Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Boodskap aan die Jode, en Rabbi Assabi

Vr., 30 Julie 1999 00:00

Hiemee wil ek net u graag bedank vir die onvoorwaardelike
liefde wat u my in die '80s gegee het, asook Kabbalah
lesings wat ek bygewoon het.

Rabbi Assabi, U lesings oor die Skepping en Wordstar "You
must SAVE your creation" het my baie hier gehelp. Miskien
het van u eie u verwerp, maar u het my nie verwerp nie. Ek
in die hoogste Kabbalah tradisie, bedank ek as voorbeeld
van al die aspekte in die Kabbalistiese Boom van die Lewe.

Lief vir almal hier
Reiseinde Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wie is ek eintlik?

Vr., 30 Julie 1999 00:00

Iemand wie se pad geestelike ontwikkeling is, wat gemak
sones verstaan, en geniet om dit te vernietig, en buite
hulle beweeg. Maar ek is lief vir almal hier. Almal. Ware
naasteliefde. As Afrikaner is politiek my hoogste
godsdienstige en geestelike uitdrukking.

Jy kan nie normaal wees nie, net uniek. Om normaal te wees
is om ons tyd te mors, want ten die tyd dat ons my daardie
beeld uitkom, het dit klaar verander.

Lief vir almal hier.
Resigende Johan

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Ons is opgemix" deur HENRI LAURIE

Vr., 30 Julie 1999 00:00

ONS IS OPGEMIX
Henri Laurie

Kom join kom join
bring julle albaster tone en tolbos hare
en jul winkel verbasing en bekke vol brekfis
en drome van die maan se noordelike sug
bring julle velle soos grond
moet klei dan apart bly van sand?

Tone van onheil, sole van verdriet
voetspore van skaapwagter en skaapeienaar
die kuiper en trawante
die aambeeld se donker poeier
en rooi klokslag:
dis ons.
Mengelmense met 'n bastertaal
tonge wat alkant klap
ons het chords vir alle wysies
kom join.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Boodskap aan Vrymesselaars

Vr., 30 Julie 1999 00:00

Ek wil graag hierdie organisasie bedank dat julle die
Spiritualisme in SA ingevoer het, o.a. Dit is die
fantastiese gebeurtenis ooit in die SA. Vrymessellaar
mediums met hulle talle boodskappe om geestelik te groei,
van die NG Kerk na 'n beginsel van die Vaderskap van God en
die Broederskap van die mens. En kommunikasie met die
Geesteswereld. Ek bedank julle hartlik daarvoor.

Maar met die WVK in SA, en alle organisasies wat beide
positief en negatief is, eis ek as Afrikaner moralitiet,
van hierdie fantastiese beweging. Hoe kan ons 'n land
opbou, as Parlementariers se lewe in gevaar is. Is dit nie
tyd moraliteit in hierdie organisasie nie. Dit is bitter
dat ek dit in die openbaar vra, maar vir die planeet se
ontwil.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Boodskap aan die ANC

Vr., 30 Julie 1999 00:00

Ek wil graag Mnr. Mandela bedank dat hy bereid was om ANC
rewolusie politiek te laat vaar, en SA in 'n demokratiese
land met 'n amper geweldlose demokratiese verkiesing te
laat ingaan. Vir diegene wat saamgewerk het, wil ek graag
bedank. Maar hou nie van die ANGSTIGE tydperk wat dit was
nie. Kon dit nie meer vredevol hanteer gewees het, as alle
politieke partye daarvan verwittig was, glo ek.

SA was toe die domino wat nie omgeval het, soos wat al ons
Regses gedink het sou gebeur het, maar die domino wat
genesing gaan bring aan die res van Afrika.

Die Media wil ek graag bedank vir die pragtige kers
presedent wat julle in Edleen, Kemptonpark op pale gegee
het: Mbeki gaan oor Afrikaners loop. Media, moenie my
gathare taai maak nie. Het julle gesien hoe loop ek oor
julle. Julle sal julle gatte sien. Julle het nie sneeubal
se hoop in die hel nie.

Wat eintlik in die koerante gedruk was, is dat die ANC oor
Afrikaners sal loop as hulle hul aan kriminele
handelinge oorgee. Wat is fout om die selfde aan die ANC te
doen? Pelindaba aan Sjina te verkoop.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Boodskap aan die AEB

Vr., 30 Julie 1999 00:00

Ek wil u graag bedank vir die stigting, maar persoonlik
dink ek dit was 'n les vir die Volksfront om na politieke
vuurvreters oor te gaan. Die dae van Verwoerd is verby dat
ons ons hoop aan politieke leiers gaan oorgee. As julle ons
stemme wil h^e, dan lewer julle vir ons 'n diens.
Weermagslede wat dink ons 'n klomp dom troepe wat rond
ge"shunt" gaan word, is verby. Die ANC glo aan
"aacountability". Ek verkies "co-accountability". Eis 'n
diens van jou politici. Lewer of word gedrop. Ons is
polities verraai, en as julle nie eenheid kan kry nie, sal
julle ook verraai word.

Advies vir eenheid: Slegs geestelike eenheid is moontlik.
Eenheid d.m.v. Godsdienstige beginsels. Ons as Afrikaners
se politieke uitdrukking is ons hoogste geestelike
uitdrukking. Linkse en regse tiere wat mekaar ondersteun.

Van AEB na GEB: Geestelike Eenheids Beweging. Lees boodskap
aan die VF en HNP.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Boodskap aan die HNP

Vr., 30 Julie 1999 00:00

Ek wil graag die HNP bedank vir hulle koerant, Die
Afrikaner, asook die leierskap en voorbeeld in politiek,
die leier, Mnr. Marais.

As seun is ek in 'n HNP huis gebore. Deur julle het ek
volksliefde, volkstrots, verkiesings risiko's, verloor en
deursettingsvermoee agterna, analise en manipulasie van die
politiek en uithouvermoee tydens vernedering geleer. Ook
dat die NP na links beweeg, en ek op my eie na die
rekenaarsindustrie toe is. Julle is die profete van die
volk. Wees trots op julle self. Bou voort daarop.

Maar wat ek nie van julle hou nie, is die vernederings
teenoor andere. Mag politici andere beledig, en hulle
werfsbobbejaane noem. Dan kla julle oor regse verdeeldheid,
maar kyk lekker rugby saam wat Dr. L Luyt oor die jare vir
Afrikaners opgebou het.

Boodskap van Dr. AP Treurnicht van die KP: Treur nicht oor
my SA. Ek is gelukkig waar ek is. Treur oor julle
vernederings vir mekaar. As julle nie eers op Aarde kan
saamleef nie, hoe kan julle hier kom saamleef? En julle kla
oor regse verdeeldheid. Net in God kan julle eenheid
bereik. Is dit dan so moeilik. Julle is die voorbeelde van
die volk van more. Besin asb.

Ek is lief vir almal hier.
Reisende Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Boodskap aan die Indiers & SABC

Vr., 30 Julie 1999 00:00

Die SABC het in September 1997 Shri Sathya Sai Baba, 'n
Indiese Avatar, in 'n program oor "frauds" uitgebeeld
as 'n kroek. Besluit om ondersoek te gaan instel, en in
September 1997 Indie vir 'n maand getoer, en die Tibetaane
in Dharamsala, Bhagvan Shri Rashneesh (www.osho.org) en
Shri Sathya Sai Baba se Ashram besoek in Puttaparthi.

Hy word wereldwyd beskou as 'n Avatar. (Dit is iemand soos
Jesus Christus, maar vir die Indier geloof). Persone wat
soontoe gaan, word in hulle eie geloof versterk. Ek het
geen besprekings vooraf gemaak nie, net 'n lae koste reis
handboek gebruik. Baie Indiers het my gehelp. Hulle is
fantastiese mense. Was in Indie vir nie langer as vyf
minute gestrand nie. Die reis was 'n totale wonderwerk. Sai
Baba het 'n hospitaal in Puttaparthi, Indie waar pasiente
gratis operasies ontvang. Hulle betaal slegs vir medisyne.
Wie durf hom beledig? Hoekom vertel die "frauds" program
nie al die feite nie - hoekom net die helfte wat hulle pas?

Die oggend toe ek daar aankom, 7h05, kom Baba uit sy kamer
uit, en ek staan teenoor Hom, aan die ander kant van die
Tempel, toe die klokke begin lui het. Hoendervleis gekry.
Daardie dag, net daardie dag vir die week wat ek daar
deurgebring het, waar daar 'n ry mense oop tussen my en die
Baba. Die ander dae was die pad nie oop nie, en mense het
in bondels daaroor gesit. Ek was binne 3 meter van Hom af.
Kan duisende synergy wonderwerke van Deepak Chropra se boek
opnoem, wat gebeur het. Die multi-kulturele ervaring wat
beleef is, was fantasties. Net aan Paul Kruger gedink wat
met sy elektroniese perd van rekenaar tot rekenaar ry, die
vyand laat skrik, en sy mense inlig, oor wat ons die
diepste kwel - hoekom haat hulle ons so? Dit was 'n Baba
geskenk, glo ek.

In Indie kom ek agter Sjina en Pakistan is haar vyande, wat
later bevestig word. En op die Internet verkoop hulle
Pelindaba aan Sjina.

Nadat die ANC so suksel was met die Afrikaners, wat
chiauaus geword het wat traantjies in hulle ogies kry, nou
ook so met die Indiers te maak?

Wel dit was 'n geleendheid wat nie weer lank sal kom nie.
Mnr. Oppenheimer se beginsel van sukses is "Opportunity
sneaks by". Dankie Mnr. Oppenheimer - so verander ons
Afrikaners ook die politiek. Al van 'n one-man IDASA
gehoor? Het Ghandiji se beginsel van non-violence en "my
life is my message" verander na voilence teen hulle
godsdienstige en kulturele moederland?

Te hel daarmee. Die ANC het te ver gegaan. Indiers het my
met die beste naasteliefde in Indie behandel, ek sal dit
wragtig nie toelaat nie. "Co-accountability".

Vandag is die Indier politiek miskien omgekrap, en die ANC
is miskien bitter daaroor, maar Indiers is terug in hulle
geestelike gemaksones, van non-violence en
besigheidsvernuf, wat die Rand kan help stabiel hou.
Indiers kan nie meer groepskarma vir hulle volgelinge skep
nie. Daarvoor kan julle Shri Sathya Sai Baba bedank. Hy het
julle lief, of julle bereid is om Hom te aanvaar of nie.
En Hy verander die politiek internasionaal.

En vandag kan ons pragtige Hindi en Tamil flieks kyk, soos
Kutch Kutch Hotha Hai. Geniet dit.

Om Namah Shiva
Prema Baba Prema Sathya Sai Baba (Prema beteken Liefde)
Om Sai Ram

Lief vir almal hier
Reisende Johan

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Boodskap aan Die Volksfront

Vr., 30 Julie 1999 00:00

Ek wil graag die Party, asook sy leiers om verskoning vra
vir die verneringspolitiek wat ek teenoor julle propageer
het. Ek kon dit nie vir 'n dag langer hanteer dat
Afrikaners en Afrikaans verneder word nie. Die vernedering
is die oorsaak van trotse Afrikaner politiek wat in Chiuaua
politiek verander het. Elke keer wanner ons verneder het
ons stil gesit en dit aanvaar, met 'n droe bek. Wie anders
as 'n vuurvreter kon dit verander?

Graag wil ek Genl. CL Viljoen openlik bedank vir sy
profetiese woorde in die pers, 12'97 - Daar kom 'n regse
tier. Die media het hom uitgelag as 'n katjie wat gaan
tjank maaiu maaiu. Dit was ook profeties. Ek het beide
gebruik om op hiedie ng vir Afrikaners op te staan. Dat ek
die Amerikaanse Ross Pierot van die SA politiek gaan wees,
het ek vooraf geweet. Maar nogtans het "saggeaarde jannie"
dit gedoen. Danksy Leendert wat die groep so lank oopgehou
het, +- 9 maande is 'n politieke eenheid in Afrikaners
geskep dat dit vandag baie beter emosioneel gaan met
Afrikaners as voorheen. Julle het nie 'n politieke leier
nodig nie, maar 'n geestelike een.

Genl. Viljoen, ek het vir u 'n 5 blaai brief gestuur. Want
wat u gesê het was 'n fantastiese idee. Dit was nie net 'n
regse tier, wat hal regse tiere verneder het nie, maar:

* Regse tier wat vir Afrikaners opgestaan het.
* Indiese Bengaalse tier, wat vir die Indiers opgestaan
het. Ek was in Indie in September 1997, en uitgevind
Pakistan en Sjina is haar vyande.
* Human Rights en Ubuntu tier, wat kla oor moorde op
Sangomas.
* Gay-Rights tier wat kla oor vigs.
* Morele tier, wat kla oor 'n parlementarier se moord
(Verwoerd). Hoekom moet parlementariers in vrees lewe?
* Internasionale tier, wat kla oor kernwapen verkope.
* Minerale tier, wat verduidelik het hoekom SA se minerale
so populer is. Politiek gaan nie om ras, geslag of kleur
nie, maar minerale rykdomme. Ons veg teen mekaar en
konsentreer nie op wat werklik aangaan nie.
* Geopolitiese tier, wat Rusland se pad na Parys, Frankryk,
verduidelik het.

Ek dank u. Constand is Clairvoyant (Heldersiende).

Lees Dr. AP Treurnicht se boodskap in my brief aan die HNP.

Lief vir almal hier.
Reisende Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"die geweer swaai die man" deur HENRI LAURIE

Do., 29 Julie 1999 00:00

die geweer swaai die man
Henri Laurie

goor getoor en verlore
in die woestyn van jou wraak
watter dierbare veragting
het jou so klein gemaak

jou agterkop wat bokspring
jou mond wat skielik vuis
die kekkel in jou oë
die derms in jou kluis

die sneller in jou ore
die rugstring in jou loop
die visier in jou gebare
die rondtes in jou hoop

die hele bleddie skietbaan
wat in jou skouers lê
waar is die kerm seuntjie
wat ook wil rusplek hê

in eensame verskrikking
en oorbewaakte grens
en sterfte wat jou voorlê
sien 'n mens die mens

Prosa & poësie | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1183  1184  1185  1186  1187  1188  1189  1190  1191  1192  1193  1194  1195  1196  1197  1198    »]
Tyd nou: So. Mei 31 07:25:04 UTC 2026