Hans wrote in message ...
> Dit lyk amper of julle wil regkom
> akademiese proefskrif oor die "mechanics" van humor>Vriendelik
> Omie
My ou Omie, jy ken nou mos al die Jakkals, ek is oop vir enige humor.
Soos ek die "mechanics" van humor sien, moet jy bereid wees om
vir jou self te lag, al staar jy nou ook die dood in die oë. Byvoorbeeld:
Kom ons sê maar jy staan eendag doer in die vlak, bitter vér van enige
dorp of plaas huis met 'n kennis aan jou sy, en jy antwoord moeder natuur
se roep. Skierlik voel jy 'n skerp pyn op die on-noembare plek, en 'n liggie
gaan aan in jou kop, SLANG !!! Jy vra jou kennis onm die gif uit te suig,
en hy sê dat jy beslis gaan sterf, dan moer 'n mens bereid wees om die
humor van die bedryf in te sien, al gaan jy dan nou ook nie dood nie.
Jy sien, die slang mag dalk net 'n pendoring tak wees. :o)) In elk geval,
daar is so baie morbiede? persone , gebeurtenisse in die wêreld, dat ons
beslis beteraf sal wees met so 'n paar glimlaggies so elke nou en dan.
Die persone wat 'n Jakkals wil skiet oor sy streke, is beslis swaarmoedig
en ken nie een Jakkals en Wolf storie nie !!! Dit is my "Disclaimer"
lyk my amper al die Wegloopafrikaners bly in Astraailia of Kjenneda. Of die
Styts. Nou wa ekke bly is baie gras. Plat gras. En dis so plat omdat die
koeie dit opeet. En as die koeie dit nie opeet nie, dan verdrink dit vanself
in die grondwater. Ma as jy mooi kyk, is dit miskien nie eers gras nie, maar
dagga. Dis miskien hoekom die kaas van daai koeie so poppieler is. Nou ja,
en so hier en daar staan 'n windmeul uit toeka se dae, maar meestal staan
daar baie bome in rye, laang rye. En hulle staan langs al die baie paaie. En
al die baie paaie is vol karre. En baiekeer staan al daai karre ook in laang
rye. Hulle noem dit hieso 'files'. En dit gebeur tussen amper al die dorpe
in die oggend en in die aand. En verder lyk die huise hier maar vir my almal
baie eners. As jy oor die grens gaan Belgie toe lyk die huise weer darem 'n
bietjie verskillend van mekaar. En wat my nog opgeval het toe ek uit die
Baai hier aangekom het, is dat almal nuwe klere en nuwe skoene dra en in
nuwe karre ry. Selfs die lorries wat hieso rondry, is nuut. En hulle sny
hier die gras tussen die paaie. En as ek praat, se die mense dis 'grappig'
of 'apart'. En in die begin verstaan 'n mens dan nie eintlik wat hulle
daarmee bedoel nie, en dan word jy skaam of vies.
Maar nou ja, hieso is ook stede. (Ek sien almal brag hier oor hulle stede.)
Eintlik is hier nie juis iets anders as stede nie, come to think of it.
Hieso is nie eintlik een groot spesifieke downtown of so nie, maar die hele
plek is eintlik een groot stad, met tussenin dan van die kolle met al die
baie gras waarvan ek in die begin gepraat het. En behalwe nou vir al die
outydse huise wat almal so dieselfde lyk, is daar deesdae ook baie moderne
geboue, maar hulle lyk dan ook weer amper almal dieselfde. Dan's ek bly dat
dit maklik is om van hier af vinnig Londen toe te gaan, of Berlyn of
Brussel. En die berge met sneeu is ook maar 'n dag se ry hiervan af. En
deesdae kan 'n mens selfs 'n dagtrip Londen toe maak. Soggens 07h15 op die
ferry en saans 23h55 weer terug , en die ferry is maar 20 minute se ry van
hier af.
Een voordeel is dat, hoewel die wyk waar ek bly lekker rustig is, alles wat
'n mens nodig het sommer letterlik om die hoek is: kaasboer, groentenboer,
slager, schoenmaker, zonnebank, sauna, apotheek, drogist, tandarts,
huisarts, dierenarts, ziekenhuis, tramhalte, bushalte, station, strand,
kafee, Albert Heijn (Pick 'n Pay), Hema (OK), Bruna (CNA), Zeeman (Pep
Stores), etc. en sigarenboer met kondoomautomaat. En vir die gegadigdes ook
nog verskillende kerke en skole. En glo dit of nie, selfs die Transvaal is
hier. Maar daar gaan jy na toe as jy baklava of turkse brood wil koop of as
jy in die Hammam wil kyk vir mans met groot swart snorre en nat onderbroeke,
wat mekaar was en masseer. En by die Paul Krugerplein hou die Indiers
poederfeest en kan jy koffie drink in teehuis Ankara. Dis darem iets anders
as gras en klompe. By the way, die klompe sien jy net in souvenierwinkels en
in Marken en Volendam, waar die anties dit ok ma net dra vir die toeriste.
Van toeriste gepraat, hieso is 'n dorp wat bestaan uit amper net toeriste:
Amsterdam. Jammer dat die meeste nie verder as daai plek kom nie, want die
res is ok mooi om te sien, maar miskien is dit ok ma beter so, want die
helfte van daai toeriste is dronk of stoned opgeskote Engelse. En dis 'n
pes. Hulle kom daar aan met die busloads full oor naweke net vir seks (kyk)
en dagga rook. (En kots in die straat.) En rondle op die stasie dat jy oor
hulle moet spring. Die Hollanders kla net meer oor die Duitsers, wat in
hulle oe nog steeds die antichris is. Maar die toeriste wat ek nog gesien
het wat hulle die onbeskofste gedra het, was 'n spul Hollanders in Antwerpen
en 'n ander keer ook in Aaken, so hulle moet nie kla nie.
So nou't ek vir eers genoeg gevertel van die ou kluit waar ek op bly die
laaste paar jaar. Dink klink miskien of ek baie moan, maar eintlik bly ek
baie lekker hier. Hoewel die mense baie up front is hier, en graag hulle
neuse in mekaar se sake steek en altyd kommentaar het op alles, is hulle ook
baie vriendelik en oop. En dis veilig hier. En mens kan kaal loop op die
strand.
Nou tot die volgende keer dan,
Bye,
-Hansie Donsie
Den Haag
> On Mon, 21 Jun 1999 05:03:23 +0200, "LilaM"
> wrote:
>
> |What is wrong with the South African news groups? You can never read any
> |messages!! Or is it just me?
> |Lila M
> |
> |
> Clean glasses - skoon brille, uithou vermoë, geweldige geduld met
> stadiges van verstand, 'n baie dik vel en 'n moerse groot sin vir
> humor is nodig om enigsinds hier iets te lees en/of te verstaan.
Op die oomblik het ons hier 'n baie
deurmekaar gemors op ons Afrikaanse
(en ander) nuusgroep. Ek kan sien dat
ek net hier en daar 'n item kry, en
dan is dit gemeng met items uit klompe
ander diverse nuusgroepe. Ek neem aan
dis ons eie bediener se skuld. Maar
wonder nou. Het iemand anders moeilik-
heid? Veral met items uit ander nuus-
groepe wat op die Afrikaanse een
verskyn? Sal seker ook nie help om my
te antwoord nie, want ek sal dit
heelwaarskynlik nie kan lees nie. Hoop
maar dit kom reg in die nabye toekoms.
Dit duur al 'n hele week.
Olaf Korder's homepage has just been expanded. There you can find more
funny and moving Dutch poems and stories about love, longing and
homosexuality. A section of the poetry is for listening.
More importantly, in his homepage you'll find articles about coming out,
old and modern authors, homostories and texts on homosexuality.
De homepage van Olaf Korder is flink uitgebouwd. Er staan nog meer
grappige en ontroerende gedichten en verhalen in over liefde, verlangen
en homoseksualiteit. Een deel van poëzie is te beluisteren.
Bovendien vind je er artikelen over coming-out, oude en moderne auteurs,
homotaal en homoteksten.
La homepage de Olaf Korder vient d'etre agrandit. Vous y trouverez
encore plus de poemes et contes (neérlandais) droles et emouvants sur
l'amour, désir et homosexualité. Une partie des poemes est à écouter.
Vous y trouverez surtout des articles qui parlent de "coming out", des
auteurs anciens et modernes, des histoires homosexuels et des textes sur
l'homosexualité.
- Aftree in een van die Paradyse wat so gereeld hier beskryf word?
- Koop 400 Toyota Hi-Ace bussies en stel Togetherness Tshabalala aan as Besturende (Vlieënde?) Direkteur.
andre wrote in message ...
Wat sou ek alles met R47 mil kon doen
- 3 133 subsidie huisies bou
- 141 nuwe werksgeleendhede skep
- 1 derde wereld afrika leier inhuldig
de lucht was donker
en de wolken braken
en de regen stortte neer
en ik vluchtte McDonald's binnen
en liep langs dampende mensen
en nam plaats bij een jongeman
en ik warmde mijn handen
en keel aan de koffie
en mijn ogen en hart
aan de knul die cola dronk
en ik keek naar zijn witte tanden
die in een burger beten
en ik volgde het kauwen
van zijn kaken
en ik zag zijn tong
over zijn lippen glijden
en ik wist de zachtheid
van zijn lichaam
en ik wilde over zijn haren
en huid strelen
en ik zocht de diepte
van zijn ogen
en hoopte op zijn stem
en toen nam ik een hap
uit mijn appelgebak
en heet spoot het sap
op het gezicht van de jongen
en ik stamelde sorry
en hij zei:
klootzak, kijk verdomme uit.
toe jy my gelos het
het jy nooit weer i dooie woord geskryf
nie. ek het.
die boland hurk in jou somerrok se gewig.
ek het gesê " as ek krismis kom vir jou"
kry i dennebol, wag geurig op die stasie
ek sal uitleun by die venster. malmesbury. clanwilliam.vredendal.
al die pad deur switserland.
(ek onthou ek het gehuil so, in die wind)
"ek het jou" in i droom gesien, het jy opgemerk
tydens rugby, tussen i miljoen mense.
"in my bestaan" was jy die Woord wat vlees geword het.
"dis dalk i cliche" het jy (later) gesê in wind,wind,wind.
jy't grond & sout & water in my hart losgemaak
een aand in melkbaai terwyl ek la mer
speel in jou hare met die see as tweedestem.
(geen swem verby die punt nie)
nou lê al die liegstories van die kollektiewe siel
& die vaad're naak. alles & God kan altyd weer gevind
word. maar jy is vir ewig taboe soos die see
(& die see loop leeg dieselfde uur as ek)
"ek moet vir jou" iets sê sê jy.
"ek't jou" noukeurig liefgehad
in i swaar jaar vol ligte seisoene.
ek het i foto van jou op stellenbosch, jy's 19
voor die stadsaal, ek ruik jou nat hare terwyl
ek skryf. 7 jaar
daar is i triestige geheim die saterdag
wat gekom het met die dwingelandy van dinsdag, werk
verwerking, geld, vergelding. daai jaar
toe ek hokke moes begin bou
(om duiwe binne te hou)
ek sien jou orals
dis i duur, beleë cliche
(dit klink so fokken kak maar dit is so fokken waar)
het 'n obskure plattelandse poët gesê teen skemer.
toe jy weg is, het ek jou 3 x weer gesien
jy't my naam nie 1 x weer genoem nie. jy is my verby
in 'n wêreld van verworwe grense & verkende taiga.
"ek wil vir jou" iets sê sê jy in my hare. "moenie asseblief."
jy't getrou met i man, van sanlam, ek weet
waar jy bly. dat jy
wasgoed baldadig laat wapper in jou vooryard.
ek het een nag verbygery, in totale nood. julle het formidabel
geslaap, die wasgoed het my aangerand.
konnekteer vannag met my in i droom, sjant my uit,
uit uit die gedig uit.
vanaand na i woeste winddag, i vreemde donderbui
het i telefoon
oorkant die grafstil straat, in die groot dormante skool
dringend gelui
en vanaand verlang ek onbeskaamd na jou,
na tyd. kom staan jy weer voor
my, ootmoedig, & alleen. jeanne d'arc.
"ek het jou..."
nie lief nie
sê jy.
"A man's country is not a certain area of land, of
mountains, rivers, and woods, but it is a principle; and patriotism is
loyalty to that principle." ... George William Curtis (1824-1892)
Enige kommentaar?
Disclaimer: Wat ek hier beskryf is my eie observasies en word hier vertel om
dalk vir iemand intersant te wees en nie om enige persoon, godsdiensgroep,
bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging, nasie, land, kontinent, buitenaardse
wezens of enige ander ongenoemde groep af te skiet of te verneder of hofvaardig op
neer te sien nie; en verder is dit nie bedoel om as aanval te dien op enige sodanige
persoon, godsdiensgroep, bevolkingsgroep, rassegroep, seksuele oortuiging,
nasie, land, kontinent, buitenaardse wezens of enige ander ongenoemde groep nie.
Laaste het dit ook nie ten doel om akademiese proefskrifte te wees nie - meerderwaardige
kritiek is dus onvanpas.