Ek is 'n Afrikaner. (Volgens my defenisie in elk geval.)
Elk wonder gereeld oor my Afrikaner-wees, en Afrikaners in die
algemeen. Wat was die Afirkaner se bydrae tot die samelewing, in
die breë?
Een (ietwat siniese) antwoord is: die woord "apartheid" tot die
internasionale taal. Dit is ongelukkig waar. Een ding is 'n
feit - die Afrikaner het die kans om 'n bydrae te lewer tot die
regering van SA totaal misbruik. Kom ons wees eerlik - dit was 'n
totale, hartseer gemors. ("unadulterated" is die Engelse woord
in my kop.)
'n Ander (meer patriotiese) antwoord is dat die Afrikaner 'n
groot bydrae gelewer het om SA by verre die grootste industriele
magsblok te maak in sub-Sahara Afrika. Dit is ook waar. Die
jammerte is dat die bydrae, in die geheelbeeld, meer as net
uitgewis word deur dit wat absoluut verkeerd was in die ou SA.
En dit is dalk 'n onderskeid wat die moeite werd is om oor na te
dink. EEN diing wat "absoluut verkeerd" is (soos verdrukking) kan
nie uitgewis word deur 'n HONDERD dinge wat baie "gewens" is nie.
En daar 'n verskil tussen "ongewens" en "verkeerd". Dit was
absoluut verkeerd om SA te regeer op die manier wat dit gedoen
was. Moenie jouself terg deur anders te dink nie. Dit maak nie
saak wat jou perspektief is nie - "absoluut verkeerd" is
verkeerd. Die Afrikaner, en die leiers verkies deur die
Afrikaner, was verkeerd. Genadiglilk, op die end, was daar 'n
gewaarwording dat dit nie moontlik is om aan te hou op die pad
nie. (Ekonomie, eerdeer as oortuiging, het egter 'n groot rol
gepeel in daardie gewaarwording, maar dit is 'n ander storie...)
Ek vind dat baie Suid-Afrikaners, veral Afrikaners, tot vandag,
hier vasval. Dit help nie om te se "ons het so baie gedoen vir
SA" terwyl die oorgrote meerderheid SA'ners nie eers kon stem
nie. En 'n pas moes dra, soos 'n vreemdeling. En konstant
behandel was as 'n derde-rangse hulpbron, eerder as 'n mens.
Ek wonder maar net hoe ander denkende Afrikaners hierdie vrae
antwoord.
Ek het so pas op the lot web saait in gegaan om 'n tweedehandse laptop te
soek, maar die saait lyk nie te hot nie. Weet iemand van 'n meer
userfriendly saait waar mens kan komminukeer met ander suid afrikaners wat
goed wil koop of verkoop?
Hoe kon n "kakie" (n Brit tydens die Boereoorlog) met die hand
grootgemaak
word? Dit maak nie sin uit nie.
Hanslam aanvaar ek, n lam wat per hand gevoer is ens.
Pat
Aspris wrote in article
...
> Op 4 Sep 1999 14:28:45 GMT skryf "PAT"
> :
>
> -> Nou wil ek weet waar die woord "hans" vandaan kom, soos in
> -> hanslam en hanskakie en hansagter.
> ->
> -> Weet iemand?
>
> Uit hands (met die hand grootmaak)
>
In article ,
"PAT" wrote:
> Hoe kon n "kakie" (n Brit tydens die Boereoorlog) met die hand
> grootgemaak
> word? Dit maak nie sin uit nie.
>
> Hanslam aanvaar ek, n lam wat per hand gevoer is ens.
Dit pas tog - "Hanskakie" verwys na 'n Boer wat hom aan die Engelse
kant geskaar het in die oolog. 'n Hanskakie tree op soos een wat deur
die Ingelse met die hand grootgemaak is? (Ironies dat juis Gloudina,
wat selfs haar kinders se moerstaal aan die vyand uitverkoop het,
iemand anders uitskel vir 'n hanskakie.)
(Maar kan miskien ook verband hou met die uitdrukking "Hansie-my-kneg"
vir 'n onderdanige presoon?)
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
This is an on-going argument with my wife. We have been too long out of
Africa ... what is the correct Afrikaans word or phrase for "mission", as in
"I am on a secret mission"?
On Fri, 03 Sep 1999 14:22:24 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Johan wrote:
|
|> Ek dink die verskil lê tussen die onthou en wat my
|> persepsie is van swartes se glo dat die voorvaders hulle kan sien,
|> beheer en kan bly wees of kwaad wees oor wat hulle doen en hule dan
|> daarvolgens beloon.
|
|En dis presies waar die moeilikheid begin.
Die moeilikheid is net in jou kop en nie hier by 'n doodgewone bespreking nie.
| Wat JOU PERSEPSIE is vanwat
|"swartes" glo, kleur jou "verstaan" van die onderwerp.
Gloudina, dis tyd dat jy end kry met hierdie verdagmakery van jou! JY doen
presies dieselfde met ENIGE plasing wat jy hier maak - Wat JOU PERSEPSIE is van
ENIGE onderwerp, kleur jou "verstaan" van die onderwerp. En jy is glad nie so
wonderlik nie - al was hier gister 'n ou wat gesê het jy moes jou skrywe begin
met "Ek, as God, dink so en so....."
Jy is maar soos almal van ons, 'n klein nulletjie op 'n kontrak sonder die
wysheid en pag om almal om jou te veroordeel oor wat hulle sê.
ALMAL wat hier skryf gee bloot hulle opinies weer. Daar is nie uitsonderings
nie - net een of twee dwase soos jy wat dink hulle is alwetend en volleerd.
Kom af aarde toe en bespreek die sake met 'n mens op ordentlike vlak, nie so uit
die hoogte nie - die mishoop waarop jy staan is baie onvas.....
| Nou wil ek vir
|jou ook nog doodernstig 'n vraag vre: ek sal nie verbaas wees as jy vir
|my vertel dat jy, na jou fisiese dood, verwag om in die "hemel" jou ouers=
|wat jou dan heelwaarskynlik voorafgegaan het, te ontmoet nie.
Nee Gloudina, wees maar verbaas, want ek glo dit nie. Ek het geen, maar geen
vooropgestelde idee van wat my te wagte gaan wees na my dood nie. Al wat ek wel
as my eie persoonlike opinie handhaaf, is dat 'n mens nie in die "hemel" sal
bekommer oor sulke dinge soos familie nie - sien jy hulle, dan sien jy hulle,
ervaar jy hulle, dan ervaar jy hulle, erken jy hulle, dan erken jy hulle. Dit
maak nie saak nie en ek bekommer nie daaroor nie. Ek kan sien dat dit in baie
gevalle gebruik word om mense te troos na hulle familie verloor het, maar ek
dink nie ons kan regtig sê hoe dit gaan wees nie.
Ek het al my eie pa verloor, en ek verlang baie na hom, maar ek sien nie daarna
uit dat ek hom weer eendag sal sien nie. Ek dink dit sou 'n suiwer voordoodse
gevoel wees.
|Baie
|Christene dui aan dat hulle dit glo. Hoekom word wit Christene "toegelaat=
|"
|
|om hierdie dinge te glo, maar "swart" Christene is nou skielik heeltemal
|dwaas om voorvadergeeste te eer? Verduidelik vir my asseblief die verskil=
|=2E
|
Jou taalgebruik is hier so swak en blatant moeilikheidsoekend, maar ek sal
probeer om weereens net vir jou my eie siening te gee.
Ek weet nie wat jy bedoel met wit Christene wat toegelaat word om wat? te glo???
nie.
Ek dink nie swart Christene is nou heeltemaal skielik dwaas om voorvader geeste
te eer nie. Hete, elke woord wat jy hier skryf is dof en skoorsoekend.
swart CHRISTENE behoort gladnie meer voorvaders te AANBID nie, hulle kan hulle
eer netsoveel as hulle wil. Ander swartes en ander wittes en ander groenes kan
glo, aanbid en eer net wie hulle wil. Netsoos elke mens wat dit betref 'n eie
keuse kan maak.
Gedink ek sal eerder die "subject line" verander voordat Gloudina my weer
aan die gorrel gryp.
Is daar enige regsgeleerdes hier wat vir my insae kan gee op Aliens Controle
Act December 1996 en die spesiale voorkeure wat daarin uiteen gesit is vir
oues, haweloses,kinders en getroudes.
Volgens sal hulle almal ook agter in die tou moet gaan staan saam met Radio
5 DJ " Tich Mataz"
en die ander "hawkers" en dwelmsmokkelaars van die noorde.
Al die sokker afrigters en spelers wat hulle laas jaar wou uitgooi is
nogsteeds hier of weer terug.
Dink jy hulle betaal belasting ?
My maatskappy het kontrakte verloor by Binnelandes Sake omdat die Duitse
eienaars geweier het om die uitgaande DG se basketbalspan te "sponsor".
Die opstel oor die koei
Hierdie is 'n opstel deur 'n jong leerling naby Vryburg. Ingesluit is al
die
spelfoute en dinge ...
Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n huisdier. 'n koei is orrals. 'n
Koei
het 'n baie fein reik - jy reik hom oor die jele plaas. Agteran die koei
sit
die stert. An die een kant van die stert sit die pint van die stert wat
die
kwas genoem word en an die anner kant sit diekoei. Die koei gebruik die
kwas
om die flieje van hom weg te hou anners val hulle innie melk. Vooran die
koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop hou ook die bek vas.
Tissen die stert en die kop sit die koei.
Die koei is oorgetrek met 'n beesvel. Onderan die koei hang die melk.
Om
die melk te kry, maak jy die koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit jy
onner die koei en trek die toutjie. Dan kom die melk. As die gras goed
is,
is die melk goed. As die gras sleg is, is die melk sleg. As die
donnerweer
in die lug is, is die melk weg. As dit 'n ou koei is, is die melk suur.
Dit
is goedkoop om 'n koei aan te hou want jy gee hom net eenkeer kos, dan
kou
hy twee maal. Die man van die koei is die os. Dit lyk soos die koei maar
daar hang net nie melk aan hom nie. Om os te se is nie 'n vloekwoord
nie.
Verder weet ek niks. Behalwe dat as 'n koei stip na jou kyk, moet jy
padgee
want dan is dit 'n bul.