Rugby
Wo., 28 Julie 1999 00:00
Ek verneem met skok dat SARVU nou die unies will forseer om in die
oorblywende curriebeker wedstryde gekleurdes ten alle tye op die veld te he.
Dit sal beteken dat sekere top spelers moet plek maak vir spelers wat nie
regtig die mas opkom nie. Alle spanne het tog nie 5 vleuls nodig nie.
Die toekoms van my sport lyk maar donker. Die gevolg gaan wees dat ons maar
net stadig ons borgskappe afskaal en na alternatiewe kyk. Die staduims is
alreeds so leeg. Met spanne wat "geforseer" gaan word gaan die afname nog
groter word. Sport ondersteuners stel nie belang in spanne van die aard nie.
Ek reken ons moet maar begin aan wegbreek en maar vir ou Murdock gaan
ondersteun, of wegbreek en namens 'n ander land deelneem en wen. Miskien
Leshoto Rugby Unie stig .. Wie weet..
Krokkie
Sport & ontspanning |
12 kommentare
east london
Di., 27 Julie 1999 00:00
half november ga ik naar east london. ik heb het hele net al afgezocht maar
er is daar niets te beleven. (buiten de vrienden die ik zal bezoeken)
Wonen daar mensen??? valt er iets te beleven in e. london ?
Is er eventueel iemand die samen met mij een wagen wil huren om dan naar JHB
te trekken.
see you
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Vertaaling
Di., 27 Julie 1999 00:00
Ek hoop niemand gee om as ek vra nie maar ek is op soek na 'n adress waar ek
'n vertaalings program kan kry.
Ek is besig om my maatskapy (staal) se werksinstruksies van engels na
afrikaans te vertaal en het hulp nodig.
Baie dankie
Donald
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
Vuurwapen Petisie
Di., 27 Julie 1999 00:00
Hello Almal
Ek weet dat hierdie nuusgroep nie die regte plek is vir hierdie boodskap
nie, en ek vra om tegemoetskoming hiervoor.
Alle vuurwapen eienaars wat wil protesteer teen die voorgestelde wet om
vuurwapens te kontroleer of verban, moet na die volgende "URL" toe gaan en
die petisie te teken wat "op lyn is".
Persone wat nie vuurwapens besit nie is ook welkom om te teken indien hulle
wil.
http://www.saga.org.za
Dankie
Veiligheid & wapens |
0 kommentare
Nuwe Artikels
Di., 27 Julie 1999 00:00
Die volgende nuwe artikels is beskikbaar op die webblad van Vryheid2000 te:
http://members.tripod.com/Vryheid2000/
OLIFANTE WORD BELANGRIKER AS MENSE
deur Johann Niemoller
BRITANJE EN EUROPA OP PAD NA SWART VERSWELGING
Deur ons korrespondent in Londen
SO GAAN ONS WAPENS WEGGENEEM WORD
deur Fred Rundle
THE GUN CONTROL DEBACLE
By Fred Rundle
OUR CHANCES IN COURT VERY GOOD
By Gaye Derby Lewis (wife of South Africa's most famous political prisoner)
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Frederick Law Olmstead
Ma., 26 Julie 1999 00:00
Ek vind 'n rukkie gelede tot my verbasing uit dat die
man wat Central Park in New York ontwerp het, ook vir die
ontwerp van Mount Royal Park in Montreal verantwoordelik
is. Om die waarheid te sê, ek het nie eens gedink dat Mount
Royal "ontwerp" was nie. Dit sit so natuurlik daar agter die
stad, 'n taamlike hoë rant daar agter die ouer deel van die
stad, waar McGill geleë is. Binne 'n paar minute kan mens
van onder in die dorp tot bo-op ry, en dan daar ontspan in
die tuine en afkyk op die stad. Ek neem aan mens kan binne
'n halfuur van onder in die dorp ook die heuwel met die voet
uitklim. Daar is 'n kruis aan die een kant, wat in die donker
blou sigbaar is. Hulle sê dat mens op 'n baie helder dag die
Green Mountains van Vermont vanaf Mount Royal kan sien.
In die winter bied dit 'n plek waar mense die sneeu kan geniet.
Een van die strate wat van onder in die dorp langs die heuwel
oploop, word dan ook genoem Rue de la Côte des Neiges (deur
die Montrealers afgekort tot Côte des Neiges.)
Die Park is ontwerp deur Frederick Law Olmstead, wat ook
'n hele klomp parke ontwerp het in die VSA, die beroemdste
waarvan sekerlik Central Park in New York is. Laasgenoemde is
in1859 ge-open, toe Olmstead nog maar 36 jaar oud was. Olmstead
was gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog 'n lid van die mediese
korps, en het as joernalis artikels geskryf om uit te wys wat 'n swak
ekonomiese model slawerny op die Amerikaanse maatskappy afge-
dwing het en hoe dit die Suide ekonomies gekruppel het. Hy het eers
verskeie ander soorte werk genoem, maar is uiteindelik deur Calvert
Vaux, oorspronklik van Engeland, oorreed om voltyds landskapontwerp
te beoefen.
As mens aan New York dink, dink jy outomaties aan Central Park.
Dis net eenvoudig sinoniem met die stad. Soos Tafelberg agter Kaap-
stad, en Mount Royal agter Montreal.
Gloudina Bouwer
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare