Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: communist homepage

Do., 07 Januarie 1999 00:00

"Oom Kaspaas" skryf:
> Get lost..............you are out of step
> with your communist shit!

My aarde, Hennerietjie, kyk wie kruip
hier uit. Oom Kaspaas is nie oorlede
nie. Wonder wat dink Oom Kaspaas dees-
dae van Klonkie wat nou op die hoogge-
regshof sit nadat hy 'n paar wetsgrade
in die buiteland gaan haal het (onder
meer die London School of Economics).
Nou wil Oom Kaspaas niks meer van die
Kommuniste hoor nie. Hulle laat hom
nog altyd rooi sien. Pauvre Gaspard.

Mme Piggy

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ou Kennisse!

Wo., 06 Januarie 1999 00:00

Ek versoek graag alle ou kennisse om met my in verbinding te tree?
Of jy nou saam met my op skool was; of waar ons ookal mekaar leer ken het
skryf gerus aan my. Dit sal lekker wees om weer van jou te hoor!

Mooi Bly!
Hein

Hein van Wyk / Port Elizabeth (S.A)
hei...@intekom.co.za
Cell: 083 310 1963
Fax: 0838 310 1963
ICQ: 7733122

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Soek na familie oorsprong -Bantjes

Wo., 06 Januarie 1999 00:00

~mme wrote:
>
> kob...@netactive.co.za,
> in nl.newsgroups:
>
>> Hallo,
>> Ek is 'n Suid Afrikaner met die familie van "Bantjes". Dit sal waardeer word
>> as iemand my kan help om my stamboom op te spoor. Volgens die ouer persone
>> in my familie hier, was ons voorsaad ene "Jan Geertse Bantjes". Is daar
>> miskien in Nederland 'n organisasie wat hiermee kan help?
>>
>> Op regte dank
>> K Bantjes
>> kob...@netactive.co.za
>
> try news:soc.culture.netherlands
>
> --
> _~_
> /V\ "i'll take the quiet life
> (\ /) no alarms and no surprises please"
> ^^-^^ --http://www.chaos.net

Voor genealogisch onderzoek kan men het beste terecht bij het
Rijksarchief in Den Haag.

http://www.archief.nl

Nils Zonneveld

------------------------------------------------------------ ---------------------------------
Misschien is niets geheel waar, en zelfs dat niet.

Multatuli

Genealogie & famieliesake | 2 kommentare

"Woord en Sin" deur J.C. STEYN

Di., 05 Januarie 1999 00:00

WOORD EN SIN
J.C.Steyn

Woorde is almal s'n,
nie net myne nie;
daar's geen heimlike opsie nie,
'k was te laat vir mineraleregte.
Maar delwe kan ons tog almal
dwarsdeur ons hele lewe deur;
buitendien en boonop
vir kleims is gehardloop
en vergange vir goud
'n kryg laat ontbrand.

Al wat myne is
is my sinne;
in sinne is alle woorde
mýne
waar ek my in kan verdiep
verborge gange oopgrawe
met geheimsinnige waters deursypel
om myne te verbind
met ander ryk domeine s'nne.

Prosa & poësie | 0 kommentare

SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1

Di., 05 Januarie 1999 00:00

Dagse julle lot, voorspoedige nuwe jaar.

Ek het 'n draai in SA gaan maak oor Kersfees, en gedink ek sal 'n paar
gedagtes neerskryf. (Net voordat hiedie NG totaal verval in johan se
bekentenisse oor sy skisofreniese bydraes in die verlede, gloudie-babes se
stadig verbeterende cyberspeurvernuf, squirrel se verwarde gechirp. En te
veel gedigte.)

Onthou ek skryf hierdie vanuit die oogpunt van 'n ou wat nou elders bly:

Eerste ding wat my tref toe ek van die vetneus afklim, is daardie wonderlike
weer. En van daai oggende na reen in die nag, dit is nog koel en klam, maar
jy weet die son gaan 11 uur skyn.

Toe ek in die lughawe gebou instap, sit daar 'n hele paar lughawe personeel
agteroor geparkeer in die lughawe se rolstoele, half in die pad van die
passasiers, besig met 'n groot indaba.

Die man agter die immigrasie toonbank was baie beleefd, en se "welkom tuis".
Ek voel so bietjie skuldig.

Op die hoofweg is ek verbyster oor die steeds verslegtende padgedrag van
bestuurders van alle kleure. Baie mense ry asof die hel hulle jaag, en
uiters aggressief. (Huur 'n groot kar met baie lugsakke. Of 'n M1 Abrams
battle tank.)

Castle bly 'n lekker bier, en goeie rooiwyn bly 'n bargain in SA.

Van die (jonger) besigheidsmense maak 'n killing. Maar dit lyk vir my baie
van die geld word gemaak deur die groterwordende gapings in die
landsadministrasie uit te buit.

Die salarismense in SA trek hard. Party dinge het nogal duur geword. Karre
se pryse is totaal histeries. Die rente koerse knou mense. Huise is op die
mark vir peanuts.

Hoogste reele rentekoerse in die geskiedenis van SA. Rente op 'n gewone
huislening rondom 15% bo die inflasie koers. Die regering is maar in 'n
moelike posisie daarmee, en mens kan nie regtig die beleid kritiseer nie.
Aan die een kant wurg rentekoerse die ekonomie (en mense) maar aan die ander
kant is dit al wat keer dat die rand verder gly. Praat van die duiwel en die
diep blou see. Probleem is dat hierdie duiwel regtig moerig is, en die see
baie diep. Onbenydenswaardig. Maar ek vermoed hulle gaan daai koerse moet
verlaag, met voorspelbare gevolge vir die Rand.

Tot later

Bees.

Koeitjies & kalfies | 35 kommentare

Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1

Di., 05 Januarie 1999 00:00

> Wat bedoel jy met "verbeterende"
> speurvernuf? Dis ek wat jou ge-out
> het.

Wat bedoel jy met "ge-out"?

Bees

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: ANC Election issue...

Ma., 04 Januarie 1999 00:00

Secret Squirrel writes:
> Good to see that the ANC are targeting the poor treatment of farm
> workers in their election campaigns.
>
> These poor individuals get paid a pittance by their Baase and get
> made to work from sun up to sun down 7 days a week.
>
> The fat boere with their boep pense have exploited this group to
> the extreme. It's disgusting really - a national disgrace.
>
> Squirrel

Eekhoring, nogeens stem ek met jou
saam. Maar die meervoud van "baas"
word "base" gespel. En verkieslik
spel 'n mens "boeppens" as een woord.

Nig Koeksister

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

J.H.Briel Foto's en seels versameling

Ma., 04 Januarie 1999 00:00

Ek het op J.H.Briel se Seelversameling an foto's van 1930 tot omtrent
1945 afgekom.
Van die seels is te sien by http://wild.co.za/stamp-pa.htm Daar is
nog hel baie seels.

Waar gaan ek met die goeters heen. Museum of familie of wat ook al.
Ek het dit by 'n ou oom (J.A.Potgieter) gekry wat dit wou weggooi.

Dankie en mooi bly.
Sel; 0832833081
Martin

NS. You can't go on being a good egg forever....you either hatch or go
bad.

Stokperdjies & kunsvlyt | 1 kommentaar

"chaka's rock" deur MARLISE JOUBERT

Ma., 04 Januarie 1999 00:00

chaka's rock
-marlise joubert-

ek wou gaan stap het langs die see
wat nou swarter word teen sononder
ten spyte van die steenkool in die sand
die gebreekte pyp van 'n ou riool
en verderop die swambruin van 'n stroom
ten spyte van die swerm blikkies leeggedrink
die stalletjie alleen en toegestaal
in die laat lig van die aand

want ek het aan jou gedink
skaars ses uur afwesig
het ek verlang het ek gewonder
hoe was daardie droom
toe jy die woord skimmellig
skielik uit jou hartsak haal

Prosa & poësie | 0 kommentare

Sonskynhoekie...

So., 03 Januarie 1999 00:00

Well bugger me ... if this NG hasn't progresses from koeksuster
recipes to a lonely hearts meeting place.

Funny that "vigs" has assumed the role of moderator.

Get a life you lot!!!

Squirrel

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1284  1285  1286  1287  1288  1289  1290  1291  1292  1293  1294  1295  1296  1297  1298  1299    »]
Tyd nou: Do. Jun. 04 12:38:13 UTC 2026