Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach, Coetzee, van Zyl Slabbert

Sa., 20 Maart 1999 00:00

Na aanleiding van die komende debat oor die lot van die ou volkie ...
"
Watse, wie se Afrikaners?: Brief in Die Burger: Brink, Breytenbach,
Coetzee, van Zyl Slabbert
--
In die koerante lees ons dat daar waarskynlik binnekort 'n openbare
debat in die Parlement gaan kom, ingelei deur Thabo Mbeki, oor "die
Afrikaner". Hierdie debat, wat seker as rigtinggewend gesien moet
word van Mbeki se beoogde hantering van die Afrikaners, vloei glo
voort uit 'n reeks gesprekke tussen hom en "verteenwoordigende" of
"invloedryke" Afrikaanse instansies en individue. Die inisiatief en
die uitlig van die vraagstuk herinner aan soortgelyke pogings van
voorheen en elders in die geskiedenis (soos bv. "die Joodse kwessie
. . .", "die Koerdiese kwessie . . .) - wat nie beteken dat dit
vergelykbaar is nie. Maar watse Afrikaners en wie se Afrikaners is
hier sprake van? Ons weet nie wat hierdie groepsdier, "die
Afrikaner" is nie. Ons weet slegs dat ons ons nie herken in vroeëre
"gangbare" definisies nie, want dié was gebaseer op uitsluiting en
stereotipering. Nou is dit interessant om te sien dat dit presies
dieselfde instansie is wat vantevore die norme bepaal het en tans
as lakeie die saak probeer skik met die toekomstige president.
Hierdie mense se essensiële bemoeienis was natuurlik nog altyd
hulle verhouding met en toegang tot mag (en aldus voorregte). Dit
pas die toekomstige president blykbaar om die vorige ortodoksie
(FAK, AB, ATKV, Suid-Afrikaanse Akademie en dergelike) te
legitimeer en bestendig. In ons land verkies mag altyd om self sy
interlokuteurs en gespreksgenote te kies. Dis immers hoe die vorige
bedeling die Hendrickses en Mantanzimas en ander Mangope's
aangestel het as segsmanne van hulle onderskeie volke. Maar hierdie
windeiers en kramppense is nie deur ons of enige ander "Afrikaners"
wat ons respekteer afgevaardig of gemandateer nie; ons herken en
vereenselwig ons geensins met wat hulle ook al vir mekaar te sê mog
gehad het nie en sal ons nie daardeur gebonde voel nie. En tussen
hierdie "onse" is daar bruin en bleek, kommuniste en Boere en
boere en bittereinders en liberale, Dakar pelgrims en agnostici en
Boeddhiste en afvalliges en wederstrewiges en skrumskakels en
alkoholiste en kerkmuise en kultuurkokkerotte en moffies en
mekênnieks en vissermense sonder kwotas en vorige grensvegters en
boepbewoners en nihiliste en diakens en gesellinne en filosowe en
koffiedrinkers - kortom, daardie ruie en ongetemde maar
lewenskragtige verskeidenheid onafhanklikes en bywoners en
sinmakers en useful idiots wat met reg daarop aanspraak kan maak
dat hulle die "meerderheid" Afrikaners is (maar nooit so
aanmatigend sal wees om te dink hulle is "verteenwoordigend" nie).
Vir ons is om Afrikaner te wees - of Afrikaans as moedertaal te hê
- nie 'n fataliteit of 'n kondisionering nie; dis 'n
self-bepalende, ondersoekende, bevraagtekenende, veelkleurige en
oop verbasteringsproses wat groei uit baie wortels. En ons is
trots op ons spesifisiteite en vermoëns. Maar ons is ook
Suid-Afrikaners en Afrikane. Want om Afrikaner te wees is geen smet
nie. Ter illustrasie (en nie vergelykenderwys nie): die Nazi's was
ook Duitsers, Idi Amin en Bokassa en Mobutu was ook Afrikane. Dis
waarom ons weier om gemeng met die semels op dié manier aan die
Parlement opgedis te word. Dat daar besin moet word oor onopgeloste
kwessies soos 'n staatsbestel wat genoegsaam ruimte laat (en krag
daaruit put) vir beide diversiteit en eenheid, vir uiteenlopende en
tog bindende geskiedenisse, vir die voortgesette ontwikkeling van
Afrikaans as wetenskaps- en tersiêre taal, vir 'n herwaardering van
openbare etiek, vir die omvormende funksie van kreatiwiteit, vir
demokrasie . . .is onomstootlik. Dat daar egter in die Parlement
gegorrel gaan word oor die "Afrikaner" (ten aanhoor van die
geroggel op opposisiebanke) na aanleiding van gesprekke gevoer met
mense wat lankal nie meer die Afrikaners verteenwoordig nie, is
onaanvaarbaar en dalk selfs moedswillig. BREYTEN BREYTENBACH
ANDRÉ P. BRINK AMPIE COETZEE FREDERICK VAN ZYL SLABBERT
"
--
Skaamteloos geplagiariseer uit Die Burger, 20 Maart 1999:
http://news.24.com/osv/pdviewer.asp?www=http://news.24.com/a frikaans/die_burger/die_burger.asp

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Uitdaging Nr1

Sa., 20 Maart 1999 00:00

Ek is nou maar voor-op-die-wa genoeg om Nr1 in die onderwerp te sit -
hopelik sal ek meer van hulle plaas as daar belangstelling is.
Ek dink aan so 'n stadige spoed Trivia spel oor Afrikaanse
letterkunde.

Ek sal 'n aanhaling uit 'n boek of gedig plaas en enige een kan kyk of
hulle kan raai wie dit geskryf het en wat die werk se naam is.

Hopelik is hierdie een nie te moeilik nie.
Dis 'n boek en dit eindig so:
"'n Kind het vir homself 'n weg gebaan deur die oerwoud. Hy het
struikelend, af en toe selfs gewond, langs dwaalwee en klowe, slegs op
enkele punte met die steun van 'n gids, uit die donkere doolhof
uitgekom.
Hy staan nou in die lig, en ann sy voete lê die wereld oop.
Of hy 'n stoker word of 'n admiraal, 'n vrye swerwer langs Gods weë of
'n sigaretwinkeltjie - dis my om't ewe.
Solank as hy my maar eerlik en onbevrees in die oë kyk.
En regop staan.
Soos 'n man....!"

Johan, die ewige realis / optimis.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nuwe Artikels

Sa., 20 Maart 1999 00:00

Die volgende twee nuwe artikels is op die webblad van Vryheid2000 te
http://members.xoom.com/vryheid2000


A LETTER TO THE PRESS
From Fred Rundle

DIE ERFENIS VAN ANC GEWELD
Deur Fred Rundle

Boere Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Namaliedjie" deur PIETER CLAASSENS

Sa., 20 Maart 1999 00:00

NAMALIEDJIE
Pieter Claassens
(Verse vir 'n windswael, 1980)

hand aan hand
stap ons deur die twa,
jy met jou noe
ek met my ghaai

jou tsammatjies stoot
al kleingoed toe -
wie gaan hom abba,
ek of jy?

o my nambro
my nambro
my wilde swael,
wie gaan ons uit
die gommi haal?

ons tkoeikikwa
wie gaan hom dra -
jy sy gūs
of ek,
sy pa?

twa = Boesmangras
noe = gebreide velletjie wat Hottentot-
meisies voor en agter bedek
ghaai = vel wat man se skaamte bedek
nambro = wilde swael
gommi = moeilikheid/dilemma
tkoeikikwa = tengerige Boesmankindjie
gūs = ma

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gesprekvoering - gedagtes vir Leendert (en andere?)

Vr., 19 Maart 1999 00:00

Leendert

Jy se hier erens dat ek jou nog 'n antwoord skuld oor Nunavut. Ek sukkel
regtig om geinteresseerd te bly na sommige van jou antwoorde: 'n Voorbeeld:

Bees: "Die enigste bree ooreenkoms, dink ek, is die idee van 'n vorm van
outonomiteit wat nagestreef word. Verder sal 'n volkstaat in SA waarskynlik
nie ekonomies onafhanklik wees nie, net soos Nunavut."

(Let wel , ek wys uit dat ek dink dat daar een bree ooreenkoms is. Dan voeg
ek 'n (minder belangrike) stelling by wat begin met "Verder...")

Leendert: "OK, dis twee ooreenkomste."

Ek is net nie lus om op hierdie manier te gesels nie. Ek dink dit is
sinneloos om hierdie tipe van onnodige en niksseggende (en irriterende)
stellings te maak.

Dit beteken nie dat ek nie belangstel in jou opinies nie, Leendert. As jy
wil gesels, se wat jy dink oor die goed wat saakmaak. Ek vind party van jou
perspektiewe interresant, al vind ek dat ek baie keer daarvan verskil.

So, my voorstel: Begin 'n nuwe draad, en vertel vir my hoekom jy glo dat
Nunavut en die SA volkstaat idee dieselfde is. Ek het jou reeds vertel
hoekom ek, gebaseer op my persoonlike waarnemings, glo dat hulle in wese
meer verskillend as dieselde is.

Tot later
Bees

Ps. 'n Goeie, meer akkurate titel sou wees: "Nunavut en SA
volkstaat -dieselfde idee?"

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: COVER UP???

Vr., 19 Maart 1999 00:00

WTF are you talking about?
Jy maak nou weer stories oor goed wat jy op TV gesien het nê.

Secret Squirrel wrote:

> In true fashion this alarming information is deliberately hidden
> from the outside world.
>
> Cover up after cover up con tinues without any SAfrican question
> it. Why should it be people living outside of SA who have to ring
> the alarm bell every single time.
>
> Are the SAfricans just so brainwashed into accepting everything?
> Are they perhaps just so uncaring?
>
> OR ... are they just to afraid to embrace the truth.
>
> I reckon the latter!
>
> Squirrel

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Toemaar die donker man"

Do., 18 Maart 1999 00:00

Gloudina,

Miskien as jy weer eendag in SA kom, moet jy planmaak om die liedjie te
hoor.

Prosa & poësie | 4 kommentare

Karel Schoeman

Do., 18 Maart 1999 00:00

Ek het n` boek van K. Schoeman gelest; Na die geliefde land. En goed boek
maar hy het die Johannes Openbaaring toe gelest hê. Het hy aander boek
skrywe.

Benedikt

( Ek hoop julle verstaan my spelling )

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Moet ons regtig akkommoderend wees?

Do., 18 Maart 1999 00:00

Hoe sou SA vandag gewees het indien die Franse Hugenote, die Britse
Settelaars en die Voortrekkers meer akkommoderend was? Het 'n gebrek aan
akkommodasie (nou praat ek nie in die RDP huise rigting nie!) nie juis vir
'vordering' gesorg nie?

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

Re: Moet ons regtig akkommoderend wees?

Do., 18 Maart 1999 00:00

On Thu, 18 Mar 1999 20:45:21 +0200, "Theunis Bekker" wrote:
|Hoe sou SA vandag gewees het indien die Franse Hugenote, die Britse
|Settelaars en die Voortrekkers meer akkommoderend was? Het 'n gebrek aan
|akkommodasie (nou praat ek nie in die RDP huise rigting nie!) nie juis vir
|'vordering' gesorg nie?
|
Ek weet nie of ek jou rede reg verstaan nie - ek neem aan jy vra of 'n land
makliker immigrante moet toelaat? En meer voorsiening maak vir diversiteit in
die gemeenskap.

Ek het verstaan dat ou Paul Kruger nie baie van Ingelse immigrante gehou het nie
en hulle nie eers wou laat stem of onbeperk toelaat nie. Ek dink dit was
verkeerd vir die situasie waarin SA destyds was.

Vandag is dit 'n heel ander storie - demografie van verskillende lande lyk
anders en 'n redenasie wat vir een land geld, geld nie vir 'n ander nie.
Beheerde wettige immigrasie sou seker die grootste mate van selfbeveiliging
verskaf. (Engelse Amerikaners is bang dele van die VSA gaan Spaanssprekend word
en die Hollanders is bang die koningin van hulle sal dalk Molluks moet aanleer.)

Is die onbeheerde toestroom oor SA se grense nog so groot probleem soos twee
jaar terug? Ek het in Julie 1997 met 'n Zulu vrou gepraat wat vir 'n dag Jhb se
middestad toe is en sy het beweer dat sy in die hele Commisionerstraat nie een
bekende Suid Afrikaanse swart taal kon hoor nie.

Ek gaan nou nie hier lang slim redenasies sit en uitdink nie, maar gutfeeling sê
vir my gheel en al geslote grense gaan nie gesond wees nie - 'n sekere mate van
immigrasie moet aangemoedig word.

Akkommoderend? Ek dink nie dis in die aard van die politieke dier om sommer
akkommoderend te wees nie. Dalk nie eers in die man op straat se "make-up"
wanneer dit kom by groot kultuurverskille nie. Die Amerikaners sal byvoorbeeld
glad nie 'n man akkommodeer wat langs die pad sommer so oop en bloot staan en
pie nie. En in SA dink niemand dis snaaks nie. Hoe maklik sal SA byvoorbeeld
'n Spaanse minderheid aanvaar wat daarop aandring om in hulle eie taal gehelp te
word? Die skeidslyn wat akkommodasie omring is baie vaag en baie "volatile"!

Bees, Gideon, Alwyn, Johan LR, Henri, wat sê julle manne hieroor? (twee punte
dink ek: immigrasie en akkommodasie).

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1243  1244  1245  1246  1247  1248  1249  1250  1251  1252  1253  1254  1255  1256  1257  1258    »]
Tyd nou: So. Mei 03 10:49:59 UTC 2026