Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Son op jou tong" deur CHARL DURAND

Sun, 06 June 1999 00:00

SON OP JOU TONG
Charl Durand

daar was 'n godin, 'n lugwaardin
iewers waar ons oor kairo vlieg
het sy my laat lag
oopmond

isis, ek sweer
daar's son op jou tong

skilderye van bont
die lugwaardin teen die muur
van my binnehof
wag dat die kaptein aankom

Prosa & poësie | 0 kommentare

Learning Afrikaans in London ?

Sun, 06 June 1999 00:00

Apologies for not posting in Afrikaans, but can anyone tell me where I can
learn/practise Afrikaans in London ? I'm a lurker and have been teaching
myself for a year now. I've only just moved here and would be grateful for any
help as I don't know any Afrikaans speakers (except for family in South Africa).
Email me privately and save bothering everyone else.
Thank you.

lex

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

GRATIS AFRIKAANSE ADVERTENSIEBLAD

Sun, 06 June 1999 00:00

Plaas enige advertensie gratis by http://www.ruil.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bizar rede om te emigreer nr. 1

Sun, 06 June 1999 00:00

Hoor dit nou die dag.
Die vrou sê: Na al die onthullinge in die OVK is sy so geskok oor
wat in SA gebeur het in die verlede dat hulle nou moet emigreer.

(Talking about 'n rede soek om jouself te "boost" EN politike korrek
te klink....)

Emigrasie & buiteland | 4 kommentare

AFRIKAANS OPPI NET

Sun, 06 June 1999 00:00

++++++++++++++++++++

NET VET PRET oppi NET

Ons probeer Afrikaans op die Internet bevorder.
Stuur ASSEBLIEF hierdie omsendbief aan soveel
as moontlik Internetters.

1] Ons het 'n webwerf http://www.ruil.co.za
waar jy enige ding GRATIS kan adverteer om
te verkoop, skenk, weggee, smous of doen net
wat jy wil. Net jou dierbare skoonmoeder mag
nie geadverteer word nie. Besoek gerus die webwerf!!

2] Ons pos elke Maandag, Woensdag en Vrydag 'n
GRATIS E-pos aan enige persoon wat dit wil ontvang.
Dit bevat SKOON, kostelike kinder kwinkslae, asook
wenke, wyshede, resepte, verleenthede en les bes 'n
gepaste oordenking vir die dag. Ons noem dit:
"Begin jou dag 'n slag met 'n lag!!"

Om hiervoor in te skryf, stuur net jou E-pos
adres aan: Danie by dm...@yebo.co.za Ek belowe dat ek
NIE aan jou gemorspos of swak grappe sal stuur nie.

[Terloops, die woord "oppi" is nie erkende Afrikaans
nie, maar dit was sommer net om jou aandag te trek.]

++++++++++++++++++++

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Post Toasties?

Sun, 06 June 1999 00:00

Ek en my vrou sit nounet en gesels en sy gebruik die woord "post toasties"
vir "corn flakes". Weet iemand waar hierdie woord vandaan kom? Was dit 'n
handelsmerk vir "corn flakes"?

Groete

Johann

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Ag, ou Gloudina - was: Daasy - gestem

Sat, 05 June 1999 00:00

Ag, ou Gloudina - daar sit jy toe ook maar die pot heeltemal mis met jou
misplaasde kommentaar oor wat ek en Ferdi vir mekaar te sê had.

> Ek wonder of jy besef dat daar nou
> gereeld mense uit ander lande
> verkiesings bywoon om te sien of
> hulle "vry en regverdig" is.

Dit mag jou verstom om te weet dat ek ingelig genoeg is om dit te weet, ja.

Jimmy Carter en sy mense (knip knip ....)
> weet waarvan hulle praat.
> Hulle sal nie een "vry en regverdig"
> verklaar as dit nie so is nie.

Miskien, miskien nie. 'n Verkiesing waar mense in Thokoza by 'n "stemlokaal"
moet stem waar hulle kruisies getrek moet word op 'n tafel in die oop veld,
waar enigeen oor hulle skouer kan loer vir wie hulle stem, kan per definisie
nie vry wees nie. En een waar misdadigers in gevangenisse mag stem, maar
produktiewe lede van die samelewing wat net nie die regte ID-bewys het nie,
nie - dis nie regverdig nie. O ja, terloops: ras is NIE ter sprake nie.

> En ek wonder hoe jy sou gekla het
> oor die provinsiale verkiesing wat
> ons gister in Ontario gehad het.

Ek het dit nie oor verkiesings per se gehad nie. Net oor Ferdi wat sy eie
persoonlike stemervaring tot maatstaf verhef het vir diehele verkiesing. Wat
in Ontario gebeur, gaan my nie aan nie. Dit klink egter net soos wat op
sommige plekke in my dierbare Suid-Afrika gabeur het, as ek berigte moet
glo.

> En, as jy lank genoeg in die VSA bly,
> sal jy ook nog baie baie verkiesings-
> onreelmatighede sien. En "dirty tricks."

Jy is reg. Ek het egter nooit beweer of geïmpliseer dat onreëlmatighede nie
op ander plekker of nooit voorheen voorgekom het nie. Sedert die heel eerste
verkiesings moes daar minstens pogings gewees het om te "crook" met die
stemmery. Dis menslik, maar nie daarom vergeefbaar nie. Ek veroordeel nie
die verkiesing in my land nie; wys net daarop dat ek baie skepties staan
teenoor ENIGEEN - idealis Carter en sy trawante ingesluit - wat goedsmoeds
verklaar dat 'n verkiesing vry en regverdig is, terwyl enigeen met twee
breinselle kan sien dat dit nie sonder meer vry of regverdig was nie. As
hulle ten minste nog "vry en regverdig" kwalifiseer, kan ek hulle opinie
respekteer, maar nie die ongekwalifiseerde verklaring wat hulle volgens
berigte daaroor uitgespreek het nie.

> Jy klink egter na iemand wat maar in
> die VSA moet bly.

Daar het ons nou die kern van jou argumentasie. Dankie vir jou persoonlike
analise van wat ek moet doen of moet laat. Jy weet niks van my af nie nie,
en dan spreek jy jou so onomwonde uit.....

Jy klink na die soort
> persoon wat nie in die nuwe SA kan inpas
> nie.

Hierdie uitspraak toon die diepte van jou onkunde oor wie en wat ek is. Ek
gaan nie verder daarop reageer nie.

> Jy klink ontevrede dat die massas
> ook nou in SA kan stem.

Inteendeel. Niemand is meer daaroor verheug as ek nie. Uiteindelik het ons
nou die demokratiese proses uitgebrei om almal in te sluit.

> Wanneer massas
> stem, is daar altyd onreelmatighede.

Verkeerd. Daar is altyd potensieel onreelmatighede wanneer mense stem. Maak
nie saak of dit massas is of nie. Selfs in die ou dae, toe die (wit) NP
feitlik 'n diktatuur gevoer het en daar nie veel meer as 'n "token" (wit)
opposisie was nie, was daar onreelmatighede. Soos ek reeds probeer aantoon
het, gaan dit NIE daaroor nie. Dit gaan daaroor dat mense dit nie wil erken
en probeer regstel nie. Dis altyd die opposisie wat dit moet uitwys, en dan
die gevaar loop om van suur druiwe beskuldig te word.

Groete uit Pennsylvania - wat ek liewer sou verruil vir Pretoria, as ek kon.

Henry - alias Kwarantyn

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Can someone teach me Afrikaans please?

Sat, 05 June 1999 00:00

Can someone teach me Afrikaans please?
please?

peter.a...@duceg.globalnet.co.uk

--
@~@~@~@~@~
Listen to my radio: ImagineRadio!
http://www.imagineradio.com/mymusiclisten.asp?name=ploppy

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

Can someone teach me Afrikaans please?

Sat, 05 June 1999 00:00

Hi Peter,

I suggest you start with REAL DUTCH first, you're in England, and it would be

easy to find a REAL DUTCH person in your area ! After you know THE REAL thing,

it's easy to pick up on DIALECTS ! Or better still, come live and work in the

FRIENDLY AND SAFE KINGDOM OF THE NETHERLANDS ! Greetings from Holland, Patrick

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 4 kommentare

Aksie Vrouekrag Kultuurmiddag - 16 Junie 1999

Sat, 05 June 1999 00:00

AKSIE VROUEKRAG KULTUURMIDDAG -16 JUNIE 1999

Waar: AVK-Sentrum,
Magmedgebou,
Braam Pretoriusstraat 378
Magalieskruin.
Tyd: 15h00 (3 uur)
Toegang: Volwassenes R15
Kinders onder 12 jaar R10

Maalvleis en vetkoek of sop en brood is ingesluit.

Verskeie items.

Kom ontmoet ses van Radio Pretoria se persoonlikhede in aksie.

Daar is ook 'n gelukkige trekking vir 'n volwassene, sowel as vir een kind
aan die einde van die verrigtinge.
Kaartjies is te koop by AVK kantoor tussen 8h00 en 13h00 weeksdae.
Skakel vir enige navrae tel. (012) 543 2257.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1204  1205  1206  1207  1208  1209  1210  1211  1212  1213  1214  1215  1216  1217  1218  1219    »]
Tyd nou: Sat Jan 18 03:51:12 UTC 2025