Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina - Sit dit in jou pyp en vat 'n paar trekke !
Gloudina - Sit dit in jou pyp en vat 'n paar trekke ! [boodskap #118483] Do, 27 November 2008 11:17 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Eksamenvraestelle word deur die ANC-bewind vir ideologiese breinspoeling
gebruik. "Die eksamenvraestelle (Gemeenskaplike taak vir assessering GTA)
hierdie week vir graad 9 leerlinge wat oor Geskiedenis en Aardrykskunde
handel, was niks anders as blatante politieke beïnvloeding nie. Die
geskiedenis word daarin eensydig deur 'n swart bril aangebied", het mnr.
Andrew Gerber, VF Plus Woordvoerder oor Onderwys gesê. "Tot die
Aardrykskunde vrae word polities gelaai deur byvoorbeeld te vra om die
afstand te bereken wat Steve Biko van sy huis na die Greyhospitaal moes ry.
Die onderliggende doel van al die vrae is om alle wittes permanent in die
beskuldigdebank te plaas en skaam te maak oor hulle verlede", volgens
Gerber.

'n Groot aantal leerlinge van verskillende skole het die VF Plus hieroor
genader en hulle frustrasies met die eensydige ANC-propaganda uitgespreek.
In die matriekleerplan is daar byvoorbeeld slegs ses reëls wat na die
Anglo-Boereoorlog en Afrikanergeskiedenis verwys. Uit die reaksie van die
leerlinge is dit duidelik dat die Departement van Onderwys presies die
teenoorgestelde bereik en dat hierdie werkswyse leerlinge teenoor mekaar
polariseer. Veral die Afrikanerjeug kom in opstand teen wat hulle beskou as
'n verdraaiing en eensydige aanbieding van die geskiedenis.

Daar is voor 1994 ook goeie dinge vir swart mense gedoen. In 'n tydsbestek
van 40 jaar is byvoorbeeld 7 universiteite vir Swartmense, Bruinmense en
Indiërs tot stand gebring. Daardie Universiteite funksioneer vandag nog.

Prof. Mamphela-Ramphele wat jare lank 'n persoonlike verhouding met mnr.
Steve Biko gehad het, het onlangs nog gesê dat die onderwys wat voor 1994
vir Swartmense aangebied is, in baie opsigte beter was as die UGO wat deur
'n ANC-regering nou aangebied word. Die matrieksertifikate wat voor 1994
verwerf is, was meer werd (ook in die internasionale wêreld) as wat swart en
wit mense se sertifikate vandag werd is.

Dit het tyd geword vir die ANC om te let op wat die tendens in die wêreld
daar buite is. Werklike demokrasie beteken meer regte vir
minderheidsgroepe. Werklike demokrasie beteken dat een groep nie ander
groepe probeer oorheers nie. In Indië het kultuur- en godsdiensgroepe die
reg op eie skole op staatskoste. In België het 80,000 Duitssprekendes die
reg op 'n eie Onderwysdepartement en 'n Onderwysminister. Waarom kan meer
as 'n miljoen Afrikaners nie dieselfde in Suid-Afrika kry nie? Hulle is
daarop geregtig - net soos die Tswanas, Zoeloes en ander volke ook daarop
geregtig sou wees as hulle dit verkies.

Een Onderwysdepartement waar een dominante kultuurgroep die septer swaai en
sy sienings op almal afforseer, werk nie.

Afrikaners begin ryp raak vir die gedagte van 'n eie Onderwysdepartement
soos in baie lande vir minderheidsgroepe bestaan. Die geskiedenis soos dit
tans deur 'n ANC-bril vir Afrikanerkinders aangebied word, raak by die dag
meer onaanvaarbaar.

Die VF Plus verwerp die eensydige aanbieding van die twee graad
9-eksamenvraestelle. Dit is onverdedigbaar en bevestig die feit dat elke
kultuurgroep geregtig is op 'n eie onderwysstelsel en sy weergawe van die
geskiedenis. Hier volg 'n bladsy waarin irrelevante politieke inhoud
verskyn:
Re: Gloudina - Sit dit in jou pyp en vat 'n paar trekke ! [boodskap #118486 is 'n antwoord op boodskap #118483] Vr, 28 November 2008 02:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

"Tot die
> Aardrykskunde vrae word polities gelaai deur byvoorbeeld te vra om die
> afstand te bereken wat Steve Biko van sy huis na die Greyhospitaal moes ry.

Riaan, is hierdie stuk wat jy aanhaal uit 'n dagkoerant
van respektabele reputasie, of het jy dit van die net af
gekry? Ek sal meer wil weet van die agtergrond voor
ek hierdie ding ernstig opneem.

Gloudina
Re: Gloudina - Sit dit in jou pyp en vat 'n paar trekke ! [boodskap #118487 is 'n antwoord op boodskap #118483] Vr, 28 November 2008 02:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf
.
> In die matriekleerplan is daar byvoorbeeld slegs ses reëls wat na die
> Anglo-Boereoorlog en Afrikanergeskiedenis verwys.

Ek sou weer die hele Matriekleerplan onder oog
wou kry, voordat ek 'n oordeel oor bostaande kan
vorm. In 'n sekere konteks is die Anglo-Boereoorlog
en Afrikanergeskiedenis ( of wat regse Afrikaners
as "Afrikanergeskiedenis" sien) maar 'n klein blip
teen duisende jare se geskiedenis.
Selfs ek, as Afrikaner van die Noordkaap, het
altyd gerebelleer teen die dominerende aandag
wat aan die grensoorloë en die Groot Trek en die
geskiedenis van die Transvaal gegee is in die
sogenaamde "Afrikanergeskiedenis." Daar was
baie min vertel van die Groot Trek deur Namakwaland
en Boesmanland noordwaarts. Mens het amper niks
gehoor van die grensoorloë in die weste nie. Mens het
bloedweinig gehoor van die stamme soos die Namas
wat deur die koloniste in die weste van SA uit hulle
lande gestoot is. Dit is daarom dat ek JM Coetzee
se eerste boek so geniet het.

Gloudina
Re: Gloudina - Sit dit in jou pyp en vat 'n paar trekke ! [boodskap #118489 is 'n antwoord op boodskap #118486] Vr, 28 November 2008 06:22 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:08d28c93-97fc-4702-a776-cd6988494cc3@u14g2000yqg.google groups.com...

> Riaan, is hierdie stuk wat jy aanhaal uit 'n dagkoerant
> van respektabele reputasie, of het jy dit van die net af
> gekry? Ek sal meer wil weet van die agtergrond voor
> ek hierdie ding ernstig opneem.
>
> Gloudina

Gekry van www.praag.co.za - En ja jy kan maar verder navrae daaroor doen,
die koerante is vol daarvan
Vorige onderwerp: Stephen Hawking kom na Ontario
Volgende onderwerp: Marchand, vir Gloudina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:15:01 MGT 2024