Op nl.taal werd de vraag gesteld of iemand de oorsprong van het woord
"boterham" kent. Er werd toen verwezen naar http://www.onzetaal.nl/advies/boterham.html waar onder andere het volgende
wordt geschreven:
``Het komt alleen in het nieuwnederlands voor, en wel, naar het schijnt,
hoofdzakelijk in de volkstaal der oorspronkelijk Frankische streken
(Vlaanderen, Brabant, Limburg, Gelderland en Zeeland), vanwaar het in de
algemene schrijf- en spreektaal doorgedrongen moet zijn (...)."
Ik heb mijn Afrikaanse woordenlijst erop nagezocht en inderdaad geen
"boterham" (a slice of bread) aangetroffen. Nu is er in eerdere discussies
regelmatig beweerd dat Afrikaans voornamelijk uit het zuidnederlands is
ontstaan. Zou het feit dat "boterham" niet in het Afrikaans wordt gebruikt
niet een argument tegen deze stelling kunnen zijn? Je zou toch verwachten
dat zo'n alledaags woord niet verloren gaat?
Arthur Hagen wrote in message ...
> Ik ben wel nieuwsgierig hoe een boterham in het Afrikaans dan wel genoemd
> wordt...
Daar is nie eintlik 'n Afrikaanse woord wat presies dieselfde beteken as
"boterham" nie. As 'n mens in Nederlands praat van "een boterham met kaas"
as iets wat jy aan tafel eet dan sou 'n mens in Afrikaans praat van " 'n sny
brood met kaas". As dit iets is wat jy in jou kosblik saam werk toe neem
vir "lunch" dan sou 'n mens in Afrikaans praat van " 'n kaas-toebroodjie".
Die woord "toebroodjie" lyk vir my soos 'n relatief moderne Afrikaanse
woord, wat eers onstaan het na die aankoms van die Engelse, as 'n vertaling
van "sandwich".
Ek skat die meeste deelnemers hier kan 'n storie of twee vertel waar hulle op
reis was en landsgenote of selfs die buurmense op die hoek in die snaakste en
verafgeleegste plekke teegekom het. Onlangs, in Thailand, het ek binne
vier-en-twintig uur TWEE sulke geleenthede gehad - interseksies met die bekende
en die moontlike, die vrees en die droom.
Die eerste voorval het plaasgevind in Chiang Mai, in die Noorde van Thailand.
My eggenoot en ek het op hierdie, ons laaste dag in Chiang Mai, besluit om vir
oulaas na ons gunsteling padstal te gaan vir die beste Pad Thai wat hierdie
tong nog geproe - nee, gesmaak het. Terwyl ons so sit en smul en oe en aa en
lippe smak, plak 'n familie (pa en ma in hul laat dertigs, en twee seums, so
nege en sewe jaar oud) hul neer langs ons. Dit was nie nodig om hul Afrikaans
te hoor ten einde hul nasionaliteit af te lei nie - op die seuns se voorkoppe,
baie prominent, was tydelike tattoeerplakkers van die Suid-Afrikaanse vlag.
natuurlik het ek 'n gesprek aangeknoop - een wat deur die nag tot in die vroee
oggendure sou duur. Wat 'n plesier om my geradbraakte struggle-Xhosa met die
seuns te oefen (hul leer dit op skool), en innie kaaps va my jeug te wietie
(die een seun se beste vriend kom van die kaapse vlakte); wat 'n verfrissende
openbaring om van pa en ma te hoor hoe dit was vir hulle om as wit
suid-afrikaners deur apartheid te leef en wat hulle vertel was in die
voortrekkers (anders as die moee en interrogerende verwagting dat ek, as swart
persoon, altyd moet vertel of verduidelik sonder 'n resiprokerende aanvaarding
van die verlede as mede-landsgenote); wat 'm wonderlike eerlikheid in die
erkenning dat hulle tog vir PW gestem het; wat 'n hoopvolle toekoms in 'n
buigbare familie wat kaalvuis worstel met stereotipe en rassisme - maar dit
doen met 'n geworteldheid in die droom van 'n gedeelde suid-afrikaanse toekoms
vir almal.
Hierdie prometeaanse hoop het my dan ook die volgende oggend omhoog gehou op
pad na Bangkok, waar ons 'n konnekterende vlug sou kry na Ko Samui, 'n eiland
in die Golf van Thailand. Op die lughawe, terwyl ons wag vir die vlug, die
tweede ontmoeting met Suid-Afrika. Skuins oorkant ons sit 'n vrou, ook in haar
laat dertigs, met haar twee seuns (so sewe en vyftien jaar oud). Die
sewe-jarige se rooi K-TV rugsakkie was my eerste leidraad, en soos ek meer
attent luister, hoor ek jou wrintiewaar Afrikaans. So drie sitplekke van my
vrou en ek sit 'n jong African American toeris die tyd en verwyl op sy Gameboy,
'n videospeletjie. Ouers sal saamstem dat hierdie speletjies 'n sewejarige
soos 'n magneet aantrek en dis ook nie lank nie of die K-TV seuntjie stel
ondersoek in. Hy keer terug na sy moeder en hier volg 'n uittreksel van
daardie gesprek.
Seuntjie: "Mammie, daardie speletjie is beter as Jakkie s'n"
Mammie: "Dis mooi. Nou sit stil en moenie die Neger pla nie"
Seuntjie: "Is daar Negers by die huis mammie?"
Mammie: "Nee, Nico, Negers kom van Amerika. Hulle is nie soos ons swartes nie.
Hulle is slimmer geleerd en groter"
Seuntjie: "hoekom?"
Mammie: "Ag Nico, ek weet nie - ons swartes hou nie daarvan om te reis nie, en
hulle kan nie somme maak nie"
Seuntjie: "As ek groot is wil ek ook 'n gameboy he"
Terwyl my mond gapend oopval (ek skat, omdat my vrou Amerikaans is en met 'n
duidelike aksent praat, het hierdie moeder aangeneem dat ek ook amerikaans is
en haar nie kon verstaan nie), word ek bewus nie net van my woede en
teleurstelling nie, maar ook van 'n diepe hartseer dat 'n geleentheid
verbygegaan het om 'n jong seun van slawerny te vertel, van gelykheid en
menswaardigheid, van wat dit beteken om 'n wereldburger te wees. In my
geestesoog vrees ek, vyftien jaar van nou, 'n Nico wat na Frikkie opkyk.
Terwyl ek beide voorvalle oproep, herinner ek my aan iets wat Joseph Conrad by
geleentheid gese het - miskien is die lewe net dit: 'n vrees en 'n droom.
> Ek verag ook
> whities wat van "swartvelle" praat.
Ek het hiervoor gewag, want:
***************
Op 1998/06/05 skryf Gloudina:
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes: >
Gloudina kraai...
>
>> Daar is 'n verskil tussen 'n wynverbouings-
>> kultuur en die oormatige gebruik van alkohol.
>
> Heeltemal reg. Die "First Nations" van Kanada is 'n
> uitstekende voorbeeld. Wenk: Hulle is beslis nie
> 'n wynverbouingskultuur nie. ;-)
Wel, Hjalmar, ek voel so aan my
bas dat hierdie die gepraat van
'n witvel is wat so, met 'n oog-
knip hier en 'n oogknip daar,
wil sê; die Eerste Nasies is 'n
klomp dronkaards. Dis benede my
om hierdie gesprek eers te begin.
Gloudina
Op 1999/03/14 skryf Gloudina:
Die "waarheid" is dat 'n klomp skurke
nes geskop het in my vaderland. Dit
het nie om "apartheid" gegaan nie.
(Hoeveel apartheid was daar wel?)
Dit het gegaan oor mag, brute oorheer-
sing van 'n klomp witvelle oor die
80 persent van die bevolking wat nie "wit" was nie.
*****************
Gloudina mag witvelle dus witvelle noem.
Maar ek mag swartvelle nie swartvelle noem nie.
Ek verag dit as hoogheiliges norme op ander mense toepas waarvan hulle
hulself kwytskeld.
Is dit nie interessant hoe diegene wat van die politieke korrektheid
oorloop hierdie stel dubbele standaarde handhaaf nie?
As die lighuidiges vir enigeen sonder 'n ligte vel kritiseer is dit
altyd 'rassisties', kyk maar daagliks in ons pers. Maar as die
'witmense' as groep gekritiseer word deur ander groepe, dan is dit
aanvaarbaar.
Maar vir diegene wat in Suid Afrika bly, ons voel hierdie omgekeerde
rassisme daagliks eerstehands aan ons bas en ons weet dit alles lankal
reeds.
Tjeers
Casper
Ns Moenie te ontsteld wees as Gloudina nie hierop reageer nie, sy is
te besig om nuwe teikens te soek sodat sy weereens Afrikaans,
Afrikaners, Boere, Apartheid en wie ook al 'n witvel het met haar
dosisse politieke korrektheid kan verinneweer.
On Mon, 22 Mar 1999 09:06:26 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
> Gloudina mag witvelle dus witvelle noem.
>
> Maar ek mag swartvelle nie swartvelle noem nie.
>
> Ek verag dit as hoogheiliges norme op ander mense toepas waarvan hulle
> hulself kwytskeld.
Ek gee regtig nie om as mense die onder bevoordele mense van die wereld wil
help nie, en ek gee ook nie om as hulle my voor vaders daaroor verwyt (oor
die apartheid nie) maar doen dit asseblief omdat julle regtig omgee en nie
net om julle self te laat goed voel nie.
Ek woon in Engeland (nou al vir 2 jaar) en ek sal vir jou se, toe ek as n
jong meisie op n plaas in die Oos Transvaal groot geword het en met my swart
maatjies gespeel het, het my ouma en oupa nie vir my gese ek mag nie met
hulle speel nie, want hulle is swart nie, of moenie jou hand in dieselfde
pap pot sit as daai swart kind nie, ek was toegelaat om hulle te aanvaar as
die persone wat hulle was en hulle vir my.
Ek is verbaas oor die dinge wat ek hier in Engeland beleef. Moeders wat nie
wil he hulle kinders moet met swart kinders speel nie. "No you can't invite
her to your party, she is a coloured". Ek dink ek het dit nou een maal te
veel gehoor.