Ek ken 'n ou ou liedjie
Van lewenswel en wee
Van lank-vergete skepe in
Die kelders van die see
Die woorde is vergete
En tog, die deuntjie draal
Soos vaag-bekende grepies in
'n Baie ou verhaal
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind
Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie drome is
Sou net 'n kind kon raai.
************************************
Laurika o Laurika, jy sing dit so pragtig!!!!
Alwyn, uit Perth
Pijotter skryf in boodskap news:927893650.912275@ns0.klm.nl...
> You'll find the afrikaans song Kinders van die wind interesting...
>
> I'm not sure about the lyrics, but it goes something like this.
>
> Ek ken 'n ou ou liedjie
> Van lank ver... en wee
> Van lank vergane skepe in die die kelders van die see
>
> Gesigte, drome mense
> word deur die wind verwaai
> en eindelik was almal maar net kinders van die wind...
>
> Yeah that's about it that i can remember of this song. Maybe you'll find
> the rest either on this NG or on the internet somewhere. Just a word of
> precaution don't be going around to freely with your english here. You
> might be thrown with rotten tomatoes for using the evil empirical taal.
>
> Then there is also the story about some guy smoking a pipe with the devil on
> table mountain. This happens when the south western wind is blowing and
> table mountain is covered in a blanket of clouds. (ek's seker die wat dit
> al gesien het sal weet waarvan ek praat)
>
> cheers
> Pijotter
>
> Laetitia Toanen wrote in message
...
>> Hi
>> I'm writing story about the wind around the world and i look for stories,
>> legends, dictums, and everything you can telle me about his.
>> Thank tou
>>
>> Laetitia
>>
>
''Lente in die ou transvaal
môredou en oggendlig
eerste son op sink en staal
en kolle nat groen gras
klavier se note hou my vas
gisteraand weer donderweer
in niemandsland het ek verdwaal
sal ons ooit weer daglig haal
die toergids gee die reisplan aan
sê totsiens azani�
ek groet my vriende een vir een
versigtig elke tree
ek ek stap deur die spieël se raam
die derde wêreld in''
You'll find the afrikaans song Kinders van die wind interesting...
I'm not sure about the lyrics, but it goes something like this.
Ek ken 'n ou ou liedjie
Van lank ver... en wee
Van lank vergane skepe in die die kelders van die see
Gesigte, drome mense
word deur die wind verwaai
en eindelik was almal maar net kinders van die wind...
Yeah that's about it that i can remember of this song. Maybe you'll find
the rest either on this NG or on the internet somewhere. Just a word of
precaution don't be going around to freely with your english here. You
might be thrown with rotten tomatoes for using the evil empirical taal.
Then there is also the story about some guy smoking a pipe with the devil on
table mountain. This happens when the south western wind is blowing and
table mountain is covered in a blanket of clouds. (ek's seker die wat dit
al gesien het sal weet waarvan ek praat)
cheers
Pijotter
Laetitia Toanen wrote in message ...
> Hi
> I'm writing story about the wind around the world and i look for stories,
> legends, dictums, and everything you can telle me about his.
> Thank tou
>
> Laetitia
>
hulle kyk uit oor die land
hulle lag hardop
en waar hulle lag val
groei plante van vrees
hulle praat en hulle woorde
marsjeer soos soldate
deur die strate
hulle gedagtes dra uniform
die honde van hulle wil
blaf langs wette
wat soos doringdraad deur die dae span
in hulle agterkoppe
klik boeie inmekaar
hulle gaan saans huistoe
en sit agter die lessenaar van slaap
om hulle drome skoon te maak en te olie
hulle bou kasernes
hulle sê daar is julle huis
julle sal in planne woon
julle sal apart wees
met julle sal ons
God 'n toring van Babel bou
Kan dit waar wees dat jy 'n man het wat jou saamgeneem het?
Hoe onwaarskynlik dit ook al klink - dit mag DALK net wees............
Aanhaling uit een van Gloudina se "bydraes":
"Sy gaan haal 'n foto
van een van Durban se strande wat uit die lug afgeneem
is, en wat wys hoe daar letterlik duisende mense op die
strand krioel. "There, I showed that to my children and
I told them that is why we left South Africa," vertel sy.
Dit het my eers 'n rukkie geneem voordat ek besef het
wat sy besig was om te sê: Durban se strande was OK
toe net wit mense daar kon swem, maar nou dat "almal"
daar kan swem, nou is SA skielik nie meer goed genoeg
nie. Ek antwoord haar toe: " You know, this picture
makes me actually extremely happy."
Gloudina, ek wens jou 'n vakansie toe op die strand tussen die mense -
So lê u spore diep in my. U het my bitter
denke bekeer, my bitsig-bose tong
geleer om soet te buig, eers tot u eer,
toe ook met ander lof. 'n Duister, jong,
verstokte vasteland het u laat skitter
met kenbaarhede; heidense kontrei
het u welluidender vernoem - gedoop
in 'n nuwe taal wat oor die landkaart sprei
(waardeur ek groei, maar wat deur my ook groei)
- pleknaam tot pleknaam Kaap die Goeie Hoop.
Ek is besig om 'n webwerf op te rig vir die aanleer van Afrikaans.
Ek wil 'n ou gunsie vra indien iemand kan uithelp. Ek is op soek na 'n
goeie foto van die TAALMONUMENT, wat ek op my webwerf wil gebruik.
M.a.w. as enige van julle oor 'n foto beskik (elektronies) en die foto
het nie 'n kopiereg probleem nie, maak so biejtie lawaai asb.
Die SABC het aangekondig dat hulle die gewilde joernaalprogram Pasella
vanaf sy
huidige tydsgleuf op Dinsdag om 19:30 gaan verskuif na Maandag om 21:30.
Geen
redes vir of verduideliking van hierdie stap is gegee nie, en dit
geskied sonder enige
oorleg hoegenaamd met Afrikaanse belangegroepe.
Gemeet aan kykersgetalle, kwalitatiewe navorsing en advertensie-inkomste
is Pasella,
wat gereeld onder die SABC se top tien lys van gewilde programme is, een
van die
mees suksesvolle programme. Volgens die AMPS-gegewens is die program
gewild by
Afrikaanse sowel as Engelse kykers, en as inligtings-, opvoedkundige- en
vermaaklikheidsprogram trek Pasella Dinsdagaand gedurende spitskyktyd
meer as 800
000 kykers bo 16 jaar ouderdom. Indien kinders bygetel word, beloop dit
meer as 1
miljoen kykers.
Hierdie gesinsprogram, 'n televisievenster op die wêreld van Afrikaanses
uit álle
gemeenskappe, se beplande verskuiwing na laat op 'n Maandagaand, kan
uiteindelik
lei tot die afskaffing van die program. Maandagaande en die laat
tydgleuf sal die
kykersgetalle drasties laat afneem en sodoende vir baie minder
advertensie-inkomste
sorg, wat 'n seker manier is om Pasella te laat sneuwel.
Hierdie beoogde verskuiwings is die gevolg van skeduleveranderings
gebaseer op
Âstroke in plaas van Âblokke (vaste tydgleuwe vir bepaalde tale). In
hierdie Âstroke sal
daar elke aand gedurende spitstyd nuus wees, gevolg deur ligte
vermaaklikheidsprogramme, sitkoms en wedstrydprogramme. Hierdie
programme sal
feitlik uitsluit in Engels of Sotho (op SABC2) wees. Sodoende verloor
Afrikaans hier
andermaal 'n uur uitsaaityd gedurende spitstyd. Die hoeveelheid
Afrikaans sal
sodoende na minder as 20% daal en ook nie meer Dinsdagaande 'n vaste
tydgleuf hê
nie.
Dit is dringend dat vanuit alle oorde en so sterk moontlik protes
aangeteken sal word
teen hierdie beplande en verdere aftakeling van Afrikaans op SABC2, en
die minagting
van die behoeftes, regte en belangstellings van Afrikaanse (én Engelse)
kykers.
Die SABC gaan met hierdie verkuiwing nie slegs die tyd vul met goekoper
ingevoerde
Amerikaanse programme nie, maar sal so ook nóg minder aan die vereistes
van die
Uitsaaiwet (1998) en die Onafhanklike Uitsaai Owerheid voldoen.
'n Beroep word op kykers gedoen om 'n nota van beswaar teen hierdie
beplande
verskuiwing van Pasella te stuur aan mnr Malan Otto, Algemene
Bestuurder: Sentrale
Klagtekantoor, SABC, Radiopark, Henleyweg, Aucland Park 2092. Sy
faksnommer is
(011)714-4508 en sy E-posadres: ot...@sabc.co.za