Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: South Africa to USA only 64 cents! USA to South Africa only 67 cents !!!!

Di., 19 Januarie 1999 00:00

On Mon, 18 Jan 1999 00:22:43 -0800, "Pierre Conradie"
said the following:

|I am paying $1.38 for the first minute to SA and $0.38c per minute
|thereafter........

Dis ook nog bietjie duur!

By AT&T betaal ek net 38c van die eerste minuut af oor naweke (ons bel
die familie net naweke.)

Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe suidafrikaanse Web Bladsy

Di., 19 Januarie 1999 00:00

Ek het 'n nuwe Web Bladsy begin.

Kyk daarna en laat my weet waar kan ek verbeter.

Stuur ook asb vir my links om op my links bladsy te sit want ek het nog niks
daar nie.

As jy dink jy het iets wat die site 'n meer Suid Afrikaanse gevoel kan gee,
stuur dit asb vir my.

Ek sal ook bly wees om meer van Suid Afrika kunste en kultuur op te sit,
veral opvoerings ens. as iemand my kan help daarmee sal ek dit opreg waar
deer.

http//:www.elexir.co.za/fun/fun.html

my e-mail is

s...@elexir.co.za

Baie Dankie

Sam

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ou kernwapens te koop

Ma., 18 Januarie 1999 00:00

Goeie môre Witman!

Dis 'n nuwe jaar en ek gradeer al my ou kernwapens op na Y2K-versoenbare
biologiese wapens.

My huidige arsenaal is soos nuut (nie gebruik nie) en word verskaf kompleet
met lanseerder en 2 maande waarborg.

Indien enigeiemand belangstel:

(1) Model: GSEG-665
Naam: "God se Eie Geweer"
Beskrywing: Sal 'n voorstad van Johannesburg (soos Pretoria) vir ten
minste 800 jaar onleefbaar maak.
Prys: R100,000,000 kontant, of 'n klein Indiese-oseaan eilandjie.

(2) Model: JHEK-01
Naam: "Ja Here Ek Kom"
Beskrywing: Kan 'n groterige plakkershuisie (soos die Uniegebou) in 'n
wentelbaan plaas.
Prys: R36,000,000 kontant, of 16 onbetasde Blanke skoolmeisies.

(3) Model: WMDS-12
Naam: "Waar's My Donkerste Sonbril?"
Beskrywing: Sal op 20km beide retinas wegsmelt en jou oë soos
hoendereiers in jou oogkaste kook. Oppi-Koppi entoesiaste sal onthou dat ek
dit verlede jaar agter die hoofverhoog as die lig-ekstravaganza-hoogtepunt
van die Koos Kombuis-vertoning wou ontplooi, maar dat die plutonium-klep
gebars het. Alles herstel met oorspronklike Toyota-parte.
Prys: R6,000,000 kontant, of volledige stel Bitterkomix.

Pryse is nie onderhandelbaar nie.
Geen tjeks of posorders.
Eerste daar, eerste klaar.

Christelike groete,
Jan Bom
jan.bom@bomnet.kom

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Robotte

Ma., 18 Januarie 1999 00:00

Haai,

Ek pos maar hier want die ander za conferences lyk te gevrek. :-)

Is daar enigiemand in SA wat met robotics eksperimenteer?

Nic
subli...@acenet.co.za

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

"Reen" deur ERNST VAN HEERDEN

Ma., 18 Januarie 1999 00:00

Reën
Ernst van Heerden
"Amulet teen die vuur"
(1987)

Ons twee het teen die berg
gaan hardloop - blymoedig
en vol gees en tog behoedsaam
vir bedekte gate, die verskuilde slang -
toe die reën skielik uitsak
en slierte mis teen die hange
'n stuiwende verkwikking
oor skouers, neus en hare bring.

Jy was fanaties oor die fiksheid,
stip en streng oor elke oefenloop -
verstaanbaar ook dat dié dissipline
so maklik jou bynaam Kaptein kon kweek.
Ons moes 'n klein kwartiertjie
teen die vlae onder 'n rotsbank skuil,
die deurweekte truie uitskud
en mekaar laggend betrag;
op jou bruin skouer was 'n dun strepie bloed,
deur 'n tak in die haas as spoor gelaat,
maar ek het net 'n blasie op die hakskeen
vir jou versorging opgedoen -
dit alles
met die heerlike prikkeling 'n verdowing
van siftende water en siftende water...

Soveel jare sedertdien laat my wonder
of jy ooit met jou drieluik-seuns
- prokureur, dosent en predikant -
gaan hardloop in die reën.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Broekskeur

Ma., 18 Januarie 1999 00:00

Goeie môre Broers,

matilda wrote in article
...

> And do you also snoop through your au-pair's personal effects when she is
> not at home?
> Anna

Dink julle nie ook dat Lebanese au pairs se broekies die lekkerste stink
nie?

Christelike Groete,
Jan Bom
jan.bom@bomnet.kom

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lelie wit !

So., 17 Januarie 1999 00:00

Ek wonder of Steve Twete gesien het dit is nie net die spanne wat lelie wit
is nie, maar die TOESKOUERS ook. Waar is die "massa" swart ondersteuners, en
hoekom kan hulle nie ook betaal om die wedstryde by te woon nie.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

enigeiemand hier

So., 17 Januarie 1999 00:00

hello kom ons gesels,stry of stem saam oor iets

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

"Kunsklas" deur PREVOT VAN DER MERWE

Sa., 16 Januarie 1999 00:00

Kunsklas
Prevot van der Merwe
("Boerejive", 1990)

jy weet nie
byna-vrou meisietjie
wat meneer teken met jou HB-potlood
op jou nuwe Eclipseboek
van die omkrul en waansin en onmag
in model-meneer se gemoed

daar waar jy bevry is van skool
en van mense
van klere, gevoel en van pyn
hoe jy leef in meneer se hande
in verbeelde samesyn

jy weet nie
want meneer in jou tekenprentjie
potloodgrys op wit
is maar vaal soos 'n wintersee
jy weet nie
maar meneer sien jou in
volkleur
en sy bloed kan daarvan skree

Prosa & poësie | 0 kommentare

Help 'n outjie ASSEBLIEF

Sa., 16 Januarie 1999 00:00

Vriende,

Ek is besig om 'n stukkie HTML te toets en ek soek bietjie
hulp om te sien of die ding wil werk. Wil jy nie ASSEBLIEF
na die volgende adres gaan en aan my 'n nota in die toepaslike
ruimte skryf nie. Jou samewerking sal baie waardeer word.
Wanneer jy dit doen, sal ek nie eers weet wie jy is of wat
jou E-pos adres is nie, dus is hierdie nie 'n slim set om jou
adres in die hande te kry nie, maar is regtig 'n toets.

Die adres: http://home.yebo.co.za/~dm44

Dankie,

Danie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1278  1279  1280  1281  1282  1283  1284  1285  1286  1287  1288  1289  1290  1291  1292  1293    »]
Tyd nou: Do. Jun. 04 06:27:50 UTC 2026