Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Grappie - die mure van Jerusalem

Do., 29 Julie 1999 00:00

In die vorige era gaan 'n Inspekteur van Godsdiens van die
TOD na 'n plattelandse dorp, om hulle godsdienstige kennis
te toets. Hy vra die std 3's - Wie het die mure van
Jerusalem afgebreek? Hulle sê dit is nie hulle nie, dit is
die std 4's. Die inspekteur gaan na die std. 4's en hulle
sê weer dit is die std. 5's. Hy storm uit, kwaad, en vra
die std. 5's. Kosie, ou Van se seun sê dit nie hulle
nie, dit is die std. 4's.

Die inspekteur is woedend. Hy storm die klas uit en gaan na
die skoolhoof, en vertel hom die hele storie. Die skoolhoof
reken Kosie is 'n eerlike mens, en hy kom uit 'n baie
godsdienstige huis. Boonop is hy ook 'n skranige senter. As
Kosie so sê is dit so. Die inspekteur vererg hom lelik.

Hy vra om die hoof inspekteur by die TOD te skakel. Hy sê
vir die toe hy is hier op die dorp, om die kinders se
godsdienstige kennis te toets, en vertel toe die hele
storie. Die hoof inspekteur se glo vir hom - Meneer asb. ek
het baie werk. Kry drie kwotasies en laat maak dit reg.

Humor & grappe | 11 kommentare

Geskiedenis en toekomsvisie vir hierdie ng

Do., 29 Julie 1999 00:00

�n Duif wat links en links dronker en dronker geraak het
'n Skok wat hom regser en regser dronker al dronker laat
tol het
'n Linkse vlerk wat afgeval het, en Gloudina kla aanhoudend
Leendert wat ons neutraal probeer hou - baie dankie
Leendert.
Ons sit stil, en dink miskien gaan ons geklits word -
suksesvolle mense weet hoe om gevare te vermy.
'n Linkse vs Regse stereotipe getoutrekkery wat ons energie
vermors
Ons is so ongebalanseerd polities ons kan nie anders nie
'n Duif kan net sy doel bereik en nie dronk raak as hy in
sy persoon neutraal is - met sy kop in die wolke, maar sy
voete op die grond.

Vir die Linkses
'n Ooievaar se kop is in die wolke maar sy voete is nie op
aarde - toekomsvisie, drome, ens.
Hou julle kop in die lug, maar bring julle voete aarde toe
Moenie kwaad word as die ander helfte julle aarde toe bring
nie, en van die werklike feite vertel nie - hulle is nie
paranoies nie.
Lees regse materiaal, en verstaan hoe om neutraal terug te
keer

Vir die Regses
Die ooievaar se voete is kliphard op die aarde
Maar julle fokus is nie op die wolke nie - plat op die
grond - depressief, negatief, geen toekoms visie nie.
Ryk na die sterre, maar hou julle voete op die grond
Lees linkse materiaal en verstaan hoe om uit ekonomiese
geleendhede te kapitaliseer. Clem Sunter kom uit Anglo
American uit.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Massamedia...ProPacem

Do., 29 Julie 1999 00:00

Hal-lo Goldie

Nooit gedink ek sal saam met jou stem nie, maar nou is jy reg. 'n Vrye pers
is noodsaaklik. Maar vir die pers om vry te bly sal hulle hulleself moet
reguleer anders sal die regering dit doen. 'n Klassieke voorbeeld is die
konsep van bemagtiging. Op papier is dit wonderlik, omdat dit impliseer dat
die individu in die organisasie aanspreeklikheid aanvaar vir sy/haar dade.
So kan ek bv. vir myself 'n vliegkaartjie na enige bestemming bespreek, by
'n hotel inboek en wat-ook-al doen - alles op die maatskappy se onkoste. Die
fondse is daar vir die voordeel van die mpy. Dit verhoed my nie om by Kariba
te gaan visvang vir 'n week nie, maar ek sal nie want dit is oneerlik - en
daar is gevolge.

So, alhoewel my bewegings nie beperk is nie, en alhoewel ek nie gereguleer
word nie, doen ek dit self omdat ek nie daarvan hou om deur ander
beperk/gereguleer te word nie. So is dit nou maar. Indien ek egter my
vryheid misbruik dan kan ek die ergste gevolge verwag.

Dit gebeur soms, ek het dit al gesien, dat wanneer 'n nuwe aanstelling hier
begin, hy/sy eers 'n keer skeef trap en aangespreek moet word. Dit is nie
omdat hierdie mense agterbaks is nie, maar eerder omdat hulle nie aan hulle
vryheid gewoond is nie. So gaan dit maar met ons "nuwe" media ook. Eers was
dit "verkeerd" om oor rasse-sake te skryf/rapporteer ens. Noudat daardie
inperkinge nie meer geld nie, nou gooi hulle sommer die kleintjie saam met
die badwater uit. Jy onthou mos nog die ou met die hond voor in en die swart
seun agterop die bakkie. Daardie is nou 'n klassieke voorbeeld van
misbruikte vryheid. Ek vereenselwig my ook met die mense wat sê dat dit
onveilig is om gasbottels agterop 'n bakkie te laat lê in transito. Dit IS
onveilig. In die industrie is daar al etlike jare lank regulasies wat die
transportasie van sulke bottels voorskryf. Daar is egter (sov^er my kennis
strek) geen wette wat die vervoer van sulke bottels per se reguleer nie.

Jy hoef maar net na die nuwe OHSA (Occupational Health and Safety Act) te
kyk om te besef dat die industrie homself moet reguleer. In teendeel: die
wet se hele doel is dat industrie self-regulerend moet word. Ek is seker
bevoorreg om (en ek probeer hard) elke week 'n veiligheidsvergadering by te
woon. Hier kry jy insette van spesialiste. Insidente en ongelukke vanoor die
hele wêreld word bespreek en dit is 'n verrykende (alhoewel tydsame)
ervaring. Dan kry ek daardie arme boer jammer. Hy is seker net 'n eenvoudige
man, wat jare lank al boer, en nog nooit in die bevoorregte posisie was
sodat hy kon deel in wêreld klas beste praktyke nie.

Selfs nou, wanneer ons bedryfbaarheids studies doen (en tussen ons is daar 7
of 8 dekades se ondervinding in die industrie) dan huur ons 'n spesialis in.
Dit kos 'n helse klomp geld, maar dit is dit werd. Ek wonder of daardie
verslaggewertjie eers daaraan oorweging geskenk het. Wat was sy doel met
daardie berig? Wou hy 'n positiewe bydrae maak? Ek vind dit
betwyfelenswaardig. Nee, hy wou eerder sensasie soek. Hy het iets gesien; Hy
het gelukkig sy kamera by hom; Hy neem 'n foto; Hy skryf 'n berig. Tipies
van iemand wat met 'n vooropgestelde agenda na 'n situasie kyk. Het hy die
feite in sy artikel genoem? Nee! Slegs 'n foto met 'n beskrywing van sy eie
persepsies daarby.

Ek straf soms my kinders. As jy nou by my kom kuier en my kind is belet om
uit haar kamer te kom, wat sal jou reaksie wees? Wat van: Daardie tiran
kerker sy dogters in hulle kamers omdat die ou vrek bang is dat hy hulle
geld sal moet gee vir die bioskoop/bang is dat die seuns t'e veel belang
stel? Wat het nou geword van: "Ek rapporteer dit soos ek dit sien"?

Dit is hierdie tipe van roekelose gedrag wat tans in die SA media te bespeur
is. Ek wil nie sinies voorkom nie, maar mag ek asseblief vra hoeveel keer
per week jy 'n SA koerant lees. Hoeveel keer per week jy na 'n SA nuusberig
kyk/luister. Kom kuier 'n bietjie in jou Vaderland. Dinge het verander, en
is glad nie soos jy dit voorstel nie. In teendeel, hier waar ek sit word jou
pos deur mense van kleur as rassistiese propaganda afgemaak. Glo jy dit?

En dan is daar die voortvarende ventjie genaamd ProPacem. Hy het my ronduit
gevra wie die SB was wat my gevange geneem en aangehou het. Ek wonder of hy
weet dat SB staan vir "Stasie Bevelvoerder". Hy is o"enskynlik onder die
indruk dat SBs arrestasies uitvoer. Dit lyk vir my dat al so lank in die
buiteland is dat hy skoon vergeet het van NID en AMI. Ek sal hom dinge
vertel wat sy tande sal laat uitval. Onder andere toe ek een aand amper in
Randburg doodgeskiet is n'a 'n vergadering. Of hoedat ek een aand in my eie
woonstel aangehou is deur faksielede. Of hoedat ek 'n sluipskutter omgepraat
het om my lewe te spaar. Nou wil hy my vertel hoe dit voel om verneder te
word.

Fok jou ProPacem! en jou honde. Ek het bo my omstandighede uitgerys. Iets
wat jy nooit sal regkry nie...want jy is 'n eenvoudige bliksem. Maak my die
moer in - maar kom doen dit hier voor my. Jy sal dit nie weer doen nie. Dit
is 'n belofte.

@igs.net wrote in message ...
> reisiger writes:
>
>
>> Die media toets maar net die sterkte van ons emosies.
>
>
> Die media is die "Fifth Estate," en hulle
> funksie is om die lig van openbare ondersoek
> op alles te vestig, sodat die publiek so
> veel moontlik insig in sake kan kry. Dus is
> 'n vrye pers noodsaaklik in 'n vrye land,
> sodat baie verskillende opinies oor alles
> en nog wat gelewer kan word. Dis wat 'n
> diktatorskap (soos wat ons in SA in die
> apartheidsjare gesien nie) so gevaarlik
> maak. Die eerste ding wat hulle doen is
> om die vrye pers te bekamp en hulle eie
> insigte op die publiek af te dwing. En dis
> die burger se eie plig om te weet watter
> standpunte die verskeie media verteenwoordig.
> Moenie ophou koerant lees nie. Lees meer as
> een koerant.
>
> Dit is dus stupid vir Leendert om gedureig
> teen Beeld uit te vaar. Al wat ons daardeur
> leer is dat Leendert nie hou van die
> standpunt wat Beeld verteenwoordig nie, en
> dat Leendert graag Beeld se mond wil snoer.
>
> Gloudina
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Advies vir persoonlike balans

Do., 29 Julie 1999 00:00

Ons is soos 'n tafel met vier bene -
Geestelik
Intellektueel
Emosioneel
Fisies

Enige van die vier wat nie ewe lank is nie, en die tafel is
nie balanseerd nie.
Fisiese paraatheid sonder enige ander paraatheid is 'n mors
van tyd. Val die fisiese en alles val immekaar. Begin
eerste by die geestelike en werk dan na die fisiese toe. Of
werk gelyk aan almal.
Descartes is voor die perde ingespan as jy by die fisiese
begin en jy eindig by die geestelike.
Argumenteer jouself blou in die gesig - dit kan nie anders
nie.

As jy op die een vlak aangeval word, gaan 'n vlak hoger om
jou te verdedig, bv:
As jy emosioneel aangeval word - media en andere - gaan 'n
stap hoger en gebruik jou intellek.
As jy intellektueel aangeval word, gaan 'n stap hoger en
gebruik die geestelike.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Die Bidder" deur CHARL DURAND

Do., 29 Julie 1999 00:00

DIE BIDDER
Charl Durand

as ons tent opslaan
langs die M1 naby Midrand
onthou, ons sal vir jou bid

ons gaan hande oplê,
ons gaan saam met die Hammond sing
vriend, ons gaan vir jou bid

o, laat die heiliges verskyn
stof trap oorkant die heining
hulle weet wat vir hulle wag
die res,
laat hulle maar lag

as jy skuld het, kom bely
as jy jou vrou slaan
dis hier waar jy kan kom skaam kry

want hierdie is jou blinde oomblik
hier, jou grot, jou skuilplek van vergifnis

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Vandag en 2000 jaar gelede of Advies vir oorlewing

Do., 29 Julie 1999 00:00

'n Model vir insig, oorlewing en die toekoms
Die Uiterlike wat 2000 jaar gelede gebeur het VS die
Innerlike wat nou met ons gebeur
Kyk na al die ooreenkomste!!!

Die Ou Orde:
Ons kom uit 'n oorlog situasie - kultuur groep vs
kultuur groep
Voorspelling - Daar gaan 'n Verlosser gebore word
Ons gaan gesuiwer word - om verlossing aan andere te bring
10 reels en bygevoegde mensgemaakte reels wat afgekap is.
12 reels en bygevoegde reels, wat gegeld het maar nie meer
nie - geestelike, sosiaale en politiese verdeeldheid is die
oorsaak - kap dit af - gaan terug na die kern.
Die kern het so korrup geraak en is so verdraai dat ons nie
bymekaar kan uitkom nie
Links is paranoies vir Regs en Regs weer vir Links
Dieselfde geld op Ras en Volkere gebied oor die hele aarde

Vandag:
Internasionale Romeinse ryk vs Internasionaal ondersteunde Regering
Wys vinger na die Jode wat die Messias nie wou aanvaar het nie
Drie vingers wys na ons en een wys boontoe
Ons soek 'n politieke leier maar het 'n geestelike leier
meer nodig
Is ons bereid om dit te aanvaar - of gaan ons eie mense ons
koppe afkap en kruisig
Wys na die splinters in andere se oe maar sien nie die balk
in ons eie raak nie
Sien net die linkse of regse helfte van prentjie raak, nie
die hele skildery nie
Hy wie se rekord skoon is, gooi asb. die eerste klip
Ons is so deurmekaar soos 'n verkleurmannetjie op 'n
smartie doos
Oorlewing in 'n reenboognasie het verander na elkeen bly in
sy eie gemaksone

Die antwoord:
Onvoorwaardelike liefde is om andere te aanvaar soos hulle is
Genees eerder as om andere se ore af te kap as ons bedreig word
Self dissipline - staak emosioneele modder gooiery
Suksesvolle mense is die wat weet wat die gevare is, en hoe
om dit te vermy
Konsentreer op die negatiewe en jy trek dit na jou aan -
wet van magnetisme
Naaste liefde, genesing, opleiding is die antwoord
'n Kind wat laag genoeg is sien die lig is onder die bed
Volwassenes haal dit uit en die hele vertrek word verlig
Leer die Franse taal - 'n gedeelte van Sadek is Frans -
Swartmense in Soweto leer Frans

Die toekoms, of die Nuwe Orde:
Kinders van die land van die riviere agter Kus wat die
opofferings in Sadek gaan bring
Leer andere hoe om vis te vang eerder as om vis vir hulle
te gee
Sadek - help andere om hulle self te help as om hulle van
voedsel te voorsien
Apostels en internasionale reise - na watter land op
hierdie planeet kan ons nie reis nie?
Die lekkerste vakansies is oorsese vakansies
Ons word verneder vs ons egoïs se koppe word afgekap
Beweeg uit julle gemaksones - daar is 'n fantastiese
toekoms wat wag

Die voordele:

Wie het die reg om ons ooit weer as rassiste beledig?
Beginsel basis word versuiwer, maar ons druk dit
multi-kultireel uit

Niemand weet werklik wanneer die 2e wederkoms is nie. Almal
bespiegel laat hulle hop, en klou aan die of daai
voorspelling vas. Siener, Nostradamus, ens.
Openbaringe word so verdraai en aangepas jy begin jouself
of die verdraaier te glo.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Wie wil corresponderen?

Wo., 28 Julie 1999 00:00

Dag allemaal,

Is er enig iemand die geinteresseerd is te corresponderen met mij?
Ikzelf ben 47 en van Belgie,
interesse :
programmatie computers (rekenaars)
leven en wonen in ZA
enz...

Vriendelijke groeten,
Marc.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Marius Botha

Wo., 28 Julie 1999 00:00

Hallo!

Ek is op die oomblik 'n Rotary uitruilstudent in Australie, Tasmania. Ek was
maar al te bly toe ek ontdek het dat daar 'n Afrikaanse nuusgroep bestaan
het. Ek hoor maar min Afrikaans hier in Australia maar ek was baie bevooreg
om laas naweek 'n ou van Midrand te ontmoet hier in Tasmanie. Hy Studeer
hier en ons kon Lekker praat oor Suid Afrika.

Ek sal defnitief aanhou om hierdie nuusgroep te besoek en te skryf, want my
Afrikaans begin op te roes hier onder die Ausies.

Tot later
Marius Botha

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Swaai vernedering na voordeel - veral met die media

Wo., 28 Julie 1999 00:00

As iemand jou beledig, verander dit na 'n kompliment, bv.:

Jy is 'n bobbejaan...

'n Wetenskaplike eksperiment in die kwantum fisika om die
Einstein (E/P/R) se "Unified Field Theory" te bewys, het op
twee Japanese eilande plaasgevind. Dit word die "100
monkey" eksperiment genoem: Die eilande het beide 'n groep
bobbejane gehad. Wetenskaplikes het hulle bestudeer.
Kokosneute val van die bome af op die seesand. Die
bobbejane tel dit op, vat dit na die rotse en breek dit.
Eet dan die binneste, gemeng met seesand. Op 'n dag gaan
een bobbejaan, breek sy kokosneut, vat dit na die see toe,
was die sand uit, en eet dit. Die einde van die dag doen al
die bobbejane dit. Dieselfde aand doen ander bobbejane dit
op 'n eiland verder. Bewussyn is dus so dat as die 100e
bobbejaan 'n ding anders doen, en dit werk, dan doen al die
bobbejane dit. En dit bewys telepatie tussen bobbejane.
Daar bestaan dus 'n universele veld van bewussyn. M.a.w.
een veld van bewussyn. Dit kos net een bobbejaan. Die 100e
bobbejaan.

Jy is 'n rot...

Al gehoor die storie van die leeu en die rot. Wel die leeu
was eendag honger, en kom by 'n rot uit. Hy wil die rot
eet, maar die rot se vir hom - Meneer Leeu, ek het nie kos
nie. Ek het my werk verloor. Ek het 'n vrou en twee
kinders. Daar is nie kos of werk nie. Ek gaan om kos te
soek. Al eet jy my, sal jy nog honger bly. Toon my genade
en spaar my asb. Wel die leeu dink eintlik is die rot reg.
Op 'n dag stap die rot verby 'n boom. Onder die boom krul
die leeu, blou in sy gesig. Kan nie asem kry nie. Daar is
toe 'n stuk gras in die leeu se neus. Die rot krap toe die
gras uit die leeu se neus, en red die leeu se lewe. Van
daardie dag is die leeu en die rot goeie vriende, alhoewel
hulle nooit vir mekaar gekuier het nie. En die leeu het ook
minder rotte geëet. 'n Mens weet nooit nie...

Jy is 'n muis...

Al gehoor van die eksperiment met die muise in die
draadhok. Hulle word kos gegee, word vet en vermeerder. En
stelselmatig word hulle kos verminder. Later raak die kos
op en hulle raak monsters, en begin mekaar te eet. Wel, een
muis, wat skaam is, nie 'n vegter is nie, en nie hou van
baklei nie, en nooit by die kos uitkom nie, begin aan die
draad te knaag. Wel hy raak maer. En sy speeksel later sorg
dat die draad roes. En al die muise kry 'n uitkomkans op
die einde.

En so kan 'n mens aangaan. Dit vat tyd om dit uit te dink,
maar as 'n mens eers een het, dan kom die res...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Grappie oor lank gelede

Wo., 28 Julie 1999 00:00

Hier's weer een van daai boerematriek grappies wat waarlik hier in die
Overberg gebeur het:

Sannie het by dominee in die finale katkisasieklas gesit en dit was toe die
gemeente se kinders nog wyd verspreid in die distrik sondagskool gehad het,
en nie veel kontak met die ander mede katkisante kon hê nie.
Dominee vra toe dat elkeen moet sê wie hulle is en waar hulle vandaan kom.
Sannie is maar skamerig en wil dominee moet dit met 'n lang gesukkel uit
haar kry. "ek kan nie sê waag ek vedaan kommie" "Ag kom sê tog maar vir
ons, ons sal nie lag nie"
Skamerig met die hand so effens voor die mond kom die antwoord toe:
"Wolfsholletjie"

Sy was toe een van die kinders wat van die plaas Wolfgat afkomstig was.
Wolfgat het natuurlik sy naam gekry toe daar nog hiënas hier in die Overberg
was. Moontlik was dit 'n plek waar die hiënas in gate hul lêplekke gehad
het. Daar is redelik holkranse en kleiner grotte in daardie omgewing.
Ons het mos nie regte wolwe hier in die beste (demokraties en polities
korrek, rasvrye... (noem maar op)) sonskynland nie, en die mense wat die
land verken en mak gemaak het, het die gediertes sommer 'n gelyknamige
europese naam gegee.

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1184  1185  1186  1187  1188  1189  1190  1191  1192  1193  1194  1195  1196  1197  1198  1199    »]
Tyd nou: So. Mei 31 06:41:59 UTC 2026