Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Kwalifiseer hy as apartheidsvark? (skok!!! Hys dan swart!!)
Kwalifiseer hy as apartheidsvark? (skok!!! Hys dan swart!!) [boodskap #117569] Vr, 06 Junie 2008 07:34 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Skokke tref Bokke
Jun 06 2008 07:01:04:840AM - (SA)

# Skok 2: Peter skop Bok uit 'ná braai'

Cobus Claassen

SA Rugby het gisteraand woedend gereageer nadat die nuwe
Springbokstut, Brian Mujati (23), betrek is by bewerings dat sy pa in
2003 'n Zimbabwiese boer se plaas onwettig onteien het.

Die boer, Tienie Martin, was op sy dag self bestem om vir die Bokke te
speel.

Die herrie kom nadat The Zimbabwean, een van Zimbabwe se min
onafhanklike koerante, oor dié beweerde vergrype berig het en die
bewerings ook op die internet die ronde gedoen het.

Mujati maak sy Springbok-debuut môre in die toets teen Wallis in
Bloemfontein nadat hy sy plek met kookwater-rugby vir die Stormers in
vanjaar se Super14-reeks oopgespeel het.

'n Brief waarin vertel word hoe Mujati jr. se pa, Joseph, in 2003 die
familieplaas van Martin, 'n voormalige losskakel van die destydse
Rhodesië, beset het, is vandeesweek op die internet versprei.

Pieter Jordaan berig mnr. Andy Colquhoun, SA Rugby se
kommunikasiebestuurder, het gesê daar is geen aantygings teen Mujati
jr. nie en hy beskou “die poging om hom by die beweerde sondes van sy
pa te betrek as benede kritiek”.

“Sover dit SA Rugby aangaan, is dit 'n swak poging om die naam van 'n
Springbok swart te smeer op 'n dag wat een van die onvergeetlikstes
van sy lewe moet wees.”

Tienie Martin, wat die Junior Springbokke en SA Gazelle verteenwoordig
het, is in 1968 gekies om saam met die Springbokke in Frankryk te gaan
toer, maar moes hom weens 'n besering onttrek.

Mnr. Hannes Wessels, 'n jare lange vriend van Martin, het gister aan
Beeld gesê hý het Martin “omgepraat om sy storie te vertel”.

Wessels, 'n Zimbabwiër wat drie jaar gelede na Suid-Afrika geïmmigreer
het, sê hy en Martin se dogter, Shelly, het die brief vroeër geskryf
waarna hy dit verlede maand begin sirkuleer het.

In die brief word vertel hoe Mujati sr., glo 'n groot
Zanu-PF-ondersteuner, op 8 Desember 2003 saam met jeugdiges op die
Martins se plaas, Tiny Farm, in die Inyazura-distrik opgedaag het.

Hy het glo 'n brief aan Martin oorhandig waarin hy meegedeel is dat
Mujati sr. die plaas onmiddellik oorneem.

Martin en sy gesin het die volgende oggend begin trek. Mujati-hulle
het die plaashuis, wat 80 jaar in die Martin-familie se besit was, glo
begin plunder terwyl die Martins nog gepak het.

Mujati sr. bly glo steeds, ondanks twee interdikte teen hom, op die
plaas.

Mnr. Roy Bennett, MDC-woordvoerder, het gister gesê hy weet van die
brief. “Ek ken Tienie en kan bevestig dat dit wat in die brief staan,
100% korrek is.”

Bennett meen Mujati jr. “moet die eerbare ding doen en dit wat sy pa
gedoen het, óf afkeur óf goedkeur”.

Wessels sê Martin wil Mujati jr. nie te na kom nie.

“Trouens, hy wens hom alles van die beste toe in die brief.”

Wessels meen Mujati jr. sal nie net kan stilbly nie. “Ek het simpatie
met hom, maar ek is ook jammer vir die duisende boere wie se lewens so
wreed ontwrig is. Hy gaan kuier immers nog op sy pa se onwettige
plaas.”

Hy sê Martin en sy vrou, Charlotte, wat deesdae 'n meenthuis in Harare
huur, is skrikkerig “om 'n groot ding daarvan te maak” uit vrees vir
moontlike gevolge wat dit vir hulle kan inhou. Volgens Wessels probeer
Martin steeds vergeefs om met Mujati sr. te onderhandel.
Re: Kwalifiseer hy as apartheidsvark? (skok!!! Hys dan swart!!) [boodskap #117572 is 'n antwoord op boodskap #117569] Vr, 06 Junie 2008 08:20 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" < wrote
>
> Pieter Jordaan berig mnr. Andy Colquhoun, SA Rugby se
> kommunikasiebestuurder, het gesê daar is geen aantygings teen Mujati
> jr. nie en hy beskou "die poging om hom by die beweerde sondes van sy
> pa te betrek as benede kritiek".
>

1) Vanuit profane perspektief gekyk, gee ek hom dit toe. Vanuit Bybelse
perspektief sou ek Andy Colquhoun daaraan herinner dat die Bybel sê: "Ek sal
die sondes van die vaders besoek aan die kinders..."

2) Ek sou heeltemal gelukkig met Andy Colquhoun se stelling gewees het as
dit konsekwent toegepas word - as wit jongmense nie vir die sondes van die
apartheidsvaders moes boet nie! - en daar geen sweem van 'n moontlikheid was
dat Luke Watson bloot op vorm sy plek in die Springboktrui gekry het en nie
omdat sy pa teen apartheid in rugby gestry het nie.
Vorige onderwerp: Slide weg van Bokke....?
Volgende onderwerp: Rugby Voorspelling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:17:06 MGT 2024