Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Re: Kliek hier..
Re: Kliek hier.. [boodskap #117575] Vr, 06 Junie 2008 14:58 na volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:fpfi449sd7dinvv01tlvs6f7f8hjtnh3ru@4ax.com...
>
>
> http://kjv.benabraham.com/html/true_protestantism_is_dying_b e.html
>

Dave, die pogings om die NIV en NAV te diskrediteer op grond van die
oorspronklike teks, hou gewoon geen water nie. Ek het gaan kyk na die
webbladsy en wat die skrywer daarvan van tekskritiek weet is skrikwekkend.
Mense wat NIKS van die vakgebied weet nie, moet versigtig met hulle kritiek
wees. Die tekskritiek is 'n baie fyn ontwikkelde wetenskap met baie streng
reëls. Ek gewaar NIKS daarvan op die bepaalde webblad nie.

Ek het net op 1 van die tekste geklik, 1 Joh 5:7, die teks oor die
drie-eenheid, en my vermoede is bevestig, nl. dat die skrywer van die stuk
meen dat die weglating van die woorde "die Vader en die Seun en die Heilige
Gees en hierdie drie is een" die teks korrupteer.

Feit is: Daardie teks het hulle Totius-hulle al in 1933 geweet, kom nie in
die oorspronklike teks voor nie. Totius-hulle was egter versigtig om nie
te ver van die Statevertaling af te beweeg nie, om te verhoed dat die gewone
kerkvolk doen wat hulle met die NAV gedoen het - dit verwerp.

Toe Desiderius Erasmus die eerste Bybel gedruk het, wou hy alreeds hierdie
woorde weglaat, omdat hy dit in GEEN Griekse teks kon vind nie, slegs in die
Latynse Teks. Die Roomse Kerk het kapsie gemaak. Erasmus het gesê: Goed,
gee my net een Griekse teks waarin dit voorkom en ek sal dit invoeg. Die
Vatikaan het toe 'n Griekse teks loop skep - bedrog gepleeg! - om Ersamus so
ver te kry om dit in die gedrukte Bybel in te sit.
Re: Kliek hier.. [boodskap #117578 is 'n antwoord op boodskap #117575] Vr, 06 Junie 2008 15:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Jun 2008 16:58:09 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:fpfi449sd7dinvv01tlvs6f7f8hjtnh3ru@4ax.com...


>> http://kjv.benabraham.com/html/true_protestantism_is_dying_b e.html

>
> Dave, die pogings om die NIV en NAV te diskrediteer op grond van die
> oorspronklike teks, hou gewoon geen water nie. Ek het gaan kyk na die
> webbladsy en wat die skrywer daarvan van tekskritiek weet is skrikwekkend.
> Mense wat NIKS van die vakgebied weet nie, moet versigtig met hulle kritiek
> wees. Die tekskritiek is 'n baie fyn ontwikkelde wetenskap met baie streng
> reëls. Ek gewaar NIKS daarvan op die bepaalde webblad nie.
>
> Ek het net op 1 van die tekste geklik, 1 Joh 5:7, die teks oor die
> drie-eenheid, en my vermoede is bevestig, nl. dat die skrywer van die stuk
> meen dat die weglating van die woorde "die Vader en die Seun en die Heilige
> Gees en hierdie drie is een" die teks korrupteer.
>
> Feit is: Daardie teks het hulle Totius-hulle al in 1933 geweet, kom nie in
> die oorspronklike teks voor nie. Totius-hulle was egter versigtig om nie
> te ver van die Statevertaling af te beweeg nie, om te verhoed dat die gewone
> kerkvolk doen wat hulle met die NAV gedoen het - dit verwerp.
>
> Toe Desiderius Erasmus die eerste Bybel gedruk het, wou hy alreeds hierdie
> woorde weglaat, omdat hy dit in GEEN Griekse teks kon vind nie, slegs in die
> Latynse Teks. Die Roomse Kerk het kapsie gemaak. Erasmus het gesê: Goed,
> gee my net een Griekse teks waarin dit voorkom en ek sal dit invoeg. Die
> Vatikaan het toe 'n Griekse teks loop skep - bedrog gepleeg! - om Ersamus so
> ver te kry om dit in die gedrukte Bybel in te sit.

En ek Torreke, het òòk net op een teks gekliek - die heel eeste een.
Na die res het ek nog nie eens gekyk nie. Jy en ek het egter 'n
geskiedenis oor dieselfde teks - 'n veskil wat nie tot enigeen se
tevredenheid opgelos is nie, omdat jy 'n ander vertaling gebruik het
terwyk ek die King James weergawe gebruik het, gevolg deur jou
kritisering van die KJ.
*EN die twee vertalings op die oog af totaal twee tale gepraat het.

En dit bring ons tot Riaan se tema so tyd gelede wat die verskille in
Bybel)vertalings bespreek het, en ook net tot persoonlike opinies
afgewater was.

Wat 'n moeilike kwessie as ateïste hierop wys.
Re: Kliek hier.. [boodskap #117583 is 'n antwoord op boodskap #117578] Vr, 06 Junie 2008 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Torreke is reg. Daardie voorbeeld wat Torreke aanhaal
kom inderdaad nie in die oorspronklike teks voor nie,
alhoewel dit in die 1933/53 vertalings voorkom. En hy
is weer reg dat mense swaar daaraan gaan sluk. So
het die Vatikaan bedrog gepleeg inderdaad ! Ek won-
der hoeveel mense dit besef.

Jim
Re: Kliek hier.. [boodskap #117585 is 'n antwoord op boodskap #117583] Vr, 06 Junie 2008 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Jun 2008 12:40:55 -0700 (PDT), "Jim Again..."
wrote:

> Torreke is reg. Daardie voorbeeld wat Torreke aanhaal
> kom inderdaad nie in die oorspronklike teks voor nie,
> alhoewel dit in die 1933/53 vertalings voorkom. En hy
> is weer reg dat mense swaar daaraan gaan sluk. So
> het die Vatikaan bedrog gepleeg inderdaad ! Ek won-
> der hoeveel mense dit besef.
>
> Jim

Dit dui weer op Riaan se woorde van 'n paar dae gelede toe hy op
verskille in verskillende weergawes gewys het.
En dit bevraagteken die common sense van enige redenasie oor die
Skrif, dan. Want as iemand die stryery wil wen, sê hy net dat die
ander se bron nie reg is nie. Hoe kom jy daar verby?

Gelukkig word die basis, die grondbeginsels van bekering en van die
geloof nie daardeur geraak nie.
Re: Kliek hier.. [boodskap #117596 is 'n antwoord op boodskap #117585] Ma, 09 Junie 2008 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:mu4j44pf6rdk80n3snor621ha9ho60sono@4ax.com...
> On Fri, 6 Jun 2008 12:40:55 -0700 (PDT), "Jim Again..."
> wrote:
>
>> Torreke is reg. Daardie voorbeeld wat Torreke aanhaal
>> kom inderdaad nie in die oorspronklike teks voor nie,
>> alhoewel dit in die 1933/53 vertalings voorkom. En hy
>> is weer reg dat mense swaar daaraan gaan sluk. So
>> het die Vatikaan bedrog gepleeg inderdaad ! Ek won-
>> der hoeveel mense dit besef.

>> Jim
>
>
> Dit dui weer op Riaan se woorde van 'n paar dae gelede toe hy op
> verskille in verskillende weergawes gewys het.
> En dit bevraagteken die common sense van enige redenasie oor die
> Skrif, dan. Want as iemand die stryery wil wen, sê hy net dat die
> ander se bron nie reg is nie. Hoe kom jy daar verby?
>
> Gelukkig word die basis, die grondbeginsels van bekering en van die
> geloof nie daardeur geraak nie.

1.) Toe ek die eerste keer met tekskritiek te doen gekry het in my 1e jaar
kweekskool, was dit 'n skok vir my geloof, nl. om uit te vind hoe "menslik"
die Bybel in werklikheid is.
2) Mense wil so graag 'n briefie direk uit die hemel met God se
handtekening daaronder. Mohammed verkondig Allah het doe Koran
woord-vir-woord vir hom voorgesê. Joseph Smith, die Stigter van die
Mormone, verkondig hy't 'n openbaring gehad om na 'n sekere berg in Amerika
te gaan waar hy die "Book of Mormon" op goue plate gevind het, met 'n
spesiale "bril" om die skrif te ontsyfer - of so-iets. Dis wat ons in die
teologie "meganies inspirasie" noem - die mens is eintlik net 'n instrument,
soos 'n tikmasjien, wat God na bewering gebruik om elke letter en woord
presies en foutloos deur te gee.
3) Behalwe op enkele uitsonderings na, maak die Bybel nooit so 'n aanspraak
nie. Die 10 gebooie is een voorbeeld van 'n uitsondering waar God self op
twee kliptafels geskryf het die skrif op die muur in Belsasar se feessaal,
'n ander. Wat die 10 gebooie betref, is dit wat ons vandag het in Ex 20 en
in Deut 5 waarskynlik nie die presiese weergawe van wat God op die
kliptafels - vir alle pratiese doeleindes verlore! - geskryf het nie. Moses
verwys êrens na "die tien woorde" - teks het my nou ontgaan - waaruit die
afleiding gemaak kan word dat die oorspronklike 10 gebooie uit slegs 10
woorde - elkeen 1 gebod! - bestaan het. As mens Ex 20 en Deut 5 vergelyk,
val die verskille dadelik op, en veral ten opsigte van die Sabbatsgebod wat
in Ex 20 skeppinsgmatig en in Deut 5 verlossingsmatig gemotiveer word. Wat
ons dus het, is waarskynlik 'n verwerking van die oorspronklike 10 woorde.
4) Die Bybel bied hoofsaaklik mense se getuienis oor God aan. Die eie
persoonlikheid en ervarings van die skrywer is opvallend. Lees mens Dawid
se psalms dan is dit duidelik die man was 'n skaapwagter (Ps 23), netso die
profeet Amos. Die Koragiete wat vanweë Korag se sonde drumpelwagters gemaak
is en verbied is om die tempelterrein binne te gaan, se psalms is deurspek
met hulle verlange om die tempeel te mag betree (Vgl Ps 42). Die
evangelies, Handelinge en die Briewe van die NT maak nêrens op enigiets
anders aanspraak as dat hulle deur mense geskryf is nie.
5) Maar hulle tree onder inspirasie van die Heilige Gees op! - "organiese
inspirasie"! - waarin die Gees hulle drywe en dit wat hulle sê uiteindelik
God se Woord is.
6) Wat die oorlewering van die teks betref. Die Joodse Rabbis het dieselfde
nougesetheid ten opsigte van die oorlewering van die OT teks aan die dag
gelê as waarvoor die godsdiens van die Fariseërs bekend was. Hulle het
selfs die letters van die teks getel en merkers op sekere plekke aangebring
om kontrollering dat reg oorgeskryf word, te vergemaklik. Die ontedekking
van die Qumran rolle wat so ongeveer uit die tyd van Christus dateer, het
bewys hoe goed die oorspronklike teks eintlik behoue gebly het.
7) Wat die NT betref, is daar mee onsekerheid, aangesien dieselfde presiesie
nie deur die Christene aan die dag gelê is nie. Daar bestaan 4 sg
teksfamilies met verskillende grade van betroubaarheid. Die Westerse
teksfamilie is een van die minder betroubares. Deur verskillende lesings
met mekaar te vergelyk en bepaalde tekskritiese reëls toe te pas (o.a. [1]
die korter lesing, [2] die moeiliker lesing, [3] die teksfamilie waaruit die
weergawe kom) word uiteindelik besluit oor wat die oorspronklike skrywer die
mees waarskynlikste oorspronklik geskryf het.
8) Tekskritiek is 'n verfynde wetenskap en oor wat vandag ons vandag het is
daar meer as 95% sekerheid dat dit die oorspronklike teks verteenwoordig.
Waaroor daar onsekerheid is, is in die oorgrote meerderheid gevalle woorde
soos "die" en "'n", en dit raak op geen punt enige kardibnale leerstelling
van die Christendom nie.
9) Wat ek aanvanklik as 'n skok vir my geloof ervaar het, het uiteindelik
vir my een van die sterkste argumente oor die waarheid van die Bybel as
Woord van God geword. Soveel verskillende mense het oor soveel eeue so
eenders hulel ervaringe met God beskryf, 'n biblioteek van 66 boeke is
uiteindelik in een bundel saamgevat, en verteenwoordig 'n duidelike
eenheid - een verhaal wat oor die tydeperk van duisende jare afgespeel
het! - van Gen 1 tot Openb 22. Dit is alleen moontlik as daar 'n Skrywer
agter die skrywers was wat hulle gerig en gestuur het.
10) Kritiese wetenskaplikes kan maar die Bybel aanval - hulle doen dit in
elk geval! - op die punt van die verskillende teksweergawes. Hulle kan
hotkant en haarkant toe omspring, maar een feit kan hulle nie ontken nie:
Daar is geen ander geskrif wat uit die tyd van kleitablette en papirus
dateer wat met soveel sorg oorgelewer is en wat so goed bewaar gebly het
nie.
Re: Kliek hier.. [boodskap #117599 is 'n antwoord op boodskap #117596] Ma, 09 Junie 2008 11:44 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Daar is geen ander geskrif wat uit die tyd van kleitablette en papirus
> dateer wat met soveel sorg oorgelewer is en wat so goed bewaar gebly het
> nie

Jy verkondig godsdiens-politieke snert. Daar is
baie ander geskrifte in ander kulture, veral in die
Ooste, wat met seker meer sorg oorgelewer is.
Dit neem nie weg dat die Christelike Bybel 'n
massiewe sosiaal-kulturele teenwoordigheid
in die moderne wereld het nie. Maar jy moet
in ag neem dat die samestelling daarvan die
keuse was van 'n klomp mense wat lank na
die geboorte van Christus bymekaargekom
het. Daar is baie ander, veral Oosterse,
versamelings, wat lank voor Christus se
historiese datums al versamel is.

Gloudina
Vorige onderwerp: NASA en God
Volgende onderwerp: I.v.m. Za-drol op KletsKerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:13:10 MGT 2024