Johan wrote in message ...
>
> Sit nou die paar goed saam, Hans, en dan vra ek jou, hoe beantwoord jy
> meeste van Gloudina se plasings!?!?
>
Op so 'n manier dat jy EN Gloudina oormore nog met MY sal wil praat........
Ek analiseer net diegene met ernstige opvoedingsgebreke en kry daarvoor
Askar toekennings. Dit het my so ge-"ego-boost" dat ek dit van nou af NET
teen betaling sal doen)
> As jy lank genoeg kans gee en tot by tien tel, kan 'n mens nogal die
> kragwoorde minder maak en ook uit jou plasings uithaal net voor jy dit
> stuur.
>
Waar vir argumentvoering - maar om weer aan te sluit by ons onderwerp -
sommige stories sal hulle trefkrag verloor as daardie effe sterker woordjie
uitgelaat word.
Vriendelik hiervandaan en minder moerig as gister
Omie
Brieke, manne, brieke. Netnoumaartjies kry EK die skuld vir julle
stuitighede. Maar ek het beloof om van die drie oukêrels te vertel :
Sê die 60 jarige : "Nee, my doktertjie het my reggekry SONDER operasies.
Elke oggend 6 uur moet ek spring. G'n stuk meer druk vir 'n half uur lank
voordat daar 'n druppel uitval nie. "
"Selle met my - elke oggend tussen 6 en 7 maak ek 'n dam soos 'n perd" ,s�
die 70 jarige oubaas.
"Ek praat saam, kêrels", sê die 80 jarige. " My dokter het my ook ge-time
vir omtrent 6 uur soggens. Soos 'n perd - elke keer. Maar ek word eers 9
uur wakker............"
Versugting : As Henri tog maar hier was. Ouens soos hy het 'n ryk skat om
te deel...........Is daar nie verpleegpersoneel wat hier rondkuier nie ??
Die twee niksnutte kuier by oupa-hulle op die plaas en van pure verveeldheid
peuter hulle toe met die binnegoed van die staanhorlosie. Middernag begin
die horlosie te slaan. 1,,,,,2,,,,,,3,,,,,,4 en hy stop nie by 12 nie. Hy
slaan voort en oupa lê en tel. Op 24 gee die horlosie die gees.
Benoud skud oupa vir ouma wakker - "Opstaan ou vrou - dis baie later as
wat ons gedink het.........."
Seënwense
(En moenie die briek mistrap nie.....julle s t o u t e r d
s)
weer jou veral teen die bitterheid, swart kind,
dit, en dat jy nie mag droom nie;
sorg dat jy nie verstik in rooi oë - gevis in slopemmer,
dat jou liggaam nie dik en galsterig word van die gal
wat pal deur jou fosfor-are gaan stoot
(tussen lyf en lyk dryf maar net twee letters sonder o);
knip en kam liewer gereeld jou papajaboom
en onthou die wolke tree op ook vir jou
en rotte eet vullis
ek wil onthou van 'n swart stad, swart kind
waar ook jy aan die somber lig swel;
seemeeue dans soos rooi ballonne bo die strand,
jy kan ook lag en ook uitbundig,
ook die water streel en dorpe sand bou
ook op en af hardloop langs honderde grappe
waak veral teen die slymerige swart papaja
van bitterheid, swart kind -
hy wat daarvan eet sterf op bajonette
en in biblioteke,
sterf alleen in die mond
kyk, oor die see gaan die son gebore word
en die son het 'n regterhand en 'n linkerhand
en hy sal bruin wees,
so warm en so bruin soos die kieliekele van hane
Ek glo dat ek die "normaal" is.- m.a.w. gatvol vir die negatiewe hovaardige
poste wat Gloudina op hierdie nuusgroep plaas - en die mislikte pogings van
menigte om van die kanker ontslae te raak.
Soos talle voor my (wat geen pos geplaas het om dit permanent te verlaat
nie), sê ek hiermee totsiens uit North Carolina aan bydraers wat probeer het
om die ng opbouend te hou - dit was vir my aangenaam om julle humor en nuus
van oral te kon deel.
Die volgende is aanhalings uit 'n plaaslike (RSA) tydskrif:
WAAR OM TE BANK
Die Bank van Japan gaan 40 triljoen Yen in kontant gereed hou om te deel met
moontlike probleme indien die Japanese groot hoeveelhede geld gaan trek om
voedsel en brandstof op te gaar. Blykbaar is dié bank die eerste in die
industriële lande om so 'n stap aan te kondig.
WAAR OM NIE TE BANK NIE
Die VSA. Blykbaar het alle banke nog nie voldoende toetse gedoen nie en
sommige mag dalk nie die toetse afgehandel kry voor die sperdatum van 30
Junie nie. Dit is blykbaar volgens getuienis wat voor die House Banking
Panel afgelê is.
"The testing process has proven to be more complex, time consuming and
costly than many banks anticipated," Comptroller of the Currency, John Hawke
said in written testimony.
Daar's 'n skroef los êrens - benewens die paar in my eie kop.
Die afgelope tyd was hier baie stof. Tot nadenke en ook om in te verstik.
En dan nog ander soorte bog ook. Daar was ligter oomblikke - Robert het
selfs gebedel vir meer maar dit lyk nie of sulke goed spontaan hier ontstaan
nie. Die ng, za.humour, is gekaap deur vreemdtaliges en andere met
gedragsafwykings. So waarheen nou ?? In die geselskap wat ek normaalweg
verkeer, duur dit nie lank voordat iemand die ligter noot slaan nie - dus -
hier's my bydrae vir 'n krakerige glimlag :
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
Die oukêrel het gereeld ge-oefen in die "gym" en op die oggend van sy 70 ste
verjaarsdag staan hy amper kaalbas voor die spieël en bewonder homself.
Bult die armspiere. Spoggerig, dink hy. Trek die asem diep in en kyk na
die borskas. Ou breëbors, sê hy hardop. Kyk na die maag. Gan stuk
boepie aan my nie. Loer nog verder ondertoe en met so verergde swaai
van die hand spreek hy die onnoembare aan : "En as jy nie op 60 gevrek het
nie, was jy vandag saam met my 70.........."
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
CLAIM
Ek, Omie, aanvaar hiermee volle verantwoordelikheid vir die plasing hiervan
ongeag die gevolge wat dit op individue mag hê wat dit lees. As jy met 'n
disjointed stel kake sit van omdat jy onverwags geglimlag het, het jy dit
verdien.
Kom ons sê jy was 'n dokter, en 'n vrou wat verwagtend is
kom soek raad. Sy het agt kinders, drie doof, twee blind,
een verstandelik gestrem en sy het syphilis, sal jy haar
aanraai om 'n aborsie te kry, of nie????
Die antwoord sal binnekort gepos word, maar intussen laat
ons hoor wat die humoristiese mense, die gekwestes, en die
morbiedes tesê het.
My "disclaimer"
Die persone wat 'n Jakkals wil skiet oor sy streke,
ken geen Jakkals en Wolf storie nie. Bobbejaan
het partymaal goeie raat.
--
Net nog 'n Jakkals op die
strand by Skuimpoot se gat
(myl 100)