Kobus, jy het verbeeldingryke gedagtes. Waar op aarde kom jy aan Brabant
ens. Die Robyn vrou het dan n AOL adres, en ek is van oortuig dat dit in
Amerika iewers is. America On Line.
En Julie, dis nie rede om weg te gaan nie, net volgende keer dink bietjie
voor jy doen, soos my ma altyd gesê het, slaap een nag oor n besluit, en
dan doen jy die volgende dag.
B
Kobus Pietersen wrote in article
...
> Julie wrote in message ...
>
>> Ek het probeer help en 'n baie groot fout begaan. Dit is eers agterna dat
>> ek besef het dat ek oorhaastig opgetree het en dat die inhoud daarvan
>> ingesink het. Ek is bitterspyt daaroor ...
>
> Almal maak foute, Julie! Ek sien jy het haar agterna weer gekontak?
>
>> Julie -- this letter is six months old; it was found in a trash can. So
>> don't worry about it too much!
>> Regards,
>> Robyn
>
> Dis nou 'n groot lieg. Ses maande oud en in 'n asblik?
> Die drama speel af by die Vlaamse Katolieke Universiteit van Leuven.
> Dit lyk of Robyn-hulle met die Universiteit te doen het,
> en 'n engelsprekende au-pair aangevra het.
>
>>> miskien kan jy my bell at Josy's se
>>> plek whant ek moet uit kom en ek dink dat op saterdag ek gaan by haar
> huis
>>> slaap heir is haar telephone nommer, 3830638 ek sal weer skryf en
vertel
>
> Miskien kan iemand in Benelux vir Josy skakel om te kyk of als reg is?
> Die nommer is moontlik in Brabant.
>
>> Ek sal seker nou die nuusgroep moet verlaat aangesien ek nie kans sien vir
>> beledings ens. nie - ek gaan seker nou in duisende stukkies verskeur
word
>
> Nee wat, Julie. Jy bly net hier! ;-)
>
> Groete
> Kobus
>
Vir Gloudina se sarkasme is ek glad nie lus nie. Ek het in die afgelope twee jaar vreedsaam in hierdie groep gekuier en dit baie geniet. Die laaste ding wat ek wil doen is met mede Suid- Afrikaners baklei ... So net voor ek groet pos ek alle korrespondensie tussen my en Robyn oor hierdie vertaling.
My eerste epos aan haar was die vertaling -
Die volgende was haar antwoord:
------------------------------------------------------------ -----------
"Received: from Rob...@aol.com
by imo27.mx.aol.com (IMOv18.1) id WOMTa06035
for ; Sat, 9 Jan 1999 13:07:52 -0500 (EST)
Message-ID:
Date: Sat, 9 Jan 1999 13:07:52 EST
To: gotr...@sprynet.com
Subject: Re: afrikaans
X-Mailer: AOL 4.0 for Windows 95 sub 205
Thank you Julie. You have helped this poor college student immensely!
Regards,
Robyn"
Vriendelike groete aan elk van julle en ek hoop julle 1999 het darem beter as myne begin. Ek is baie jammer oor al die onaangenaamheid. Wie weet, miskien wanneer ek beter voel en my hart nie meer so seer is nie, kom ek terug.
Ek is geskok om te sien dat een of ander idioot genaamd Julie wragtig
daardie kind se email aan haar pa gaan staan en vertaal het. (Dit is seker
moontlik dat sy nie regtig het nie, en net reaksie soek.)
As sy wel het, is dit privaatskending in 'n erge graad. Daardie boodskap is
'n desperate noodkreet van 'n jong meisie aan haar pa, en 'n poging om dit
in privaatheid te doen.
Skaam jou Jule. En in geval jy 'n vertaling nodig het - Shame on you.
> Overigens, zouden al die doemtheorieën weer worden opgediept vanwege de
> nadering van het 3e milennium? Ik las pas ook al over 'n kantelende aarde,
> het ompolen van het aardmagnetisch veld, reuzenmeteoren die kunnen inslaan,
> het rijzen van de zeespiegel, de ontdekking van enge virusziekten, het einde
> van de beschaving dankzij de milennium bug, bevolkingsexplosies,
> Arthur
Arthur,
Toemaar, die doemprofete is so 3 jaar laat met hul voorspellings. Die
Christelike kalender strek eintlik vanaf die geboorte van Jesus, en omdat Hy
in werklikheid in die jaar 4VC. (hoe snaaks dit ook mag klink) gebore is, is
ons huidiglik al 3 jaar die nuwe milennium in!
As die Griekse wiskundige nie 'n berekeningsfout gemaak het nie, was ons dus
nou in die jaar 2003. Alles vreeslik relatief, sien.
Die beskawing soos ons dit nou ken kan wel binnekort tot 'n einde kom
as die 3 musketeers Oracle, Linux en Apple vir Microsoft die diktator
verslaan! :-)
Groete
Kobus
(Ook interessant is dat die wêreld hierdie jaar moontlik sy eerste swart
Pous gaan kry.... ?)
Dae spoel oor in mekaar.
Horlosies word ornamente in jou huis.
Tyd wen af
en word ten beste gepunktueer
met sneeu op die berge
en swaeltjies wat elke somer terugkeer.
Af in die straat
is die gebreekte ou man
elke dag stukkender in sy tuin.
Die verlede
beinvloed vir jou nie meer die hede nie
en die hede word n stoep vol vergeetagtigheid.
Is dit eensaamheid
wat skemeraand so sag om jou gaan lê
waar jy op die stoep sit
met n skinkbord, teepot en koppie?
En buite die berge ver na links
en voëls in die boom op regs.
Moontlike raakpunte tussen Platduits en Afrikaans. Du Plooy, F. D.
Potchefstroom (South Afrika): Potchefstroomse
Universiteit vir CHO, 1981. ISBN 0-869-90634-8.
Afrikaans- Nederlandse taalverkenning. Stoops, Y. H. L. Port Elizabeth
(South Afrika): Universiteit van Port
Elizabeth, 1982. ISBN 0-869-88196-5.