'n 'huisrower' het die 81 jarige man in sy huis doodgemaak.
Nog nòòit het ek in die 'Beeld' gelees van 'moordenaars' wat mense in
hul huise vermoor nie, maar slegs van 'rowers' en 'inbrekers' wat die
moorde pleeg. Die keer was dit 'n 17jarige 'huisrower'.
Wanneer 'n wit moordenaar swartes vermoor word 'n groot foto van sy oë
geplaas en vet letters skreeu die woorde uit 'Die oë van 'n
moordenaar'. (Dieselfde moordenaar word ook nerens 'meneer' genoem nie
want hy het nie 'n meneer kleur nie.)
Ek het aan Beeld 'n brief geskryf met dieselfde strekking as dié, maar
ek dink die briewe-redakteur het lankal 'n filter op my e-posadres
gestel. Dit laat my besef watter monopolie iemand in sy beroep
kan uitoefen. Lees hierdie keer die briewe. Mense wat skryf oor
swak behandeling van wit op swart, se e-pos kry 'n vlaggie vir aandag.
Briewe soos myne word gefilter.
Monopolie het ek gesê.
On 3 Dec, 08:37, "Riaan" wrote:
> Holiday Greetings to Everyone
>
> I wanted to send some sort of holiday greeting to my friends and family,
> but it is so difficult in today's world to know exactly what to say without
> offending someone. So I met with my attorney yesterday, and on his advice I
> wish to say the following:
>
> Please accept with no obligation, implied or implicit, my best wishes for
> an environmentally conscious, socially responsible, low stress, no
> addictive, gender neutral celebration of the winter/summer solstice holiday,
> practiced with the most enjoyable traditions of religious persuasion or
> secular practices of your choice with respect for the religious/secular
> persuasions and/or traditions of others, or their choice not to practice
> religious or secular traditions at all.
>
> I also wish you a fiscally successful, personally fulfilling and medically
> uncomplicated recognition of the onset of the generally accepted calendar
> year 2009, but not without due respect for the calendars of choice of other
> cultures whose contributions to society have helped make our country great
> (not to imply that it is necessarily greater than any other country) and
> without regard to the race, creed, colour, age, physical ability, religious
> faith or sexual preference of the wishee.
>
> By accepting this greeting, you are accepting these terms:
>
> This greeting is subject to clarification or withdrawal. It is freely
> transferable with no alteration to the original greeting. It implies no
> promise by the wisher to actually implement any of the wishes for
> her/himself or others and is void where prohibited by law, and is revocable
> at the sole discretion of the wisher. This wish is warranted to perform as
> expected within the usual application of good tidings for a period of one
> year or until the issuance of a subsequent holiday greeting, whichever comes
> first, and warranty is limited to replacement of this wish or issuance of a
> new wish at the sole discretion of the wisher.
>
> Disclaimer: No trees were harmed in the sending of this message; however, a
> significant number of electrons were slightly inconvenienced.
Uitstekend!
Ek gaan definitief daai een uitstuur na 'n paar vriende en familie.
'n Klop aan die voordeur van my ma se huis. vroeg oggend. Toe sy die
deur oopmaak staan daar 'n middeljarige wit man in versloste klere en
'n baard. Hy groet in enkele woorde en vra vir " 'n sny brood met vye
jam."
My ma laat hom toe natuurlik voor die deur staan en sê sy sal gaan kyk
wat daar is. Toe sê hy sy moet gou maak want hy's haastig. Hy't "nie
die heel dag tyd nie."
Sy het dit geïgnoreer en maak toe twee toebroodjies (4 snye) met koue
ham.
Toe sy uitstap en dit vir hom, toegedraai en in 'n paperbord, gee, vra
hy of sy dink hy moet die heel dag wag. En hy het jam gevra. "Wat is
daarop?"
My ma is 83 jaar oud, woon alleen in haar huis, en is oorspronklik 'n
plaastannie met die geduld en medemenslikheid van die plaasboere,
maar daar is darem perke ook. Sy sê as sy geweet het hy gaan so
onbeskof wees het sy vir hom droë brood gegee.
Hy moet die brood vat en loop.
Die bliksem vra toe of hy dit droog moet eet. Daar's dan nie eens
koffie by nie! Sy sê toe hy moet wag, sy sal gaan koffie maak. Sy
draai toe om en stap weer in.
Toe bars hy uit van die lag. Toemaar tannie, sê hy proestend van die
lag. En Jan, die loodgieter, ook een van ons skoolmaats, wat twee
huise daarvandaan woon en die petalje van agter 'n heining in sy erf
dopgehou het, stap laggend nader. Een van ons skoolmaats van toeka
se jare, wat vir die loodgietervriend gekuier en met iets gehelp het,
wat die verslonste klere tot gevolg het. En toe hy hoor die tannie wat
daar woon is een van sy ma se gewese vriendine, was die grap
onvermydelik.
Natuurlik is die 'boemelaar' toe ingenooi vir koffie en beskuit:-)
Dis offisiëel. Stephen Hawking kom na die Perimeter
Institute in Waterloo, Ontario. Dis natuurlik as gevolg
van die feit dat sy vriend, Neil Turok, wat ook Suid-
Afrikaner is, hom oorreed het om dit te doen.
Die Perimeter Institute word gefinansieer deur
die ou wat die brein agter die blackberry is, Mike
Lazarides ( ek hoop ek het sy naam reg gespel),
een van die twee CEO's van Research in Motion.
Hawking het natuurlik ook al SA besoek op
uitnodiging van Neil Turok.
Eksamenvraestelle word deur die ANC-bewind vir ideologiese breinspoeling
gebruik. "Die eksamenvraestelle (Gemeenskaplike taak vir assessering GTA)
hierdie week vir graad 9 leerlinge wat oor Geskiedenis en Aardrykskunde
handel, was niks anders as blatante politieke beïnvloeding nie. Die
geskiedenis word daarin eensydig deur 'n swart bril aangebied", het mnr.
Andrew Gerber, VF Plus Woordvoerder oor Onderwys gesê. "Tot die
Aardrykskunde vrae word polities gelaai deur byvoorbeeld te vra om die
afstand te bereken wat Steve Biko van sy huis na die Greyhospitaal moes ry.
Die onderliggende doel van al die vrae is om alle wittes permanent in die
beskuldigdebank te plaas en skaam te maak oor hulle verlede", volgens
Gerber.
'n Groot aantal leerlinge van verskillende skole het die VF Plus hieroor
genader en hulle frustrasies met die eensydige ANC-propaganda uitgespreek.
In die matriekleerplan is daar byvoorbeeld slegs ses reëls wat na die
Anglo-Boereoorlog en Afrikanergeskiedenis verwys. Uit die reaksie van die
leerlinge is dit duidelik dat die Departement van Onderwys presies die
teenoorgestelde bereik en dat hierdie werkswyse leerlinge teenoor mekaar
polariseer. Veral die Afrikanerjeug kom in opstand teen wat hulle beskou as
'n verdraaiing en eensydige aanbieding van die geskiedenis.
Daar is voor 1994 ook goeie dinge vir swart mense gedoen. In 'n tydsbestek
van 40 jaar is byvoorbeeld 7 universiteite vir Swartmense, Bruinmense en
Indiërs tot stand gebring. Daardie Universiteite funksioneer vandag nog.
Prof. Mamphela-Ramphele wat jare lank 'n persoonlike verhouding met mnr.
Steve Biko gehad het, het onlangs nog gesê dat die onderwys wat voor 1994
vir Swartmense aangebied is, in baie opsigte beter was as die UGO wat deur
'n ANC-regering nou aangebied word. Die matrieksertifikate wat voor 1994
verwerf is, was meer werd (ook in die internasionale wêreld) as wat swart en
wit mense se sertifikate vandag werd is.
Dit het tyd geword vir die ANC om te let op wat die tendens in die wêreld
daar buite is. Werklike demokrasie beteken meer regte vir
minderheidsgroepe. Werklike demokrasie beteken dat een groep nie ander
groepe probeer oorheers nie. In Indië het kultuur- en godsdiensgroepe die
reg op eie skole op staatskoste. In België het 80,000 Duitssprekendes die
reg op 'n eie Onderwysdepartement en 'n Onderwysminister. Waarom kan meer
as 'n miljoen Afrikaners nie dieselfde in Suid-Afrika kry nie? Hulle is
daarop geregtig - net soos die Tswanas, Zoeloes en ander volke ook daarop
geregtig sou wees as hulle dit verkies.
Een Onderwysdepartement waar een dominante kultuurgroep die septer swaai en
sy sienings op almal afforseer, werk nie.
Afrikaners begin ryp raak vir die gedagte van 'n eie Onderwysdepartement
soos in baie lande vir minderheidsgroepe bestaan. Die geskiedenis soos dit
tans deur 'n ANC-bril vir Afrikanerkinders aangebied word, raak by die dag
meer onaanvaarbaar.
Die VF Plus verwerp die eensydige aanbieding van die twee graad
9-eksamenvraestelle. Dit is onverdedigbaar en bevestig die feit dat elke
kultuurgroep geregtig is op 'n eie onderwysstelsel en sy weergawe van die
geskiedenis. Hier volg 'n bladsy waarin irrelevante politieke inhoud
verskyn:
Hier doen 'n gerug die rondte dat Microsoft Vista volgende jaar Februarie
gestop gaan word. Het jy dalk meer inligting aangaande die akuraatheid
daarvan