word
nie, het hy gesê die besluit het "verreikende" gevolge vir die
weermag.

"Die hof het ongelukkig net na vigs gekyk en nie na die weermag se
beleid om niemand met 'n ernstige siekte aan te stel nie.

"Net soos 'n blinde persoon nie as 'n vlieënier aangestel kan word
omdat uitstekende sig nodig is om jou werk as vlieënier te doen nie,
kan ons nie sieklike mense aanstel as die aard van ons werk in ag
geneem word nie.

"Ons bly in die veld en bosse; ons werk in erge koue en hitte.

"Wat sou gebeur as ons iemand met 'n hartdefek aanstel en hy sterf as
hy 2,4 km hardloop? Wie is dán aanspreeklik?"

Die hof het die weermag ses maande gegee om sy vigsbeleid aan te pas.
Die geneesheer-generaal moet dié besluit in werking stel.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    124  125  126  127  128  129  130  131  132  133  134  135  136  137  138  139    »]
Tyd nou: Ma. Feb. 02 03:12:01 UTC 2026